Hierdie boekie is nie so baie lang nie, en vir diegene wat
belangstel sal ek dit in so 'n paar episodes in sy geheel hier
plaas. Ek neem aan dat die skrywer (van der Walt) reeds meer as
50 jaar gelede oorlede is, sodat die outeursreg teen hierdie tyd
reeds verstryk het en die werk dus in die publieke domein is.
Dit begin met 'n voorwoord deur de la Rey se weduwee:
VOORWOORD
Omtrent die skrywe van die heer G.A. van der Walt, moet ek eers
sê, dat dit vir die Afrikaner volk 'n baie mannelike daad gewees
het, wat gedoen is met die slag teen Lord Methuen; maar die slag
sal met die tyd vergeet word en die jonge Afrikaners kan 'n
verkeerde verslag daarvan kry. Daarom is dit goed, dat daar
sulke manne is, as die skrywer van die boekie, om op die manier
die waarheid te laat hoor. Ek vind alles goed, wat hier geskrywe
is. Al was ek natuurlik nie in die slag nie, ek was ook nie ver
af nie, en ek dink, dit sou goed wees, as daar manne sou wees om
deur skrywe, die gebeurtenisse in die lewe te hou.
Ek is dankbaar om weer te hoor, hoe my dierbare man sy burgers
toegespreek het met die woorde: "Moenie trots op julle self wees
nie, as julle sien op die groot werk, wat julle gedoen het, maar
julle moet altyd bedink, dat sonder die hulp van die Here, ons
God, ons dit nooit sou gedoen het nie". En wat nou ook al gebeur
mag wees, ek is nog seker, dat die Here nog 'n groot werk deur
die Afrikaner Volk sal laat doen, sodat die hele wêreld sal kan
sien en hoor, dat die "Here regeer", en die mens nie kan doen wat
hy wil nie. Ons moet net getrouw bly, want waar ontrouw is, kan
geen seën wees nie.
Ek wens hiermee ook nog my dank te betuig aan al die "Helde", wat
met soveel moed en gewilligheid met my man gestry het vir
"Vryheid en Reg", en wens dat die heldere lig oor hulle werk sal
skyn.
Dit sy so.
MEVR. WED. GENL. DE LA REY
Lord Methuen uitgeoorlê deur Generaal de la Rey.
______________________________________
In ons Suid-Afrika weet amper elkeen......
.......misskien selfs verbrand was.
[hierdie stuk is reeds in die eerste episode geplaas - Swart
Simon]
In die begin van 1902 was die magte van Genl. de la Rey in die
Weste van Transvaal, ook kort van baie van die nodigste dinge, en
die ou Generaal het gesien, dat hy 'n plan moes maak. Hy het
gelukkig nie lang hoef te wag nie. Die Engelse was soms bang om
die treine te gebruik om die nodige goedjies aan te voer, veral
na min of meer afgeleë plekke. Lord Methuen het b.v. gemeen dat
dit beter sou wees om 'n konvooi te stuur na Klerksdorp onder
Kol. van Donnop, met 'n aantal waens, volgelaai met 'n goeie
klomp kos, klere, ammuniesie, ens., dan om dit te stuur langs 'n
groot omweg met die trein. Hy dink nie aan gevaar vir die
konvooi nie. Maar Genl. de la Rey hoor van die spul en toe hulle
hulle self kom kry is die boere op hulle en vat die hele konvooi
by IJzerspruit. Dit was op die 25ste Februarie 1902. Toe die
Engelse bevelhebbers dit hoor, het hulle seker maar 'n bietjie
groen gevoel en dadelik planne uitgedink om van Genl. de la Rey
weer af te neem wat hy gebuit 't. Dit het nie mooi gelyk nie om
die boere in die besit te laat van so baie waens, muile, gewere,
kanonne, patrone, ens. Wie sal nou ook lekker voel om jou te
laat skiet met jouw eie skietgoed? Dis maar 'n bietjie hard!
Die Engelse het besluit om Genl. de la Rey tussen twee Engelse
kommando's in vas te keer, dan sal die klompie boere gouw-gouw
"hands-up".
