Reeds in die tweede helfte van die agtiende
eeu was daar 'n groep wat ontstaan het uit die
vermenging van wittes, Khoi, San en slawe van
wie die eerste "kaptyn" Adam Kok 1 was (circa
1710 - 1785). Hy was as kaptein erken deur die
Nederlands Oos-Indiese Kompanje. Hy het met
sy mense in die omgewing van Piketberg geboer.
Sy seun, Cornelius Kok 1 (1746 -1820) is egter
onder druk van wit boere Namakwaland in tot by
Kamiesberg. So het die Noordweste tot aan die
Gariep die wieg geword van die Griekwas. Hulle
het dié naam aanvaar met die aanmoediging van
Eerw. John Campbell van die Londonse Sending-
genootskap, ter ere van hulle Khoi of Chaguriqua
herkoms. Hulle het Klaarwater na Griekwastad
verdoop. Hulle lewensstyl het baie in gemeen gehad
met die van die wit trekboere: dieselfde taal, gods-
diens en manier van bestaan maak met wa, os en
perd.
In 1820 breek verskillende van hulle weg van
dié op Griekwa-stad. Maar hulle volg egter streng
reëls deur hulself opgestel: 'n verbod op handel in
drank, wette teen "roovery.. en diefte" en voorskrif
vir hoe huwelike voltrek moes word.
Uiteindelik word hulle deur wit trekboere aange-
val en soek hulle hulp by die Brits-Kaapse regering.
Ongelukkig verneuk Harry Smith beide hulle en die wit
boere later uit hulle grond. Hulle aanvaar toe 'n aanbod
van sir George Grey om uit te wyk na Niemandsland,
'n strook suidoos van die Drakensberge tussen die bolope
van die Umzimvubu en die Umsimkulu, wat van toe af
Griekwaland-Oos word, met Kokstad as setel. Hulle
begin die trek van Phillipolis in 1861 maar kom eers in
1864 in Niemandsland aan, 'n epiese trek van 2000 -
3000 mense met 300 waens en karre en 20,000 stuks
grootvee.
Ook hier bly hulle nie onafhanklik nie. In 1874 word
hulle deur die Kaap geannekseer. Twee rebellies misluk
- die laaste onder Andries le Fleur in 1897. Dis hy wat
die Griekwa-nedersetting Kranskop by Plettenbergbaai
skep waar sy afstammelinge vandag die erfgename van
die Kaptynskap Phillipolis is.
In 'n aparte trek beweeg agtergeblewe Griekwas,
onder druk van wit boere, weg van De Tuin, suid van
Kakamas en trek noordwaarts. Hulle raak al minder tot
net 30 oorgeblewenes hulle by Rehoboth vestig en trag
om hulle onafhanklikheid te behou. In al hulle omswer-
winge praat die Griekwas hoofsaaklik die soort Neder-
lands wat ons deesdae Afrikaans noem.
De Meander-linkspagina, op http://www.meander.is.nl/links/
heeft nu 1200 links die interessant zijn voor iedereen met
belangstelling voor Nederlandstalige literatuur op het Internet.
Deze linkspagina wordt wekelijks bijgewerkt.
Men vindt er :
- meer dan 250 links naar schrijvers die zelf werk op het Internet
geplaatst hebben
- zeshonderd links in de rubriek "Over auteurs"
- links naar zo'n vijftig literaire sites
- tientallen links naar sites met boekverslagen en uittreksels
- de adressen van Nederlandstalige rondzendlijsten over taal
en literatuur met de mogelijkheid zich direct te abonneren
- een overzicht van de nieuwsgroepen over en rond dit onderwerp
- links naar verzamelingen van complete (oudere) literatuur.
- links naar dialecten en streektalen, naar jeugdliteratuur,
naar uitgevers, boekhandels, bibliotheken enzovoort.
Meent u dat uw site hier ook zou moeten vermeld worden,
of kent u interessante links die hier nog niet vermeld staan,
stuur dan een bericht naar: mni...@is.nl
Waragtig van vandag af het ek nou genoeg gehad van die lappie swaaiers, en
die "wettige" kar oppassers by van die inlopiesentrums.
