Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Interested in Bird Watching? Come to South Africa's Eastern Cape

Do., 15 April 1999 00:00

"Gert Swanepoel" writes:

> 9km from Elliot in South Africa's Eastern Cape. In the Southern
> Drakenberg. Winter can be a DREAM.
> Book at Peddler's Lodge to experience a romantic winter complete with
> loge fire in the lounge.
> Only 60km from Tiffindell, South Africa's only ski resort.
> Hiking trails, bushmen paintings and bird watching are some of the
> attractions of the area.

Gert, my broer, as jy nou wil hê ek moet die
heelpad van Noord-Amerika af na jou vo"els en
skilderye kom kyk, sal jy die skoonheid daarvan
vir my in Afrikaans moet verduidelik. Anders,
gee pad van ons Afrikaanse nuusgroep af.

Hier by ons is daar in alle geval nou genoeg
voels rond. En ek sit en wag vir die krokusse
en affodille en bloeisels om uit te kom in die
volgende paar weke. Ek kom liewer SA toe in
Oktober, as die jakarandas blom.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Weskus-Verse" deur PAULA MAUD

Do., 15 April 1999 00:00

WESKUS-VERSE
Paula Maud

Churchhaven

Kit-Nôi se kind
foutou teen die muur
het ver van die Kleinsee
op 'n ysskip loop werk
getrou vir sy ma 'n geldjie gestuur
tot die dag toe die boiler gebars het

sy pensioen dié bly sy kry
uit Amsterdam
lang jare se sorg
louter die pyn
met haar daaglikse brood
en bôkkoms en wyn.

Prosa & poësie | 0 kommentare

toets

Do., 15 April 1999 00:00

dit is n toets

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vlamingen gezocht in Zuid Afrika

Do., 15 April 1999 00:00

Gezocht:Vlamingen in Zuid Afrika die naar ginder geimmigreerd zijn.

Daar wij ook de zelfde plannen hebben,hadden

wij graag nog wat informatie gehad.

Graag een mailtje

ter.h...@skynet.be

Rob,Hilde en Nelis

Wij danken U

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kindergarten - dispuut

Do., 15 April 1999 00:00

Henri Burger het die volgende aan die nuusgroep se nie-amptelike
tuisblad gepos:

"Ons sit met 'n dispuut hier waarmee die lyslede my kan help. Die term
Kindergarten verwys na 'n spesifieke onderrigmetode, deur speletjies,
sang, ens.

My vraag is, waar stop Kindergarten en begin skool. Ek kon sweer in my
kleintyd was die eerste 2 skooljare deel van Kindergarten (toe was
daar nog nie eintlik kleuterskole nie), maar die bronne wat ek
raadpleeg dui aan dat Kindergarten Kleuterskool is.

Wat sê die onderwys- en taalkundiges?"

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Mirakel in die Agterplaas" deur FERDI GREYLING

Do., 15 April 1999 00:00

MIRAKEL IN DIE AGTERPLAAS
Ferdi Greyling

1

In die agterplaas onder die boom
sien hy alle kleure moontlik
van die donderwolke op hom afkaats.
Die wolke word donker
en suig al die kleure in
wat van grond en blom en boom
op uit die agterplaas kaats,
voor dit reën en dit
in bane van swaartekrag
aarde toe los.

2

Om sy stoel in die agterplaas
oneindig in alle rigtings
verskiet die heelal.

Om alle stoele in alle agterplase
verskiet hierdie heelal
oneindig in alle rigtings.

In oneindigheid lê alle dinge,
want alle dinge lê oneindig
in tyd en ruimte
wat in alle rigtings verskiet.

Alles speel noodwendig uit
tot alle moontlike konklusies,
besluit hy
in die reën in die agterplaas
onder die boom
wat nou
hier
op hierdie manier
groei.

3

In die reën in die agterplaas
weet hy van visse wat sterf in seë van gulsigheid,
kinders wat huil in donker vrees,
verwarde oumense wat oor leë dae struikel.
Maar hy ken ook helder kettings diere
wat deur die blou tyd swiep,
kinders wat skater en speel,
ou mense wat stil en soet
konklusies van hul lewens word.

Diere kinders oumense almal
lê oneindig en onvernietigbaar
in strukture van tyd en ruimte.
'n Reuse skildery
wat in alle rigtings en dimensies glim,
tot by die verste konklusies
wat diep simmetries
god en duiwel manifesteer.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Pretoria op horings!

Do., 15 April 1999 00:00

Het jy gehoor?

Daar het twee lorries met viagra op, omgeslaan in Pretoria!

