Dit is baie lekker om te sien dat die taal nog gebruik word in die uithoeke
van die wereld.
Ek dink dat julle dit dalk meer praat as wat ek doen.
Ek bly in Johannesburg en hier praat almal omtrent net engels.
Ek oorweeg dit ook om moontlik die land te verlaat, maar ek weet nie
waarheen om te gaan as ek gaan nie. Ek het verlangse familie in Skotland,
maar het nog nooit met hulle gekominikeur nie.
Ek is 'n netwerk ingeneur met 'n paar jaar ondervinding. Op die oomblik gaan
dinge maar redelik mal hier met die verkiesing wat nou opkom. Die ekonomie
is ook nou so agteruit, ek weet nie of dit ooit weer sal regkom nie.
Maar ek wil nie kla nie
Ek is net bly om darem tussen al hierdie engels weer 'n bietjie arikaans te
kan skryf.
Dankie
Groete
Kenny.
Ek luister die ander aand na 'n CD van Valiant Swart ("Kopskoot") met 'n
paar verwysing na Stellenbosch, soos "...sy drink haar bier in die Akker..."
Hoe gaan dit daar?
Die Dros, het die Lanzerac nog 'n "cheeselunch"? Gaan die boys (en girls!)
nog Koelbaai toe?
Ja dis weer tyd vir die wereld beker krieket en ons almal tuis sit in
afwagting vir die eerste lopie. Nou wonder ek net of al julle mense daar
anderkant die groot waters ook die geleentheid kry om na die bokke uuuug.
proteas te kyk. Veral die mense in Amerika en die verre ooste het my aan die
raai.
Waar kan ek sy boek ' Indaba my children' in die hande kry?
Ek het uitreksels uit sy boek gelees en vind dit baie interessant en sal
graag die boek in sy geheel wou lees.
Net vir arguments onthalwe, kom ons sê Siener van Rensburg se voorspellings
word almal bewaarheid en die Boere/Afrikaaners, noem dit wat jy wil neem die
land terug.
Wie van julle sal dan die moed hê om te sê ja dit is reg so. Want op die
oomblik klink dit of baie van julle "links" gesind is.
Gesondheid
in die rondheid
steek jou hand in jou sak
en haal 'n pond uit.
Dis nie mijne nie, dis nie joue nie,
Dis 'n ander man s'n goed waar julle oëer dwing.
Ander man s'n koffie, ander man s'n tee,
Ander man s'n dogters dans julle mee.
Oupa en Ouma sit op die stoep.
Oupa gee 'n harde roep.
Ouma sê: Wat ruik soos lood?
Oupa sê: Dis die twaalfuur skoot.
Ou tante Koba met haar boekenhoutbas
sy knyp die viool met haar groottoon vas
o alla wêreld die mans word gek
hulle is verlief op haar ou suikerbek.
Ek steek my sak
vol koolblare
en ek vry met die tanne
met die vaal hare.
Ek steek my sak
vol silwer lepeltjies
en ek vry met die tannie
met die skewe tepeltjies.
(Uit "Die rooi lappieskombers: volkskwatryne"
deur Pieter W Grobbelaar.)
Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
al weer 'n netrumour is of waar...
Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
verloor.
Ek is seker dat so 'n skreiende situasie wel in die pers daar sal tereg
kom, so laat maar weet.
-Gideon-
--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Afrikaners praat seker almal Afrikaans, maar nie alle
Afrikaanssprekendes is Afrikaners nie.
Afrikaner is nie 'n alternatiewe woord vir Afrikaanssprekende nie.
'n Afrikaner is 'n 'kultuurding', iets waarvan jy deel is/voel, of
nie.
Dis my opinie.
(BTW Dit is seker 'n sindroom van die mens om ander te wil 'label' en
in boksies te plaas - dit vergemaklik manipulasie - sien ook 'rassis',
'boer', 'heretic', 'heks', ens.)
Van 'n Afrikaan weet ek niks, nog nooit daai woord gehoor in goeie
geselskap nie. Dit klink soos een van daardie woorde wat omies in grys
pakke en skoene uitdink of selfs 'n oplossing van Die
Huisgenoot-blokkiesraaisel.
PAT skryf in boodskap news:01be9b4a$c48fdbc0$f1f110d1@ms660966.mindspring.com...
> Hoe kan mens Afrikaans praat, maar is nie Afrikaner of Afrikaan nie?
> Pat
>
>
>
>> skryf in boodskap news:7h76dc$ba$1@news.igs.net...
>>> Sybrand Burger writes: >
>>>
>>>
>>>> Some speak Afrikaans, but are neither African nor Afrikaner.
>>>
>>>
>>> And pray, who might they be?
>>>
>>
>> Ek sal die eerste een wees om te bieg...............
>>
>>
>>
Ek kry die volgende informasie uit 'n brief geskryf
aan De Kat (Junie 1997) geskryf deur W.W. Odendaal
van Lyttelton:
" 'n Ruk gelede het ek gekyk na die oorsprong van
die term "Afrikaner." Dis vir die eerste keer opge-
teken in die amptelike stukke van die Kaap deur
landdros Starrenburg van Stellenbosch na aanlei-
ding van 'n gebeurtenis op Sondag 6 Maart 1707.
Op daardie dag het vier mans uitbundig opgetree
in die ou meule van Stellenbosch. Starrenburg het
daarop afgekom en... Hendrik Bibouw.. met sy
rottang gestreep, waarop Hendrik Bibouw uitgeroep
het: "Ik ben een Africaander" om daarmee aan te dui
dat hy nie die gesag van die landdros erken nie...Die
landdros was van die Nederlande en hy was van
Afrika....
Hendrik was die oudste seun van Diedloff Biebouw,
afkomstig uit Meckelenburg, wat in 1699 getroud is
met Willemyntjies Adriaanse de Wit van Rotterdam.
Diedloff se oudste kind, Susanna, was egter die dogter
van die slavin Diana, afkomstig uit Madagaskar. Sy
het wel deel van die familie gebly as oudste dogter.
In hierdie gesin is daar baie oor nasionale gevoelens
gepraat. Hulle het gevoel dat hulle nie van Nederland
was nie, maar van Afrika. Die woord "Africaander"
was 'n huishoudelike term...
Wat baie interessant is, is dat Susanna in vandag se
terme 'n Kleurling was en Hendrik 'n blanke. En hoewel
dit die blanke Hendrik was wie se uitroep dat hy 'n Afri-
kaner is die eerste in die geskiedenis geboekstaaf is, was
dit die Kleurling Susanna wat agter die woord self was.
Dis histories verkeerd om die term "Afrikaner" aan
kleur te koppel... Die kleurlinge en blankes het..aanspraak
op die term "Afrikaner," maar die kleurling het 'n klein
voorsprong."