Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Die ANC en die doodstraf
Die ANC en die doodstraf [boodskap #22640] Ma, 26 April 1999 00:00 na volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die SA Polisie het laasweek die jongste moord- en verkragtingsyfers
vrygestel.

Daar was 24 857 moorde gepleeg in 1998. Dis die tweede hoogste koers
tans in die wêreld (Kolombië is no.1).
Ons is ook die verkragtingshoofstad van die wêreld met 120 aangemelde
verkragtings per 100 000 mense. Volgens die statistieke het ons van
die laagste sukseskoerse met net 1 uit 7 aangeklaagdes vir moord wat
uiteindelik skuldig bevind word.

Die ANC meerderheid in die Konstitusionele Vergadering het talle
ondersoeke oor ander sinnelose aangeleenthede goedgekeur (en dus baie
belastingbetalers se geld daarvoor gebruik) maar het steeds besluit om
'n moontlike ondersoek in die publiek se opinie oor doodstraf te
verwerp. (!?) Hoe gerieflik.
Alhoewel die ANC meerderheid die versoek verwerp het, het die res van
die K. Vergadering steeds die publiek aangesê om hul stem te laat
hoor. 186 376 petisies is ontvang ten gunste van die herinstelling
van die doodstraf en net 'n paar honderd teen. Die feit dat die
meerderheid van die swart en blanke bevolking die doodstraf ondersteun
word deur die ANC se arrogansie ondermyn omdat hulle juis hierdie
meerderheid bloot ignoreer. Die ANC se ondemokratiese neigings begin
in hierdie geval deurskemer.

Prominente leiers van die ANC soos Winnie Mandela(!), Tokyo Sexwale
en Peter Mokaba het reeds openlik voorgestel dat die doodstraf debakel
heropen moet word. Hulle is egter deur die ANC oorgehaal om hul
opinies terug te trek. Thabo Mbeki het laasweek weer 'n referendum
oor die herinstelling van die doodstraf verwerp.

Die VSA se ondervinding dien as goeie voorbeeld hoekom 'n referendum
ten minste oorweeg moet word. In die VSA in 1960, was daar 56
teregstellings en 9140 moorde. Teen 1969 het geen teregstellings
plaasgevind nie... en die moordsyfer het tot 14 590 gestyg. Teen 1975
was die syfer op tot 20 510 moorde sonder teregstelling. Sedert die
doodstraf daar weer ingestel is in 1976, het die moordsyfer jaarliks
skielik met 12% begin daal.

Die ANC se reaksie op hierdie oorweldigende getuienis om die doodstraf
weer in te stel, was: "Dis onkonstitusioneel want almal het die reg
tot lewe." (ek dog dis die hele punt... 'n referendum om die grondwet
hopelik sodanig te verander dat die moordsyfer in SA kan daal!)

(uittreksel uit die Cape Argus - 26 April)

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22661 is 'n antwoord op boodskap #22640] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

> En wat sou die implikasie wees as die samelewing waarin jy bly deur 'n
> beduidende persentasie barbare bevolk word, Simon?

Is daar 'n "barbaar-geen"? Dit wil sê, is daar sekere mense wat maar net van
nature boos is? Wat sou dit beteken vir rehabilitasie (teenoor inkarserasie)?

> Dink jy hulle verdien die respek wat 'n gesofistikeerde grondwet hulle bied?

As mens, Ja, maar vir hul gedrag, 'n onomwonde nee. Maar dan is dit presies
wat Simon sê - dat die kwessie breër is as 'n gemaklike en simplistiese vergryp
aan die doodstraf. Dit het te doen met gesprekvoering en debat oor
rehabilitasie, sosio-ekonomiese en sielkundige oorsake vir geweld en 'n
voorkomende reaksie in daardie areas; effektiewe en spoedige polisiering,
vonnisvoering, en juridiese sisteem. En ek noem hierdie met die bekentenis dat
daar sekere misdade is wat so grusaam is, so bomenslik boos is dat die
doodstraf na die enigste appropriate vonnis lyk. Om dit te beken, egter, is
nie dieselfde as 'n absolute ondersteuning van die doodstraf nie.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22662 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Bryan1810 wrote in message ...
>
> Die SA Polisie het laasweek die jongste moord- en verkragtingsyfers
> vrygestel.
>
> Daar was 24 857 moorde gepleeg in 1998. Dis die tweede hoogste koers
> tans in die wêreld(Kolombië is no.1).
> Ons is ook die verkragtingshoofstad van die wêreld met 120 aangemelde
> verkragtings per 100 000 mense. Volgens die statistieke het ons van
> die laagste sukseskoerse met net 1 uit 7 aangeklaagdes vir moord wat
> uiteindelik skuldig bevind word.
>
> Die ANC meerderheid in die Konstitusionele Vergadering het talle
> ondersoeke oor ander sinnelose aangeleenthede goedgekeur (en dus baie
> belastingbetalers se geld daarvoor gebruik) maar het steeds besluit om
> 'n moontlike ondersoek in die publiek se opinie oor doodstraf te
> verwerp. (!?) Hoe gerieflik.
> Alhoewel die ANC meerderheid die versoek verwerp het, het die res van
> die K. Vergadering steeds die publiek aangesê om hul stem te laat
> hoor. 186 376 petisies is ontvang ten gunste van die herinstelling
> van die doodstraf en net 'n paar honderd teen. Die feit dat die
> meerderheid van die swart en blanke bevolking die doodstraf ondersteun
> word deur die ANC se arrogansie ondermyn omdat hulle juis hierdie
> meerderheid bloot ignoreer. Die ANC se ondemokratiese neigings begin
> in hierdie geval deurskemer.
>
> Prominente leiers van die ANC soos Winnie Mandela(!), Tokyo Sexwale
> en Peter Mokaba het reeds openlik voorgestel dat die doodstraf debakel
> heropen moet word. Hulle is egter deur die ANC oorgehaal om hul
> opinies terug te trek. Thabo Mbeki het laasweek weer 'n referendum
> oor die herinstelling van die doodstraf verwerp.
>
> Die VSA se ondervinding dien as goeie voorbeeld hoekom 'n referendum
> ten minste oorweeg moet word. In die VSA in 1960, was daar 56
> teregstellings en 9140 moorde. Teen 1969 het geen teregstellings
> plaasgevind nie... en die moordsyfer het tot 14 590 gestyg. Teen 1975
> was die syfer op tot 20 510 moorde sonder teregstelling. Sedert die
> doodstraf daar weer ingestel is in 1976, het die moordsyfer jaarliks
> skielik met 12% begin daal.
>
> Die ANC se reaksie op hierdie oorweldigende getuienis om die doodstraf
> weer in te stel, was: "Dis onkonstitusioneel want almal het die reg
> tot lewe." (ek dog dis die hele punt... 'n referendum om die grondwet
> hopelik sodanig te verander dat die moordsyfer in SA kan daal!)

