Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verander

Ma., 28 Augustus 2000 05:20

Ek dink jy moes nooit gereageer het nie

Chr...@eskom.co.za wrote in message ...
> Jy kan maar aanhou "eye" want gaan lees maar weer my pos. Dit lees" Right room,
> wrong Hotel". Dis tog duidelik die arme drommel is op die verkeerde plekkie, nie
> waar nie, hahahaha
> Christo
>
> KaapseKind wrote:
>
>> Ai tog...wat 'n skok op my sisteem!!!
>> Ek "eye" Christo nou al so lankal...

>> Romantiese Kaapse meisiekind

>> wrote in message
news:39A3E1BD.F5907AEA@eskom.co.za...
>>> Hahahahahahaha
>>>
>>> Pat wrote:
>>>
>>>> Ag nee man Christo, ek het darem nie dit van jou verwag nie hoor!
>>>> :-)
>>>>
>>>> Pat
>>>>
>>>> Protus wrote in message
>>>> news:39a32679.773094129@news.citilink.com...
>>>> > Lyk my Christo gaan hom naderhark....
>>>> >
>>>> > Tue, 22 Aug 2000 15:45:11 +0200:: Chr...@eskom.co.za skrywe:
>>>> >
>>>> > >Right room, wrong hotel.
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >jo wrote:
>>>> > >
>>>> > >> hi there,
>>>> >
>>>> > >> I'm a 23 y-old gay guy from Paris looking for southafrican gay
>> penpals.
>>>> >
>>>> > >> Hope to hear from you soon
>>>> >
>>>> > >> Geoff
>>>> > >
>>>> >
>>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ag nee wat!

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Lyk my julle ou klomp is uitbaklei want dit raak al hoe stiller. Hier en
daar is darem so een of twee wat nog nie rigor mortis onderlede het nie.
Elaine, Davie, Gloudina, Lou, Pat, waar is almal????
Dan waai ek ook maar.
Christo

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Ag nee wat!

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Jy wag nie eens vir die tweede rondte nie Christo?
Gun hulle 'n slukkie water en bietjie afspons.

Net miskien het jy tog die ghong gelui nou !

On Mon, 28 Aug 2000 19:47:22 +0200, Chr...@eskom.co.za wrote:

> Lyk my julle ou klomp is uitbaklei want dit raak al hoe stiller. Hier en
> daar is darem so een of twee wat nog nie rigor mortis onderlede het nie.
> Elaine, Davie, Gloudina, Lou, Pat, waar is almal????
> Dan waai ek ook maar.
> Christo
>

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Callie en Monique kom huis toe

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Nadat Monique Strydom gister deur die Jolo rebelle vrygelaat is, is haar man
Callie vandag ook vrygelaat. Sterkte aan al twee en kom ons almal bid hulle
vinnige beterskap toe.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Callie en Monique kom huis toe

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Stem saam met daai een. Ek hoop net die pers los hulle eers vir so 'n rukkie
alleen

Elaine skryf in boodskap news:39aa3817.0@news1.mweb.co.za...
> Nadat Monique Strydom gister deur die Jolo rebelle vrygelaat is, is haar man
> Callie vandag ook vrygelaat. Sterkte aan al twee en kom ons almal bid hulle
> vinnige beterskap toe.
>
> Elaine
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skokkende moord in stil Vrystaat Dorpie

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Ai tog, my hart wou breek toe ek daarvan hoor. Hoe 'n 44 jarige
besigheidsman van Sasolburg 'n onskuldige swart man, een van sy werknemers,
met 'n stuk draad aan sy bakkie vasgemaak het en hom 5.4km deur die dorp
gesleep het. Die polisie het die bloedspoor gevolg na die man se kantoor
waar hy gaan wegkruip het.
Die man het vandag in die magistraat verskyn en is borg geweier. Hulle moes
ook die hof afspan met draad om te keer dat 'n horde swartes die man vang en
self aan 'n bakkie vasmaak en begin sleep nie
Sasolburg is my geboorte dorp en hoewel dit maar sleg gaan daar deesdae het
ek nog nooit van iets so wreed gehoor nie. Dis barbaars en as julle my vra
verdien so man die doodstraf. Gaan lees ook gerus die hoofberig op
http://news24.co.za

Elaine

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Interessant

Sa., 26 Augustus 2000 22:49

Interessante groepie julle.

