Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe laag is die IK?
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110771 is 'n antwoord op boodskap #110765] Ma, 17 Julie 2006 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
> "fire_" skryf
>
>> So hulle is ""Dom"' , lae Ik??
>>
>> Ek het nie gedink jy sal dit ooit erken nie
>>
>
> Nou waaruit lei jy dit af?

""Die wittes was net slimmer
skelms en het hulle misdade beter verbloem.""

""Trouens, die "armed struggle" was nie net verkeerd nie, dit was
eenvoudig
> dom""

Jou woorde !!!!!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110772 is 'n antwoord op boodskap #110770] Ma, 17 Julie 2006 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
.
> ------Jou kop kap aan.

Ek dink torrek hoor stemme as hy te min praat, jy's reg , baie woorde
min sence !!!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110773 is 'n antwoord op boodskap #110767] Ma, 17 Julie 2006 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
""Ek stem saam dat die regering dom optree om geskoolde wittes uit te
smyt en
onkundige swartes in diens te stel""

Daar doen jy dit week , daar's hoop vir jou gaba
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110774 is 'n antwoord op boodskap #110771] Ma, 17 Julie 2006 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" <
>
> Torreke wrote:
>> "fire_" skryf

>>> So hulle is ""Dom"' , lae Ik??
>>>
>>> Ek het nie gedink jy sal dit ooit erken nie
>>>

>> Nou waaruit lei jy dit af?
>
> ""Die wittes was net slimmer
> skelms en het hulle misdade beter verbloem.""
>
> ""Trouens, die "armed struggle" was nie net verkeerd nie, dit was
> eenvoudig
>> dom""
>
> Jou woorde !!!!!
>

As jy een van my vorige poste ordentlik gelees het, sou jy wel geweet het
dat ek nie "slim" as sinoniem vir "intelligent" beskou nie, en nie "dom" as
sinoniem vir "onintelligent" nie.

En selfs die intelligenste mense met 'n baie hoë IK doen dom dinge -
insluitend intelligente politici!

Paul Kruger moes eenvoudig 'n buitengewone hoë IK gehad het as sy prestasies
gemeet word aan die feit dat hy slegs tot St 3 skoolgegaan het. Maar die
ultimatum wat hy op 9 Oktober 1899 aan Brittanje gestuur het was 'n dom fout
waarteen De la Rey hom en die Volksraad gewaarsku het - 'n fout waarvoor die
Afrikanervolk baie duur betaal het. Hy het presies gedoen wat Chamberlain
wou hê hy moes doen sodat Brittanje Transvaal as die aggressor kon voorhou.
Daar word beweer dat Chamberlain, toe hy Kruger se kabelgram gelees het, in
ekstase uitgeroep het : "They did it!"

Jan Smuts was briljant - waarskynlik 'n genie! Maar die teregstelling van
Jopie Fourie was eenvoudig dom! - en het hom uiteindelik sy politieke
loopbaan gekos!

Hendrik Verwoerd is baie moontlik die intelligenste persoon wat ooit oor
hierdie land geregeer het - tog het hy uiters dom dinge gedoen, bv. al die
kleinlike wette waarin hy sy beleid van "afsonderlike ontwikkeling"
toegedraai het en sy weiering dat blankes besighede in die tuislande begin.
As daar ooit enige hoop was dat dié beleid kon slaag (en ek dink nie daar
was nie), dan sou dit net kon gebeur het as die swartes en die res van die
wêreld in die beleid ingekoop het en verder alleen as die tuislande
ekonomiese groeipunte geword het wat die massa swartes spontaan daarheen
teruggelok het. Toe die NP-Regering veel later die fout besef en dit met
grensnywerhede probeer beredder en van die ergste diskriminerende wette
begin afskaf, was dit veels te laat. Al die kleinlike wette en
harteloosheid waarmee dit toegepas is, het baie seker gemaak dat nog die
swartes nog die wêreld dit ooit sou aanvaar.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110775 is 'n antwoord op boodskap #110766] Ma, 17 Julie 2006 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Die nuwe regime kom nie
> vry van dubbele standaarde nie. Die hoofargument waarmee hulle die
> doodstraf verwerp is dat jy nie die moordenaar se minagting vir die reg op
> lewe kan straf deurdat die staat minagting vir lewe openbaar met die
> doodstraf nie. Maar hulle gebruik presies die teenoorgestelde standpunt om
> sg regstellende aksie te regverdig; die onreg van die verlede moet reggestel
> word met omgekeerde bevooroordeling wat op die ras gegrond is en tot nuwe
> onreg lei. Dit is 'n dubbele standaarde, Hessie, netso seker as enige van
> die dubbele standaarde van apartheid.
>
> Die ANC-regering is niks beter as die apartheidsregime nie!!!