Die een Engelse kommando het op die 2de Maart van Vryburg
vertrek, onder Genl. Lord Methuen, die ander kom van Klerksdorp
onder bevel van Genl. Kekewich. Hulle sou probeer om albei op te
trek na Rooyantjiesfontein, waar hulle die sewende Maart bymekaar
sou kom.
Die twee magte sou trag om hulle vlerke so wyd uit te slaan, dat
vir Genl. de la Rey geen mogelikheid sou oorbly om aan hulle
gryparms te ontsnap. Hulle het skynbaar die krygsmanstalente van
Genl. de la Rey te gering geag en nie gedink, dat die boere dag
vir dag met al hulle bewegings bekend was nie. Die
boerekrygsmagte kom nou ook gouw agter hulle planne en wil trag
om die twee gryparms van die Engelse magte nie alleen van mekaar
te hou nie, maar Genl. de la Rey wou probeer om eers die een en
dan die ander mag te oorrompel, want hy kon hom aan 'n geveg
waag, daar hy by IJzerspruit genoeg ammuniesie buit gemaak 't.
Genl. de la Rey wou nou seker weet of hy kon waag om aan te val
en hy stuur Genl. van Zijl agter die Engelse kolom, wat van
Vryburg terugkom, aan, veral om die sterkte en gevegswaarde van
die mag te kan uitvind. Van Zijl sien dat die osse van die
Engelse swak is en hulle baie stadig moes trek. Dit was ook
werkelik die geval en Genl. Methuen moes na die tweede dag al aan
Genl. Kekewich telegrafeer, dat hy nie op tyd by
Rooyantjiesfontein sou wees nie. Vir van Zijl was dit nou elke
dag aanval en terugtrek, aanval en terugtrek, want hy was alleen
nie sterk genoeg om die magte te verslaan nie, maar hy kon
rapporte stuur omtrent alles wat hy sien en uitvind en hy reken
dit glad nie onmogelik om met verenigde kragte die hele laer te
neem nie. Die Engelse offisiere voel lekker as Genl. van Zyl
elke keer, soos dit lyk, verslaan word, en hulle maar elke dag
kan verder trek. Maar by één geleentheid was hulle deur die
aanvalle van van Zijl so moedeloos geword, dat Genl. Methuen self
die orde onder sy troepe moes herstel. Vir Methuen was dit
onplesierig om te sien dat sy mense so min wis van vastrap. Toe
by Barberspan een van die offisiere in die aand dit waag om vir
Lord Methuen te sê dat die boere weer lekker pak gekry het, toe
hy durf roem en spog op hulle eie mag en hulle eie dapperheid was
Lord Methuen nie al te erg ingenome met die spoggery nie en
waarskuw vir die grootpraat met die woorde: "Ons weet nie wat
voor is nie, hulle het vandag moes hardloop, altemit is dit more
ons beurt om swaar te kry".
Dit het nou al begin te lyk soos oom Niklaas van Rensburg, die ou
siener, vertel het van die laer, wat van Vryburg kom. Hy het
vertel: "Ek sien 'n rooi skilderbul van Vryburg kom, sy horings
staan reg vorentoe, hy wil graag baklei, hy is moedig en sterk,
maar as hy by Barberspan kom begin sy horings te hang, sy moed is
uit, hy begin al sleg voel. Maar dit sal nog slegter met hom
gaan, want as hy by Hartsrivier kom, sal hy helemaal poenskop
wees, hy sal nie meer kan stoot nie; hy moet dus ontwapen wees."
Daar sien die ou profeet die boere al tussen die waens en kanonne
van die Engelse rondstap, waaruit hy seker meen te mag opmaak,
dat die boeremag die hele Engelse laer sal vat. As ons dink
hoeveel kere die ou profeet deur sy gesigte te vertel, die boere
al van groot nut gewees 't, nederlae afgewend, overwinnings
mogelik gemaak 't, dan kan ons ook dink hoe Genl. de la Rey nie
kon twyfel nie of hy sou net as by IJzerspruit die hele Engelse
kolom weer in hande kry. Genl. de la Rey was gewoon, om altyd
vir Oom Niklaas te vra: "wat sien jy nou?", en dis ongetwyfeld
dat ook vir die keer die gesigte van die profeet nie sonder
invloed op die planne was nie. Dit neem egter nie weg nie, dat
die vegsplanne agtermekaar geset werd so goed as mogelik was.