Vandat Ferdi sy snater bietjie toehou en 'n paar ander se bekke met seep
gewas is, kan mens amper luister na julle. Met Ferdi se rekenaar stukkend,
het julle inwonende Kanadees sommer twee rolle te speel. Village idiot en
woer-woer. As die ou siel tog net kan sien sy sit agterstevoor op haar perd
maar iemand het seker blitsgom aan haar agterent gesmeer........

Kaapsekind - jy's "orraait". Net jammer jy het nie die privaatboodskappie
geantwoord kort na jou toetrede tot scsa-a nie.

As iemand van julle dalk ooit die reisiger ontmoet, sê hom sy geselskap
kwalifiseer hoogstens as "mental prostitution" met dagga gemeng.

Ta ta tot volgende keer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent.

So., 27 Augustus 2000 04:55

31 Mei 1966, Voortrekkerhoogte, Pretoria. Ons het nie televisie nie.
Hierdie Baaienaar sit met sy oor vasgenael teen die radio en probeer 'n
beeld vorm van 'n skare van meer as 'n honderd-duisend mense wat die eerste
vyf-jarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika daar kom vier het. Die
weermag
was daar, die lugmag en bykans alle ander instansies wat kon toon dat
hierdie jong republiek standvastig en onaantasbaar is.

Maar die hoogtepunt van die dag was die aankoms en toespraak van die Eerste
Minister, Dr. H.F.Verwoerd. Met die beskrywing van die kommentator en
geruis van mensestemme, kon ek in my geestesoog sien hoe sy swart Caddilac
statig die amfiteater nader en toe die uitbundige gejuig toe die alombekende
gryskop sy verskyning uit die motor maak. Maar toe is daar iets deur die
Engelssprekende kommentator gesê wat meer as 34 jaar my nog steeds bybly.
Dit het 'n boodskap uitgestuur dat nie net Afrikanernasionalisme nie, maar
dat die era van Suid-Afrikaner Nasionalisme ge-arriveer het.

"Just listen to the roar of the crowd as the Prime Minister of South Africa
alights from the car. This is no ordinary welcome - after all this is no
ordinary man!"

Hierdie dag op Voortrekkerhoogte is Suid-Afrikaner Nasionalisme in wese
gebore. Min sou ons weet dat minder as dertig jaar later, op Ellispark met
die aanvang van 'n rugby wedstryd, toe sestig-duisend toeskouers in
weerwil van diegene wat dit haat, uit volle bors die Stem van Suid-Afrika
sou sing, simbolies die laaste asem van Suid-Afrikaner Nasionalisme sou laat
uitblaas. Na dit, weer eens die woorde van 'n Engelssprekende kommentator:
"Doesn't that leave a lump in your throat?"

Verwoerd was op die toppunt van sy loopbaan. Hy het die sukses van
Suid-Afrika uitgestraal. Agter hom was 'n pad wat hy geloop het wat geen
leier na hom sou kon meemaak nie. Sestigerjare: Die aanslag op sy lewe, die
venynige aanvalle op sy persoon, Sharpville, die stuur van die jong
Republiek deur tye van boikotte en terrorisme en haatveldtogte vanoor die
wêreld. Hy het van
bomplanters en opstokers werk van gemaak, onder hulle 'n klong met die naam
van Nelson.

Ten Noorde van ons het die winde van verwoesting en chaos 'n bloedbad en 'n
spoor van ellende, hongersnood, siektes en onbeholpenheid agter gelaat.

Hy het die Tuislandbeleid aangevoer met die geloof dat teen die tagtigerjare
daar
'n stroom van Swartes sal wees terug na hul tuislande groter as die stroom
vandaar na die stede. Was dit enige ander leier dan sou hierdie oefening
maar net nog 'n soort van 'n tong-in-die-kies "window dressing" gewees het.
Met Verwoerd was
dit 'n geloofsaak en 'n visie. Die Randlords van die Goudstad het besef hy
was ernstig en het dit hand-en-tand beveg. Die deurvoering van hierdie
beleid sou enersyds, hul goedkoop arbeid uit die stad verwyder het, en,
andersyds, hulle van die profyte van die Black Buying Power ontneem het.
Hul sogenaamde compassion vir die Swartman het niks dieper as hul sakke
gegaan nie. Dit is na vyf jaar van Uhuru in SA bewys.