Net 'n paar opmerkings, wat lyk na kritiek op jou, maar
dit nie werklik is nie, want ek staan absoluut verstom met
jou deurdagte en heldersiende kyk op die verlede en die
hede. Dit gesê, laat ek uitwys dat
(1) hulle die doodstraf afgeskaf het soos amper elke
verligte Westerse land, behalwe die VSA. Dis net
eenvoudig 'n barbaarse praktyk, kort en klaar.
(2) Om hulle aksies ten opsigte van regstellende aksie
en hulle afskaffing van doodstraf te vergelyk, is
om skelm onlogies te wees. Regstellende aksie
moes kom, in 'n land waar tagtig persent van
die bevolking kultureel, professioneel en geografies
benadeel is weens die rasse-diktatuur van die
vorige regime. SA is basies 'n nie-blanke land.
Om te kom kla omdat daar so baie regstellende
aksie is, is om nog wit te dink. As die swart deel
deel van die bevolking sê onder vyftig persent
was, dan sou ek nog jou argument kon koop.
(3) Ek hoop jy besef dat daar in Kanada in die
afgelope drie dekades of so, op groot skaal
regstellende aksie plaasgevind het. Sedert
Trudeau eerste minister was, is die vereiste
dat elke staatsdiensamptenaar Frans magtig
behoort te wees, en hy kry opleiding daarin
as hy dit nie magtig is nie. Sy promosies
hou direk verband met sy vaardigheid in
Frans as hy nie-Frankssprekend is ( en
natuurlik omgekeer ook.) Ek weet. Ons
het 'n seun wat in die staatsdiens is, en
nou onlangs is hy weer getoets, en moes
'n taamlike streng eksamen deurkom om
sy Frans-spreek klassifikasie te behou.
Daarsonder is promosie eenvoudig onmoontlik.
Stoere-boer Engelssprekendes kla vreeslik
daaroor, maar tough luck. Dis die realiteit
in Kanada. ( En bygesê, die aantal Frans-
sprekendes in Kanada is relatief klein,
dus het die stoere-boere nogal 'n punt
as hulle kla.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110776 is 'n antwoord op boodskap #110766] Ma, 17 Julie 2006 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Die uittog van
> wit geskooldes uit die land, is nie in omdat 'n swart regering aan bewind is
> nie, dit is oor wat ons elke dag op alle terreine van ons lewens ervaar.

Hoeveel is daar wel 'n "uittog van wit geskooldes"
uit SA na 1994 weens regstellende aksie. Is die
uittog nie van witmense wat skielik moet meeding
met nie-swartes wat in baie opsigte net so goed
geskool is soos hulle is of beter nie?
Ons het die afgelope naweek 'n gas gehad wat
nou in die administrasie by die Universiteit van
Johannesburg werk, hoofsaaklik in die area van
tegnologiese bemagtiging van die leerproses.
( Hy was voorheen Wiskunde-professor by
RAU. Soos jy weet, vorm RAU en vyf ander
kampusse nou die Universiteit van Johannesburg.)
Ek kon hom dus op 'n taamlike hoë vlak
ondervra oor wat "aangaan" in akademiese
kringe in SA. Die ou het ook nou maar sy
opinies oor hoe dinge vandag is met die
regstellende aksie en al. Maar as ek hom
ondervra oor spesifieke nie-blanke akademici
ensovoorts, dan is hy op 'n vlak waar hy vir
my kan sê wat in hulle CV's staan. En meeste
van hierdie mense kom van Ivy League
universiteite in die VSA of van plekke soos
Stanford in Kalifornië, en in baie opsigte
verplaas witmense wat nie internasionaal
geskool was nie.
Wat ek ook agterkom, as ek hom
ondervra oor watter tegnologiese ouens
nou op laer vlak onder hom werk. Hierdie
mense is omtrent almal nog wit. Dus, as
wit manlike jong jeug kla dat daar nie
"werk" in SA is vir jong wit mans nie, dan
stel ek dit vir jou, is dit omdat hierdie
klaende jong wit mans nie kundighede
wil leer nie. Daar is genoeg werk vir enige
wit jong mans met kwalifikasies. Ek sien
dit in ons eie families wat nog in SA is.
Die seuns met die net graad 12 stuk
papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
Die meisies wat universiteit toe is en
nou aan hulle meestersgrade werk, het
baie goeie werk. Al is hulle wit en
Afrikaanssprekend.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110777 is 'n antwoord op boodskap #110767] Ma, 17 Julie 2006 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ekonomies gaan dit met hierdie land beter as onder enige vorige
regering -
> ook met die Afrikaners!