Die doodstraf is niks minder as barbaars nie. Dit het nie plek
in 'n hedendaagse beskawing nie. Dit maak barbare van die
gemeenskap waarin dit plaasvind, om nie eers te praat van die
individue op wie se skouers dit val om so 'n vonnis te moet vel
en dit te moet voltrek nie.

Ek weet nie of jy dit besef nie, maar daar is 'n heelparty mense
wat hoë aansien geniet het in die voormalige Suid-Afrikaanse
regering / regime (ek laat die woordkeuse aan jou oor) wat nou,
op grond van feite wat hulleself erken het, sou moes hang as dit
wat jy hier bepleit tans die reël was.

Iemand wie se naam my nou ongelukkig ontgaan het ('n publieke
figuur wat met die regspleging bemoeid is), het onlangs die
kommentaar gemaak dat 'n moordenaar, voordat hy 'n moord pleeg,
nie vir homself redeneer: "Die ergste wat kan gebeur is dat ek
lewenslank kry nie." Nee, hy redeneer: "Niemand sal my vang
nie."

Wat die ANC betref het ek so 'n suspisie dat hulle beter weet
waar hulle stemme vandaan kom as die bron wat jy vir jou
statistieke aanhaal.

Dit word gesê dat in daardie lande waar die Shari'a geld, waar
jou hand afgekap word as jy aan diefstal skuldig bevind word,
diefstal so te sê nie voorkom nie. Sou so 'n stelsel dan nie ook
'n goeie idee vir Suid-Afrika wees nie?

Die probleem is nie dat die doodstraf afgeskaf is nie. Die
probleem is dat misdadigers nie vasgetrek word nie. Lees mooi
wat jy self hierbo sê: "Volgens die statistieke het ons van die
laagste sukseskoerse....." Beywer jouself liewer daarvoor om
iets te doen aan hierdie patetiese sukseskoerse.

Swart Simon
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22663 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
nomad wrote in message ...

> Geld hierdie siening ook as dit 'n land se amptelike beleid is om
> onskuldige vreemdelinge met bomme te vermoor ?
>
> Of is dit net barbaars as jy mense (individue) in jou eie gemeenskap
> doelbewus doodmaak?
>
> Wat sê ons dan van Amerika?

Ek is jammer, Nomad, maar ek verstaan gladnie wat jy hier probeer
vra nie. Ons bespreek hier die her-instelling van 'n stelsel wat
voorsiening maak vir die wettige doodmaak van iemand wat skuldig
bevind is aan 'n bepaalde misdaad. Ek kan nou nie mooi uitwerk
waar jou "onskuldige vreemdelinge" en "met bomme vermoor"
hier inpas nie. Kan jy dalk jou vrae so 'n bietjie duideliker
stel? Ek moet jou net vooraf waarsku dat ek tot dusver nog net
so ver gekom het om 'n oplossing vir lande se probleme te vind.
Ek werk nog aan 'n oplossing vir die wêreld se probleme.

Swart Simon
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22664 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> Ek dink nie daar sal veel meer as 'n paar OPENBARE
teregstellings....

Sou jy sê kruisiging is 'n goeie metode?

Swart Simon
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22665 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Is daar 'n "barbaar-geen"? Dit wil sê, is daar sekere mense wat maar net van
> nature boos is?

Sekerlik is daar nie so 'n geen nie, maar navorsing het wel bewys dat 'n
beduidende persentasie geweldsmisdadigers 'n dubbele Y-chromosoom het! Die
redes vir boosheid is multifaktoriaal, maar die realiteit in SA dui daarop dat
besonder baie van die faktore 'n rol speel.

> Dit het te doen met gesprekvoering en debat oor
> rehabilitasie, sosio-ekonomiese en sielkundige oorsake vir geweld en 'n
> voorkomende reaksie in daardie areas; effektiewe en spoedige polisiering,
> vonnisvoering, en juridiese sisteem. En ek noem hierdie met die bekentenis dat
> daar sekere misdade is wat so grusaam is, so bomenslik boos is dat die
> doodstraf na die enigste appropriate vonnis lyk. Om dit te beken, egter, is
> nie dieselfde as 'n absolute ondersteuning van die doodstraf nie.

Met lg. stelling het ek dit eens. Die probleem lê met die oplossing wat jy
bied. Die afgelope 5 jaar het die kommissaris van polisie die een
teenmisdaadplan na die ander aangekondig. Die realiteit is egter dat die druk
op die staatskas so groot is, weens die uiteenlopende behoeftes, dat daar
weinig van gekom het. In effek het die polisiemag kleiner geword. Die vraag
is, wat doen jy in praktiese terme terwyl jou oplossing realiseer?

Ek is van mening dat drastiese optrede nodig is, en dit sluit nie noodwendig
die doodstraf in nie.

My oplossing is:

1) Die president kondig 'n noodtoestand af.

2) Die polisie kry magte vir visentering.

3) Die weermag word gemobiliseer om die polisie by te staan.

4) Padblokkades en deursoeking word op 'n wye basis uitgevoer vir 'n
onbepaalde tydperk.

5) Elke persoon wat 'n vuurwapen besit moet 'n sertifikaat van 'n landdros hê
om daardie wapen te dra of te vervoer (slegs geldig vir 14 dae).

6) Enige persoon wat betrap word met 'n vuurwapen, en sonder 'n sertifikaat,
word as volg gestraf:

i) In besit van 'n AK47/R4/R5 : geen verhoor; lewenslange tronkstraf.
ii) In besit van enige ander ongelisensieerde wapen: geen verhoor; 15 jaar
tronkstraf.
iii) In besit van gelisensieerde vuurwapen sonder sertifikaat: geregtig op
verhoor; 5 jaar tronkstraf as daar nie 'n bona fide rede is vir die versuim om
'n sertifikaat te hê nie.

Die Burger-plan het natuurlik twee voorvereistes:

1) Politieke wil.

2) Finansiering. Waarskynlik sal geld van iets soos behuising weggeneem moet
word. Ek weet dit klink verskriklik, maar die langtermyn finansiële voordele
sal die korttermyn opoffering by verre oortref.

Groete

Henri
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22666 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans skryf:

> Die doodstraf is niks minder as barbaars nie. Dit het nie plek
> in 'n hedendaagse beskawing nie. Dit maak barbare van die
> gemeenskap waarin dit plaasvind

En wat sou die implikasie wees as die samelewing waarin jy bly deur 'n
beduidende persentasie barbare bevolk word, Simon? Dis nou ouens wat ou
tannies met warm strykysters brand as hulle by hulle huise inbreek.

