Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Illuminati - om 'n boek te skryf

So., 05 Desember 1999 00:00

Wil graag die Illuminati gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral vir die ontwikkeling van die Nuwe Suid
Afrika en Planeet vir waar dit vandag is. Deur inisiatief te neem, vir
leierskap, geleendhede aan te gryp, ens.

En die ondersteuning wat verleen word aan die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, in die volgende aspekte van ons
samelewing: Beleid en politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer
("exchange controls"), Deelname aan die ekonomie, Belasting,
Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning, Publieke
administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou, industriele en
finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en onderhou van
werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan die ekonomie,
Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer
en infrastruktuur, IT, Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse
verhoudinge, Plaaslike en Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en
drank verskaffing, Programme om armes te help, Media en bemarking,
Tabak industrie, Rook vrye samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral
beskerming teen individuele en organiseerde misdaad in die volgende
aspekte: Dwelm smokkelary, onwettige wapen handel, voertuig kaping,
kinder mishandeling en ontvoering, ens.

En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pyningend is, is 'n gefluistery
oor beweringe van die moord op Verwoerd. Behou geloof, hoop en liefde.
Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Sal voorstel dat 'n boek geskrywe word oor die aangeleendheid. Die
reisiger het 'n vermoede daar was 'n vrou by die saak betrokke. Dit sal
inninglik waardeer word indien haar naam d.m.v. die Media bekend gemaak
word.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die publiek
sal die geleendheid gegun word om soos volwassenes oor die
aangeleendheid te dink. :) Die Illuminati sal in 'n goeie lig gesien
word, deur hulle veelvolkige, multi-kulturele Nuwe Suid Afrika help bou
het, asook 'n toekoms vir die NSA. :) Om die publiek die geleendheid te
gun om deel van 'n vooruitstrewende demokrasie in Afrika te word. :)

Die reisiger het die volgende dekade plan vir die NSA bekend gestel, om
beskerming van belegginge te verseker, asook dat die droom van Sadek
kan voortgaan. 'n 2020 en daarna visie is ook ontwikkel vir Sadek, wat
'n kwantum sprong in Junie 2000 behoort te neem. Om uitnemende
resultate te lewer, inisieer deur die Persone van ons Paradys, sommige
wat alreeds aan u bekend is. Meeste van die ontwikkeling wat gesien is
in die NSA, kan herhaal word in Sadek. Al wat 'n mens miskien hoef te
doen, is om oplossings van die NSA in Sadek te dupliseer, en na die
omstandighede daar aan te pas. Dit kan so eenvoudig wees. Die tyd sal
leer.

Die mede-verantwoordelike ondersteuning word gratis verskaf, tot en met
die einde van 2006. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e
Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lord Methuen uitgeoorlê - 3

So., 05 Desember 1999 00:00

Lord Methuen uitgeoorlê deur Generaal de la Rey.

Deur G.A. van der Walt

Deel 3
______________________________________

Van Barberspan trek Lord Methuen eers nog met Groot Hartsrivier
op, om later die loop te volg van Klein Hartsrivier. Vir 'n
enigsins grote laer was dit altyd die veiligste om in die
nabyheid van die riviere te bly. Ver van die riviere oor die
bulte was soms te min kanse om water te kry.

Op die more van die sesde Maart kort na brekfis kom die laer van
Methuen op die plaas Tweebosch. By die huis van Mnr. Schutte was
al 'n klompie van van Zijl se mense om na klere te kom kyk, wat
die vrouwmense vir hulle sou maak. Onverwags was die Engelse
naby gekom en werd eerste gesien deur één van die dogters. Die
klompie mense onder hulle offisiere moes alles net so laat staan
om te kan uitja. Die Engelse het so op hulle geskiet dat party
toe was onder die stof van die skiet, maar hulle kom alger uit.
Toe hulle alver genoeg weg was het die Engelse nog so geskiet,
dat die koeëls op die dak geval 't. Dit het nog maar 'n kort
rukkie geduur en die perderuiters was met die hele kolom op die
werf. Die Engelse weet nou ook, dat van Zijl se mense dig by is
en hulle trek die bommaksim reg aan die regterkant van die huis,
en 'n groot kanon 40 tree weg aan die linkerkant. Tussen die
kanonne het die voetgangers vol gelê. Die skiet hou 'n tydjie
aan en die vrouw van Mnr. Schutte wil van angs onder die katel
inkruip, maar die klein kindertjies hou haar so vas, dat sy nie
onder die bed in kon kom nie.