Kan jy meer uitwei oor wat jy hierbo sê, veral
oor die tweede deel van jou opmerking.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110778 is 'n antwoord op boodskap #110767] Ma, 17 Julie 2006 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek glo die oplossing is nie in "regstellende" aanstellings nie, maar om
> massiewe hoeveelhede geld in die onderwys en opleiding van die hele
> bevolking te bestee. Indië is besig om dié benadering as reg te bewys met
> die vordering wat hulle op IT gemaak.

Presies. Ons gas die afgelope naweek sê presies
dieselfde en spog met die feit dat hy miljoene der
miljoene rand vra ( en kry) om hulle vyf kampusse
beter en beter te maak om die tegnologie in te span
om mense kundighede te leer. Hy sê dat van die
vyf kampusse van die Universiteit van Johannesburg,
die vorige RAU kampus en die Soweto kampus
die beste daaraan af is wat computer lab spasie
betref. Dis die ander drie kampusse, waar daar
nog administratiewe oorblyfsels uit die "ou dae"
in beheer is, is waar dit moeilik gaan om hulle te
oorreed om hulle geld aan tegnologie te bestee.
Lees nou maar, die ou wit omies wat nog nie
afgetree is nie, is bang vir die tegnologie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110780 is 'n antwoord op boodskap #110775] Ma, 17 Julie 2006 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DFM  is tans af-lyn  DFM
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,
ek sou regtig verkies dat jy jou effe minder vertrouentheid met Suid Afrika
se huidiglike situasie aanmatig.
Kom ons meet'n paar van jou onlangse "uitsprake":

----- Original Message -----
From: "Hessie"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Monday, July 17, 2006 1:36 PM
Subject: Re: Hoe laag is die IK?

Torreke skryf

Die nuwe regime kom nie
>> vry van dubbele standaarde nie. Die hoofargument waarmee hulle die
>> doodstraf verwerp is dat jy nie die moordenaar se minagting vir die reg op
>> lewe kan straf deurdat die staat minagting vir lewe openbaar met die
>> doodstraf nie. Maar hulle gebruik presies die teenoorgestelde standpunt om
>> sg regstellende aksie te regverdig; die onreg van die verlede moet reggestel
>> word met omgekeerde bevooroordeling wat op die ras gegrond is en tot nuwe
>> onreg lei. Dit is 'n dubbele standaarde, Hessie, netso seker as enige van
>> die dubbele standaarde van apartheid.

>> Die ANC-regering is niks beter as die apartheidsregime nie!!!