Dink jy hulle verdien die respek wat 'n gesofistikeerde grondwet hulle bied?
Is jy tevrede daarmee dat hulle stem in die komende verkiesing presies
dieselfde as joune tel?

Miskien moet jy Sekola Sello se artikel in Beeld van 24 April gaan lees.

Groete

Henri
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22667 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Apr 1999 03:30:15 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:
|Die doodstraf is niks minder as barbaars nie. Dit het nie plek
|in 'n hedendaagse beskawing nie. Dit maak barbare van die
|gemeenskap waarin dit plaasvind, om nie eers te praat van die
|individue op wie se skouers dit val om so 'n vonnis te moet vel
|en dit te moet voltrek nie.
|
In my opinie hoef die doodstraf nie eers bespreek te word nie. Die feit dat DIT
die besprekingspunt is, dui op die swakheid in ons samelewing. As niemand die
doodstraf verdien nie, sal dit nie ter sprake kom nie - moet ons nie eerder ons
energie verbruik vir die voorkoming van misdaad as om te stry oor watter straf
agterna regverdig sal wees of nie.

Ek dink nie daar sal veel meer as 'n paar OPENBARE teregstellings en afgekapte
hande en kastrasies nodig wees om halsmisdade ernstig in te kort nie.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22668 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote in message
...

> En wat sou die implikasie wees as die samelewing waarin jy bly deur 'n
> beduidende persentasie barbare bevolk word, Simon?

Ek sou 'n ander plek kry om te bly.

> Dink jy hulle verdien die respek wat 'n gesofistikeerde grondwet
hulle bied?

Die grondwet is "gesofistikeerd" (jou woord) juis omdat dit
iemand wat homself barbaars gedra met respek behandel.

> Is jy tevrede daarmee dat hulle stem in die komende verkiesing presies
> dieselfde as joune tel?

Jy impliseer hiermee dat Suid-Afrika deur 'n beduidende
persentasie barbare bevolk word. Ek kry jammer vir jou. Hoekom
bly jy nog hier?

> Miskien moet jy Sekola Sello se artikel in Beeld van 24 April
gaan lees.

Ek weet nie waar om dit nou nog in die hande te kry nie. Miskien
kan jy dit vir my opsom.

Swart Simon
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22669 is 'n antwoord op boodskap #22661] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans skryf in boodskap news:7g33lu$1mba$1@nnrp01.iafrica.com...

> Die doodstraf is niks minder as barbaars nie. Dit het nie plek
> in 'n hedendaagse beskawing nie. Dit maak barbare van die
> gemeenskap waarin dit plaasvind, om nie eers te praat van die
> individue op wie se skouers dit val om so 'n vonnis te moet vel
> en dit te moet voltrek nie.
>
>
> Swart Simon

Geld hierdie siening ook as dit 'n land se amptelike beleid is om
onskuldige vreemdelinge met bomme te vermoor ?

Of is dit net barbaars as jy mense (individue) in jou eie gemeenskap
doelbewus doodmaak?

Wat sê ons dan van Amerika?
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22677 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Omdat dit in die grondwet staan, sê jy. Wel die feit is, vanuit
> regeringskringe was daar onsteltenis oor die grondwetlike hof se uitspraak.
> Selfs vanuit die geledere van die grondwetregters self. Hulle het egter nie
> 'n keuse gehad nie, want hulle interpreteer bloot die grondwet. Hulle het wel
> gesê die regering moes dit voorsien het, en betyds die nodige wysigings
> aangebring het.
>
> In een van daai tronke sit 6 mense wat op my en my vrou en 18 maande oue
> seuntjie geskiet het. Dieselfde mense het 'n Indiërvrou van Tzaneen verkrag,
> 'n swart taxi eienaar vir dood langs die pad agtergelaat, 'n petroljoggie
> beroof, 'n swart polisieman plus 'n student wat saam met hom 'n die motor was
> doodgeskiet, 'n ander inwoner van Tzaneen met blywende breinskade gelaat, en
> les bes 'n swart vrou van Tzaneen ontvoer, en vir weke in die berge aangehou
> om vir hulle kos te maak. En jy en Simon wil vir my vertel omdat dit in die
> grondwet staan, is hierdie mense daarop geregtig om saam met my te besluit
> hoe my land moet lyk.
>
> Ek is jammer, maar ek koop dit nie.

Sedert 1981, toe die konstitusie van
Kanada gerepatrieer is, en daar 'n
"Bill of Rights" opgestel is (wat
heelwaarskynlik die model is vir die
SA een), het baie dinge in Kanada
verander. Een daarvan is dat mense
in tronke ook stemreg het. Dis
heelwaarskynlik in die howe getoets
maar die Supreme Court van Kanada
het besluit: mense in tronke het
stemreg. Kanada het ook die doodstraf
al lankal afgeskaf. Hulle lewer nie
mense uit wat moorde gepleeg het en
dan na Kanada vlug nie, as hulle weet
dat daardie land (soos die VSA) die
doodstaf het. Kanada laat ook nie
mense met kriminele rekords in Kanada
toe nie. Vandaar dat Winnie Mandela
nie in Kanada kan kom kuier nie.

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22678 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote in message
...

> Jy ontduik die vraag.......

(ens. ens. )

As dit vir jou lyk of ek jou vraag ontduik, Henri, dan is dit
maar net omdat ek myself probeer hou by die punt van die debat.
Ek het wel my siening oor stemreg vir gevangenes, maar dit is nie
iets wat ek nou wil debateer nie.

Die debat gaan oor die ANC en die doodstraf. Na my mening is die
doodstraf 'n barbaarse vorm van straf en behoort dit nie
her-ingestel te word nie. Of gevangenes die stemreg moet hê of
nie is totaal irrelevant in hierdie verband.

Ek het die Sello artikel gekry en gelees (dankie). Weereens het
dit totaal niks te doen met die doodstraf nie. Net maar nog 'n
refrein oor misdaadsyfers en hoe daar groter magte aan die
polisie gegee moet word.

Swart Simon

NS: Jy het vergeet van die Rotweilers agter die 6-voet mure en
die lemmetjiesdraad.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22679 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans skryf:

>> Is jy tevrede daarmee dat hulle stem in die komende verkiesing presies
>> dieselfde as joune tel?
>
> Jy impliseer hiermee dat Suid-Afrika deur 'n beduidende
> persentasie barbare bevolk word.