De Meanderkrant http://meander.italics.net brengt in het nummer van
december gedichten van J. Hendriks, Joop Komen, Frederik Lucien de
Laere, Isabelle Minnebo, Ruud Muschter, Nico, Olga Ponjee, Margreet
Spoelstra, Abel Staring en Ans Wijnstroot. Het "Gedicht van de maand"
is "M. (kleine ziel)" van J. Hendriks. De verhalen zijn van Robert van
Eijden, Frans Leonard, Bert Vierstra.
Er bestaat ook een e-maileditie van de Meanderkrant. Vol gedichten en
nieuws over literaire zaken. Elke zondag ontvang je die gratis in je
mailbox. Op woensdag verschijnt soms een speciale editie. Je kunt je
abonneren door een e-mail te sturen aan majo...@oudenaarden.nl met
als inhoud: subscribe meander-l (het laatste teken is de letter l).
Abonneren kan ook on line, zie de rubriek "Po�zie op Zondag".
Je kunt bij Meander http://meander.italics.net twintig po�tische
kaarten vinden. Zoek gratis een kaart uit en verstuur 'm via e-mail.
Ek het op my boekrak 'n ou vergeelde boekie met die titel: "Lord
Methuen uitgeoorlê deur Genl. de la Rey". Die skrywer is G.A.
van der Walt en die boekie is in Potchefstroom gedruk en
uitgegee. Die datum van publikasie word nie vermeld nie, maar
aan die binnekant is daar die volgende handgeskrewe boodskap:
"Ter herinnering aan het 25-jarige jubileum van H.M. Koningin
Juliana der Nederlanden". Dit dui daarop dat die boekie in
ongeveer 1915 aan iemand in Nederland as 'n geskenk gegee is.
Die boekie is interessant nie alleen vanweë die ietwat ouderwetse
Afrikaans nie, maar ook vanweë die onbeskaamde verwysing na
landsgenote as "swartes", "hotnots", ens. Klaarblyklik is daar
in daardie dae geen wenkbroue daaroor gelig nie. Inteendeel, dit
blyk dat die boeke 'n entoesiastiese mark in Nederland gevind
het.
Hier is enkele aanhalings uit die publikasie. Die spelling is
soos in die oorspronklike:
"In ons Suid-Afrika weet amper elkeen van ons nog iets te vertel
van die oorlog van 1899-1902, en in die ou Republieke sit 'n
klompie ou mense nie al te lang bymekaar nie, of hulle praat oor
een of ander voorval van die daë. En tog begin die heldere
beskrywing van die feite al dowwer en dowwer te word en begin 'n
onbekende met die ware toedrag van sake al meer en meer twyfel
aan die waarheid, van wat vertel word.
In baie gevalle moet ons om die noukeurigste en bes vertrouwbare
inligtings te kry al na 'n boek hardloop om seker te wees dat ons
gin leuens met die waarheid verwar nie. En wat ons nou
ongelukkig in boeke baje kere mis, is 'n lewendige populaire
verhandeling van enkele bo ander uitstekende feite. Eén van die
feite, wat wêrd is om altyd in die geheue van ons Afrikaanse volk
bewaar te bly, is die geveg op 7 Maart 1902 waarby ons ou
Generaal De la Rey aan die Engelse Generaal Lord Methuen gewys
het, wat ons Afrikaanse boere wêrd is in die geveg, maar ook hoe
hulle 'n beskaafde nasie is, wat weet hoe om 'n gewonde vyand te
behandel.
Die plan van hierdie boekie is om op heel populaire manier, die
slag te beskryf, om ons oues, wat mee geveg het nog 'n keer
lekker te laat voel, en om die jonges te laat sien, hoe hulle met
respek kan dink aan die dappere dade van hulle ouers.
Die Engelse magte het maar swaar gekry in die begin van 1902.
Nie dat hulle bang moes wees om verslaan te word nie, want
daarvoor was hulle oormag te groot, maar hulle moes gereëld sorg
vir die aanvoer van kos, klere en ammuniesie vir hulle self en
ook vir dieselfde artiekels vir die boeremagte.
