Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Skokkende moord in stil Vrystaat Dorpie

Mon, 28 August 2000 00:00

Ai tog, my hart wou breek toe ek daarvan hoor. Hoe 'n 44 jarige
besigheidsman van Sasolburg 'n onskuldige swart man, een van sy werknemers,
met 'n stuk draad aan sy bakkie vasgemaak het en hom 5.4km deur die dorp
gesleep het. Die polisie het die bloedspoor gevolg na die man se kantoor
waar hy gaan wegkruip het.
Die man het vandag in die magistraat verskyn en is borg geweier. Hulle moes
ook die hof afspan met draad om te keer dat 'n horde swartes die man vang en
self aan 'n bakkie vasmaak en begin sleep nie
Sasolburg is my geboorte dorp en hoewel dit maar sleg gaan daar deesdae het
ek nog nooit van iets so wreed gehoor nie. Dis barbaars en as julle my vra
verdien so man die doodstraf. Gaan lees ook gerus die hoofberig op
http://news24.co.za

Elaine

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Interessant

Sat, 26 August 2000 22:49

Interessante groepie julle.

Vandat Ferdi sy snater bietjie toehou en 'n paar ander se bekke met seep
gewas is, kan mens amper luister na julle. Met Ferdi se rekenaar stukkend,
het julle inwonende Kanadees sommer twee rolle te speel. Village idiot en
woer-woer. As die ou siel tog net kan sien sy sit agterstevoor op haar perd
maar iemand het seker blitsgom aan haar agterent gesmeer........

Kaapsekind - jy's "orraait". Net jammer jy het nie die privaatboodskappie
geantwoord kort na jou toetrede tot scsa-a nie.

As iemand van julle dalk ooit die reisiger ontmoet, sê hom sy geselskap
kwalifiseer hoogstens as "mental prostitution" met dagga gemeng.

Ta ta tot volgende keer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent.

Sun, 27 August 2000 04:55

31 Mei 1966, Voortrekkerhoogte, Pretoria. Ons het nie televisie nie.
Hierdie Baaienaar sit met sy oor vasgenael teen die radio en probeer 'n
beeld vorm van 'n skare van meer as 'n honderd-duisend mense wat die eerste
vyf-jarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika daar kom vier het. Die
weermag
was daar, die lugmag en bykans alle ander instansies wat kon toon dat
hierdie jong republiek standvastig en onaantasbaar is.

Maar die hoogtepunt van die dag was die aankoms en toespraak van die Eerste
Minister, Dr. H.F.Verwoerd. Met die beskrywing van die kommentator en
geruis van mensestemme, kon ek in my geestesoog sien hoe sy swart Caddilac
statig die amfiteater nader en toe die uitbundige gejuig toe die alombekende
gryskop sy verskyning uit die motor maak. Maar toe is daar iets deur die
Engelssprekende kommentator gesê wat meer as 34 jaar my nog steeds bybly.
Dit het 'n boodskap uitgestuur dat nie net Afrikanernasionalisme nie, maar
dat die era van Suid-Afrikaner Nasionalisme ge-arriveer het.

"Just listen to the roar of the crowd as the Prime Minister of South Africa
alights from the car. This is no ordinary welcome - after all this is no
ordinary man!"

Hierdie dag op Voortrekkerhoogte is Suid-Afrikaner Nasionalisme in wese
gebore. Min sou ons weet dat minder as dertig jaar later, op Ellispark met
die aanvang van 'n rugby wedstryd, toe sestig-duisend toeskouers in
weerwil van diegene wat dit haat, uit volle bors die Stem van Suid-Afrika
sou sing, simbolies die laaste asem van Suid-Afrikaner Nasionalisme sou laat
uitblaas. Na dit, weer eens die woorde van 'n Engelssprekende kommentator:
"Doesn't that leave a lump in your throat?"

Verwoerd was op die toppunt van sy loopbaan. Hy het die sukses van
Suid-Afrika uitgestraal. Agter hom was 'n pad wat hy geloop het wat geen
leier na hom sou kon meemaak nie. Sestigerjare: Die aanslag op sy lewe, die
venynige aanvalle op sy persoon, Sharpville, die stuur van die jong
Republiek deur tye van boikotte en terrorisme en haatveldtogte vanoor die
wêreld. Hy het van
bomplanters en opstokers werk van gemaak, onder hulle 'n klong met die naam
van Nelson.