(3) Ek hoop jy besef dat daar in Kanada in die
afgelope drie dekades of so, op groot skaal
regstellende aksie plaasgevind het. Sedert
Trudeau eerste minister was, is die vereiste
dat elke staatsdiensamptenaar Frans magtig
behoort te wees, en hy kry opleiding daarin
as hy dit nie magtig is nie. Sy promosies
hou direk verband met sy vaardigheid in
Frans as hy nie-Frankssprekend is ( en
natuurlik omgekeer ook.) Ek weet. Ons
het 'n seun wat in die staatsdiens is, en
nou onlangs is hy weer getoets, en moes
'n taamlike streng eksamen deurkom om
sy Frans-spreek klassifikasie te behou.
Daarsonder is promosie eenvoudig onmoontlik.
Stoere-boer Engelssprekendes kla vreeslik
daaroor, maar tough luck. Dis die realiteit
in Kanada. ( En bygesê, die aantal Frans-
sprekendes in Kanada is relatief klein,
dus het die stoere-boere nogal 'n punt
as hulle kla.

Gloudina

Dis belaglik om so te veralgemeen. Let wel *JY* was die een wat genoem het
die regstellende aksie vind plaas in *Kanada* eerder as om te kwalifiseer
dat dit eintlik slegs geld in die Franssprekende Kanadese provinsies. 'n ou
SA kollega van my is nou IT Direkteur in die staatsdiens in British Columbia
en hy kan nie 'n enkele woord Frans praat nie. Soos ek verstaan word die
mense in BC nie onderwerp an die belaglike vereiste nie. Maar dinge in
Kanada het seker effens aanbeweeg sedert 1984 toe Trudeau premier was ....

----- Original Message -----
From: "Hessie"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Monday, July 17, 2006 1:55 PM
Subject: Re: Hoe laag is die IK?

Torreke skryf

Die uittog van
>> wit geskooldes uit die land, is nie in omdat 'n swart regering aan bewind is
>> nie, dit is oor wat ons elke dag op alle terreine van ons lewens ervaar.

>
> ........... Daar is genoeg werk vir enige
> wit jong mans met kwalifikasies. Ek sien
> dit in ons eie families wat nog in SA is.
> Die seuns met die net graad 12 stuk
> papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
> Die meisies wat universiteit toe is en
> nou aan hulle meestersgrade werk, het
> baie goeie werk. Al is hulle wit en
> Afrikaanssprekend.

> Gloudina

Weereens laat jou gebrek aan eerstehandse keenis jou in die steek. Die
kwotastelsel wat geld in SA het 'n implisiete rangorde op voornemende
aansoekers vir elke pos. Die voorkeurrangorde vir aansoekers is :-

Swart kandidate
Anderskleurige kandidate
Vroue kandidate
en dan eers miskien ... (en ek se *miskien* want in meeste gevalle sal die
pos dan as "onvulbaar" gelys word)
blanke mans.

Dit is dus nie verbasend dat jou vroulike familielede eerder geholpe raak as
die mans nie.

Onthou dinge in SA het ook verander so kom skoenmaker - hou jou by jou lees!

Danie
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110781 is 'n antwoord op boodskap #110780] Ma, 17 Julie 2006 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DFM skryf

> Gloudina,
> ek sou regtig verkies dat jy jou effe minder vertrouentheid met Suid Afrika
> se huidiglike situasie aanmatig.
> Kom ons meet'n paar van jou onlangse "uitsprake":
> Dis belaglik om so te veralgemeen. Let wel *JY* was die een wat genoem het
> die regstellende aksie vind plaas in *Kanada* eerder as om te kwalifiseer
> dat dit eintlik slegs geld in die Franssprekende Kanadese provinsies. 'n ou
> SA kollega van my is nou IT Direkteur in die staatsdiens in British Columbia
> en hy kan nie 'n enkele woord Frans praat nie. Soos ek verstaan word die
> mense in BC nie onderwerp an die belaglike vereiste nie. Maar dinge in
> Kanada het seker effens aanbeweeg sedert 1984 toe Trudeau premier was ....