By die boere het dit regtig gegaan soos 'n beroemde krygsman gesê
het: "Die oorlog moet die oorlog voed". Was 'n boerekommando
amper uit van skietgoed en klere, dan werd 'n plan gemaak om 'n
Engelse laer in die hande te kry. Geluk dit, dan was in eens
alles weer volop, want die ammuniesie werd van die vyand gevat,
omdat dit die gewoonte was in elke oorlog, en die troepe werd
geskud, omdat die boere gemeen 't, dat dit die enigste middel was
om hulle skadeloos te stel vir die vat van hulle klere uit hulle
kiste, wat by hulle vrouwens of moeders thuis gebly was, of met
hulle familie saamgeneem na die konsentrasie kampe, misskien
selfs verbrand was."
...............
"Dig by die huis was die staanplek van 'n klompie Kaapse basters
of "Cape Boys", en wat vir 'n naarheid dit vir die drie
vrouwmense afgegee 't is moeilik om te skrywe. Hulle vra één van
die jongnooiens om vir hulle uit die Bybel voor te lees en vir
hulle te bid. Hulle spot met alles wat die vrouwens as heilig
beskouw 't. Toe die nooi nie wou lees nie, wil éen van die
basters die Bijbel by haar afneem, wat sy onder die arm gehou 't.
Maar hy het sleg afgekom, die Bybel is beskerm deur 'n
boeredogter wat sterker was as 'n "Cape Boy". Sy het hom in sy
gesig gevat en met ‚en ruk teën die grond gehad en toe moes hy
sukkel om op hande en voete by die deur uit te kom. Geen wonder
was dit om te sien dat die Bybel met soveel moed verdedig is nie,
want van die nege Bybels was dit die laaste van die gesin. Ag
Bybels was by vorige geleenthede al deur die vyand vernietig.
Die drie vrouwmense was met die vyftien basters opgeskeep van 10
uur smorrens tot 2 uur smiddags, toe daar 'n Engelsman kom, aan
wie die vrouwens vra om die basters weg te vat, maar hy klop op
hulle skouers en se in die Engels: "Dis my jongens, hulle moet
hier bly". Die Engelsman was net so lastig as die "Cape Boys"
self en wil probeer om éen van die meisies te soen, maar sy het
'n klompie vurke in die hand gehad en het hom hiermee so
toegetakel, dat hy die soen vergeet 't. Die basters het toe weer
nuwe moed gekry en begin nog leliker praatjies te maak as
voorheen. Die vrouwens kon nou nie meer hou nie en het probeer
om hulle met brandende stompe hout uit die huis te ja. Die
basters sê vir die vrouwens, dat hulle die vuur mooi moet aanhou,
want hulle wil Genl. de la Rey hierop braai. Hulle wil Genl. de
la Rey dood maak soos hulle die vorige dag Koos Steyn en Cornelis
Jooste vermoor het, maar die vrouwens sê, dat hulle maar mooi
moet oppas, want de la Rey sal kom, en dan sal hulle soos geel
kraaie op die veld lê en doodgaan.
Die basters lag oor die uitdrukking en sê, dat hulle wel swart
kraaie maar gin geel kraaie ken nie. Hulle maak of hulle glad
nie kan begryp nie, dat die vrowens dink aan hulle geel khaki-
uniforms. Eindelik kom daar 'n koloniese boer aan wie die
vrouwens vra om 'n plan te maak, dat die basters van hulle af kan
wegkom. Die man het vir die vrouwens jammer gekry en het sy
invloed gebruik by die offisiere en nou was die plaery op 'n end.
Om die huise is nou 'n wag geplaas en die vrouwmense is gin las
meer aangedaan nie, maar van barmhartigheid ten opsigte van hulle
kos of drinkgoed was gin sprake. Die enigste melkkoei by die
huis het hulle voor die oë van die arme mense in die kraal
doodgeskiet. Die kleintjie van twee jaar het teën die aand
erbarmelik begin huil van die honger, maar gin mens het medelyde
getoon nie, dan 'n rou Engelsman, wat 'n klompie "biscuits" en
"jam" gebring het. Toe dit donker word stap die drie jong
vrouwens na haar ma se huis, elk gewapen met 'n stuk yster, een
het 'n dommekrag-sleutel gedra, die ander twee elk 'n stuk
koevoet, maar hulle is gelukkig nie langs die pad lastig geval
nie."