Daar was geen ou destyds wat swaarder onder die politieke druk gelei het nie
as Sir DeVilliers Graaff. Sy party was so te sê op sy knieë. Sy gevry na
regs om stemme terug te wen het die Randlords mateloos geïrriteer. Hulle
het
toe sommer hul eie party gestig en op die koop toe die helfte van Sir Div se
party saam met hulle geneem. Vir Sir Div se oorblywende ondersteuners het
die Nasionale Party van Verwoerd alhoe meer aantreklik begin lyk.

Die wêreld was nie jaloers nie, inteendeel, hulle het ons bewonder.
Ongelukkig het die jaloesie van binne gekom. Daar was 'n stille maar (tot
daardie tydstip), impotente gemor binne die Afrikanergeledere waarvan
Verwoerd alte bewus van was. En hy het telkens daarteen gewaarsku. Hierdie
gemor was nie van die verregse kant nie; die party was reeds so vér regs as
wat dit kon kom. Dit het nie te doen gehad met denke of oortuigings nie.
Dit het te doen gehad met 'n lelike, vernietigende soort van Provinsialisme,
wat, net soos met die Randlords, die saak van die Kleurling as verskoning
gebruik het om die leierskap by te kom.

Daar was die Dawies, en die André's, en die Willems, die voorprofete met hul
fatsoenlike woordeskatte wat die voorbrandwerk gedoen het en die stilswyende
maar effektiewe backers met die geld, binne en buite die parlement, wat die
aanvoering gedoen het.

En hierdie skrywer was, tot sy spyt, aan die verkeerde kant van die heining.

Twee jaar sou Verwoerd nog die hoofrol speel. Op die verhoog was hy die
dirigent van 'n simfonieorkes wat 'n musiekstuk kon speel so pragtig as wat
die wêreld nog nooit gehoor het nie: Die harmonie van enigheid, die ritme
van voorspoed en geluk en die soetheid van vrede. Hierdie musiekstuk sou sy
weerklank vind nog lank na Verwoerd se verdwyning van die toneel.

Almal het verkies om nie die paar steurende wanklanke binne die orkes te
hoor nie. Dit sou fataal wees.

Hy het geen instruksies aan sy opvolger gelaat nie. Geen waarskuwings oor
valstrikke of onderduimse geknoeiery agter sy rug nie. Al het hy dit ook
gedoen sou sy opvolger nie daarvan notisie geneem het nie. Laasgenoemde wou
nie 'n "tweede Verwoerd" wees nie maar 'n "eerste Vorster".

En DIT was fataal!

Die Vorsterregering het 'n nuwe era vir die Afrikaner ingelei. Van daardie
tyd aan het ons gegaan van Vêr-regs na regs na links na vandag se
Ferdie-links.

In ons soeke na antwoorde sal ons ook die betekenis kry van die Engelse
gesegte: "There is none as virtuous as a reformed prostitute."

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

NGO Registrasie

Sa., 26 Augustus 2000 06:22

Wonder of iemand my kan help:
Ek is van plan om 'n nie-regeringsorganisasie te registreer.

Het iemand 'n idee hoe ek te werk moet gaan??

Baie dankie.

Met nat voete vanaf die Kaapse strand by Muizenberg...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Aangaande "honour killings"

Sa., 26 Augustus 2000 00:00

Vir almal wat my nie wou glo oor die "honour killings" in Turkye nie (en ook
in pakistan, jordanie, ens.) gaan kyk na
http://women3rdworld.about.com/newsissues/women3rdworld/gi/d ynamic/offsite.h
tm?site=http://metimes.com/issue98%2D17/reg/honor.htm

Miskien sal julle oë oopgaan.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1032  1033  1034  1035  1036  1037  1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 15:50:06 UTC 2026