Toe die mense van van Zijl pad gegee 't en die troepe van Lord
Methuen van die boere niks meer te vrese gehad 't nie, moes die
vrouwens gestraf word, omdat 'n klompie boere op hulle werf
gesien was. Die huise van die vrouwens was gevaarlik vir die
Engelse magte en moes afgebrand word. Die troepe kap vrugtebome
af, soek droë vuurmaakgoed bymekaar, dra alles in een groot hoop
voor die deur en wil begin vuurmaak. Die ma in die huis soebat
om haar huis gespaar te kry, maar mooipraat van haar kant help
niks.

Gelukkig vir haar kom daar 'n man in, wat homself bekendmaak as
éen van die familie van Mevr. Schutte, tenminste na lang gepraat
kom uit, dat haar ma sy tante was. Hy het skynbaar soveel
invloed gehad, dat op sy voorspraak die huis gespaar gebly is.
Gelukkig vir die vrouwens dat die man daar was, maar die ma in
die huis het hom sleg gesê. Hy het skaam gekry en het na die
slag weggeja om nie weer saam met die Engelse te veg nie, is na
Duits Wes gegaan en is lang na die vrede eers terug gekom en het
toe die groete laat weet aan Mevr. Schutte, met die betuiging
daaarby dat hy op die more van die sewende Maart die Engelse
verlaat en sleggevoel 't oor die hulp wat hy die vyand verleen
't. Die vrouwmense was bly oor die huis toe gespaar werd, maar
het tog 'n sware dag deurgebreng. Alles wat in die huise was vir
kos, is deur die troepe weggevat. Die ma en die kinderkies moes
sonder kos en iets om te drink bly die hele dag en die nag wat
gevolg 't en het eers die tweede dag water kon kry. Elkeen kan
sig voorstel hoe swaar dit was met ses klein kindertjies.
Ongeveer drie kwart mijl van die huis van Mnr. Schutte het 'n
getrouwde dogter gebly, wat deur 'n suster en 'n buurmeisie
geselskap gehou is in die moeilike dae.

Dig by die huis was die staanplek van 'n klompie Kaapse basters
of "Cape Boys", en wat vir 'n naarheid dit vir die drie
vrouwmense afgegee 't is moeilik om te skrywe. Hulle vra één van
die jongnooiens om vir hulle uit die Bybel voor te lees en vir
hulle te bid. Hulle spot met alles wat die vrouwens as heilig
beskouw 't. Toe die nooi nie wou lees nie, wil éen van die
basters die Bijbel by haar afneem, wat sy onder die arm gehou 't.
Maar hy het sleg afgekom, die Bybel is beskerm deur 'n
boeredogter wat sterker was as 'n "Cape Boy". Sy het hom in sy
gesig gevat en met éen ruk teën die grond gehad en toe moes hy
sukkel om op hande en voete by die deur uit te kom. Geen wonder
was dit om te sien dat die Bybel met soveel moed verdedig is nie,
want van die nege Bybels was dit die laaste van die gesin. Ag
Bybels was by vorige geleenthede al deur die vyand vernietig.
Die drie vrouwmense was met die vyftien basters opgeskeep van 10
uur smorrens tot 2 uur smiddags, toe daar 'n Engelsman kom, aan
wie die vrouwens vra om die basters weg te vat, maar hy klop op
hulle skouers en se in die Engels: "Dis my jongens, hulle moet
hier bly". Die Engelsman was net so lastig as die "Cape Boys"
self en wil probeer om éen van die meisies te soen, maar sy het
'n klompie vurke in die hand gehad en het hom hiermee so
toegetakel, dat hy die soen vergeet 't. Die basters het toe weer
nuwe moed gekry en begin nog leliker praatjies te maak as
voorheen. Die vrouwens kon nou nie meer hou nie en het probeer
om hulle met brandende stompe hout uit die huis te ja. Die
basters sê vir die vrouwens, dat hulle die vuur mooi moet aanhou,
want hulle wil Genl. de la Rey hierop braai. Hulle wil Genl. de
la Rey dood maak soos hulle die vorige dag Koos Steyn en Cornelis
Jooste vermoor het, maar die vrouwens sê, dat hulle maar mooi
moet oppas, want de la Rey sal kom, en dan sal hulle soos geel
kraaie op die veld lê en doodgaan.

