Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

gedigte

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Is daar dalk iemand in hierdie nuusgroep wat vir my die teks van die
volgende gedigte kan stuur? Ek het dit dringend nodig vir die Unisa kursus
Afrikaans. Die gedigte behoort in die Groot Verseboek te staan.
-"Op Hartebeesfontein"
-"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
-"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
Groete uit Vlaanderen.

Prosa & poësie | 11 kommentare

Eybers en identiteit

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Robbert skryf:

> Besonder interessante opmerking wat jy hierbo maak: Die gebruik van
> propaganda om "die wil tot identiteit" te vernietig.

De in Nederland (!) woonachtige Zuid-Afrikaanse dichteres (in 1992 beloont
met
de P.C. Hoofdprijs, de hoogste onderschijding in de Nederlandse taal en
letterkunde) E. Egbers zegt: "eenheidsdrift is doodsdrift"

Eybers is 100% korrek. Die een ding wat jy nooit onder Afrikaners sal kry
nie, is "eenheid". Ongelukkig is "eenheidsdrif" die bepalende kenmerk van
die ubuntukultuur.

(Ek het Engels en Nkosi Sikelelê iAfrika - geleer by 'n suster van Eybers.
Ek het 'n paar jaar later verneem die arme vrou is iewers in die Noorde van
Namibië besige plek daardie! dood nadat sy deur 'n muis gebyt is.)

> Op individuele vlak gee
> dit 'n insiggewende perspektief op Gloudina se aktiwiteite op hierdie
> nuusgroep - as mens die prentjie in ag neem van haar persoonlikheid soos sy
> dit hier geskets het. (Ek bedoel: kan jy jou voorstel 'n vrou wie se man
> haar verbied om haar eie vooroordele te bevraagteken, ingeval dit dalk sy
> eie onder die soeklig mag plaas. G'n wonder sy vereenselwig haar, op haar
> oudag, so sterk met Antjie Krog se pornografiese feminisme nie.) Ek vind
> haar keuse byvoorbeeld insiggewend, van die gedigte wat sy deesdae plaas.
> Maar dit pas goed by die skel krete oor "apartheidsvarke" en die wyse waarop
> sy enigiets opraap wat moontlik gebruik kan word om die identiteit van
> Afrikaners af te breek soos haar eie aan flarde lê.

Twijfelachtig. Weinig relevant.

As die teiken van haar aanvalle, sal _ek_ besluit wat vir my relevant is,
dankie :-)

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

briefie vir oom kaspaas

Ma., 15 Maart 1999 00:00

liewe oom kaspaas

ek het amper van my stoel af geval toe oom darrim vir 'n slag gereageer het.
hoe gaan dit in holland op tsanien hou ons nog yt. ek hoop nie oom moet met 'n
vinger in 'n dam wal staan om te keer lat die hollanders vir syp nie.

oom onthou seker toe oom leen dit laas gesê het ek moet vir my pa sê hy moet
'n piejoenier wees oorlat hy gemoun het oor die nat kabels. my pa sê as oom
weer vir oom leen dit sien moet oom sê hy moet lees wat in gister se koerant
geskryf is. oom ken seker die bosveld hotel annerkant ol dys. daai een waar
hille lank trig die storie vir die tiewie gemaak het. van daai tyd af wil al
die mense van jansberg gaan vakansie hou by die bosveld hotel. tot laas jaar
toe die mense van telkom vir die hele ol dys kom kabels lê het. smaak my daai
kabels was van die begin af nat want toe is ol dys se founs dood. daai oom sê
hy gaan die hotel toe maak want die mense van jansberg dink nou hy is klaar
toe oorlat niemand die foun antwoord as hille wil bespreek nie.

'n anner oom van ol dys is 'n prô fessionele jagter. laas jaar is hy jamerika
toe en het jag togte gereel vir jamerikaners wat wou kom leeus en oolfante
skiet. hille sou meer as honderd dysend dollers op ol dys spandeer. nie eers
die bank bestierder op ol dys weet hoeveel geld dit is nie. toe kan hille ook
nie deerkom met die foun nie toe gaan jag hille op 'n anner plek. daai oom
was woerend toe skryf hy vir telkom. toe stier hille vir hom 'n tjek van ag
rand om op te maak vir sy verlies. seker beter as niks.

ma' wat ek nie vir staan nie is hoe kabels op ol dys kan nat raak nie. daai
plek is nie soos tsanien nie. met die sonvloed het hille net mistige weer
gehad.

die anner naweek toe my pa hille van die olifants rivier af kom toe hou die
spietkops 'n roud blok by grevelot. oom weet mos hoe oorrag is spietkops op
'n sondag. toe kom daar 'n oom van jansberg vir by. hy is 'n jakler wat 'n
shou op palaborwa gaan hou. toe sien die spietkops hy het 'n klomp messe en
swaarde in sy kar en dog hy is dalk iemand van paggad wat moeilikheid wil
gaan maak. hy sê nee hy gebruik die goed vir sy jakkel ekt. die spietkops sê
hy moet wys toe staan hy da' langs die pad en jakkel met die messe en
swaarde. dis net toe my pa hille da' vir by kom lekker gesyp van die naweek
se kyer. toe hille vir by is toe sê my pa vir oom jon hys dêm bly die
spietkops het hom nie gestop nie want hy sou daai toets nooit gepaas het nie.

koebaai oom kaspaas, sê vir oom leen dit dis swaar om 'n piejoenier te wees as
'n mens moet jakkel met telkom se kabels

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die "waarheid" volgens Gloudina

Ma., 15 Maart 1999 00:00

@igs.net> wrote:
>
>
> Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
> nes geskop het in my vaderland.