Vandag is my kar radio gesteel. En dit terwyl 'n "car watch" kwansuis die
area patroleer. By nadere ondersoek sien ek dat die ou oom seker naby aan
die 70 jaar moet wees, hoe op aarde dink hy gaan hy nou betyds wees om 'n 18
jarige te vang.....en as hy dit wel regkry wat is sy kans om die persoon te
arresteer.
Gewone parkering kos jou deesdae ongeveer R20 - R30 meer om voorsiening te
maak vir die mense, maar waragtig nie meer vir my nie dankie.
Ek wil net graag weet, is dit 'n wêreldwye tendens die lappie manne en "car
watch" organisasies, of is dit 'n splinternuwe onwettige imigrant hulpskema
van die nuwe SA.
Hierdie klein knaagdiertjie is ons eie intellektuele dorpsboemelaar. (My
vertaling vir "village idiot")
Hy is onseker van homself, skisofrenies, onsamehangend, ek vermoed redelik
stadig, en eintlik 'n rassis. (Hy probeer dit wegsteek, maar kan homself nie
help nie. Sien sy beskrywing van Kiwis.)
Hy kom waarskynlik uit 'n groep mense wat glo hulle is beter as Afrikaners
net omdat hulle "eerste" taal daardie dialek is wat deurgaan vir Engels in
(veral) dele van Natal.
Hy het vroeg in Januarie gese hy verlaat die nuusgroep maar, getrou aan sy
aard, nie sy belofte gestand gedoen nie.
Hy werk glo as 'n HR persoon - die liewe Here behoed die maatskappy. (Wat is
die naam van jou maatskappy squirrel - ek wil julle aandele "short".) Dit
behoort jou neurone te laat misfire vir 'n lang ruk.
Bees
PAT skryf in boodskap news:01be974a$3db070a0$6531c0d1@ms660966.mindspring.com...
> Is dit net ek, of weet ander mense ook nie waarna hierdie ou verwys meeste
> van die tyd nie? Hy val sommer in die deur met retoriese vrae, en
> antwoorde op goed wat iemand iewers gepos het, maar wat ek nie van weet
> nie. Is ek die stupid een, of is hierdie man se liggie aan, maar niemand
> is tuis nie :-))
>
> Pat
>
> Squirrel wrote in article
> ...
>> How disappointing it must have been for poor old nomad to be
>> refused entry into Australia.
>>
>> Australia of course only accepts, well qualified individuals of
>> sound character.
>>
>> Ag shame ... never mind though as you can hang around with the
>> sheep shaggers for 2 years and then come to a real country
>> afterwards.
>>
>> Squirrel
Is dit net ek, of weet ander mense ook nie waarna hierdie ou verwys meeste
van die tyd nie? Hy val sommer in die deur met retoriese vrae, en
antwoorde op goed wat iemand iewers gepos het, maar wat ek nie van weet
nie. Is ek die stupid een, of is hierdie man se liggie aan, maar niemand
is tuis nie :-))
Pat
Squirrel wrote in article
...
> How disappointing it must have been for poor old nomad to be
> refused entry into Australia.
>
> Australia of course only accepts, well qualified individuals of
> sound character.
>
> Ag shame ... never mind though as you can hang around with the
> sheep shaggers for 2 years and then come to a real country
> afterwards.
>
> Squirrel
>
> In alle geval, die "true Aussie"
> is ook maar, dink ek, 'n stereotiep.
> Alle Australiers wat ek nog ontmoet
> het, het nie soos "true Aussies"
> opgetree nie. Ek dink nie daar is
> so 'n ding soos 'n "true Aussie"
> nie, >
> Gloudina.