Die basters lag oor die uitdrukking en sê, dat hulle wel swart
kraaie maar gin geel kraaie ken nie. Hulle maak of hulle glad
nie kan begryp nie, dat die vrowens dink aan hulle geel khaki-
uniforms. Eindelik kom daar 'n koloniese boer aan wie die
vrouwens vra om 'n plan te maak, dat die basters van hulle af kan
wegkom. Die man het vir die vrouwens jammer gekry en het sy
invloed gebruik by die offisiere en nou was die plaery op 'n end.
Om die huise is nou 'n wag geplaas en die vrouwmense is gin las
meer aangedaan nie, maar van barmhartigheid ten opsigte van hulle
kos of drinkgoed was gin sprake. Die enigste melkkoei by die
huis het hulle voor die oë van die arme mense in die kraal
doodgeskiet. Die kleintjie van twee jaar het teën die aand
erbarmelik begin huil van die honger, maar gin mens het medelyde
getoon nie, dan 'n rou Engelsman, wat 'n klompie "biscuits" en
"jam" gebring het. Toe dit donker word stap die drie jong
vrouwens na haar ma se huis, elk gewapen met 'n stuk yster, een
het 'n dommekrag-sleutel gedra, die ander twee elk 'n stuk
koevoet, maar hulle is gelukkig nie langs die pad lastig geval
nie.

Toe hulle by die ma kom, het die arme mens van al die swaar so
vreeslik gelyk, dat hulle sommer in trane uitbars, en die woede
teen die vyand nog hewiger word. Hulle was bly, dat vir die nag
drie wagte om die huis geset is, maar toe hulle die deur toemaak
sê hulle nog: "julle moet nou goed wag hou en baie mooi oppas,
want voor julle gaan slaap sal Genl. de la Rey julle kom nag sê."
Die vrouwens het geweet, dat Genl. de la Rey naby was met al sy
mense, maar die troepe van Lord Methuen het gelag, hulle het
gemeen dat vir hulle niks te vrees was nie. Hulle kon nie weet
nie, dat van Zyl net probeer 't om uit te vind, hoe sterk die
Engelse mag was, en nou met Genls. de la Rey, Kemp, Cilliers,
Liebenberg en die verskillende Kommandante en Veldkornette, in
hulle nabyheid 'n vergadering van 'n krygsraad bywoon en verslag
gee van sy ervarings vanaf Soutpan (die teënwoordige de la Rey).

Die Krygsraad werd gehou onder leiding van Genl. de la Rey, op
die plaas Gunsteling, ongeveer ses myl van die slaapplek van Lord
Methuen. Op die boerekrygsraad kon Genl. de la Rey meedeel, dat
die boeremagte, wat kon saamwerk om Methuen aan te val, bestaan
uit ongeveer 560 man. Die mag van die vyand was baie groter,
maar die boerevoormanne het geweet dat die gevegswaarde van hulle
burgers kon goedmaak, wat aan getalsterkte mag ontbreek.
Feitelik elke boerestryder het 'n perd gehad, en 'n groot aantal
het gewoon in die streek, waar geveg moes word. Hulle het elke
kuil, elke voetpaadjie, boom, huis, murasie of kraal geken, en
sonder al te lang praat was besluit om 'n aanval te waag. Alles
werd nou mooi afgepraat en elke voorman moes presies weet, wat hy
met sy burgers moes doen.

Genl. van Zyl kry die opdrag om agter die Engelse mag te bly so
dig by as hy maar kon, sonder dat die Engelse hom moes gewaar.
As die Engelse die volgende more nie verder sou trek nie moes hy
met lig word die kampplek aanval. Die hoof van die Spioenkorps
van die boere kry 45 man by hom. Dit was Mnr. J. Lombard. Hy
moes met sy manne so dig by die Engelse gaan, dat hy elke
beweging dadelik sou kan rapporteer.

