Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Karel Schoeman

Do., 18 Maart 1999 00:00

Ek het n` boek van K. Schoeman gelest; Na die geliefde land. En goed boek
maar hy het die Johannes Openbaaring toe gelest hê. Het hy aander boek
skrywe.

Benedikt

( Ek hoop julle verstaan my spelling )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Moet ons regtig akkommoderend wees?

Do., 18 Maart 1999 00:00

Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
'vordering' gesorg nie?

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Re: Moet ons regtig akkommoderend wees?

Do., 18 Maart 1999 00:00

On Thu, 18 Mar 1999 20:45:21 +0200, "Theunis Bekker" wrote:
|Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
|Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
|akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
|'vordering' gesorg nie?
|
Ek weet nie of ek jou rede reg verstaan nie - ek neem aan jy vra of 'n land
makliker immigrante moet toelaat? En meer voorsiening maak vir diversiteit in
die gemeenskap.

Ek het verstaan dat ou Paul Kruger nie baie van Ingelse immigrante gehou het nie
en hulle nie eers wou laat stem of onbeperk toelaat nie. Ek dink dit was
verkeerd vir die situasie waarin SA destyds was.

Vandag is dit 'n heel ander storie - demografie van verskillende lande lyk
anders en 'n redenasie wat vir een land geld, geld nie vir 'n ander nie.
Beheerde wettige immigrasie sou seker die grootste mate van selfbeveiliging
verskaf. (Engelse Amerikaners is bang dele van die VSA gaan Spaanssprekend word
en die Hollanders is bang die koningin van hulle sal dalk Molluks moet aanleer.)

Is die onbeheerde toestroom oor SA se grense nog so groot probleem soos twee
jaar terug? Ek het in Julie 1997 met 'n Zulu vrou gepraat wat vir 'n dag Jhb se
middestad toe is en sy het beweer dat sy in die hele Commisionerstraat nie een
bekende Suid Afrikaanse swart taal kon hoor nie.

Ek gaan nou nie hier lang slim redenasies sit en uitdink nie, maar gutfeeling sê
vir my gheel en al geslote grense gaan nie gesond wees nie - 'n sekere mate van
immigrasie moet aangemoedig word.

Akkommoderend? Ek dink nie dis in die aard van die politieke dier om sommer
akkommoderend te wees nie. Dalk nie eers in die man op straat se "make-up"
wanneer dit kom by groot kultuurverskille nie. Die Amerikaners sal byvoorbeeld
glad nie 'n man akkommodeer wat langs die pad sommer so oop en bloot staan en
pie nie. En in SA dink niemand dis snaaks nie. Hoe maklik sal SA byvoorbeeld
'n Spaanse minderheid aanvaar wat daarop aandring om in hulle eie taal gehelp te
word? Die skeidslyn wat akkommodasie omring is baie vaag en baie "volatile"!

Bees, Gideon, Alwyn, Johan LR, Henri, wat sê julle manne hieroor? (twee punte
dink ek: immigrasie en akkommodasie).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Die Verkragter" deur ERNST VAN HEERDEN

Do., 18 Maart 1999 00:00

DIE VERKRAGTER
Ernst van Heerden
(Teenstrydige liedere, 1972)

Die laaste treë moet hy loop:
'n naglamp êrens brand,
'n swartvy vou so soetstroop oop,
(verskrikte ledekant).

En al die heuweldye word
één opgejaagde vrou;
en deur sy lende ruk en stort
orgasmes van die tou.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Alan Boesak

Do., 18 Maart 1999 00:00

Dankie vir die antwoord. `n Priester !!!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

alan boesak

Do., 18 Maart 1999 00:00

ek het geld toe die man geskenk (tussen die labour party in Noorweë), en ek
is baie teleurgestel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Noorweë

Do., 18 Maart 1999 00:00

Sos julle het verstaan, is ek nie `n afrikaaner nie, maar `n Noorweër. Is my
besoek hier welkom ?

Benedikt

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Noorweë

Do., 18 Maart 1999 00:00

bent lislerud wrote in message ...
> Sos julle het verstaan, is ek nie `n afrikaaner nie, maar `n noorwe�r. Is my
> besoek hier welkom ?
>
> Benedikt

Hey Ben

Jy's is natuurlik welkom. Waar het jy Afr geleer?

Bees

Ps. Aan die op die NG wat (soos ek) bietjie skepties was dat hierdie iemand
se se alter-ego is - dit lyk of die boodskap wel uit Noorwee kom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Racist crap

Do., 18 Maart 1999 00:00

Hy sit in 'n "padded cell" en prewel by homself. Nou en dan rol hy oor na die
"padded" rekenaar toe en terwyl die skuim by sy mondhoeke afloop, tik hy
vervaard iets ..... niemand weet wat nie. Dan spring hy weer rond en sy
eekhoringagtige gesig vertrek van besluitloosheid....

Telkens word hy gevra: "Met wie praat jy?", maar sy waan maak hom doof en blind.

Binne homself sê hy:"Hulle dink ek is mal - maar hulle kan nie eers sien op wie
se plasings ek antwoord nie - hehehehe!".

Elke nou en dan werk die medisyne af en dan is daar 'n oomblik van helderheid:
Hy plaas die feite soos dit is sonder om te probeer polities korrek wees, maar
hierdie sienersoomblikke is min en van korte duur....

Dis ons eie "Secret ....
|
|Squirrel !!!
|
|
|

Johan - die ewige realis/optimis

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beeld beter oplyn

Do., 18 Maart 1999 00:00

Beeld se oplyn-koerant is nou herontwerp en lyk met die eerste
beskouing vinniger en baie meer volledig.
Mens kan ook regstreeks op dit kom.

Hoewel ek by Beeld werk, werk ek nie by die oplyn-weergawe nie.

Die nuwe adres is beeld.24.com SONDER die WWW.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1244  1245  1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255  1256  1257  1258  1259    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 14 02:51:42 UTC 2025