> Johan, Zebediela was 'n breinkind van 'n
> westerse regering wat gemik het op die
> produksie van groot hoeveelhede sitrus-
> vrugte, sodat hulle dit kon uitvoer en
> geldmaak. Dit was kunsmatige grondgebruik.
> Ek neem aan dat die boikot van SA goedere
> alreeds vir Zebediela 'n nekslag toegedien
> het. Ek neem aan dat die mense wat nou op
> daardie grond bly, hulle eie besluite en
> hulle eie lewensstyl kies, en nie slawe
> is van produksie-kwotas nie.
Presies soos Hendrik Verwoerd dit beoog het!
En in Oos-London loop nog net 30% vn die ambulanse. Die adjunk-hoof van die
ambulansdiens verwag dat ons mense binnekort op straat sal sien sterf.
(So kies ons nie net ons eie lewenstyl nie, maar ons sterfstyl ook.)
Vriendelike groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
ASTRONOMIE
Lucas Malan
('n Bark vir die ontheemdes,
1961)
Ou profete en die sterrewiggelaars
lees bedrewe hoe 'n toekoms en verlede
duister in die lyne op jou palm voeg
óf in samehangende gebeurlikhede
vaag weerkaats in digte sterverband.
Ék weet van jou vreemde wese skaars
die oorsprong; van jou aardse hand
alleen dat dit kan sluit, 'n warm skede,
bruin en vaardig: milde surrogaat
waaruit 'n melkweg soms ontspring.
Jy kan maar gerus in Nederlands skryf - by hierdie Nuusgroep sal almal jou
verstaan. In elk geval is Nederlands 'n pragtige taal en val dit my
aangenaam op die oor.
Ek het jou tuisblad besoek - dankie vir al die inligting. Julle woning is
nie die tipiese Nederlandse huis wat ek ken nie. Geen kant-omraamde venster
wat deur kyk tot in die keukentuin nie. Geen blomme of lamp in die venster
nie. Geen konifers in die voortuin nie.
Ek het Nederland vele kere besoek en keer graag weer terug.
Ons het goeie vriende wat in Wageningen, naby Ede, woon.
Groete............
P. Verschuren wrote in message ...
> Please visit my homepage
>
> http://home-3.worldonline.nl/~verschu
>
> and give a reaction
>
> Thank you.
>
> Pieter Verschuren. Holland. versc...@worldonline.nl
>
Ek is besig met die opstel van 'n toespraak met DIE ANTWOORD IS
AANPASBAARHEID as tema . Ek sal dit baie waardeer as enige iemand vir my
moontlike idees kan verskaf wat ek kan gebruik .
Sal dit baie waardeer .
Juan van Zyl
cham...@bigfoot.com
Sas Kloppers is 'n bona fide persoon. Die rede waarom ek daaraan getwyfel
het, is omdat iemand anders, waarskynlik die sg. 'porn-posser', ook
al onder Sas se adres pos gestuur het. Sas, ek is jammer as dit vir jou
ongerief veroorsaak het, aanvaar aub. my verskoning.
Behalwe dit wat aan almal hier bekend is, is dit boodskappe soos die
volgende, wat ek nie glo deur die regte Sas geskryf is nie, wat my laat
twyfel het.
<begin quote>
How can I crash someone's web page?
Author: Sas Kloppers <s...@acenet.co.za>
Date: 1998/05/01
Forum: alt.2600.warez
If there's a way that I can crash/trash someones web page please tell
me.
I will appreciate your help
<end quote>
Terloops, Sas, ek sou nie so vrygewig met my persoonlike inligting wees
soos jy was in jou pos aan my nie. Iemand met die mentaliteit van die
porn-posser kan sulke inligting gebruik om jou lewe redelik te versuur.
Ek is nie die porn-posser nie, maar jy kon nie seker wees dat my brief
nie dalk 'n troll was om presies hierdie inligting uit jou te kry nie; op
dieselfde wyse het pp laasweek 'n troll op 'n ander nuusgroep gelos om my
te probeer vang. (Amper reggekry ook)
Hier volg enkele (vertaalde) uittreksels uit 'n verslag deur RW Johnson,
direkteur van die Helen Suzman stigting, wat in die London Review of Books
verskyn het:
"Daar is nie mieliemeel in Zimbabwe se winkels nie, maar al die ministers is
skatryk, en die hoof van die leër besit 17 plase. Die slaggate in strate en
die rioool-oorlope is die gevolg van munisipale korrupsie. Die inkomste per
kapita het gedaal na wat dit 'n geslag en langer terug was. Van die bevolking
is 61% onder die broodlyn en 45% word geklassifiseer as 'baie arm' - hul
inkomste is minstens 45% onder die broodlyn.
"Uit desperaatheid om geld in die hande te kry, het die regering
hospitaaltariewe nie net so verhoog dat baie dit nie kan bekostig nie, maar
het hy ook al die verpleegsters ontslaan. Van die land se 16
distrikshospitale is 5 steeds leeg 2 jaar nadat dit gebou is, omdat daar geen
dokters of verpleegsters is nie.
"Die staat het op baie gebiede opgehou om te funksioneer. NOCZIM, die
oliemaatskappy waarin die staat 'n aandeel het, skuld Z$4 miljard nadat dit
van binne geplunder is. Die departement van volkswelsyn het nie geld om te
betaal vir die vervoer van kos na 54 000 sterwende gesinne in Guruve nie.
"Mugabe se adjunk, Joshua Nkomo, het belange in 16 plase. Die hoof van die
leër, genl. Solomon Majuru, is met 17 plase die land se grootste grondeienaar.
"Skoolgelde in die ineenstortende staatsonderwysstelsel(7 000 onderwysers is
afgedank) is nou so hoog dat baie ouers hul kinders uit die skool moet haal.
Vir die eerste keer die eeu neem ongeletterdheid toe.
"Die beslissing om militêr in te gryp in die DRK is 'om vir SA te wys dat
Zimbabwe die voorste mag in die gebied is. Mugabe het nie ontken dat
joernaliste wat in hegtenis geneem is, gemartel is nie, maar gesê hulle het
gekry wat hulle verdien.
Lae hou no1: "Ek is jammer vir my vriende wat Smith so volhardend beveg het en
alles gedoen het om Mugabe te help, en nou in afgryse moet terugdeins van die
regering.
Lae hou no2: "Ian Smith is onlangs uitgenooi om 'n seminaar aan die Univ van
Zimbabwe toe te spreek, en is deur die oorvol saal swart studente as 'n held
begroet."
Aldus, RW Johnson.
Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.
Ek lees hier en daar van nuwe ID boeke, lisensies ens. Dalk kan iemand
my vertel of die ou bestuurderslisensie wat in die ou (swart) ID boekies
is, nog geldig is, en vir hoe lank hulle sal geldig wees. Dankie!
As jy my direk wil kontak, haal die slak uit my E-pos adres.