Die ander burgers onder hulle offisiere kry hulle plekke aangewys
al langs Klein Hartsrivier op een lang ry, want hulle het gemeen
die Engelse sal die kant opkom, deurdat Genl. van Zijl 'n rapport
in hande gekry het, deur twee rapportgangers te vang, waarin Lord
Methuen aan Genl. Kekewich rapporteer dat die kommando van Lord
Methuen sou optrek langs Klein Hartsrivier. So sou die boere
moet bly staan met die toom van die perd in die arm, tot die
eerste skot by van Zyl se kommando sou val, wat die teken sal
wees, dat almaal moet klaar wees.

[word vervolg]

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Leer Windows98 NOU IN AFRIKAANS!!

Sa., 04 Desember 1999 00:00

Interaktiewe multi-media opleiding in Windows98 en
die Internet via CD nou beskikbaar vir almal wie graag
in AFRIKAANS wil leer. Ideaal vir die hele gesin. Ook
opvoedkundige rekenaarspeletjies in AFRIKAANS vir
voorskoolse tot standerd 1 kinders. Skakel Ben
Groenewald vir verdere inligting by 0832665494.

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

San Francisco

Sa., 04 Desember 1999 00:00

Is daar enige Afrikaanse kultuur gebeure in San Francisco of Afrikaners wat
daar woon? Ek besoek die stad binnekort en sal graag wil sien wat daar
aangaan.

(No Spam - haal die x uit my adres)

Johannes,
Canterbury,
Engeland.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re - en as jy dit nie verstaan nie & Kinder Bybel se duiwel

Vr., 03 Desember 1999 00:00

Leer om "Hoe om saam te werk vir 'n beter toekoms" te verstaan, en toe
te pas. Eers op persoonlike vlak. Later kan die beide op persoonlike en
sosiale vlak toegepas word. En die Nuwe Suid Afrika sal soos 'n
kersboom lyk. Dit is die reisiger se formule van sukses.

Om buite die planeet te staan, na die planeet te kyk, en van bo na
onder te werk, kan Gloudina verduidelik, vanuit die Boedhistiese
oogpunt: Deur waarnemer te speel. Die reisiger het dit net 'n stappie
verder geneem.

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Ons lus vir Engels

Vr., 03 Desember 1999 00:00

Eens was ons Afrikaners en die Engelstaliges in Suid-Afrika twee
kultuurgemeenskappe - so vreemd vir mekaar dat dit tot 'n Groot Trek gelei
het en later tot 'n Anglo-Boereoorlog. Hierdie twee kultuurgemeenskappe het
één geword. Veral gedurende die afgelope 30 jaar het my mense hard gewerk
aan die oorname van die Engelse kultuur - dermate dat daar vandag van 'n eie
Afrikaanse kultuur geen sprake meer is nie. Eén kultuurgemeenskap het dan
ook net één kultuurtaal nodig en nie twee nie. Ons sit tans nog met twee,
waarvan die een gewoon onnodig en irrelevant word - Afrikaans. My mense het
verengels. Ons het ons Nederlandse taal- en kultuurvoeding afgeskryf ten
gunste van 'n Angelsaksiese voeding - tot verlies van onsself.

Dit is gelukkig (nog) nie te laat nie. Kom ons neem die uitgestrekte hand
van Nederlands aan en vul Afrikaans aan waar hy nie kan bykom nie
(rekenaarprogrammatuur, musiek, video's, boeke, en noem maar op). Kom ons
herstel die warm band met Vlaandere en Nederland en red ons uit die
Angelsaksiese dryfsand wat nou harder en beter suig as ooit voorheen. Kyk
ook op http://www.multiweb.nl/~ppve vir meer hieroor.

