Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die ANC en die doodstraf

Ma., 26 April 1999 00:00

Die SA Polisie het laasweek die jongste moord- en verkragtingsyfers
vrygestel.

Daar was 24 857 moorde gepleeg in 1998. Dis die tweede hoogste koers
tans in die wêreld (Kolombië is no.1).
Ons is ook die verkragtingshoofstad van die wêreld met 120 aangemelde
verkragtings per 100 000 mense. Volgens die statistieke het ons van
die laagste sukseskoerse met net 1 uit 7 aangeklaagdes vir moord wat
uiteindelik skuldig bevind word.

Die ANC meerderheid in die Konstitusionele Vergadering het talle
ondersoeke oor ander sinnelose aangeleenthede goedgekeur (en dus baie
belastingbetalers se geld daarvoor gebruik) maar het steeds besluit om
'n moontlike ondersoek in die publiek se opinie oor doodstraf te
verwerp. (!?) Hoe gerieflik.
Alhoewel die ANC meerderheid die versoek verwerp het, het die res van
die K. Vergadering steeds die publiek aangesê om hul stem te laat
hoor. 186 376 petisies is ontvang ten gunste van die herinstelling
van die doodstraf en net 'n paar honderd teen. Die feit dat die
meerderheid van die swart en blanke bevolking die doodstraf ondersteun
word deur die ANC se arrogansie ondermyn omdat hulle juis hierdie
meerderheid bloot ignoreer. Die ANC se ondemokratiese neigings begin
in hierdie geval deurskemer.

Prominente leiers van die ANC soos Winnie Mandela(!), Tokyo Sexwale
en Peter Mokaba het reeds openlik voorgestel dat die doodstraf debakel
heropen moet word. Hulle is egter deur die ANC oorgehaal om hul
opinies terug te trek. Thabo Mbeki het laasweek weer 'n referendum
oor die herinstelling van die doodstraf verwerp.

Die VSA se ondervinding dien as goeie voorbeeld hoekom 'n referendum
ten minste oorweeg moet word. In die VSA in 1960, was daar 56
teregstellings en 9140 moorde. Teen 1969 het geen teregstellings
plaasgevind nie... en die moordsyfer het tot 14 590 gestyg. Teen 1975
was die syfer op tot 20 510 moorde sonder teregstelling. Sedert die
doodstraf daar weer ingestel is in 1976, het die moordsyfer jaarliks
skielik met 12% begin daal.

Die ANC se reaksie op hierdie oorweldigende getuienis om die doodstraf
weer in te stel, was: "Dis onkonstitusioneel want almal het die reg
tot lewe." (ek dog dis die hele punt... 'n referendum om die grondwet
hopelik sodanig te verander dat die moordsyfer in SA kan daal!)

(uittreksel uit die Cape Argus - 26 April)

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*

Veiligheid & wapens | 32 kommentare

Sprokie vir 'n Stadskind

Ma., 26 April 1999 00:00

Sprokie vir 'n Stadskind - Koos du Plessis.

As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn,
sal daar in die sterrelose hemel
'n neonboog verskyn.

En kyk maar goed, want as jy hom vind,
vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind,
van 'n skatkis, met ou kettings gebind,
aan die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere,
oor kranse van beton;
as jy aanhou stap, tienduisend ure,
sal jy dalk daar kom.

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,
want, so lui die ou-ou sprokie, my kind:
As jy geluk en vreugde wil vind,
soek die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere;
kyk nie éénmaal om.
Dalk vind jy die land van blou saffiere...
en dalk 'n brokkie son.

(Nou wag ek vir 'n ontleding van wat dit alles beteken, Gloudina! Ek stel
veral daarin belang om te weet waar die land van blou saffiere is...)

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Wanneer hou die dinge op?

So., 25 April 1999 00:00

prop...@aol.com (ProPacem) writes:

Ek is gebore in die Paarl
Ons het eers aan die een kant van die rivier gebly, onder
> die skaduwee van 'n akkerlaning wat groot-oupa Johannes geplant het om sê plek
> en sê familie veilig te begrens. Een soel, Bolandse somer-aand, egter, het 'n
> amptelike bruin koevert ons huis beset Tog, alhoewel ek nou hier woon ruis die
> geliefde, geknelde land deur my are en weef ek my identiteit primêr rondom die
> Paarl, Suid-Afrika, en Afrika.

