Gisteraand het Azell geskakel om te laat weet hoe dit daar gaan. Sy klink
soos die Azell van ouds, altyd iets om oor te lag en te babbel. Sy het al
lekker aangepas en kom goed oor die weg met die twee dogtertjies wie sy
versorg. Sy hou haar tans besig met 'n kursus in rekenaars en leer ook om
te figuurskaats.
Sy vertel dit sneeu steeds en mis die warm weer wat ons tans het, vreeslik.
Johan, was dit jy wat so 'n ruk terug jou brief aan die familie op die
nuusgroep geplaas het oor julle leefwyse en die weer? Ek sal eendag wanneer
ek groot is, oorsee gaan reis, net om die lewenswyses van ander mense te
gaan verken!
Aangesien van die mense op die nuusgroep moeg is van die politiek sal ons
maar oor die weer gesels! :-)
Watter gedeelte van ...south-africa.AFRIKAANS verstaan jy nie??
As jy in engels wil skryf, gaan doen dit in n engelse groep.
Ons is trots op die taal wat ons praat en al praat ons engels, die rede
hoekom ons hier is, is om afrikaans te skryf en lees.
Secret Squirrel wrote in message ...
> I have purposefully ignored this NG for the past few weeks
> however on my return I notice that it is still frequented by a
> bunch of loosers ... including an exiled SAfrican in Canada who
> persistently posts bloody "Kultuuuuuuuuuuuuuuraaaaal" flavoured
> poems, while dreaming of a return to the old National Party
> order.
>
> Get a life you lot ... let's have some worthwhile contributions
> from now on ..... pleeeeeeeeeeez
>
> Squirrel
>
'Ons lag gemiddeld 15 keer per dag. En die goeie nuus is dat lag goed is
vir 'n mens se gesondheid. Dit laat jou jou probleme vergeet, verminder
stres en dit verbeter kommunikasie tussen mense. Dit is egter nie al nie.
Lag is goed vir 'n mens se bloeddruk, dit laat spasmas in jou spiere verslap
en dit verbeter spysvertering. Kortom, daar word gesê dat mense wat gereeld
lag, langer lewe as die suurknolle en bitterbekke wie se lippe amper nie
roer nie.'
Hoe oud is Gloudina al? (met verwysing na die feit dat sy reeds 3 eeue,
'skuus 3 dekades uit die land is) Miskien is sy nie so 'n suurknol of
bitterbek soos beweer word nie!
JONG DAMES DINAMIEK (MAAK MY SIEK)
Uit 'n CD van die "Naaimasjiene."
ons huis is massief en ons kar baie blink
ons swembad is groot en die tuinjong so flink
die dahlias blom mooi en die kinders is soet
hulle hou ons naam hoog as hul oom dominee hoflik groet
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
ek sal ons meid regeer en haar hiet en gebied
ek's voorsitter van jong dames dinamiek
laai die kinders af by sport en gaan koer in die boetiek
ek het klas ek het styl ek's ryk ek's chic
by die vroue-landbou-unie en by dames aktueel
bring ek ook my deel en hou ons volk so heel
my man is die bestuurder van santambank
hy's 'n diaken en daarvoor kan ek die Here dank
hy's ryk hy't mag hy't krag hy't geld
en ons sal dit beskerm met trots en geweld
hy's penningmeester van die potjiekosklub
in sy tee gooi ek altyd net suurlemoensap
hy's ook vooraanstaande in die broederbond
in die burgermag skrik hy vir geen bom se lont
hy's voorsitter van die rapportryers en
soggens eet hy pap en roosterbrood en spek en eiers
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
my siel is 'n groot blink shopping centre
ek sal altyd vir roomkoek en lemoensap tender
ek lees Tryna du Toit en aanbid vir Bles
en help my kinders met hul kinderkrans-les
ons glo in kuns en ons glo in kultuur
ons koop Tretchikoffs en drink gemmerbier
my oudste seun is in die eerste rugbyspan
en daarom weet ons mos hy's 'n ware man
my jongste dogter is die netbalkaptein
sy's voorbeeldig, sy vloek nie en drink niks wyn
my ander seun staan eerste in sy klas
in kadette marsjeer hy altyd in pas
my oudste dogter is getrou by die KJA
vir geen wulpse kêrel sal sy ooit sê ja
ek is trots op my telge, hulle laat my hart sing
vir die samelewing sal hul hul beste bring
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
ons lees die kerkbode en die huisgenoot
ons het 'n vakansiehuis en 'n groot motorboot
my siel is 'n groot blink shopping centre
my steak is altyd sappig en baie tender
my liefdeslewe is sterk en gesond
ek het 'n groot en stewige heerlike mond
ons nagte is wild en vol warm passie
my man is mal oor my kwispelkwassie
sy lyf is fris en bruin en groot
gewyd skiet hy altyd elke skoot
> Johan, Zebediela was 'n breinkind van 'n
> westerse regering wat gemik het op die
> produksie van groot hoeveelhede sitrus-
> vrugte, sodat hulle dit kon uitvoer en
> geldmaak. Dit was kunsmatige grondgebruik.
> Ek neem aan dat die boikot van SA goedere
> alreeds vir Zebediela 'n nekslag toegedien
> het. Ek neem aan dat die mense wat nou op
> daardie grond bly, hulle eie besluite en
> hulle eie lewensstyl kies, en nie slawe
> is van produksie-kwotas nie.
Presies soos Hendrik Verwoerd dit beoog het!
En in Oos-London loop nog net 30% vn die ambulanse. Die adjunk-hoof van die
ambulansdiens verwag dat ons mense binnekort op straat sal sien sterf.
(So kies ons nie net ons eie lewenstyl nie, maar ons sterfstyl ook.)
Vriendelike groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own