Petrus van Eeden

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Re: Ons lus vir Engels

Vr., 03 Desember 1999 00:00

On Fri, 3 Dec 1999 10:10:58 +0100, "petrus van eeden" wrote:

> Eens was ons Afrikaners en die Engelstaliges in Suid-Afrika twee
> kultuurgemeenskappe � so vreemd vir mekaar dat dit tot 'n Groot Trek gelei
> het en later tot 'n Anglo-Boereoorlog. Hierdie twee kultuurgemeenskappe het
> één geword. Veral gedurende die afgelope 30 jaar het my mense hard gewerk
> aan die oorname van die Engelse kultuur � dermate dat daar vandag van 'n eie
> Afrikaanse kultuur geen sprake meer is nie. één kultuurgemeenskap het dan
> ook net één kultuurtaal nodig en nie twee nie. Ons sit tans nog met twee,
> waarvan die een gewoon onnodig en irrelevant word � Afrikaans. My mense het
> verengels. Ons het ons Nederlandse taal- en kultuurvoeding afgeskryf ten
> gunste van 'n Angelsaksiese voeding � tot verlies van onsself.
>
> Dit is gelukkig (nog) nie te laat nie. Kom ons neem die uitgestrekte hand
> van Nederlands aan en vul Afrikaans aan waar hy nie kan bykom nie
> (rekenaarprogrammatuur, musiek, video's, boeke, en noem maar op). Kom ons
> herstel die warm band met Vlaandere en Nederland en red ons uit die
> Angelsaksiese dryfsand wat nou harder en beter suig as ooit voorheen. Kyk
> ook op http://www.multiweb.nl/~ppve vir meer hieroor.
>

Neewat, sowat van twakpraat het ek langelaas gehoor. So min as wat
Xhosa en Zulu ooit een sal word, so min sal ons boere-aksent uit die
rooitaal verdwyn. Ek herinner my ook nie eintlik dat die hovaardige
Holle ooit hulle neus-in-die-lug houding sal laat staan nie. Basta met
hulle! Uitgestrekte hand se gat! Vat jou goed en trek Fereirra, hier

braai ons die ou Ingelse se moere. Net oor hulle (meesal) nie ons taal
kan baasraak nie, en ons maar ewe gedienstig hulle reghelp en oorslaan
uit beleefdheid, beteken dit nie ons gee boedel oor nie.
--

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toekoms Advies vir: Minority Party om te trou met die ANC

Do., 02 Desember 1999 00:00

Wil graag die ANC, en Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die
Planeet. Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid en
politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer ("exchange controls"),
Deelname aan die ekonomie, Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid,
Sport en ontspanning, Publieke administrasie, Energie en water
verskaffing, Mynbou, industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en
opleiding, Skep en onderhou van werks geleendhede, Opleidings
vaardighede beskikbaar aan die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om
wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT,
Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en
Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme
om armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag die Minority Party gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral vir die ondersteuning om veelvolkige en
multi-kulturele vriendskappe te bou. Asook om die Regering van ons
Paradys te ondersteun, om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van die Minority
Party. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier
word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg
om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Die ANC het 'n ver pad gestap om Indiers in die Nuwe Suid Afrika, asook
internasionaal, die volgende trou geskenk aan te bied: Indie is met
wapens verskaf. Drastiese stappe teen miv+ / vigs is geneem -
prioriteit nommer een aan hierdie siekte toe te ken. Urine terapie
boeke, wat ingevoer is vanaf Shri Sathya Sai Baba se Ashram in
Puttaparthi word gebruik om miv+ / vigs navorsing to promoveer. Indier
films word by bioskope getoon. Indiers kan inteken op die Eastnet DSTV
kanaal. 'n Gesonde ekonomie word gehandhaaf. Asook bogenoemge doelwitte
word bereik. En nog baie meer. Daar word genoem Ghandiji het sy eie
urine gedrink.