Jy ontduik die vraag. Is jy tevrede dat veroordeelde moordenaars, verkragters
en kindermolesteerders se stem dieselfde as joune tel?
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22680 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
coe...@spam.pacific.net.sg (JC) writes:
>>
>> 1) Die president kondig 'n noodtoestand af.
>>
>> 2) Die polisie kry magte vir visentering.
>>
>> 3) Die weermag word gemobiliseer .
>>
>> 4) Padblokkades en deursoeking
>>
>> 5) Elke persoon wat 'n vuurwapen besit moet 'n sertifikaat van 'n landdros hê
>> om daardie wapen te dra of te vervoer (slegs geldig vir 14 dae).
>>
>> 6) Enige persoon wat betrap word met 'n vuurwapen, en sonder 'n sertifikaat,
>> word as volg gestraf:

>> Die Burger-plan het natuurlik twee voorvereistes:
>>
>> 1) Politieke wil.
>>
>> 2) Finansiering.

> Dit kan werk!

> Waar die dr@l in die drinkwater beland, is natuurlik by jou eerste
> voorvereiste ...

Klink vir my baie na 'n aanvraag vir 'n
regering met diktatoriale magte, net soos
die vorige regime se visentering van
die "dompasse." Moet tog asseblief nie
weer noodtoestande uitroep, polisie
mense laat visenteer op vrye voet
ens. ens. nie. Miskien is jy al te
lank in Singapore, waar hulle ook
'n semi-diktatorskap en sosiale
engineering beoefen.

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22681 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes: >

>>> Is jy tevrede daarmee dat hulle stem in die komende verkiesing
>> presies

> Jy ontduik die vraag. Is jy tevrede dat veroordeelde moordenaars, verkragters
> en kindermolesteerders se stem dieselfde as joune tel?

Ek neem aan die argument gaan hier oor
of mense in tronke ook stemreg moet h^e.
Ek meen dat hulle 'n ruk gelede die
reg gegee is hier in Kanada. (Volgens
my opinie word SA se strukture tot 'n
groot mate geskoei op die van Kanada.
Ek het al Suid-Afrikaners in offisiele
posisies so hoor sê.) Die reg van 'n
burger, of hy nou in die tronk is of
nie, word beskerm deur die grondwet van
Kanada. Ek neem aan dis dieselfde in
Suid-Afrika.

Ek weet nie waar jy bly nie, Simon, maar kyk bietjie om jou. Huise met 6 voet
> mure en lemmetjiesdraad, vensters met tronkseldiefwering, alarmstelsels,
> gewapende reaksie kentekens, motorplakkers wat sê 'sattelite surveillence'. Jy
> sou nie sê dis tekens van 'n samelewing wat bevolk word deur vredeliewende
> engeltjies nie, nê? Die vraag is, wie is nou eintlik in die tronk.

Ek luister nou die dag na 'n klomp
jong toeriste in SA in 'n jeugherberg
erens op die Transkeise seekus. Die
persoon vra aan hulle of hulle nie
bang is vir geweld nie. Daar is volop
meisies onder hulle. Hulle sê, nee, hulle
is natuurlik versigtig op plekke waar
mens versigtig moet wees. Maar een van
die meisies sê smalend: Die klomp wit
mense in SA sit in agter die diefwering
en alarmstelsels, met hulle vingers op
die alarm, en hulle weet nie wat aangaan
in hulle land nie.

Dit laat my dink aan die huis van my
susterkind in Sandton: die enigste
keer wat die alarm nog gebruik is, is
toe my suster in die slaapkamer van
haar dogter inloop en die alarm druk
omdat sy gedink het dis die remote
control van die TV. Toe hulle weer
sien, toe seil daar 'n man oor die
muurtjie om hulle tuin en kom stel
ondersoek in.

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22682 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JC[0]  is tans af-lyn  JC[0]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 27 Apr 1999 21:22:35 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:

> My oplossing is:
>
> 1) Die president kondig 'n noodtoestand af.
>
> 2) Die polisie kry magte vir visentering.
>
> 3) Die weermag word gemobiliseer om die polisie by te staan.
>
> 4) Padblokkades en deursoeking word op 'n wye basis uitgevoer vir 'n
> onbepaalde tydperk.
>
> 5) Elke persoon wat 'n vuurwapen besit moet 'n sertifikaat van 'n landdros hê
> om daardie wapen te dra of te vervoer (slegs geldig vir 14 dae).
>
> 6) Enige persoon wat betrap word met 'n vuurwapen, en sonder 'n sertifikaat,
> word as volg gestraf:
>
> i) In besit van 'n AK47/R4/R5 : geen verhoor; lewenslange tronkstraf.
> ii) In besit van enige ander ongelisensieerde wapen: geen verhoor; 15 jaar
> tronkstraf.
> iii) In besit van gelisensieerde vuurwapen sonder sertifikaat: geregtig op
> verhoor; 5 jaar tronkstraf as daar nie 'n bona fide rede is vir die versuim om
> 'n sertifikaat te hê nie.
>
> Die Burger-plan het natuurlik twee voorvereistes:
>
> 1) Politieke wil.
>
> 2) Finansiering. Waarskynlik sal geld van iets soos behuising weggeneem moet
> word. Ek weet dit klink verskriklik, maar die langtermyn finansiële voordele
> sal die korttermyn opoffering by verre oortref.

Dit kan werk! Dis die beste oplossing wat ek nog ooit vir die
geweldadige misdaadprobleem in SA gesien het. Burger vir Minister van
Veiligheid en Sekuriteit! Viva!

Waar die dr@l in die drinkwater beland, is natuurlik by jou eerste
voorvereiste ...
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22683 is 'n antwoord op boodskap #22661] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>> Jy ontduik die vraag. Is jy tevrede dat veroordeelde moordenaars, verkragters
>> en kindermolesteerders se stem dieselfde as joune tel?
>
> Ek neem aan die argument gaan hier oor
> of mense in tronke ook stemreg moet h^e

Ek noem spesifieke voorbeelde. Mense wat ander mense hul demokratiese reg op
lewe ontneem het, of hulle lewens andersins verwoes het. Op grond waarvan het
hy die reg om saam met my te besluit hoe en deur wie die land regeer moet
word?

Omdat dit in die grondwet staan, sê jy. Wel die feit is, vanuit
regeringskringe was daar onsteltenis oor die grondwetlike hof se uitspraak.
Selfs vanuit die geledere van die grondwetregters self. Hulle het egter nie
'n keuse gehad nie, want hulle interpreteer bloot die grondwet. Hulle het wel
gesê die regering moes dit voorsien het, en betyds die nodige wysigings
aangebring het.