.................
"Soos ons gesien het, het die Engelse perderuiters hulle bes
gedoen om uit te ja, en het die muilwaens agter hulle aangekom.
Hulle het van die slagveld in noordwestelike rigting deur die
riviere en deur die vlei geja, maar 'n groot gedeelte van die
boere het hulle perde die spore gegee en die waens voorgekeer,
voor hulle nog baie ver deur die rivier gekom het. Die Engelse
het hier weer probeer om teëstand te bied, en by 'n turksvye-
laning in 'n voor posisie gevat. Maar dit het hulle nie veel
gehelp nie, die boere was te gouw by, en 'n groot gedeelte van
die Engelse se moed was uit. Die paar wat nog by die vier
kanonne by die turks-vye was, aan die westekant van die rivier,
het hulle oorgegee aan nege man, waarvan die meeste nog lewe.
Die swaarste was om die muilwaens in hande te kry, want die
swartes en basters, wat hierby was, het maar geslaan en geja om
uit te kom vir hulle lewe, en die boere het orders gehad om nie
al die goed dood te skiet nie. Hulle moes hulle bes doen om net
een van die voormuile plat te skiet, want dan ruk die hele span
inmekaar en kan nie verder kom nie. Soms het 'n boer 'n span
ingeja om die span heel te hou en moes dan die leisels uit die
hotnot se hande ruk. Eén van die boere ja op die manier 'n
muilwa in en skree om hulle te laat stop, maar hulle ja deur.
Die boer ja aan die hot-kant so naby dat hy die een leisel het
kan vat, maar die hotnot sukkel nog om deur te ja. Die boer was
verplig om te skiet, en eers na die skiet het die wa in sy mag
gekom. Die muile het gaan stilstaan. Toe hy die leisels wil gaan
regtrek kom 'n Engelsman en skiet onverwags op die man. Met dat
die Engelsman skiet val hy sommer langs sy perdaf, maar spring
dadelik weer op. Hulle was toe so dig bymekaar, dat die gewere
teën mekaar geslaan het, maar die boer is die oorwinner gebly.
Dit het nie lank gevat nie, of al die muilwaens was in die boere
se hande, en is teruggebring na die plek, waar die ander waens en
kanonne gestaan het. Die krygsgevangene troepe, swartes,
hotnots, en ander goed soos die "National Scouts" is ook alger
bymekaar gebring."
...................
"Van die Engelse laer was die mense toe almaal weg, behalwe die
dertien basters, wat nie met die gevange mense saamgestuur is
nie. Oor hulle het 'n krygsraad gesit, omdat hulle beskuldig was
van moord. Op die krygsraad is toe duidelik geword, dat die
basters skuldig gewees het aan 'n gruwelike moord op die twee
boere Steyn en Jooste, en hulle is veroordeel om doodgeskiet te
word. Om die vonnis te volvoer is deur die offisiere opdrag
gegee aan 'n paar mense, wat eers na die Engelse kampe gegaan is,
om te "hands-up", en toe weer spyt gekry het oor hulle eie
ontrouw, en op 'n goeie dag weer weggeloop is na die
boerekommando. Hulle het vir die sewende Maart weer vir die
eerste keer saam geveg, en die offisiere het 'n proef wil neem,
om te sien, of hulle nou te vertrouwe sou wees, deur hulle op te
dra om die vonnis oor die basters uit te voer. Die paar boere
het lekker gevoel en het sonder enige objeksie te maak, die
basters doodgeskiet. Die 13 basters, wat so parmantig gepraat
het op Tweebosch, met die vrouwmense het nou werklik soos geel
kraaie op die veld gelê en doodgaan."
Die reisiger hou nogal van die advertensie van die bokser in die kryt,
wat na Vreemde Vlieënde Voorwerpe ("UFOs") verwys. Hy praat van 'n ou
wat glo 'n "rekenaar program" gebreek het. En sy geheime wapen -
"Vandag en 2000 jaar gelede".
