"Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
die toestand van sake, deur sy hooghartige
onafhanklikheidsverklaring en sy instand
hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
baie jare."
Soos ek elders gese het - natuurlik was Smith 'n kortsigtige rassis. Maar om
alles voor sy deur te gooi is totale onsin. Hoor hoe die "vryheidsvegter"
Mugabe mense aanspreek wat staan vir vrye spraak en menseregte:
""We will ensure that they do not ever succeed in their evil machinations.
Let me state this and quite emphatically; they have pushed our sense of
racial tolerance to the limit. Let them be warned therefore, that unless
their insidious acts of sabotage immediately cease, my government will be
compelled to take very stern measures against them and those who have
elected to be their puppets." -- Zimbabwean President Robert Mugabe, warning
white journalists and human rights activists.
As dit Afrikaans was, sou ek sweer dis PW aan die woord.
Goeie dag
Kan iemand in Suid-Afrika asb. vir my die epos adres van Die Burger en
die Rapport gee? Ek kry dit nie op die Net nie.
By voorbaat dankie
Anne
Stuur antwoord na lk...@citytel.net
LITANIE VAN DIE LYF
Lina Spies
(Oorstaanson, 1982)
As mens klein is, hou jy van jouself -
gewoon en vanselfsprekend,
want vat en gryp, loop en hardloop
is arms en hande, bene en voete
en speletjies brand in wange rooi en sag soos "Early
Dawn"-perskes
al is vir dogtertjies die son skaars toegelaat.
Soms het ek in die spieël
met die vae, half-bewuste vreugde van 'n kind
die hele dag in daardie gloed herken:
die mos afgetrek van drupperige klip in
skaduplekke,
die paddavissievangs in die skerp son,
Oupa se bestrawwing oor die vergete kappie,
sy dreigement oor sonstraal -
en snags was dit in my
met die slag van die staanklok, die roep
van die hadida:
die hele wonder van 'n kind se vakansieplaas.
'n Kind is pure lyf en puur geluk
totdat hy homself ontdek
want 'n spieël is vir meer as spieëling
van jou wange:
om in te kyk, is dit daar, in jou eie klein
verborgenheid,
in te voel met versigtige, opgewonde
vingers
totdat jy die vreemde ekstase skielik raak
en skrik... skrik vir die grootmenswoede
En nou is jy doodsbang vir jouself, jou
hande -
hulle kan nog skaduprente oproep voor
slapenstyd:
teen die wit muur laat jy hul kom en gaan,
maar uit die donker verskyn hul later
buite jou wil en hande:
die bul, die hond, die wolf...die ou kapater...
"Pappa kom môre terug van die dam,
ry op sy vet ou kapater,
as hy dan hoor dat jy soet was, my lam,
hoe sal jou pappie dan skater."
Jy sal jou vuiste teen hul bal,
hul beskreeu uit jou liggaam - die
skroeiende hel
die huis geluik en geslote vir 'n vrou,
die treurige plaas, onbewoon, vreemd,
verlate...
tot iemand dit eendag opkoop uit liefde
en jy jou ledemaat vir ledemaat terugvind:
'n meisie wat vuursteentjies kaalkop
optel in die son.
As jy graag gewig wil verloor of net 'n gesonde lewensstyl wil handhaaf;
gooi vir my 'n briefie in die pos. Onthou hierdie is nie net nog 'n dieet
nie maar 'n fantastiese lewensstyl verandering & op die koop toe verloor jy
gewig!
Wat nog meer fantasties is; is die feit dat jy sommer 'n ekstra inkomste ook
kan verdien in die proses.
As jy graag meer wil weet; tree vandag met my in verbinding!
Groetnis!
Hein
Hein van Wyk / Port Elizabeth (S.A)
hei...@mweb.co.za
Cell: 083 310 1963
Fax: 0838 310 1963
ICQ: 7733122
As Da Gama, Dias en Saldhana nie
na Suid Afrika gekom het....
As Harrie-Vannie-Kaap en die Khoi-Sangroepe
nie deur Seevaarders van hulle Vaderland beroof was...
As Van Riebeeck en sy Drie Skepies net verby die
Suidpunt gevaar het....en
as jagse Hollanders, Hugenote en Engelse net die Slawe-
meisies uitgelos het.
As die Van der Stels net wit was...
As die Slawe-opstand van 1690 net suksesvol was...
As Ryk Tulbagh net die Goewerneur aan die Kaap was en...
Lord Charles Somerset hom nie opgevolg het nie...
As daar nie Kafferoorloë tussen Xhosas en Boere was...
As daar nooit 'n Groot Trek was en
As Retief en Dingaan nooit ontmoet het...
en Bloedrivier en Anglo Boere oorloë nie plaasgevind
het nie...
As daar nie 'n Oom Paul was of 'n Barnato of Rhodes...
As daar nie 'n 1910 Unie of A.N.C. stigting in 1912...
of 'n verloorder Smuts in 1948 was...
As Verwoerd en Vorster net meer tegemoetkomend was
teenoor A & P.A.C.....
As Afrikaans nie so 'n Swartteenstand gehad het
en Biko se dood nie vir Kruger koud gelaat het...
As Soweto en die Land nooit gebrand het nie...
As P.W. net gedoen het wat F.W. gedoen het...
(en ek verwys nie na hulle eskapades met vrouens nie)...
As daar geen Apartheidswette was, en...
as 'n Gaaitjie Groenonderbroek Eugène nie met Janie
geneuk het
en van sy perd afgeval het nie...
As Mandela net vroeër vrygelaat is....
dan....
dan was my Azania minder opgefok!
Lank lewe Suid Afrika!
Ek het die nuusgroep vir 'n jaar nie gelees nie, en vind alles is nog net die
selfde. Gloudina skryf haar gedigte en dink sy is die persoon met die meeste
kennis oor RSA al het sy die land meer as dertig jaar gelede verlaat. Verder
probeer al die ander lesers haar verkeerd bewys, en meeste van die besprekings
gaan net om en om en om en daar kom niks van nie, of van die onderwerpe word
weer gelos vir so 'n paar maande dan haal gloudina of 'n oningeligte nuwe leser
dit weer op en die bespreking begin weer. Maar ek moet sê dat dit lekker is
om terug te wees al het niks verander nie.
Derek Roberts wrote:
>
> Hallo
>
> I am an English but my girlfriend is South African, I cannot speak or write
> Afrikaans. But would like to surprise her with a short message in her
> native language. Could you please translate the message at the bottom for
> me.
>
> Many thanks in advance - Dankie!
> Derek
> derek....@bigfoot.com
>
> 'I am missing you like crazy and I constantly think of you.
Ek mis jou soos 'n malmens en dink darem somtyds aan jou.
> I wish we could actually be together rather than be in separate countries.
Ek sal my linkerknater gee om by jou te wees eerder as om hier tussen
die
souties te sit.
> I have never felt this way about anyone else and I would marry you tomorrow >if I had the chance.
Ek het nog nooit oor iemand so gevoel soos oor jou en sal sommer more
met
jou afhaak as ek die kleingeld gehad het.
> I really enjoyed the two weeks we managed to spend together and
> long for the next time we are together.
Ek het die twee weke helheid saam met jou geniet en ek kry sommer
die horing as as ek aan die volgende keer dink saam met jou.
> I am already looking at the prices of plane tickets and would love for you >to come to England.
Ek sal jou lugkaartjie na Engeland koop maar ek soek eers die
goedkoopste lugredery.
> Missing you loads. Lots of love, hugs and kisses'
Mis jou befok. Vreeslik baie liefde, drukke en slymerige soene!
I hope this help because I am now running for cover