Robbert Zijlstra heeft geschreven...
>
>> Van kampeer kon jy die Robbertses niks vertel nie. Hulle was INGERIG tot
>> in die fynste. Selfs die tradisionele erde "geriefie" vir onder die bed
>> moes saam see toe. Een kleintjie bekla luidkeels sy "ek moet NOU gaan"
>> nood by sy ma en toe "drop" die pennie vir een van die meer nugteres. Die
>> "koos" word opgediep van êrens onder die vrag en doen die rondte. Met een
>> groot familiepoging is die verkoeler volgemaak en die span kon verder
>> Torrabaai toe...................
>
'n "geriefie" vir onder die bed: een po dus. Die Robbertse zijn zo dom nog
niet :)
Waar's die Hollander dan nou ?? Ek wil 'n stukkie van die Outjo
Robbertses se beskuit in die nuusgroep koffie doop en jy loop rond. JY
het gesit en "alstublief, alstublief oom Hans" en nou sien mens jou nie meer
hier nie. Strandjakkals (alias.......toemaar ek sal nie sê nie) behoort
ook die noot te vat (die Hartseerwals) by die aanhoor hiervan. Dis mos hy
wat onthou het hoe die Robberts "clan" hulle slaggoedjies saamkarwei het
Torrabaai toe .......
Ewenwel.
Die pad Torrabaai toe vanaf Kamanjab loop oor Dopsteekhoogte. Wie die
plek die eerste keer so genoem het, weet niemand meer nie maar dit maak ook
nie saak nie. Feit is dat hy steil en klipperig is en dat vervloë dae se
motors en bakkies gekook het dat hulle bars teen die tyd wat hulle die kruin
bereik het. Stop moes jy stop dat die spulletjie eers kon afkoel en dis dan
waar die verversings uitgehaal is.
Die Robbertses het normaalweg twee Torrabaai togte aangepak. Een wat NET
die mans gegaan het en die ander waar vrouens en kinders kon saamgaan. In
hierdie storie is almal by - familie en skoonfamilie, oupas en oumas, ooms
en tantes - en dis 'n goeie persentasie van die Outjo distrik. So land
die prosessie bo-op Dopsteekhoogte en daar word halt geroep. Daardie tyd
het bakkies nie enjinkappe gehad nie - hulle het "bonnets" gehad. Almal
maak bonnets oop vir die groot afkoel. Die vrouens en kinders bewonder die
gesig en die mans groepeer vir hulle afkoel rondom die eerste bakkie se
voorraad brandewyn. (Die Robbertses drink net brandewyn en water en daardie
jare ook Lieberstein)
Halfpad deur die karton brandewyn raak die water op. Nou wat nou ? Die
naaste boer met water is MYLE terug en so lank kan hulle nie wag nie. Maar
'n Robberts maak 'n plan. Tap die eerste bakkie (Oupa s'n nogal) se
verkoeler leeg. Hy't mos klaar afgekoel. Gee aan die volgende bottel.
Teen hierdie tyd het die vrouens al begin geduld verloor en was waarskynlik
warmer as die verkoelerwater. Toe die manne die tweede bakkie se verkoeler
wou tap, skree die vrouens blou moord en die manne besluit wyslik om maar
liewers op Torrabaai dit wat hulle begin het, voort te sit. Net een klein
probleempie - een bakkie staan sonder water. Hoe gaan hulle nou ry ???
Van kampeer kon jy die Robbertses niks vertel nie. Hulle was INGERIG tot
in die fynste. Selfs die tradisionele erde "geriefie" vir onder die bed
moes saam see toe. Een kleintjie bekla luidkeels sy "ek moet NOU gaan"
nood by sy ma en toe "drop" die pennie vir een van die meer nugteres. Die
"koos" word opgediep van êrens onder die vrag en doen die rondte. Met een
groot familiepoging is die verkoeler volgemaak en die span kon verder
Torrabaai toe...................
> Psychometrics, Intelligence, and Public Perception by John B.
> Carroll.
> Carroll takes on six propositions as stated in The Bell
> Curve in hopes of clarifying where they stand (in early 1997)
> versus what the media had been reporting. He also notes that
> whatever anyone says, nothing in the social sciences is beyond
> technical dispute and he endeavors
People with high IQs know to never use a big word when a diminutive
one will do.
Get the irony of your reviewing these books on IQ when you write so
poorly?
om al die skielike nuwe oorkruisde nuusgroepe af te kry van hierdie
nuusgroep, of is daar van julle at dit volg en die moeite werd vind. Laat
asb. weet of daar iets aan gedoen kan word.
Pat, wat liewers loer as lasterlike liaserings maak :-)))
> om al die skielike nuwe oorkruisde nuusgroepe af te kry van hierdie
> nuusgroep, of is daar van julle at dit volg en die moeite werd vind. Laat
> asb. weet of daar iets aan gedoen kan word.
>
> Pat, wat liewers loer as lasterlike liaserings maak :-)))
Nee, ek lees nie die snert nie. Aan die
begin het ek gedoen wat ek gewoonlik
doen: ek verwyder ons nuusgroep se naam
bo-aan nadat ek die reply gedruk het, en
stuur dit dan weer weg. So hoop ek dat
die besprekings op die orige nuusgroepe
voortgesit sal word. Maar hierdie keer
help dit nie te goed nie. Die Nuenke ou
pos sy ellelange dinge direk, sonder om
op iemand te antwoord. Ek dink dus dat
daar geen ander manier is om hom af te kry
nie, as om direk te vra. Ek wil nie die
enigste een wees nie. Sal ons almal
gesamentlik vir hom mooi vra om op te
hou om sy Engelse geskrywery op ons
Afrikaanse nuusgroep te kruispos? Of
wie wil direk aan hom skryf?
Dit pis my tot in die afgrond toe in om na 'n maand of twee se afweesigheid
hier in te kom en te sien die mense wat "reply" is meer gepla oop die
skrywer se spelling as sy boodskap.
aan al die "taalkundiges" op die NG, net die volgende
sinsnede.............GAAN KAK. As julle in 'n sosiale NG wil gesels, besef
asb dat sekere mense hier is om te GESELS........nie om te konsentreer op
hulle spelling die hele tyd nie.................en as jy enigsins die vermoë
het om saam te gesels doen dan so, anders hou jou bek.