In een van daai tronke sit 6 mense wat op my en my vrou en 18 maande oue
seuntjie geskiet het. Dieselfde mense het 'n Indiërvrou van Tzaneen verkrag,
'n swart taxi eienaar vir dood langs die pad agtergelaat, 'n petroljoggie
beroof, 'n swart polisieman plus 'n student wat saam met hom 'n die motor was
doodgeskiet, 'n ander inwoner van Tzaneen met blywende breinskade gelaat, en
les bes 'n swart vrou van Tzaneen ontvoer, en vir weke in die berge aangehou
om vir hulle kos te maak. En jy en Simon wil vir my vertel omdat dit in die
grondwet staan, is hierdie mense daarop geregtig om saam met my te besluit
hoe my land moet lyk.

Ek is jammer, maar ek koop dit nie.

> Maar een van
> die meisies sê smalend: Die klomp wit
> mense in SA sit in agter die diefwering
> en alarmstelsels, met hulle vingers op
> die alarm, en hulle weet nie wat aangaan
> in hulle land nie.

Sê hulle moet Tzaneen toe kom en dit vir Henri Burger kom sê.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22700 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> In Kanada skiet een skoolkind 'n ander, en dit is wêreldnuus. In SA maak
> sulke insidente dikwels nie eens 'n bliep op 'n radarskerm nie.

Ek wonder of die skool-insident in Alberta
die wereldnuus sou gehaal het, as dit nie
was dat dit nou piggyback op die insident
in Colorado nie. Het die insident in Vancouver
ooit julle nuus gehaal - waar 'n klomp
skoolkinders vir Reena Virk eers amper
papgeslaan het, en toe het 'n seun en 'n
meisie haar gevolg en haar uiteindelik
bewusteloos geslaan en in die water van
'n rivier ingesleep, waar hulle haar lyk
gekry het. Of het dit julle nuus gehaal
toe vier busbestuurders hier in Ottawa
deur 'n onvergenoegde vorige werker dood-
geskiet is omtrent twee weke gelede? Of
haal dit julle nuus - die aanhoudende
diefstal van karre in 'n sekere deel van
Montreal, en die afgaan van bomme wat
onskuldige mense in die straat doodmaak -
dis 'n aanhoudende oorlog tussen die
Hells Angels en nog 'n ander gang.

Ek sê nie daar is nie onwettigheid in
SA nie. Daar is 'n geslag los wat 'n
professie maak van steel. En daardie
geslag moet teruggewin word. Die rede
hoekom onwettigheid 'n bietjie afneem
in Noord-Amerika is omdat die baby boomers
nou te oud geword het vir sulke dinge.
Maar nou lyk dit of hulle kinders die
ouens is wat die gewere vat en skiet.
EN, nou die aand analiseer 'n sielkundige
in NY die skietery in Colorado en die
afgelope een en 'n halfjaar se skool-
insidente in ander dele van die VSA,
en sy sê mens moet oplet - al hierdie
kinders was WIT. Wonder hoekom dit
die wit kinders van die VSA is wat hulle
na die gewere keer? So dis nie net die
swart engeltjies wat pla nie, ne?

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22701 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> So dis nie net die
> swart engeltjies wat pla nie, ne?

Gloudina, Gloudina! Wie het van swart gepraat, behalwe Simon wat homself
'Swart Simon' genoem het.

Die wreedaardigste insident wat ek ooit op Tzaneen beleef het, was verlede
jaar toe 'n wit engeltjie sy eie tienersuster verwurg het, daarna haar keel
afgesny het, en toe 'n bierbottel jy weet waar ingedruk het. 'Skuus vir die
gory detail, maar ek het dit teen die hele bleddie spul. Simon kan hierdie ou
vir my part aan sy kruis gaan vasspyker, onderstebo aan jy weet wat!

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22702 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
> Maar een van
> die meisies sê smalend: Die klomp wit
> mense in SA sit in agter die diefwering
> en alarmstelsels, met hulle vingers op
> die alarm, en hulle weet nie wat aangaan
> in hulle land nie.

Seker 'n Kanadees gewees? Hulel weet lk my altyd beter. Maar laat een
van die kinders nou in 'n psigopaat vasloop en verkrag/vermoor/beroof
word dan is dit weer die hele wereld pers vol en ons toerisme mark neem
'n stewige duik. Snaaks hoe SA nog steeds kan headlines regoor die
wereld maak ne?

So terloops - ek sien julle copy die Yanks en speel cowboys en kroeks in
julle skole?
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22703 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JC[0]  is tans af-lyn  JC[0]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 28 Apr 1999 16:36:43 GMT, wrote:

>
> Klink vir my baie na 'n aanvraag vir 'n
> regering met diktatoriale magte, net soos
> die vorige regime se visentering van
> die "dompasse." Moet tog asseblief nie
> weer noodtoestande uitroep, polisie
> mense laat visenteer op vrye voet
> ens. ens. nie.

Soos Henri gesê het: die huidige bandeloosheid in SA is ondraagbaar,
en vereis drastiese stappe. As dit 'n einde kan bring aan hierdie
gekheid, sal dit groot steun geniet. Die voordele wat dit sal inhou -
nie net vir die individu nie, maar vir die land as 'n geheel - is
onmeetbaar groot.

> Miskien is jy al te
> lank in Singapore, waar hulle ook
> 'n semi-diktatorskap en sosiale
> engineering beoefen.

Semi-diktatorskap of nie - dit werk! Die welvaart is verstommend, en
die misdaadsyfer is seker die laagste in die wêreld. Die inwoners
(behalwe natuurlik die handjie vol kriminele) steun die onverskrokke
polisieering en wetstoepassing volkome.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22704 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
coe...@spam.pacific.net.sg (JC) writes:

>> Miskien is jy al te
>> lank in Singapore, waar hulle ook
>> 'n semi-diktatorskap en sosiale
>> engineering beoefen.
>
> Semi-diktatorskap of nie - dit werk! Die welvaart is verstommend, en
> die misdaadsyfer is seker die laagste in die wêreld. Die inwoners
> (behalwe natuurlik die handjie vol kriminele) steun die onverskrokke
> polisieering en wetstoepassing volkome.


Dis presies hierdie soort saamgaan met
semi-diktators (wat later voltydse
diktators word) wat die probleem was
in Hitler se Duitsland, en in Franco
se Spanje en in Pinochet se Chile
en in P.W. Botha se Suid-Afrika. En
in sulke state word oorspronklikheid
en oopheid ingeboet. Is daar groot
skrywers in Singapore? Is daar 'n
lewendige intelligentsia in Singapore?
Mens rebelleer noual hier in New York
teen Mayor Guilliani se oordadige
beheer en "skoonmaak" van die stad. In
die proses word individualiteit en
oorspronklikheid ingeboet. Dit het
nie in Rusland geslaag nie. Singapore
is heelwaarskynlik ook 'n steriele
plek.