Ten Noorde van ons het die winde van verwoesting en chaos 'n bloedbad en 'n
spoor van ellende, hongersnood, siektes en onbeholpenheid agter gelaat.

Hy het die Tuislandbeleid aangevoer met die geloof dat teen die tagtigerjare
daar
'n stroom van Swartes sal wees terug na hul tuislande groter as die stroom
vandaar na die stede. Was dit enige ander leier dan sou hierdie oefening
maar net nog 'n soort van 'n tong-in-die-kies "window dressing" gewees het.
Met Verwoerd was
dit 'n geloofsaak en 'n visie. Die Randlords van die Goudstad het besef hy
was ernstig en het dit hand-en-tand beveg. Die deurvoering van hierdie
beleid sou enersyds, hul goedkoop arbeid uit die stad verwyder het, en,
andersyds, hulle van die profyte van die Black Buying Power ontneem het.
Hul sogenaamde compassion vir die Swartman het niks dieper as hul sakke
gegaan nie. Dit is na vyf jaar van Uhuru in SA bewys.

Daar was geen ou destyds wat swaarder onder die politieke druk gelei het nie
as Sir DeVilliers Graaff. Sy party was so te sê op sy knieë. Sy gevry na
regs om stemme terug te wen het die Randlords mateloos geïrriteer. Hulle
het
toe sommer hul eie party gestig en op die koop toe die helfte van Sir Div se
party saam met hulle geneem. Vir Sir Div se oorblywende ondersteuners het
die Nasionale Party van Verwoerd alhoe meer aantreklik begin lyk.

Die wêreld was nie jaloers nie, inteendeel, hulle het ons bewonder.
Ongelukkig het die jaloesie van binne gekom. Daar was 'n stille maar (tot
daardie tydstip), impotente gemor binne die Afrikanergeledere waarvan
Verwoerd alte bewus van was. En hy het telkens daarteen gewaarsku. Hierdie
gemor was nie van die verregse kant nie; die party was reeds so vér regs as
wat dit kon kom. Dit het nie te doen gehad met denke of oortuigings nie.
Dit het te doen gehad met 'n lelike, vernietigende soort van Provinsialisme,
wat, net soos met die Randlords, die saak van die Kleurling as verskoning
gebruik het om die leierskap by te kom.

Daar was die Dawies, en die André's, en die Willems, die voorprofete met hul
fatsoenlike woordeskatte wat die voorbrandwerk gedoen het en die stilswyende
maar effektiewe backers met die geld, binne en buite die parlement, wat die
aanvoering gedoen het.

En hierdie skrywer was, tot sy spyt, aan die verkeerde kant van die heining.

Twee jaar sou Verwoerd nog die hoofrol speel. Op die verhoog was hy die
dirigent van 'n simfonieorkes wat 'n musiekstuk kon speel so pragtig as wat
die wêreld nog nooit gehoor het nie: Die harmonie van enigheid, die ritme
van voorspoed en geluk en die soetheid van vrede. Hierdie musiekstuk sou sy
weerklank vind nog lank na Verwoerd se verdwyning van die toneel.

Almal het verkies om nie die paar steurende wanklanke binne die orkes te
hoor nie. Dit sou fataal wees.

Hy het geen instruksies aan sy opvolger gelaat nie. Geen waarskuwings oor
valstrikke of onderduimse geknoeiery agter sy rug nie. Al het hy dit ook
gedoen sou sy opvolger nie daarvan notisie geneem het nie. Laasgenoemde wou
nie 'n "tweede Verwoerd" wees nie maar 'n "eerste Vorster".

En DIT was fataal!

Die Vorsterregering het 'n nuwe era vir die Afrikaner ingelei. Van daardie
tyd aan het ons gegaan van Vêr-regs na regs na links na vandag se
Ferdie-links.

In ons soeke na antwoorde sal ons ook die betekenis kry van die Engelse
gesegte: "There is none as virtuous as a reformed prostitute."

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

NGO Registrasie

Sat, 26 August 2000 06:22

Wonder of iemand my kan help:
Ek is van plan om 'n nie-regeringsorganisasie te registreer.

Het iemand 'n idee hoe ek te werk moet gaan??

Baie dankie.