Jou vriend is nie IT Direkteur in die Federale staatsdiens
nie, anders sou hy dieselfde reëls moet volg as alle
ander Federale staatsdiensamptenare. Óf hy is nie so
hoog op in die federale staatdiens soos jy sê hy
is nie, of hy is in die Provinsiale diens. Eintlik dink ek
nie ons sê dat iemand is in die "staatsdiens" in Kanada
tensy hy in die federale staatsdiens is nie, maar ek
mag verkeerd wees.
Jy is VERKEERD as jy sê dat hierdie reël van
toepassing is net in "Franssprekende Kanadese
provinsies". 'n Federale staatsdiensamptenaar, waar
hy hom oral bevind, is onderhewig aan dieselfde reëls.
Meeste federale staatsdiensamptenare sit natuurlik in
Ottawa. Daar is natuurlik staatsdiensamptenare wat nie
Frans kan praat nie, maar hulle sal geen promosies kry
na die hoër echelons van die federale staatsdiens nie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110782 is 'n antwoord op boodskap #110780] Ma, 17 Julie 2006 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DFM wrote:

> Weereens laat jou gebrek aan eerstehandse keenis jou in die steek. Die
> kwotastelsel wat geld in SA het 'n implisiete rangorde op voornemende
> aansoekers vir elke pos. Die voorkeurrangorde vir aansoekers is :-
>
> Swart kandidate
> Anderskleurige kandidate
> Vroue kandidate
> en dan eers miskien ... (en ek se *miskien* want in meeste gevalle sal die
> pos dan as "onvulbaar" gelys word)
> blanke mans.
>
> Dit is dus nie verbasend dat jou vroulike familielede eerder geholpe raak as
> die mans nie.
>
> Onthou dinge in SA het ook verander so kom skoenmaker - hou jou by jou lees!
>
> Danie

Ons gas oor die naweek het presies dieselfde ding as
jy gesê oor die rangorde waarvan jy praat. Behalwe dat
hy swart vrouens bo-aan die ranglys gesit het. ( Sodat
swart mans al dadelik minder bevoorreg is as swart
vrouens, en dus seker ook iets het om oor te kla.)
Maar bog, die familielede waaroor ek praat is
duidelik - jong wit mans wat grootgeword het om te
dink dat sy wit vel vir hom 'n werk gaan kry, en nou
moet hy maar vir pa werk, want hy sit met net 'n
Matriek sertifikaat ( en een het al teruggekom van
die VSA waar hy in konstruksie gewerk het vir 'n
Afrikaner wat hom uitgebuit het as wit slawe-arbeid)
en jong vroue wat, al is hulle seker nie geniusse nie,
sorg dat hulle nie alleen op hulle eerste graad staat-
maak nie, maar aan die volgende ene werk, en goeie
werk kry. En jy weet ek praat die waarheid. Moenie
by my aankom dat daar wit Afrikaner mans sonder
werk sit as hy enigsins 'n "skill" het nie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110783 is 'n antwoord op boodskap #110780] Ma, 17 Julie 2006 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DFM skryf

> Gloudina,
> ek sou regtig verkies dat jy jou effe minder vertrouentheid met Suid Afrika
> se huidiglike situasie aanmatig.

Ek kan natuurlik dieselfde opmerk oor jou
"vertrouenheid met" Kanada wat jy so
kwistig uitbasuin.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110784 is 'n antwoord op boodskap #110777] Di, 18 Julie 2006 04:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Dit gaan met die syfers maar as jy kyk na die verval wat aangaan kan jy nie
glo daar is enige groei nie. Ekonomiese groei moet weerspieel word in
infrastruktuur ontwikkeling, instandhouding ens, nuwe hospitale en beter
dienste, dit gebeur nie, al waar dit wel
gebeur is in die INVORDERINGS kant van Sars, die uitbetalings kant is kak
soos altyd.
So dit gaan beter maar die waas gaan verdwyn

"Hessie" wrote in message
news:1153141358.160107.163460@i42g2000cwa.googlegroups.com.. .

Torreke skryf

> Ekonomies gaan dit met hierdie land beter as onder enige vorige
regering -
> ook met die Afrikaners!

Kan jy meer uitwei oor wat jy hierbo sê, veral
oor die tweede deel van jou opmerking.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110785 is 'n antwoord op boodskap #110778] Di, 18 Julie 2006 04:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
ek dink jou gas het jou gas gevoer, altyd die ou dae storie , kom by

"Hessie" wrote in message
news:1153141934.148975.127050@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .

Torreke skryf

> Ek glo die oplossing is nie in "regstellende" aanstellings nie, maar om
> massiewe hoeveelhede geld in die onderwys en opleiding van die hele
> bevolking te bestee. Indië is besig om dié benadering as reg te bewys met
> die vordering wat hulle op IT gemaak.