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22705 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Sedert 1981, toe die konstitusie van
> Kanada gerepatrieer is, en daar 'n
> "Bill of Rights" opgestel is (wat
> heelwaarskynlik die model is vir die
> SA een), het baie dinge in Kanada
> verander. Een daarvan is dat mense
> in tronke ook stemreg het

My liewe Gloudina, tot tyd en wyl ek Simon se ongevraagde raad volg en trek,
het die feit dat die Kanadese grondwet stemreg aan gevonnisde misdadigers
bied, geen betrekking op my nie.

In Kanada skiet een skoolkind 'n ander, en dit is wêreldnuus. In SA maak
sulke insidente dikwels nie eens 'n bliep op 'n radarskerm nie. Ek het aan
die hand van wat ek en my gesin aan ons lywe gevoel het vir jou uitgewys
hoekom ek daarteen gekant is. Hier volg nog, en sommer ook die uiters
suksesvolle Burger- plan vir straatbeskerming:

Oor die afgelope 5 jaar is daar 5 keer by my voertuig voor my deur ingebreek.
Soms haal Simon se engeltjies sommer die hele voorruit uit om dit reg te kry,
en smyt hom dan op die grond stukkend. By een geleentheid het hulle daarin
geslaag om met my bakkie weg te kom. Danksy oplettendheid deur die plaaslike
polisie is hy dieselfde nag teruggevind. Met 16 skietgate = R 16 000 se skade.
Onthou ook, elke keer wat ek skade gehad het, het minstens 5 ander ouens in my
straat ook deurgeloop. Die laaste keer het ons die Burger-plan geïmplimenteer.
Dit werk op die eenvoudige beginsel dat die inwoners beheer oor hulle straat
oorneem.

Ons rig toe beheerpunte by ons straatingange op, met 24 uur toegangsbeheer.
Dieselfde aand gaan verkla die engeltjies ons by die polisie - inmenging met
die demokratiese reg tot vrye beweging, 'restriction of trade', en wat nog.
Toe stuur die SAPD 'n snotkop reserviskonstabel om vir ons te vertel om die
paal oor die pad te verwyder. Ons sê ons luister nie na kabouters nie, hy
moet die generaal gaan roep.

Die generaal het nie daarvan gehou dat hy uit sy warm bed geroep is nie, maar
sy storie is dieselfde - die paal moet af. Ons weier. Hy sê dan arresteer hy
ons. My prokureurvriend sê hy het 'n lasbrief nodig. Toe is hy daar weg na die
hooflanddros toe, 'n persoonlike vriend van my. Ek bel hom om te sê die
generaal is op pad. Toe sê hy die generaal moet hom nie na-ure pla met
nietighede nie, hy kan sy lasbrief die volgende dag in werksure kry. Dit het
ons genoeg tyd gegee dat die beton waarmee die paal vasgesit is behoorlik kon
set.

Die volgende môre daag hy op met die lasbrief, maar toe het ons klaar die
dwarspaal afgeskroef. Ewe verleë sê hy hy is bly om te sien ons is goeie
landburgers. Ons sê hy moet nie bekommer nie, sodra hy weg is, sit ons die
paal terug. Toe stasioneer hy twee polisiemanne permanent in ons straat om te
kyk dat ons nie die paal terug sit nie. Presies wat ons wou gehad het - 2
voltydse polisiemanne in ons straat!

Na twee weke kry die generaal 'n senuweeineenstorting. Met die dat die helfte
van Tzaneen se polisiemag voltyds in ons straat is, is daar niemand om die
res van die dorp te bedien nie. Die ander mense wat rot en kaal gesteel word
en nie hulp kry nie, begin die generaal bel. Niemand kan twee weke lank
sonder slaap klaarkom nie. Hy is nou nog in 'n gestig - elke keer as hy 'n
telefoon hoor lui, versaak sy sfinkters hom. Of selfs 'n fietsklokkie.

Toe laat weet die streekskommissaris die polisie moet ons los en hulle werk
begin doen. Toe sit ons ons pale terug, en hulle pla ons nie weer nie.

Met die geld wat ons gespaar het aan versekeringspremies en bybetalings, het
ons plan B in werking gestel. Ons het 2 uitkyktorings in huise se solders
ingebou, met 2 skerpskutters met nagsig toerusting. En daai ouens kan skiet
hoor! By die een oor in en by die ander een uit. Elke keer. Geen bloed of
gemors nie. Al wat oorbly, is verwydering van die liggame. Ek staan aan die
hoof van die 'body removal squad', hulle laat weet my net met die kode 'deur
die ore gewerk'!

Sommige ouens wil hê ons moet liggaaamsdele verkoop vir muti, om kostes te
delg, maar ek sê dis onchristelik. Buitendien kan jy in SA tronk toe gaan vir
lykskending, en rook op straat, maar nie as jy iemand geld skuld nie.

So, as jy nog altyd gedink het ek en Jongeling Dunn gaan elke naweek net suip
daar langs die Olifants met al sy krokodille, dink weer...

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22706 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans skryf:

> Die debat gaan oor die ANC en die doodstraf. Na my mening is die
> doodstraf 'n barbaarse vorm van straf en behoort dit nie
> her-ingestel te word nie.

Simon, Simon, op hierdie waarheid kon jy dalk 'n kerk gebou het. Maar ek sien
ons beweeg nader aan mekaar.

In 'n opname meer as 'n jaar gelede al het meer as 90% van die Sondagkoerant
City Press se lesers wat reageer het, aangedui dat hulle ten gunste van die
herinstelling van die doodstraf is. Nou, in die lig van jou definisie van
barbarisme hierbo, val 90% van City Press se lesers dus in die kategorie van
barbare.

Ek herinner my dat ek vroeër in die debat gesê het ons land word bevolk deur
'n beduidende persentasie barbare (waarop jy gesê het as dit my persepsie is,
moet ek trek). Nou kom gee jy te kenne dat hier inderdaad meer barbare is as
wat ek aangedui het!

> Of gevangenes die stemreg moet hê of nie is totaal irrelevant in hierdie verband.
>
> Ek het die Sello artikel gekry en gelees (dankie). Weereens het
> dit totaal niks te doen met die doodstraf nie.

