Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Antw: Navraag aan Nederlanders /Belge

Thu, 15 July 1999 00:00

Thys,

Ek het vir meer as 'n jaar in Suid-Afrika gebly en is met 'n Afrikaanse
getroud. Gewoonlik werk dit so, dat wat jy in S.A. in Rande betaal, jy in
Nederland in Guldens moet betaal. Ek het dit altyd vergelyk met die petrol.
In S.A. is die petrol R 2+ in Nederland is dit fl. 2+. So, as jou vriend in
S.A. regkom met R 3000, dan sal hy dit in Nederland ook regkry.

Sukses!

Mooi bly,

Martijn

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Watwou Bosnië

Thu, 15 July 1999 00:00

Die stukkie het meer as 'n jaar gelede in die Beeld verskyn.

Die Bosniese vrou bel haar seun en sê: "Vanoggend is jou pa op straat
geskiet. Vroeg middag het ek jou suster gestuur om na hom te gaan soek en
toe word sy deur vyf mans bygedam. Om alles te kroon het 'n bende rowers
pas hier by die huis ingebars en alles gevat. En weet jy wat? Dit is alles
jou skuld"

"Nou hoe kan ma so iets sê?" vra die seun verbaas.

"Want dit is jy wat gesê het ons moet Suid-Afrika toe trek!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

sanlam netwerk telefoon nommers

Thu, 15 July 1999 00:00

as enige iemand sanlam telefoon nommers het email my by pun...@hotmail.com

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

H'n

Thu, 15 July 1999 00:00

Hey, Asgat

Ek bedank jou vir jou poging om Afrikaans te praat. Ten spyte van die klein
foutjies hier en daar is ek nogtans be:indruk.

Verskoon my maar asseblief, maar ek verstaan nie eintlik wat jy probeer sê
nie.

S^e dit nou weer...stadig asb.

Dankie ouboet

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Navraag aan Nederlanders /Belge

Wed, 14 July 1999 00:00

Hallo al die Neerlandse en Belgiese ng lesers/sluipers

Ek moet namens 'n vriend navraag doen oor wat die huidige lewenskoste in
Nederland/België is. Die ou kan moontlik 'n werkskontrak kry, en sal graag
wil weet wat sy maandelikse of weeklikse uitgwawes (ongeveer,so min of meer)
sal wees betreffende huisvesting vir 2 persone, ens....

Gegroet uit 'n koue winter Kaap!

Thys

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Informazioni

Tue, 13 July 1999 00:00

Si! Bellissimo! Maar dis omtrent al Italiaans wat ek ken! Hier te lande
eet ons ook spaghetti, pasta en pizza, so dit sal seker ook in Durban
beskikbaar wees. Maar dan kan mens altyd in Durban gaan kerrie eet as jy
wil!

ssimonte wrote in message ...
> Cerco Amici che parlano Italiano per informazioni su parenti che vivono a
> Durban.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

re: vriende ?

Sun, 11 July 1999 00:00

Haai Hein,

Watter vriende soek jy, of soek jy "lotgenote" en so ja, watter lotgenote,

kortom regtige vriende sal jy nie vind op die internet groepe nie, slegs mense

wat jou ieder woord op 'n goudskaaltjie gaan weeg, en jou sal aanval op die

minste ongeregtigheid in hul idee, die onverdraagsaamheid straal ooral op die

aardbol.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Positiewe houding - aan Johan

Sun, 11 July 1999 00:00

Ja, Johan. Jy is reg oor die positiewe houding. Twee mense wat dieselfde ervaring deel sien dit uit verskillende hoeke as hulle verskillende houdings het. Niemand se houding is meer positief as myne nie. Maar dit neem nie die feit weg dat dit vir my persoonlik erg traumaties was om hierheen te verhuis nie. My houding bly nietemin positief. So positief dat ek om burgerskap wil aansoek doen sodra ek my groen kaart het. Laasgenoemde verwag ek nie te lank van nou af nie. Ons is nou al deur al die stadia, en my aansoek om permanente verblyf gaan nou na die laaste stadium toe: die INS se distrikskantoor in Philadelphia. Ek reken dat ek 'n verpligting het om burgerskap hier te verkry as ek bereid is om hier te woon en te werk, en al die voordele te geniet van hier te wees. Dit neem nie my liefde vir, of my verlange na my genoorteland weg nie. Dis doodgewoon 'n aanvaarding van die feit dat ek 'n sekere koers ingeslaan het, en nie kan omdraai nie.

Mooi bly, en groete uit Pennsylvania, waar daar (ook) baie goeie mense bly.

Henry

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Herbalife Verspreiders

Sun, 11 July 1999 00:00

Die doel van hierdie E-Pos is om met mense in aanraking te kom wat betrokke
is in Herbalife. Indien jy wat vandag hierdie E-Pos lees betrokke is as
Verspreider by Herbalife; vra ek jou om so gou as moontlik met my in
Verbinding te tree? Indien daar diegene is wat nie noodwending betrokke is
by Herbalife nie maar weet van mense wat wel is; wil jy nie so gaaf wees &
my in verbinding bring met hulle nie?

Die oorweging is om 'n Ondersteuningsgroep te begin vir almal wat betrokke
is in Herbalife. E-Pos het homself bewys as 'n wonderlike manier van
kommunikeer & ek glo dat dit ook effektief gebruik word om Herbalife
Verspreiders met mekaar in verbinding te plaas. Dit sou regtig lekker wees
om op hierdie manier mekaar te kan ondersteun & nuwe idees uit te ruil.

Hoop om gou van julle te hoor / Sterkte met die Besigheid.

Mooi Bly!
Hein

Hein & Elsje van Wyk / Port Elizabeth (S.A)
hei...@mjvn.co.za
els...@mjvn.co.za
Cell: 083 310 1963
Home/Tel: 041-733513
Fax: 0838 310 1963

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202  1203    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 08:49:30 UTC 2025