Nie 'n baie belowende begin nie. 'n Vriend van my (Pedi) maak byvoorbeeld
die stelling "The ANC are thugs" Engels: to envy, be jealous met verwysing na intimidasie in die
verkiesing. Bantu Holomisa het, heel veelseggend, daarop gewys dat, in al
die politieke geweld in die land, die ANC die een gemeenskaplike faktor is.

Is die "klomp skurke" waarna jy verwys dalk die ANC, Gloudina?

> Dit
> het nie om "apartheid" gegaan nie.
> (Hoeveel apartheid was daar wel?)

Nou waarom verwys jy dan na "apartheidsvarke"?

> Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
> sing van 'n klomp witvelle oor die
> 80 persent van die bevolking wat nie
> "wit" was nie. Brute terrorisering
> van witmense wat nie met hulle saamge-
> stem het nie. Dis die waarheid oor die
> apartheidsvarke in SA, en jy kan praat
> tot jy blou in die gesig is, en jy sal
> dit nie kan wegpraat nie.

_Alle_ politiek gaan oor mag, Gloudina. So wat probeer jy sê?

En moenie vir
> my kom vertel dat daar Nasionaliste
> was wat geweet het verandering moet kom,
> en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
> liewer hulle wapens opgeneem het en die
> duiwels in die see gedryf het.

Agge sjym. Soos jy gedoen het?

Daai spul nasionaliste (waarvan ek nie een is nie) het 'n damn site meer
gedoen as jy in jou Kanadese staat van morele meerderwaardigheid.

En nou weet ons nog niks meer as tevore van die "waarheid" wat jou man aan
jou opgedwing het toe hy jou verbied het om jou vooroordele te bevraagteken
nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans by die Technikon

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Ek studeer op die oomblik by die Kaapse Technikon, en ek is bly om te sê
dat Afrikaans nog lewendig en gesond is hier. Op die oomblik word die
Engelse en Afrikaanse mense (wat die selfde kursus loop) nog geskei, en
kry elke groep lektore wat sy moedertaal praat.

Nou begin die mense wat Xhosa of ander tale praat te kla dat hulle nie
kan verstaan wat in die klasse gesê word nie, terwyl daar uitdruklik
gesê word dat die Technikon in Engels en Afrikaans klasgee. Ons sal
maar sien wat gebeur.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Net

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Die Net*

Skakelaars en hekke
In silikoon gehul
Koper, glas en goud
Ons eksplisiete wil

Lewens, geld en tyd
Magneties vasgelê
Metodes en prosesse
Doen wat ons wil hê

'n Refleksie van die waarheid
'n Nuwerwetse kerk
êrens in 'n komper
Om later te verwerk

Ons beelde en ons woorde
Weerkaats die wêreld rond
'n Netwerk vol emosies
Laat voel ons meer gesond

Belydenis en leuens
Bedrog en waarheid saam
Word in illusie aangedra
Gekoppel aan geen naam

In die beeltnis van sy skepper
Word hy wat ons bedoel
'n Masjien wat nou moet mens word
Sonder foute of gevoel

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nog 'n vraag

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?

Fizzer die een wat NZ se weer haat

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Nog 'n vraag

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Ek gebruik ABAP/4 en Delphi, maar het my melktande gekry op Fortran (IV tot
'77), PL/1, Algol en Pascal (Basic ook daar so tussenin), hoekom wil jy
weet? Wil jy my headhunt?

Tjeers,
Dries

Fizzer wrote in message ...
> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>
> Fizzer die een wat NZ se weer haat
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Turbine

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Turbine*

Die malle vleuels
Gaan om met die wind
Flitsende lemme
Wat energie verslind

Die wapperende waansin
Forseer in 'n straal
Dra sy meester se wese
In buise van staal

Vektor en motor
Verfynde tegniek
Beheer nog die waansin
Tot tegniese piek

Duisel verby
Die briljante ontwerp
Tot 'n puinhoop van lewens
In hopies van snert

Sesuur die nuus
´n Vervelend´ verhaal
Nou opgelewe
Deur brokke van staal

'n Lys van name
In sakke gehul
Die skok van geliefdes
Met trane vervul

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stiefkind

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Stiefkind*

Ek is hier
Maar ek is ook daar
Ek is van hier,
Maar ek is ook van daar

Iets lig
Iets donker

Ek is nie hier nie
Maar is ook nie daar nie
Ek is nie van hier nie
Maar is ook nie van daar nie

Weinig lig
Weinig donker

'n Kind van Europa
'n Kind van Afrika

'n Stiefkind

-Gideon

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255  1256  1257  1258  1259  1260  1261    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 13:35:50 UTC 2025