Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dankie Frik...

Do., 08 April 1999 00:00

This is a must-read for all those boere still in SAfrica.

You can run from the truth BUT it WILL find you.

Read this contribution and arm yourself with knowledge...

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Miles

Do., 08 April 1999 00:00

MILES DAVIES
Ferdi Greyling
--------------------------

duisende dae
agter hom
verstrooi in snaakse patrone

elke oomblik
breek die pers toekoms
blink om hom oop

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vryheidsfront?

Do., 08 April 1999 00:00

Ek wonder net of oom al die vryheidsfront webbladsy het.
http://www.vryheidsfront.co.za

Johan

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

"Kennismaking" deur ELISABETH EYBERS

Wo., 07 April 1999 00:00

KENNISMAKING
Elisabeth Eybers
(Neerslag, 1958)

Om inderdaad mekaar te vind
het hul die tooisels afgestroop,
die knellinge snel losgeknoop,
al wat bykomstig is, ontbind.

En toe, asof dit deernis wek
dat sy so onvoltooid en skraal
vertoon, het hy haar ingehaak
en met sy oordaad toegedek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Gedenknaalde wat haak" deur JULIAN DE WETTE

Wo., 07 April 1999 00:00

GEDENKNAALDE WAT HAAK
Julian de Wette

Hulle is almal koper en tin en yster en lood
binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword.

Byna elke groot stad ter wêreld
het sy eie Martelaarsplein waar die wreedheid
van die ou dae uit baksteen, brons, beton en teer
vir herdenkings opgerig word.

In Buenos Aires sit die moeders sonder seuns
op die Plaza de Mayo; en in Beiroet word hul plein
vir die soveelste maal herbou;
terwyl die bloed van martelaars en aspirante
op Tianamen gemeng word.

Is daar in Kampala iets wat ons herinner
aan die krokodil-gesmul van Amin se teenstanders?
Is Moskou se Rooiplein vir die bloed benoem?
Wat skuil eintlik agter die Washington Memorial?

In die Kaap staan daar 'n kasteel op die plein
met sy Buren en Katzenellenbogen;
maar oorkant Blouberg lê 'n eiland
wat die mense sal laat dink
dat 'n ongeslypte diamant
meer kosbaar is as 'n reuse ornament.
Op 'n plattelandse treinstasie
staan 'n denkmaal vir die nasie;
'n Slegs vir Blankes bank waarop niemand sit.

Dan is daar die stede, sulke verlate plekke
waar die mens en sy metgesel van euwel
losbandig saamgespeel het:
Anne Frank se huisie langs 'n grag in Amsterdam,
Bergen-Belsen, Buchenwald, Dachau en Ravensbrücke -
waar name glad die vel in sweet laat uitslaan.

Gaan daar 'n plein wees in Rwanda?
In die oerwoud van die Kongo?
Vir die volksmoord in Afganistan?
Vir die Ibo’s in Biafra?
Die slagoffers van die Juntas?
Vir die vragte, vragte skedels in Kambodja?
en die selfvergoding oral om ons heen?
En wat nog van die bome waaraan soveel toue hang?

Of in Joegoeslawië
waar broer teen broer, teen suster
teen kind se vrou en man se ma opstaan
om te wys hoe sulke boosheid sonder toom
as vaandel bo-oor die land gehys word.
Ons droom van die markpleine op Kalinin en Sarajevo
waar hulle grawe na die hede en verlede -
waar slagoffers, daarby offisiere, verhewe staan
bó die gebalsemde lyk van Lenin wat nog steeds
op 'n ruim-versierde katafalk bly lê.

Die pynlike jaloesie wat afgryslik uiting vind
in die Franse Rewolusie laat ons dink
aan Genghiz Khan se hordes
wat die wêreld en sy mense so laat skrik het -
vanaf Japan in die Ooste en die Midde-Asië steppe,
tot Europa en so ver soos Timboektoe.

Hoewel Kain se moord op Abel
sonder gedenksteen staan,
wek die kruishout van ons Here plotseling sy Woord
as snykant van 'n skerpgemaakte swaard:

Voedsel sal jy wees vir die vuur;
jou bloed sal binne-in die land wees;
aan jou sal nie meer gedink word nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons diepste Vrees

Wo., 07 April 1999 00:00

Ek lees die woorde wat Mandela in sy toespraak gese het. " our deepest fear
is not that we are inadequate, our deepest fear is that we are powerful
beyond measure". Dit bring my terug na my skool jare waar ek die duiwel en
tien sou oorwin het. Geen vrees, maar dan begin die job, en later die huis
en meer skuld en ewe skielik die besef dat jy geen beheer het nie. Die
geknaag begin aan you gemoed werk en die besef bring die vrees na jou eie
persoonlike voordeur en jy word saamgesleep in wat inelke geval gebeur. Dan
will jy klae en klae en niks kom reg nie.Our deepest fear is that we are
powerful beyond measure, Die BOER het nog nooit teruggestaan vir enige iets
nie. Het nog altyd oorwin en glo my hy sal die nuwe Suid Afrika reg kry al
is daar n' swart president. Die Afrikaaner moet van oor die hele wereld saam
staan en soos in ouds iets pragtigs maak van niks. Help die wat nog daar in
Suid Afrika is. Lees Geleentheid onder The hiding squirrel. groete
Rhino ( Renoster )

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Y2K

Wo., 07 April 1999 00:00

>> Kan jy meer lig op die saak werp?
>
> Elke man wat sy eie torch het skyn die lig waar hy wil loop.
> (Ek wil my batterye spaar vir Y2K).
>
> Cheers.
Nomad, hoe hanteer julle die Y2K probleem. Hier by ons in Amerika begin
die mense nou water en kos en komberse versamel in hulle basements, almal
is bewus (en bekommerd ) oor die gevolge van n crash. Vriende van Suid
Afrika wat nou hier kuier sê mense in SA weet nie van die Y2 K probleem
nie, hulle is net besorgd oor misdaad.

P

Rekenaars & selfone | 7 kommentare

Dagsê almal

Wo., 07 April 1999 00:00

Uiteindelik is dit weer moontlik om die nuusgroep te lees. Min tyd gehad,
en diensverskaffers probleme.

Die nuwe stemme klink verfrissend. Sal dit geniet om julle sienswyses te
leer ken.

Die afgelope maande was nogal woelig soos gewoonlik. Ek sal dit nog vir
julle verwoord een of ander tyd - op die gewone perverse manier, volgens
sekere deelnemers. Dit bly nog steeds 'n lekker nuusgroep hierdie.

Onder andere verneem van 'n Boedhis dat Jesus in London woon, maar dat
Christene nie daarvan mag weet nie.................:-D . Lekker dag vir
almal.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuweling

Di., 06 April 1999 00:00

Ek is nuut tot hierdie groep en kan nie besluit of 'n man hier 'n helmet
moet dra vir al die houe wat uitgedeel word en of 'n onderbroek en sokkies
genoegsaam sal wees nie! Sal maar dophou, as ek slae kry sal ek maar myself
moet kamoefleer............

André, nou-nou slaan Boesak jou! In elk geval, FW het op 'n stadium 'n fiets
gehad. Met 'n Boesak agterop en 'n Tutu voorop!

Groete uit die Riemland.

Johann

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238  1239  1240  1241  1242  1243  1244  1245  1246  1247    »]
Tyd nou: So. Des. 21 20:58:52 UTC 2025