Met nat voete vanaf die Kaapse strand by Muizenberg...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Aangaande "honour killings"

Sat, 26 August 2000 00:00

Vir almal wat my nie wou glo oor die "honour killings" in Turkye nie (en ook
in pakistan, jordanie, ens.) gaan kyk na
http://women3rdworld.about.com/newsissues/women3rdworld/gi/d ynamic/offsite.h
tm?site=http://metimes.com/issue98%2D17/reg/honor.htm

Miskien sal julle oë oopgaan.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Davie (die turkey ding)

Sat, 26 August 2000 00:00

Hello

Okay so ek het op Deja na jou stelling oor die turkye ding gaan kyk.
Ongelukkig staan ek daar op vaste grond. Jy moet bietjie lees jong!! Jy
sal verbaas wees wat jy alles kan leer! Gaan doen ook navorsing oor die
tipe van goed op die net.
'n Mens kan nie so toe oë deur die lewe gaan nie. Ons sit hier in ons
gemaklike huise en moan en groan oor hoe sleg dit met ons gaan. Maar helaas
dis waar. Die arme vrouens daar kan tereggestel word as hulle 'n simpel
ding soos 'n kortbroek en denim dra.
Nadat die nuwe regering (een van daai godsdiensmal goed) turkye met 'n
"coup" oorgevat het, gaan dit maar sleg daar vir die vroue.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Toekoms Advies vir: Internet deelname grasie aansoek Inisiatief

Fri, 25 August 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Veral vir die ondersteuning gelewer vir 'n breedvoerige
miv+/vigs debat. Asook om die reisiger te ondersteun tydens sy groei
periode hier. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die
Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys,
en elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik.
Vir die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet. En nog baie
meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag alle Finansieele Instellings en Banke in ons Paradys, en
elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettings
vermoë en vasberadenheid. Om 'n groot reeks van produkte en dienste te
verskaf. Verskaffing van werks geleendhede. Internet bank geriewe.
Beleggings advies en pakkette. Ondersteunings tydens geld lenings
transaksies. Veral vir die advertensie van 'n bekende bankgroep, om die
regte belegging te maak - wat een van die sleutels tot sukses is vir
die menige bydraes wat hier gelewer is. Insluitend die menige bydraes
wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om
die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Mnr. Mandela, President Mbeki,
Mnr. FW de Klerk, lede en leiers van Politieke Partye in die Parlement
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asook Administratiewe
personeel van internet nuusgroepe. Aangaande die reels en regulasies
aangaande aanvaarbare opmerkings teenoor die President van ons Paradys,
en elders op die Planeet. Op die persoonlike asook professionele vlak
van kommunikasie.

Bekendmaking van reels en regulasies vir deelname aan internet debatte
kan ook verhoog word, deur die Media, aan die persone van ons Paradys,
en elders op die Planeet, indien dit nie alreeds die geval is.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Bekendmaking van reels en regulasies aangaande deelname aan internet
debatte kan asemrowend verhoog word.
Publieke respek vir die President van ons Paradys, en elders op die
Planeet, kan asemrowend verhoog word.
Effektiewe ekonomiese deelname van persone wat aan internet debatte
deelneem, kan asemrowend verhoog word.
Vriendelike multi-kulturele politieke verhoudings kan asemrowend
verhoog word.

Aansoek om grasie, indien persone nie alreeds vrygelaat is:

Wil hoogstens aanraai om grasie te verhoog aan persone, wat oortree het
teenoor die ANC, veral President Mandela, tydens deelname aan gesprekke
op die internet, indien enige. Om verhoging van opgeskorte vonnisse aan
persone te verhoog, in die verband, en/of enige ander prosedure in die
straf prosesref te verhoog om hierdie saak suksesvol te laat verloop,
indien enigsinds moontlik. Ten voordeel van beide leiers van die ANC
asook alle betrokke partye.

Wil voorstel Mnr. FW de Klerk, Kulturele en/of Godsdienstige leiers, om
ondersteuning in hierdie verband te verhoog, wanneer daar met die ANC,
veral Mnr. Mandela en President Mbeki, in die verband beraadslaag word.

Prioriteit aan hierdie saak kan ook verhoog word, indien enigsinds
moontlik. Terugkeer na publieke lewe van persone kan verkieslik verhoog
word voor of op die dag wanneer die groen lig aangaande perdry vir 'n
beter toekoms, waarvoor aangevra word, aangekondig word. Indien die
ANC, veral die leiers van die ANC, in akkoord is hiermee. Byvoorbaat
baie dankie. Dit sal inniglik waardeer word.

