Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vigs en die "feite"

Wo., 28 April 1999 00:00

Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs vir die
mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting werk sê
vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.

Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.

As iemand meer inligting het, skryf gerus.

Riaan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Geen Computer Fair-Geen Huis

Wo., 28 April 1999 00:00

Verlede week kry ek 'n telefoon oproep van a dame
wat reken - ek vertaal: '...ons kannie u aansoek vir 'n kaartjie vir die
Computer Fair aanvaar nie, as u nie jou fisikale adress vir ons gee nie.'

Hensop! "Ek" sal nooit weer 'n Computer Fair bywoon nie.

Hulle rekenaar se data stelsel sal van nou af net 'n
naam kry wat ek op die dag uitdink, met 'n adress
eiwers, tussen nower en nerens.

Hulle het my posbus address, hulle het my telefoon
nommer, my fisikale adress - in Suid Africa, is hulle
dan simpel. Ek het amper niks nie, nou wil hulle, ek
moet boggerol he. Dis belaglik, vir wat, sodat hulle
die informasie aan enige dief en andere wat 33% van wat hulle bymekaar maak
vir hulself hou, kan verkoop.

Vind enige eimand anders dit nie snaaks dat sodra jy jou gegewens vir 'n
instansie gegee het, dat net daarna word jy verpes deur mense wat geld soek,
veral as hulle dink jy't 'n hengse besigheid aan die gang.

As ek kan gee, gee ek maar op hierdie tydstip voel ek
"charity begins at home"

http://i.am/achrodat

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Taal

Wo., 28 April 1999 00:00

Groete
Asseblief sal U mei taal forgieve. Ek spreek die taal nie goed nie want
ek is engelse. Ek het die taal viertig jaar gelede op skool geleer, maar
noit tuis gespreek nie.
Ongelukkig het ek baie van die woordeskat vergeet, dus is ek bly om die
groepse nuus te lees. Ek het baie mooilik vakansies op Suid Afrika gehad
waneer ek in Zambia en Zimbabwe gewoon het. Vandag ek het familie en n
par friende daar.
Dankie
Murphy

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Bevrugting" deur ANTJIE KROG

Wo., 28 April 1999 00:00

BEVRUGTING
Antjie Krog
(Mannin, 1975)

uit-asem en juigend
staan ons teen mekaar op
jy skiet my vol blomme
blitsende kalkblank asters uit
jou loep
jou blonde krulle skreeu
eskaders
en klief my vingers
my naels in die skanse van jou
staalsag rug
my tong patrolleer uit jou bors
soos hygende bloed
want jou keel ruik na aarde
o jou keel ruik na aarde
ons bars deur blokkades wilde
son en splytdun glas
uit-asem en juigend en magtig
tref ons mekaar
voluit en volkome
met die tromp-op klank van
kneusing en bloeisels
ek roep sirenes in jou murg-in
oop...
minder
die stuifmeel en kruit pols stadiger
en al hoe minder
heel bloei ons leeg in mekaar se
wonde

later vanuit jou innige oë bokant my
kartets 'n klein granaat in die tyd
van vrede
geluidloos en liefdevol
tussen my heupe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Aan almal........

Di., 27 April 1999 00:00

met wie ek reeds privaat gesels het :

Ek was die slagoffer van 'n virus wat op 26 April toegeslaan het en my hele
C skyf m&^%$ toe gestuur het. Alles, maar alles is weg - ook julle E
adresse. Moes 'n "low level format" doen om darem net die skyf terug te
kry. Sal my leer..................

Skryf asseblief : Hennerietjie, Strandjakkals, Bees, Shannon, en nog
andere ook. Sal graag julle weer in die adresboek wil plaas.

Dankie & groetnis

Omie in Walvisbaai
(Julle ken reeds die dril met die water in my adres)

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Siener van Rensburg - Boereprofeet

Di., 27 April 1999 00:00

"Aan my is geopenbaar dat daar 'n toekoms is vir hierdie volk waarvan
ek een is en wat ek so innig liefhet. Ek kan dit nie self verklaar
nie, maar ek sien nog sommige van die gesigte wat ek voorheen gesien
het; gesigte wat vir my aandui dat ons volk nog volkome vry sal word."
Siener van Rensburg

Vir die van julle wat wonder of ons land en volk se stryd einde het,
lees gerus "Siener van Rensburg, Boodskapper van God" deur Adriaan
Snyman.

Die uitgewers is:
Vaandel-Uitgewers
Posbus 1736, Mosselbaai 6500

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: My apologies Niklaas...

Di., 27 April 1999 00:00

squi...@echelon.alias.net (Squirrel) writes:

> BTW I pop in to this NG from time to time hoping to see more than
> just that homesick ex-SAfrican in Canada posting poems!!
>
> Squirrel

Ag, ou Eekhoring, jy het my darem
net op die brein. Soos ou Frikkie.
Kan my nie vergeet nie, eh?
Hoekom leer jy nie goed spel in
Engels nie.
Het jy al opgemerk: jou filosofie
het in die afgelope jaar of twee
heeltemal verander: eers was jy
'n vreeslike rassis wat die ANC
gekritiseer het. Nou begin jy die
apartheidsvarke en hulle geestelike
nageslag (selfs die versprei oor
die wereld) kritiseer? Wat het die
verandering teweeggebring?