Net soos wat 'n mens moet probeer verstaan hoekom ons sulke hoë vlakke van
gewelsdmisdaad ervaar, dink ek moet ons in hierdie debat ook probeer verstaan
hoekom die meeste Suid-Afrikaners ten gunste van die herinstelling van die
doodstraf is. Die ander dinge wat ek ingebring het, gee rigtingwysers in die
verband. Dit maak dit relevant.

Die eenvoudige waarheid is, as gewone wetsgehoorsame burgers nie sien dat reg
en geregtigheid geskied nie, sal hulle die reg in eie hande neem, soos wat
gisteraand op TV in die program 'Special Assignment' gewys is. Meer duikwels
as wat jy vermoed, sluit hierdie eie reg alreeds die doodstraf in (vra
Sifosiso Nkabinde). Dít is 'n onhoudbare, gevaarlike situasie wat die kiem
van vernietiging van ons samelewing in hom saamdra.

Tot dusver weet ons jy is gekant teen die doodstraf, maar jy bied nie 'n
werkbare alternatief nie. Ek het, en toevallig sluit dit nie die doodstraf in
nie. Wat is jou plan?

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22707 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Apr 1999 22:52:56 GMT, wrote:
| Sedert 1981, toe die konstitusie van
| Kanada gerepatrieer is, en daar 'n
| "Bill of Rights" opgestel is (wat
| heelwaarskynlik die model is vir die
| SA een), het baie dinge in Kanada
| verander. Een daarvan is dat mense
| in tronke ook stemreg het. Dis
| heelwaarskynlik in die howe getoets
| maar die Supreme Court van Kanada
| het besluit: mense in tronke het
| stemreg. Kanada het ook die doodstraf
| al lankal afgeskaf.

Net omdat een land foute maak, beteken nie ander lande hoef dit na te volg en
die foute te herhaal nie.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22708 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
<andr...  is tans af-lyn  <andr...
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hiermee my stem vir die Burger-plan!

wrote in message
news:7g59qn$hio$1@nnrp1.dejanews.com...
> Leswin skryf:
>
>> Is daar 'n "barbaar-geen"? Dit wil sê, is daar sekere mense wat maar net van
>> nature boos is?
>
> Sekerlik is daar nie so 'n geen nie, maar navorsing het wel bewys dat 'n
> beduidende persentasie geweldsmisdadigers 'n dubbele Y-chromosoom het! Die
> redes vir boosheid is multifaktoriaal, maar die realiteit in SA dui daarop dat
> besonder baie van die faktore 'n rol speel.
>
>> Dit het te doen met gesprekvoering en debat oor
>> rehabilitasie, sosio-ekonomiese en sielkundige oorsake vir geweld en 'n
>> voorkomende reaksie in daardie areas; effektiewe en spoedige polisiering,
>> vonnisvoering, en juridiese sisteem. En ek noem hierdie met die
bekentenis
> dat
>> daar sekere misdade is wat so grusaam is, so bomenslik boos is dat die
>> doodstraf na die enigste appropriate vonnis lyk. Om dit te beken, egter, is
>> nie dieselfde as 'n absolute ondersteuning van die doodstraf nie.
>
> Met lg. stelling het ek dit eens. Die probleem lê met die oplossing wat jy
> bied. Die afgelope 5 jaar het die kommissaris van polisie die een
> teenmisdaadplan na die ander aangekondig. Die realiteit is egter dat die druk
> op die staatskas so groot is, weens die uiteenlopende behoeftes, dat daar
> weinig van gekom het. In effek het die polisiemag kleiner geword. Die vraag
> is, wat doen jy in praktiese terme terwyl jou oplossing realiseer?
>
> Ek is van mening dat drastiese optrede nodig is, en dit sluit nie noodwendig
> die doodstraf in nie.
>
> My oplossing is:
>
> 1) Die president kondig 'n noodtoestand af.
>
> 2) Die polisie kry magte vir visentering.
>
> 3) Die weermag word gemobiliseer om die polisie by te staan.
>
> 4) Padblokkades en deursoeking word op 'n wye basis uitgevoer vir 'n
> onbepaalde tydperk.
>
> 5) Elke persoon wat 'n vuurwapen besit moet 'n sertifikaat van 'n landdros hê
> om daardie wapen te dra of te vervoer (slegs geldig vir 14 dae).
>
> 6) Enige persoon wat betrap word met 'n vuurwapen, en sonder 'n sertifikaat,
> word as volg gestraf:
>
> i) In besit van 'n AK47/R4/R5 : geen verhoor; lewenslange tronkstraf.
> ii) In besit van enige ander ongelisensieerde wapen: geen verhoor; 15 jaar
> tronkstraf.
> iii) In besit van gelisensieerde vuurwapen sonder sertifikaat: geregtig op
> verhoor; 5 jaar tronkstraf as daar nie 'n bona fide rede is vir die versuim om
> 'n sertifikaat te hê nie.
>
> Die Burger-plan het natuurlik twee voorvereistes:
>
> 1) Politieke wil.
>
> 2) Finansiering. Waarskynlik sal geld van iets soos behuising weggeneem moet
> word. Ek weet dit klink verskriklik, maar die langtermyn finansiële voordele
> sal die korttermyn opoffering by verre oortref.
>
> Groete
>
> Henri
>
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22709 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> -----Original Message-----
> From: [mailto:@igs.net]

> Maar een van
> die meisies sê smalend: Die klomp wit
> mense in SA sit in agter die diefwering
> en alarmstelsels, met hulle vingers op
> die alarm, en hulle weet nie wat aangaan
> in hulle land nie.
>
> Dit laat my dink aan die huis van my
> susterkind in Sandton: die enigste
> keer wat die alarm nog gebruik is, is
> toe my suster in die slaapkamer van
> haar dogter inloop en die alarm druk
> omdat sy gedink het dis die remote
> control van die TV. Toe hulle weer
> sien, toe seil daar 'n man oor die
> muurtjie om hulle tuin en kom stel
> ondersoek in.

En jou punt is? Wil jy daarmee se dat jou susterskind se ervarings 'n
meer verteenwoordigende voorbeeld is van wat in Suid-Afrika aangaan? Dat
die hele kwessie rondom die huidige geweld in SA net 'n versinsel is?

Die byna 25 000 moorde in die afgelope jaar is 'n feit en NIE 'n
drogbeeld wat 'n klomp neurotiese witmense agter diefwering en met
vingers op die alarmknoppies opgetower het nie.
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22710 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 29 Apr 1999 19:45:41 GMT, wrote:
| Dis presies hierdie soort saamgaan met
| semi-diktators (wat later voltydse
| diktators word) wat die probleem was
| in Hitler se Duitsland, en in Franco
| se Spanje en in Pinochet se Chile
| en in P.W. Botha se Suid-Afrika. En
| in sulke state word oorspronklikheid
| en oopheid ingeboet. Is daar groot
| skrywers in Singapore? Is daar 'n
| lewendige intelligentsia in Singapore?