Vrylatings vereistes kan ook verhoog word vir persone wat hier grasie
aangebied word, indien enige. Veral, om slegs 'n paar maande na
vrylating, afhangende van die keuse van die ANC, aan nuusgroep
gesprekke deel te neem, indien hulle dit so verkies. Lede van die
publiek kan ook ondersteuning aan bg. persone verhoog, na vrylating. Om
persone te ondersteun om ekonomiese deelname in ons Paradys, en/of
elders op die Planeet, te verhoog.

Dit sal inniglik waardeer word indien 'n fotostatiese afdruk van
hierdie aansoek, tesame met die dag en datum hiervan, asook die e-pos
adres van die reisiger, aan persone verhoog word tydens vrylating,
nadat goedkeuring van die ANC in hierdie verband verleen is, indien
wel. Vir verdere korrespondensie op die persoonlike vlak, indien
vrygelatenes dit so verkies. Veral om die bekendmaking van die primôre
grasie aansoeker in hierdie saak aan vrygelatenes te verhoog.

Wil hoogstens aanraai om 'n uitsondering te maak aangaande grasie
aansoeke, in die reisiger se geval. Vir persone wat aansoeke om grasie
te lewer, dit op die persoonlike vlak in te handig, eerder as om
nuusgroepe te gebruik. Afhangende van die keuse van die ANC, asook
besluitneming strukture wat aan hierdie diens gekoppel is, indien
enige.

Indien hierdie saak onsuksesvol is, indien wel, om deur die Media,
verkieslik die Sondag media, redes vir die standpunt van die ANC, veral
Mnr. Mandela en/of President Mbeki, aangaande hierdie saak te verhoog.
Voor en/of na die groen lig aangaande perdry vir 'n beter toekoms.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Verhoudinge tussen vrygelatenes en die reisiger kan asemrowend verhoog
word, indien die ANC dit so verkies.
Verhoudinge tussen die familie van vrygelatenes en die reisiger kan
asemrowend verhoog word, indien die ANC dit so verkies.

Indien onsuksesvol: Die standpunt van die ANC aangaande hierdie saak
deur die Media kan asemrowend verhoog word.

Desnieteenstaande:
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid is. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer. Vir voor die hand
liggende redes. Dit sal inniglik waardeer word om hierdie bydrae na
Engels vertaal. Aangesien daar verkies word om met die ANC in Engels te
kommunikeer).

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Diensverskaffer

Thu, 24 August 2000 00:00

Haai Almal.

Net gou 'n vragie. Ek sit hier in Noord Ierland, met 'n gratis 24/7
internet lyn. Is daar in Suid Afrika so iets. Waar jy nie vir die diens
betaal nie, maar wel vir die foonoproepe. Of waar jy vir die diens betaal,
maar waar die foonoproepe gratis is.

Groete
Vic

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Diensverskaffer

Thu, 24 August 2000 00:00

> Ja SAIX. Hulle diens is gratis, maar jy betaal vir jou foonoproepe

Dankie Elaine. hoe kry mens 'n rekening by hulle? Ek het so na hulle
webwerf gekyk maak ek kyk dit heel mis. Het hulle 'n online registrasie?

Vic

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Petrolprys

Thu, 24 August 2000 00:00

Hello almal

Vir die van julle wat nie weet nie, en nie soos ek 12 ure 'n dag "highveld"
moet sit en luister nie. Die petrolprys gaan volgende week alweer met 6c op
en diesel met 14c.
Hou op moan oor belasting, as ons nie saam staan en ons stemme dik maak nie,
gaan dit net nie einde kry nie!!!
Die van julle wat gekant is teen boikotte. Sê vir my, wat anders kan ons
doen? En moenie vir my sê ek moet saam met iemand anders 'n "lift" vang
werk toe nie, ek doen dit reeds. En baaisiekel, die kan ek nie eers oorweeg
op die vreeslike gevaarlike stuk pad wat ek moet ry nie.
Ek bly 35km van my werk af - my man ook? Ek weet nie meer waar om te vat en
te los om die gaatjies toe te steek nie, want die government dink mos sy
"volgelinge" is 'n onuitputbare bron van inkomste.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1032  1033  1034  1035  1036  1037  1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047    »]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:09 UTC 2025