Ek soek hulp met die betekenis van Mbekweni ('n township buite wellington in
die kaap), en poqo (die benaming van die gewapende vleuel van PAC in die vroee
sestigs). Ek sal enige hulp waardeer. My Xhosa-Engels woordeboek het dit nog
nie vanuit suid-afrika gemaak nie.
Kyk 'n bietjie op www.onoco.co.za/default2.asp en indien jy belangstel en 'n
paar vrinne op die net het skryf in onder sponsor nommer 1/1/15.
Die besigheid sal eers op 1 Maart "live" gaan, dan is jy ten minste al
voorbereid en redelik hoog in.
Ek beskou dit as 'n geleentheid om 'n passiewe inkomste te genereer.
Onthou, dit is nie 'n "get rich quick scheme" nie.
Groetnis en sterkte - onthou dat jy ook mense oorsee kan bekendstel wat
miskien nog goeie konneksies in SA het.
Ek antwoord maar in Afrikaans, siende dat een van julle wel Afrikaans
verstaan...
"Albasters" is die regte naam vir "marbles". 'n Ander (volks-)naam vir
albasters is "Malies" of "Alies" (lg afgelei van albasters)
Die algemene name vir verskillende soorte was:
"Ghoen" (uitgespreek soos engelse "goon") - 'n groot albaster van glas of
yster
"Aainie" - 'n alabster of ghoen wat van yster/staal gemaak is ("ball
bearing")
"Soutie" - 'n abaster wat van 'n dowwe groenerige, ondeursigtige glas
gemaak is, dikwels is die oppervlak van hierdie albaster dan ook grof.
"Milkie" - 'n ondeursigtige wit albaster
"Tiger" of "tiger eye" - die gewone deurskynende albasters met die
kleurwaaiers aan die binnekant
"Ertjie" - 'n albaster met 'n "chip" in. Ook uitgeroep as jy met 'n ghoen
'n glasalbaster 'n chip gee
"Olifant" - 'n allemintige ghoen wat so groot en swaar was dat jy in 'n
sekere speletjie (ek vergeet die naam - giffie?) al die opponente se
albaster uit die gat kon lig, wat jou dan "koning" maak en sodoende die
albasters wat uit die gat gelig is, buit. Nodeloos om te sê was ouens met
olifante gewoonlik verban uit die speletjie tensy hulle belowe om dit nie te
gebruik nie.
Dries Venter
dee...@arach.net.au wrote in message
...
> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
> ( those round glass beads we played with at school)
>
> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
> there is another word that is more correct .. please help me if you
> can
> Thanks
DIEK HENNING wrote in message ...
> Hello Diek
>
> I would just like to make 100% sure that you have in actual fact been
> charged in full. Your e.mail did say that you had but as my management
> system states that you haven't I have to double check first. Please verify
> this with your credit card statement as sometimes it appears as if you have
> been charged but the amount is actually only pending. Forgive me if I've
> misunderstood and kindly confirm.
>
> The amount of your refund will be R 169.95 which takes a couple of days to
> process.
>
> Kalahari regrets any inconvenience caused.
>
> Thanks for your support
>
> David Ross
>
>
> -----Original Message-----
> From: DIEK HENNING [SMTP:...@yebo.co.za]
> Sent: 03 February 2000 07:38
> To: sup...@kalahari.net
> Subject: order no 146376
>
> This order has not been satisfactorily completeted, since I received
> only one of the two books I ordered.
>
> I paid R346.85 and received only the book Athenaze part 2 . The
> other book was not available since it was out of print and would never be
> reprinted. Therefore an amount of approximately R200 is owed to me. Sofar
> I have not received any indication from Kalahar how this amount will be
> handled, in spite of numerous queries.
>
> Diek Henning
> di...@yebo.co.za
>
Klink vir my soos Struisbaai, maar is seker meer deur godsdiens geinspireer.
Canis Lupus
@home.com wrote in message ...
EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
H.A. Fagan
Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -
Dit is 'n rots waarop my huisie staan.
Aangesien jy daar in Ottowa sit, kan jy my dalk meer vertel omtrent die SA
Konsulaat daar. Ek het 'n nettelige probleem waarmee hulle sal kan help,
maar ek weet nie wie om mee te praat nie.
Leer nou Windows98/95 in AFRIKAANS in die gerief en gemak van jou eie
woning. Geen meer gehardloop vir afsprake by duur rekenaarskole nie. Bespaar
tyd en geld terwyl jy boonop in jou eie taal kan leer. Die hele gesin kan
nou leer vir minder as die prys van een. Lees meer by die volgende adres: http://www.tm.co.za/aads/com2000/Rekenaarnuus20001.GIF