Die tyd het gekom om bymekaar te bring wat bymekaar hoort. Hou die
troue so vroeg moonlik in die Parlement, en vier dit by die Afrika
Spele 2000. Die lied "Tonight I celebrate my love for you" kan gespeel
word wanneer u herenig, asook by die Spele.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Indiers sal
'n sterker basis besit tydens verkiesings volgende jaar Junie. :)
Indiers kan op verkiesings onkoste spaar. :) Gemeenskaplike belange sal
beide geweldig ondersteun. :) Indier Parlementariers word automaties
die meerderheid. :) Sterker uitvloed kan uitgeoefen word op sake wat
Indiers raak. :) Indiers sal eksponensieel versnel - polities en
sosiaal. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu met grootheid,
goedheid en grasie. Deur te handel om vry te wees, asook regverdig
teenoor andere te wees - op dieselfde tyd. Geseende Kersfees, en beste
wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums

Do., 02 Desember 1999 00:00

Wil graag die ANC, Sadec, Statebond, en die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral in die volgende aspekte van ons
samelewing: Beleid en politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer
("exchange controls"), Deelname aan die ekonomie, Belasting,
Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning, Publieke
administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou, industriele en
finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en onderhou van
werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan die ekonomie,
Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer
en infrastruktuur, IT, Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse
verhoudinge, Plaaslike en Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en
drank verskaffing, Programme om armes te help, Media en bemarking,
Tabak industrie, Rook vrye samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral
beskerming teen individuele en organiseerde misdaad in die volgende
aspekte: Dwelm smokkelary, onwettige wapen handel, voertuig kaping,
kinder mishandeling en ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pynlik is, is diegene van die
Publiek wat nie begrafnisse kan bekostig. Behou geloof, hoop en liefde.
Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Stel voor ingenieurs van die Nuwe Suid Afrika ontwerp 'n rookvrye asook
reukvrye Krematorium fasiliteit, waaraan 'n Kerk, Temple ens. aangeheg
kan word. Dit moet 'n sirkel vorm, modelleer op 'n sjokolade koek
model. Elke skyf is veranderbaar. Kan bymekaarkomplek vir enige
godsdiens wees, wat verassing toelaat. Sluit toilet geriewe in, met
billik geprysde stort fasiliteite. Verskaf seep en 'n handdoek. Sluit
winkels in wat kaartjies, blomme en ander ware verkoop. Asook
konsultasie vir agterblewenes, en mediese fasiliteite in geval van
nood. Asook geriewe vir die Media. Sluit die opsie in om die begrafnis
op video op te neem, indien die familie so verlang.

Asook 'n ambulans ingang, en vrieskas fasiliteite. Die krematorium is
in die middelpunt van die sentrum gevestig.

Die kis moet ontwerp word, met 'n voeten ent wat kan oopmaak. Sodat die
liggaam kan uitglei op 'n voerband. Ontwerp 'n houer wat bo-op die kis
vasgeklem word, wat blomme en andere voorwerpe kan bevat, terwyl die
kis oop is. Wanneer die kis toegemaak word, word dit bo-op die kis
geplaas. Die begrafnis diens kan dan begin. Met musiek wat deur die
publiek gekies kan word. Die kis word dan in 'n vierkantige ingang
geplaas. Die voeten ent word oopgemaak, en die inhoud gly dan op 'n
voerband. Die familie kan kies of hulle die as wil besit, wat in 'n
bottel vir hulle gegee word.

Die ontwerp moet verseker die kis kan herbruik word, met so min as
moontlik om skoon te maak. Die kis kan enige kleur wees, wat deur die
familie gekies word, bv. bruin, purper, swart, wit, ens.

Fasiliteite moet enige tyd deur die Media inspekteer kan word.

Die sentrum moet vele ingange besit. Sodat meer as een diens dieselfde
tyd gehou kan word. Aan die buitekant, moet die parkeer gebied met bome
en groenigheid uitgele word. Plaas 'n kennisgewing paneel buite, wat
elektronies verander kan word, om begrafnisse aan te dui, en die ingang
waar dit gaan plaasvind, asook die persoon se naam. Behou 'n hoë
standaard van higiene by hierdie sentra. Sluit 'n kontrole en
administrasie kantoor in, om die sentrum te beheer.

'n Program op die radio het 'n paar maande gelede 'n praatjie gehad oor
'n Britse firma wat 'n Japanese motorfiets verander het in 'n driewiel.
Vir verskillende gebruike. Dit word 'n Ranger genoem. Stel voor dit
word modelleer na 'n lykswa, om diegene wat ontslaap het, na die
Sentrums te bring. Die familie kan begrafnis reelings tref.