Piggy op die Rideau

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"Tristia en haar Voyou" deur NP van Wyk Louw (met stuk biografie)

Ma., 26 April 1999 00:00

TRISTIA EN HAAR VOYOU
N.P. van Wyk Louw

Wat? Speel hy ballinkie in Pontus?
dit wil die Latiniste weet.
en: oor tegniek en oor "verband".
got laat ons dié vergeet.

"Jou laat ek buite die gesnot:
jy wag daar op die stoep, my teef!
ék: kwak-profeet der renommée
en balling van beroep."

Mag ek in hierdie kroeg praat?
ek mág? - wie gaan belet?
het iemand trug latyn teen my?
Nee? Mooi. "Kom hier, my slet.

Kom in hier. Brandewyn en bier.
En geen geweet en geen Latyn!
Vee die druppels uit jou kop uit.
Hullo, Tristia! Gaan dit fyn."

Dis miskien nuttig om te weet dat N.P. van Wyk
Louw gedurende die tydperk toe die gedigte in
die afdeling "Tristia" geskryf is, in Nederland
professor van Afrikaans was. Daarvandaan die
verwysing na "balling," meen ek. Hy reageer ook
in hierdie gedig, dink ek, op kritiek wat hy van
die kritici in SA kry oor sy werk. Dit is moontlik
ook relevant dat hy in hierdie tydperk 'n affair
het met Sheila Cussons, wat ook in Nederland is
as vrou van Stoffel Nienaber. (Sheila Cussons
was ook digteres in Afrikaans.) Cussons en Nienaber
se huwelik is deur hierdie affair vernietig. Stoffel
is daarna getroud met Miep Nienaber-Luitingh. NP
se huwelik dink ek het die affair oorleef.

Gloudina

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die ANC en die doodstraf

Ma., 26 April 1999 00:00

Die SA Polisie het laasweek die jongste moord- en verkragtingsyfers
vrygestel.

Daar was 24 857 moorde gepleeg in 1998. Dis die tweede hoogste koers
tans in die wêreld (Kolombië is no.1).
Ons is ook die verkragtingshoofstad van die wêreld met 120 aangemelde
verkragtings per 100 000 mense. Volgens die statistieke het ons van
die laagste sukseskoerse met net 1 uit 7 aangeklaagdes vir moord wat
uiteindelik skuldig bevind word.

Die ANC meerderheid in die Konstitusionele Vergadering het talle
ondersoeke oor ander sinnelose aangeleenthede goedgekeur (en dus baie
belastingbetalers se geld daarvoor gebruik) maar het steeds besluit om
'n moontlike ondersoek in die publiek se opinie oor doodstraf te
verwerp. (!?) Hoe gerieflik.
Alhoewel die ANC meerderheid die versoek verwerp het, het die res van
die K. Vergadering steeds die publiek aangesê om hul stem te laat
hoor. 186 376 petisies is ontvang ten gunste van die herinstelling
van die doodstraf en net 'n paar honderd teen. Die feit dat die
meerderheid van die swart en blanke bevolking die doodstraf ondersteun
word deur die ANC se arrogansie ondermyn omdat hulle juis hierdie
meerderheid bloot ignoreer. Die ANC se ondemokratiese neigings begin
in hierdie geval deurskemer.

Prominente leiers van die ANC soos Winnie Mandela(!), Tokyo Sexwale
en Peter Mokaba het reeds openlik voorgestel dat die doodstraf debakel
heropen moet word. Hulle is egter deur die ANC oorgehaal om hul
opinies terug te trek. Thabo Mbeki het laasweek weer 'n referendum
oor die herinstelling van die doodstraf verwerp.

Die VSA se ondervinding dien as goeie voorbeeld hoekom 'n referendum
ten minste oorweeg moet word. In die VSA in 1960, was daar 56
teregstellings en 9140 moorde. Teen 1969 het geen teregstellings
plaasgevind nie... en die moordsyfer het tot 14 590 gestyg. Teen 1975
was die syfer op tot 20 510 moorde sonder teregstelling. Sedert die
doodstraf daar weer ingestel is in 1976, het die moordsyfer jaarliks
skielik met 12% begin daal.

Die ANC se reaksie op hierdie oorweldigende getuienis om die doodstraf
weer in te stel, was: "Dis onkonstitusioneel want almal het die reg
tot lewe." (ek dog dis die hele punt... 'n referendum om die grondwet
hopelik sodanig te verander dat die moordsyfer in SA kan daal!)

(uittreksel uit die Cape Argus - 26 April)

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*

Veiligheid & wapens | 32 kommentare

Sprokie vir 'n Stadskind

Ma., 26 April 1999 00:00

Sprokie vir 'n Stadskind - Koos du Plessis.

As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn,
sal daar in die sterrelose hemel
'n neonboog verskyn.

En kyk maar goed, want as jy hom vind,
vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind,
van 'n skatkis, met ou kettings gebind,
aan die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere,
oor kranse van beton;
as jy aanhou stap, tienduisend ure,
sal jy dalk daar kom.

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,
want, so lui die ou-ou sprokie, my kind:
As jy geluk en vreugde wil vind,
soek die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere;
kyk nie éénmaal om.
Dalk vind jy die land van blou saffiere...
en dalk 'n brokkie son.

(Nou wag ek vir 'n ontleding van wat dit alles beteken, Gloudina! Ek stel
veral daarin belang om te weet waar die land van blou saffiere is...)

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1224  1225  1226  1227  1228  1229  1230  1231  1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238  1239    »]
Tyd nou: So. Mei 31 20:38:37 UTC 2026