Eers was die antwoord: Sit jêm om so 'n ou se bek. Struwwelpeter is reg
- oppas wanneer 'n uroloog jou 'n drankie aanbied.
"Terug na die Voorbeeld van 2000 jaar gelede" was die begin. Die
reisiger moet ook leer om na die Voorbeeld terug te keer.
Geseënde Kersfees, en beste wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)
Wil graag die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid
en politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer ("exchange controls"),
Deelname aan die ekonomie, Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid,
Sport en ontspanning, Publieke administrasie, Energie en water
verskaffing, Mynbou, industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en
opleiding, Skep en onderhou van werks geleendhede, Opleidings
vaardighede beskikbaar aan die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om
wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT,
Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en
Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme
om armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
Wil graag die Persone van ons Paradys, die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, asook ondersteunde Organisasies gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir
die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral om die
ANC te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om ANC ondersteuning te verhoog
vir Munisipale Verkiesings. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die
oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.
Stel voor die ANC skort die beleid van "zero tolerance" op. Dit sal 'n
swaai teweegbring ter ondersteuning aan die ANC van die bree politieke
spektrum - Links en Regs - alle Nasionaliteite. Dit sal mense toelaat
om hulle opinie te verander, ten voordeel vir die ANC.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) ANC
ondersteuning sal geweldig verhoog. :) Volgende jaar se Munisipale
Verkiesings sal aangenaam vertoon. :) ANC beleid kan voortgaan, en
implementeer word op Munisipale Vlak. :) Oplewings programme vir die
nadeelde gedeelte van ons gemeenskap sal versnel. :) Dit sal lei tot
groter ekonomiese deelname. :) ANC ondersteuning sal verhoog. :)
Geseende Kersfees, en beste wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)
Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)
Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)
Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)
Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)
Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)
Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)
Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)
Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)
My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)
P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Wil graag Gloudina hartlik bedank vir haar ondersteuning in die
verlede. Asook vir terugvoer, gediggies, Teilhard de Chardin se
bydraes, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
Sal hou daarvan om weer van jou te hoor. Die 3e Demokratiese Verkiesing
is a.g.v. jou ondersteuning. Hou gerus bydraes agterna dop.
Jy het 2 kinders. Miskien is jou man jou 2e man. My kinders, jou
kinders, ons kinders ?
'n Aanhaling vanuit Kahlil Gibran se boek "The Prophet". Om jou kinders
beter te verstaan. Dieboek is ook op CD beskikbaar. Pragtig om na te
luister.
And a woman held a babe against her bosom said, Speak to us of
Children. And he said: Your children are not your children. They are
the sons and daughters of Life's longing for itself. They come through
you but not from you, And though they are with you yet they belong not
to you.
You may give them your love but not your thoughts, For they have their
own thoughts. You may house their bodies but not their souls, For their
souls dwell in the house of tomorrow, which you cannot visit, not even
in your dreams. You may strive to be like them, but seek not to make
them like you. For live goes not backward nor tarries with yesterday.
You are the bows from which your children as living arrows are sent
forth. The archer sees the mark upon the path of the infinite, and He
bends you with His might that his arrows may go swift and far. Let you
bending in the Archer's hand be for gladness; For even as He loves the
arrow that flies, so He loves the bow that is stable.
Die reisiger wil byvoeg: 'n Stabiele boog sal sorg dat die pyl sy
doelwit bereik. Sonde in die Grieks beteken om die doelwit te mis. 'n
Mens het elke keer nog 'n kans om weer te mik. Dit is nooit die einde,
nooit verby, nooit te laat. Besef dit. Die Voorbeeld 2000 jaar gelede
het gekom om vir mense te wys hoe om hulle doelwit te bereik. Volg Sy
Voorbeeld. En bereik sukses. Aanhouer wen. Dit is die resep vir sukses.
Al was die wortels van die opvoeding bitter, die vrugte daarvan is
stroopsoet. :)))
Geseende Kersfees, en beste wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)
Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)
Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)
Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)
Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)
Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)
Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)
Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)
Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)
My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)
P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.