Begin met een sentrum. Maak 'n sukses daarvan. Bou dan ander sentra in
dieselfde Land, indien nodig. Sal aanraai om eers navorsing te doen. Na
begrafnisse wat gehou word, aantal wat dit bywoon, godsdienstige
samestelling van die Land, godsdienstige vrede, ens.
Multi-godsdienstige en enkel-godsdienstige sentrums kan gebou word. Dit
word aanbeveel om hierdie sentrums buite stede en dorpe te bou, om
emosies in stede en dorpe in toom te hou. Bestudeer waar begrafnisse
gehou word. Maak die sentrums so gerieflik vir die publiek as moontlik.

Eksperimenteer in Zimbabwe en Mosambiek eerste - hulle is die naaste
aan Suid Afrika. Begin van onder, en werk na bo. Wanneer 'n werkende
model ontwikkel is, kan sentrums in enige land in Sadek gebou word.

Engineers en kontrakteurs van die Nuwe Suid Afrika kan Zimbabwiers
bystaan om dit te bou. Maak hierdie 'n totale Afrika Renaissance projek.

Sal aanraai dat hierdie dienste gratis is. Opbrengs op belegging sal
vertoon word, deur die ekonomie te bou en myne te ontwikkel op
dieselfde tyd. Daarna kan werk skeppings geleendhede ontwikkel word.

Wanneer hierdie oplossing perfek is, moet dit gratis aan G7 Lande
geskenk word, asook enige ander land, om regoor die Planeet
implementeer word. In die Gees van die Familie van Naasbestaan. Om die
wereld ekonomie te ontwikkel. 'n Handeling wat goedheid bewys, asook 'n
Kerksgeskenk vir lande omdat hulle gehelp het om die Reenboog Nasie te
bou.

Indien die ontvanger dit wil verkoop, vir watter rede ookal, en van bg.
plan afwyk, is hulle welkom om so te doen. Die doel hier is om almal te
help en te deel in die verbetering van hierdie model waarop enige Land
verbeter het. Om regskoste te vermy, want geen kopiereg bestaan.

Die NSA kan Sentrums bou vir die Britse Regering, asook eninge ander
Regering, waar hulle besluit, bv. Bangladesh. Die NSA kan Indie
ondersteun en konsulteer hoe om hierdie sentrums daar te bou.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Goedkoop
vervoer dienste. :) Kiste kan herbruik word. :) Familie kan koste
bespaar aan begrafnisse, en dit op die ekonomie spandeer. :) Verskeie
dienste kan dieselfde tyd gehou word. :) Tyd tussen aftersterwe en
begrafnis sal verminder. :) Personeel kan normale ure werk. :)
Meervoudige en enkelvoudige godsdienstige dienste kan gelewer word,
baseer op dieselfde model. :) Model is aanpasbaar - afhangend van
aantal godsdienste. :) NSA produk kan uitgevoer word na die hele
Planeet. :) NSA ingenieurs en kontrakteurs kan konsultasie rolle speel
in Lande om dit te implementeer. :) Ekonomie kan dieselfde tyd gebou
word. :) Skepping van werks geleendhede sal volg. :) Afrika Renaissance
kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) Internasionale verhoudinge met
G7 Lande sal uitnemend verhoog. :) En 'n beter lewe kan vir almal
geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu met grootheid,
goedheid en grasie. Deur te handel om vry te wees, asook regverdig
teenoor andere te wees - op dieselfde tyd. Geseende Kersfees, en beste
wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Reisiger? Nee, Ruisiger

Do., 02 Desember 1999 00:00

skryf in boodskap news:3842B40B.CEB307F8@home.com...
> Kalmeer jouself nou, Jan van Perth. Reisiger is besig om kosmieseprogrammering
> te doen.

Kosmieseprogrammering? Ek dink dit is maar net 'n mooi woord vir
kuberkakpraat.

Reisiger, sit jou reis voort. Ek dink 'n beter naam vir jou is
'ruisiger'. Soos in 'ruis-tot-sein'.

Bees

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1130  1131  1132  1133  1134  1135  1136  1137  1138  1139  1140  1141  1142  1143  1144  1145    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 14:36:47 UTC 2025