Waar mens die eerste jare van jou leeftyd
deurgebring het, is diep in jou siel en in
jou verstand ingesny. Die herinneringe van
hoe dinge gelyk het en geklink het en geruik
het, bly jou vir altyd by. Ekself besoek nog
gereeld die plekke van my kinderdae, alhoewel
ek baie lank gelede, met my laaste besoek aan
die eiland in die Oranje waar ek grootgeword
het, gesien het dat hulle al die huise afgebreek
het, al die tuine en akkers blomme en granaat-
lanings tot niet gemaak het, sodat hulle meer
en meer wingerdstokke kan plant en geld kan
maak.

Wanneer mens nou daardie plek van jou kinderdae
"verloor" weens wetgewing wat ingestel is om 'n
rassistiese beleid uit te voer, dan moet die
verlies van die setel van jou kinderdae vir jou
baie bitter laat voel. Dis vergelykbaar met die
verlies van Sikhs wat uit die Punjab moes trek,
lede van die Eerste Nasies hier in Kanada wat
moes sien dat hulle begraafplase gebruik is om
golfbane te ontwerp, en seker nou die Kosovars
wat uit die land uitgedryf word waar hulle
grootgeword het. Wanneer hou die dinge op?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Tristia" deur N.P. van Wyk Louw

So., 25 April 1999 00:00

Groot asseblief!! Kan iemand die teks van N.P. van Wyk Louw se gedig
"TRISTIA" óf vir my stuur óf op die nuusgroep sit?
Groete uit Vlaanderen.
Inga.vanmeer...@ping.be

Prosa & poësie | 1 kommentaar

"Soebatsfontein" deur DONALD RIEKERT

So., 25 April 1999 00:00

SOEBATSFONTEIN
Donald Riekert

Die herder het sy
hande teen die swartdoring
uitgesteek en gesoebat dat
die Boesmanjagters hom nie
sal laat proe aan die
bitteraalwyn Maar op
swart klippers van daardie
fontein het die pyl sy
oophand rooi laat blom

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: SAfricans vs Ozzies

So., 25 April 1999 00:00

Ag ou Boomkonyn, jy mompel alweer in Engels. Soos my Pa sou gese het:
jy het ook in die Ingelse kak getrap.

Skryf jou storie in Afrikaans, dan gee ek jou 'n antwoord.

Alwyn - uit Perth

Squirrel skryf in boodskap news:1d159b84230dbe6af3714da6521ca8da@anonymous.poster...
> One difference I have noted between Safricans and Ozzies is that
> when they stand up to sing their respective national anthems, the
> Safricans mumble Nkosi ...mmmm and hang their heads in shame,
> while the Ozzies (and most other first world citizens) hold their
> heads up high and sing the words with vigour.
>
> Come to mention it .... how many SAfricans even KNOW the ANC
> mishmash anthem ... not too many I'm sure!
>
> Squirrel
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lening dringend benodig-Sal terugbetaal

Sa., 24 April 1999 00:00

Haai Mense,
My naam is Jeane en ek benodig dringend n lening om groot onkostes te dek.Ek
kan terug betaal in 6 paaiemente. As iemand kan help laat weet asb na my
e-pos sodat ek jou kan kontak.
baie dankie vir julle tyd mense.

Ekonomie & geldsake | 2 kommentare

"Ek is 'n soutie"

Sa., 24 April 1999 00:00

> hen...@my-dejanews.com vra

> Is jy 'n soutie of nie, Leswin?

Nee, ek is nie. Ek is gebore in die Paarl, waar die druiwe in soetsuur
wordingssweet gedy. Ons het eers aan die een kant van die rivier gebly, onder
die skaduwee van 'n akkerlaning wat groot-oupa Johannes geplant het om sý plek
en sý familie veilig te begrens. Een soel, Bolandse somer-aand, egter, het 'n
amptelike bruin koevert ons huis beset, en fel inksoldate het op groot-ouma
Maria se eetkamertafel ontplooi, hul opdragte duidelik: drie maande om vier
geslagte se arbeid ongedaan te maak. Ek onthou dat die grond nat was met die
eerste wintereëns die dag toe ons ons goedjies agterop Uncle Cooee se trok
gepak het vir die rit na die anderkant van die rivier. Ek onthou ook dat ek
nie seker was of dit reën of sweet was op my pa se gesig nie, maar ek onthou
wel duidelik wat hy gesê het: "Hulle kan alles van jou wegvat, ou seun, maar
hulle kan nie jou geleerdheid steel nie". Jare later besef ek hoedat hierdie
een sin die sleutel was waarin ek my lewe gesing het. 'n Sin en leitmotiv wat
my uiteindelik hier na Chicago gebring het, eers om te studeer, en later ook
waar ek my egmaat onrmoet het. Tog, alhoewel ek nou hier woon ruis die
geliefde, geknelde land deur my are en weef ek my identiteit primêr rondom die
Paarl, Suid-Afrika, en Afrika.