Nou's die hele Pretoria op horings!

Humor & grappe | 0 kommentare

"Weskus-Verse" deur PAULA MAUD

Wo., 14 April 1999 00:00

WESKUS-VERSE
Paula Maud

Churchhaven

Kit-Nôi se kind
foutou teen die muur
het ver van die Kleinsee
op 'n ysskip loop werk
getrou vir sy ma 'n geldjie gestuur
tot die dag toe die boiler gebars het

sy pensioen dié bly sy kry
uit Amsterdam
lang jare se sorg
louter die pyn
met haar daaglikse brood
en bôkkoms en wyn.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ook die klein dingetjies...

Wo., 14 April 1999 00:00

Nou lyk dit darem vir my of daar so 'n gapinkie in die geselsery is. Ek het
maar so lank gesit en gewik en geweeg of 'n ou mens soos ek ook nou iets van
waarde hier te se kan he (waar kry 'n mens die kappies en dotjies op die
slimme sleutelbord - dis mos nou nie vir onse ou taaljie gemaak nie): ek
het nie vreeslike boekgeleerdheid nie, net jare se lewenservaring, hoewel ek
nou nie eintlik weet of dit genoeg kwalifikasie is nie. Pyn, vreugde en bo
alles darem liefde - die Here is goed vir my.

Ek probeer nou maar bybly by die kinders van vandag - al die nuwighede soos
rekenaars en so aan, mens moet maar leer om aan te pas en die kinders help
darem altyd en wys my mooi hoe om met een ou vinger te tik. Ek kyk nou al
lankal na al die boodskappies hier en siende dat 'n mens maar jou taal en
spelling moet dophou hier, sal ek maar moet oppas - kan iemand dan nie nou
'n "spel check" vir ons ou taaltjie ontwikkel nie? Ek sal ook probeer om
die ou Engelse woordjies, wat ek seker maar van my verafrikaansde Skotse
voorsate opgetel het, maar uit te hou siende dat mense nie baie daarvan hou
nie. Maar hoekom lyk dit vir my of meeste van die mense wat so sterk
daaroor voel in verre en vreemde lande woon - word 'n mens meer vol heimwee
oor wat jy agterlaat as jy oor die see trek?

Ek dog ek sal toe maar ietsie, so af en toe, uit 'n mooi en eenvoudige
boekie wat ek gereeld nog lees, neerskryf. In die ou wereld (waar is die
dem kappie) waarin ons so geseend (en die dem dotjies) is om nog te woon, is
daar soveel gestryery en vir my lyk dit of dit alles die onverdraagsaamheid
se skuld is. Die euwel is regtig 'n miskenning van die heerlike
verskeidenheid van die wereld rondom ons (in die ou boekie gelees) - 'n
onbuigbare vorm waarin jy alles wil dwing en knee tot 'n verstarde beeld;
dit erken slegs die reen wat op die droe aarde val omdat dit nuttig is, maar
dit sien nie die skoonheid van die storm op die see raak nie. Ag, ja, as
ons maar net kan leer om almal rondom ons dieselfde kanse te gun as wat ons
self het...

Nou ja, dis nou genoeg - ek moet seker darem 'n bietjie slaap probeer
inkry - hoe ouer 'n mens word, hoe moeiliker word die eenvoudigste ou
takies. En dis ook maar alleen nou dat al die besoekers weg is.

Ek hoop ek het julle nie te lank van ander en meer belangrike
besprekingspunte weggehou nie - dog toe ek sal maar my sikspens ingooi.

Boeregroete
Ouma Lien

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

English Friends

Wo., 14 April 1999 00:00

In article ,
squi...@echelon.alias.net (Eugene Terreblanche) wrote:
> Ah yes Mr smartarse Labuschagne ... was it this sort of clever
> intelligence gathering techinques that got you your high rank in
> the CCB.
>
> Listen Arse Hole ... if you were just half as intelligent as
> you make out you are then perhaps you would have realised that
> this posting was made "tongue-in-cheek" ... ask one of your
> English friends what that means.
>
> No ... actually you aren't that smart cos if you were you would
> have done some homework on remailers (ask one of your English
> friends what they are).
>
> When we are on the same wave length we can dicuss this matter
> further ... until then it's UP YOURS!!
>
> EugeneSquirrelTerreblanche

It is now evident why Squirrel makes such daft and ill informed postings.

He clearly places great trust in "English friends" as a source of accurate
information.

Even Bertie Wooster knows better than that!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1228  1229  1230  1231  1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238  1239  1240  1241  1242  1243    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 10:49:07 UTC 2026