Hmm, daar moet ek met jou saamstem. Die beeld wat in boeke, films of TV
opgedis word van die ware Aussie van die "outback", bestaan meestal ongelukkig
net in mense se verbeeldings. Ek het self daarvoor geval en toe ek van die
vliegtuig afklim, soek ek desperaat vir die Aussie met die Akubra en krokodil
oor sy arm. Ongelukkig vind ek toe net duisende ander mense soos ek... 'n
Bietjie van 'n teleurstelling, totdat ek die regte Aussies (wit, swart of
pienk) - die wat hier gebore is en al vir geslagte hier woon - ontmoet het.
Doodgewone mense, met oop harte, oop oe en oop gemoedere; 'n sin vir humor en
die vermoe om vir hulself te lag; 'n eerlikheid wat hulle maklik laat erken as
hulle 'n fout gemaak het en wat gou vir jou sal vertel wat hulle van jou dink;
en bo alles, mense wat baie lief vir hul eie land is en vreeslik patrioties
bly, maak nie saak of hulle in Australie woon of orals oor die wereld
rondgereis het en moontlik deur omstandighede (of praktiese keuse) iewers
anders woon nie.
Kan jy net vir my se wat jy bedoel met die sin dat alle Australiers wat jy
ontmoet het, nie soos "true Aussies" opgetree het nie? En hoe het jy verwag
hulle moet optree?
Groete uit my Paradys
Royleen
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Gedurende die Groot Trek was daar 'n insident
wat trots vertel word deur vroue: toe die mans in
die Groot Trek die Drakensbergreeks teengekom
het, en gewonder het of hulle dit sal kan oorsteek,
toe het die vrouens gesê dat hulle die waens uitme-
kaar sou maak, en stuk-stuk kaalvoet oor die berge
sou dra. Blykbaar was hierdie die woorde van
Susanna Smit, vrou van Erasmus Smit, wat die trek
van Piet Retief vergesel het as predikant. Erasmus
Smit, gebore in 'n Amsterdamse weeshuis, was in
diens van 'n Nederlandse Sendinggenootskap toe hy
op 35 jaar trou met Susanna, suster van Gerrit Maritz.
Susanna was toe nog net 13 jaar oud. Hy was egter
maar 'n swakkerd, en het van die een plek na die ander
geswerf, meestal as onderwyser op die grens, en was
bekend as iemand wat hom dikwels met alkohol te
buite gegaan het.
Toe die Groot Trek begin in die derde dekade van
die neëntiende eeu, word Erasmus en Susanna deel van
die trek van Piet Retief. Na die trek deur die latere Vry-
staat en oor die Drakensberge, na die moord op Piet
Retief en sy geselskap deur Dingaan se impi's, het die
Trekkers uiteindelik by die huidige Pietermaritzburg
uitgekom. Susanna was die leier van die vroumense.
Toe die Britte die Republiek Natalia wou annekseer
en Sir Henry Cloete daarheen stuur, is hy ure lank deur
'n klomp woedende vroue in sy raadsaal vasgekeer,
waar Susanna die woord gevoer het. Die Grahamstown
Journal rapporteer hierdie insident as volg: "... to the
kind expostulations of her husband - "Stil vrouw, stil
toch een weinig, stil myn kind, stilê - the virago vocife-
rated: " you wretch, shall I be still while you stand there
silent... so that I must wear the breeches?"
Hierdie insident is nie aangeteken nie in die dagboek
wat Susanna Smit gehou het, en wat nou in die Natalse
argief bewaar word. Ook in hulle lewe verder was alles
nie rustig nie. Omdat Erasmus nie 'n geordende predikant
van die Nederduits Gereformeerde Kerk was nie, het baie
van die Voortrekkers verkies om die dienste te gebruik
van Daniel Lindley, 'n Amerikaanse sendeling wat toe
werksaam was in Natal. Erasmus se lewe as Trekker-
predikant het dan ook in 1841 tot einde gekom, tot die
verontwaardiging van Susanna.
Sy het voortgegaan om haar dagboek te hou, maar
sy vra op een stadium: ".. voor wie is het, wie sal het
leezen?" Het sy maar vooruit geweet dat haar dagboek
na een en 'n half eeu nog sou bestaan en bestudeer word.