Ja, en die skoolbus is nie nat soos die see nie omdat die Amazone woud nie met
'n taxi ry nie......

Hoe kan jy sulke wyd uiteenlopende lande en hulle mense, wat hemelsbreed
verskil, met mekaar vergelyk?!? En dan nog sommer so oor 'n groot tydspan ook.
En dan sluit jy nie Mbeki en Mandela in nie. Jou term semi-diktator is al klaar
niksseggend nie.

Bepaal jou maar by die bespreking van een land op 'n slag. Jy is so geweldig
verwaand om te vra of daar 'n lewendige (lewendig nogal - is dit nou asemhalend
of skrywend-produserend?) intelligentsia in Singapore is! In ieder geval was
daar nog nooit juis erens in die wereld enige groot verband tussen die
intelligentsia en verkose regeringslui nie (behalwe nou so hier en daar 'n
Amerikaanse Republikyn =|:^) en miskien destyds ou tant Magriet Thatcher)

Gee ook nou nie om hoe jy jou jakkals stert swaai nie, daar is baie min misdaad
in Singapore! Lekker! Dit is beskaaf so!
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22711 is 'n antwoord op boodskap #22661] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die ANC sal nooit die doodstraf terugbring nie agv die volgende redes:

1. Die leierskap van die ANC is self 'n klomp moordenaars en gemors wat
lankal dmv die galg moes gevrek het.

2. Die meeste ( 95%) van die land se misdadigers is swartes.

Persoonlik stel ek voor dat die doodstraf terug gebring moet word onder
sekere voorwaardes.

a. Persoon moet binne een maand galg toe.......niks se ge kuier op die
belasting betaler se nek nie.

b. As die straf nie die doodstraf regverdig nie moet iets van hom afgekap
word bv sy hand of arm..............en natuurlik GEEN staatshulp omrede hy
nou kwansuis "gestremd" is nie.

NO MERCY............! ! !
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22721 is 'n antwoord op boodskap #22661] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Riaan"

> Haat spraak se gat, dit is feite

Aldus Riaan is :
1. Die ANC-leierskap 'n klomp moordenaars
2. Die ANC leierskap is gemors
3. Die ANC leierskap moes lankal hang aan die galg
4. 95% van misdadigers is swart

Slegs Riaan se benewelde skisofrenie sal 'n feit in bogenoemde vind. Trek jou
woordeboek nader en soek op "feit" en "opinie" (en terwyl jy besig is, vind
sommer vooroordeel en rassisme).

>Net soos die liberaliste nou maar is...........groot
> voorstaanders van "vryheid van spraak tot dat jy iets sê waarvan hulle nie
> hou nie, dan beteken dit ook niks.

Maar jy reageer dan nou so heftig ("haatspraak se gat") wanneer Gloudina iets
se waarvan jy nie hou nie. So is jy nou, per jou definisie, 'n liberalis?
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22722 is 'n antwoord op boodskap #22661] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>> In Kanada skiet een skoolkind 'n ander, en dit is wêreldnuus. In SA maak
>> sulke insidente dikwels nie eens 'n bliep op 'n radarskerm nie.
>
> Ek wonder of die skool-insident in Alberta
> die wereldnuus sou gehaal het, as dit nie
> was dat dit nou piggyback op die insident
> in Colorado nie. Het die insident in Vancouver
> ooit julle nuus gehaal - waar 'n klomp
> skoolkinders vir Reena Virk eers amper
> papgeslaan het, en toe het 'n seun en 'n
> meisie haar gevolg en haar uiteindelik
> bewusteloos geslaan en in die water van
> 'n rivier ingesleep, waar hulle haar lyk
> gekry het. Of het dit julle nuus gehaal
> toe vier busbestuurders hier in Ottawa
> deur 'n onvergenoegde vorige werker dood-
> geskiet is omtrent twee weke gelede? Of
> haal dit julle nuus - die aanhoudende
> diefstal van karre in 'n sekere deel van
> Montreal, en die afgaan van bomme wat
> onskuldige mense in die straat doodmaak -
> dis 'n aanhoudende oorlog tussen die
> Hells Angels en nog 'n ander gang.
>
> Ek sê nie daar is nie onwettigheid in
> SA nie. Daar is 'n geslag los wat 'n
> professie maak van steel. En daardie
> geslag moet teruggewin word. Die rede
> hoekom onwettigheid 'n bietjie afneem
> in Noord-Amerika is omdat die baby boomers
> nou te oud geword het vir sulke dinge.
> Maar nou lyk dit of hulle kinders die
> ouens is wat die gewere vat en skiet.
> EN, nou die aand analiseer 'n sielkundige
> in NY die skietery in Colorado en die
> afgelope een en 'n halfjaar se skool-
> insidente in ander dele van die VSA,
> en sy sê mens moet oplet - al hierdie
> kinders was WIT. Wonder hoekom dit
> die wit kinders van die VSA is wat hulle
> na die gewere keer? So dis nie net die
> swart engeltjies wat pla nie, ne?
>
> Gloudina

Snaaks dat dit altyd jy is wat ras bysleep Gloudina?
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22723 is 'n antwoord op boodskap #22661] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" writes:

> Die ANC sal nooit die doodstraf terugbring nie agv die volgende redes:
>
> 1. Die leierskap van die ANC is self 'n klomp moordenaars en gemors wat
> lankal dmv die galg moes gevrek het.
>
> 2. Die meeste ( 95%) van die land se misdadigers is swartes.

In Kanada sal jy vervolg word vir
haat spraak as jy hierdie dinge
kwytraak. Het jy opgelet ou Matt
Nuenke is skielik van die Net af
na die moorde in Colorado. Selfs
hy pas op.

Gloudina
Re: Die ANC en die doodstraf [boodskap #22724 is 'n antwoord op boodskap #22661] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Haat spraak se gat, dit is feite. En as diegene dit nie kan hanteer nie is
dit hulle saak. Net soos die liberaliste nou maar is...........groot
voorstaanders van "vryheid van spraak tot dat jy iets sê waarvan hulle nie
hou nie, dan beteken dit ook niks.

> In Kanada sal jy vervolg word vir
> haat spraak as jy hierdie dinge
> kwytraak. Het jy opgelet ou Matt
> Nuenke is skielik van die Net af
> na die moorde in Colorado. Selfs
> hy pas op.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: DIE WET EN ORDE
Volgende onderwerp: Vuurwapen Petisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:13:41 MGT 2024