NS: Ouma Maria se eetkamertafel was te groot en ons kon dit nie uit die huis
kry nie. My ouers het dit daar gelos. Waar dit Oupa Johannes se akkerbome
aangaan - hulle is almal afgesaag om plek te maak vir 'n sonkamer en 'n ekstra
garage.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Ek is 'n soutie"

Vr., 23 April 1999 00:00

In 'n parallele nuusdraad op hierdie groep beskryf 'n leser hom/haar as 'n
soutie. Nou wonder ek (gegee die oorsprong van hierdie woord) in hoe 'n mate
dit deur engelsprekendes of britte in SA ervaar word om so genoem te word. Het
die woord sy negatiewe oorsprong ontgroei? Word dit beledigend beskou? Word
dit as bloot humoristies beskou?
Of, nou dat ek daaraan dink, is daar meer as een verduideliking vir die
oorsprong van die woord (bv. soutie van limey en nie van soutp#%l nie)?

leswin

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

EISTEDDFOD Cancelled

Vr., 23 April 1999 00:00

Ek sien hierdie boodskap is oral heen gepos, behalwe na julle toe. Aangesien
julle 'n kultuur groep is is daar miskien diegene wat belang stel. Die
oorspronklike 'postings' is in za.culture, za.events, za.schools,
za.politics en za.misc te sien.

Groete
Daniel

ROODEPOORT INTERNATIONAL EISTEDDFOD OF SOUTH AFRICA

MEDIA INFORMATION FOR IMMEDIATE RELEASE
22 APRIL 1999
ISSUED BY GEORGE GOBINGCA MXADANA, CHAIRMAN OF THE BOARD

TEXT BEGINS HERE:
It is indeed a sad occasion for the Board of Directors of the
International Eisteddfod of
South Africa to have to announce the cancellation of the tenth
anniversary event which was
to have taken place in Greater Johannesburg during September/October
this
year.

The decision to cancel the event was taken against the background of a
series of events
which could be summarised as follows:
- The Western Metropolitan Local Council of Greater Johannesburg
as well as other
government sectors (the traditional main sponsors of the event)
withdrawing the bulk of
their financial as well as in-kind support in view of their current
focus on delivery of essential community services such as primary health
care, housing,
building of schools,
etc;
- An intensive fundraising campaign of many months to try to raise
the required
shortfall amount from the private sector proving largely unsuccesful;
- The realisation that corporate sponsors are not likely to
support the event unless
it changes its image from an event serving the needs of grassroots
amateur arts and culture
communities to an event serving the entertainment and advertising needs
of a
more commercially orientated pop-culture society;
- The realisation, eventually, that the organisation had neither
the financial
reserves nor the necessary technical or human resources back-up to
properly stage the tenth
anniversary event;
- The realisation that a final decision had to be taken by no
later than the end of
April 1999 when applications for participation were due to close.

A final decision on the future of the eisteddfod as an organisation has
not yet been taken,
but the matter will naturally in due course be resolved and stakeholders
informed of the
outcome.

The Board of Directors expresses sincere thanks to all past and current
sponsors, donors,
government departments, SA and foreign missions, directors, committee
chairpersons,
competitors and other participants, adjudicators, host families,
volunteer worke
rs, organisations and companies, as well as to the International
Eisteddfod's staff, all of
whom have in the past in so many unique ways supported the activities of
the International
Eisteddfod. Also, the Board sincerely apologises for any inconvenience
that may have been caused by the cancellation of the event.

The Board pays tribute to the vision and work of the late Keith Henry
Fleming (founder and
president of the International Eisteddfod of SA) who passed away on 24
December 1998 after
an extended period of illness. Mr Fleming was privileged, before passing
away, to experience all nine of the biennial presentations of the
International Eisteddfod
to date.

TEXT ENDS HERE
Executive Secretary
International Eisteddfod of South Africa
web: www.4Africa.com/iesa

--

Arts & Culture Trust of the President Award 1998
Electronic Media of the Year

"Arts world in one website"
http://www.artslink.co.za

The South African Arts and Culture Hub
http://www.artzone.co.za

Sign up now for ACE-mail (Arts & Culture E-mail)
http://www.artslink.co.za/ace

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1224  1225  1226  1227  1228  1229  1230  1231  1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238  1239    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 22:20:56 UTC 2026