Presies. Ons gas die afgelope naweek sê presies
dieselfde en spog met die feit dat hy miljoene der
miljoene rand vra ( en kry) om hulle vyf kampusse
beter en beter te maak om die tegnologie in te span
om mense kundighede te leer. Hy sê dat van die
vyf kampusse van die Universiteit van Johannesburg,
die vorige RAU kampus en die Soweto kampus
die beste daaraan af is wat computer lab spasie
betref. Dis die ander drie kampusse, waar daar
nog administratiewe oorblyfsels uit die "ou dae"
in beheer is, is waar dit moeilik gaan om hulle te
oorreed om hulle geld aan tegnologie te bestee.
Lees nou maar, die ou wit omies wat nog nie
afgetree is nie, is bang vir die tegnologie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110786 is 'n antwoord op boodskap #110775] Di, 18 Julie 2006 05:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
hoeveel kinders het jy nou eintlik, lyk my jyt 'n kind in elke beroep en in
elke
industrie en dan ook 10 vriende wat in elke sektor werk en 20 pelle vir
elkeen van 1 van daai 10 vriende wat iets gehoor of gesien het

"Hessie" wrote in message
news:1153139764.091369.319020@35g2000cwc.googlegroups.com...

Torreke skryf

Die nuwe regime kom nie
> vry van dubbele standaarde nie. Die hoofargument waarmee hulle die
> doodstraf verwerp is dat jy nie die moordenaar se minagting vir die reg op
> lewe kan straf deurdat die staat minagting vir lewe openbaar met die
> doodstraf nie. Maar hulle gebruik presies die teenoorgestelde standpunt
> om
> sg regstellende aksie te regverdig; die onreg van die verlede moet
> reggestel
> word met omgekeerde bevooroordeling wat op die ras gegrond is en tot nuwe
> onreg lei. Dit is 'n dubbele standaarde, Hessie, netso seker as enige van
> die dubbele standaarde van apartheid.
>
> Die ANC-regering is niks beter as die apartheidsregime nie!!!

Net 'n paar opmerkings, wat lyk na kritiek op jou, maar
dit nie werklik is nie, want ek staan absoluut verstom met
jou deurdagte en heldersiende kyk op die verlede en die
hede. Dit gesê, laat ek uitwys dat
(1) hulle die doodstraf afgeskaf het soos amper elke
verligte Westerse land, behalwe die VSA. Dis net
eenvoudig 'n barbaarse praktyk, kort en klaar.
(2) Om hulle aksies ten opsigte van regstellende aksie
en hulle afskaffing van doodstraf te vergelyk, is
om skelm onlogies te wees. Regstellende aksie
moes kom, in 'n land waar tagtig persent van
die bevolking kultureel, professioneel en geografies
benadeel is weens die rasse-diktatuur van die
vorige regime. SA is basies 'n nie-blanke land.
Om te kom kla omdat daar so baie regstellende
aksie is, is om nog wit te dink. As die swart deel
deel van die bevolking sê onder vyftig persent
was, dan sou ek nog jou argument kon koop.
(3) Ek hoop jy besef dat daar in Kanada in die
afgelope drie dekades of so, op groot skaal
regstellende aksie plaasgevind het. Sedert
Trudeau eerste minister was, is die vereiste
dat elke staatsdiensamptenaar Frans magtig
behoort te wees, en hy kry opleiding daarin
as hy dit nie magtig is nie. Sy promosies
hou direk verband met sy vaardigheid in
Frans as hy nie-Frankssprekend is ( en
natuurlik omgekeer ook.) Ek weet. Ons
het 'n seun wat in die staatsdiens is, en
nou onlangs is hy weer getoets, en moes
'n taamlike streng eksamen deurkom om
sy Frans-spreek klassifikasie te behou.
Daarsonder is promosie eenvoudig onmoontlik.
Stoere-boer Engelssprekendes kla vreeslik
daaroor, maar tough luck. Dis die realiteit
in Kanada. ( En bygesê, die aantal Frans-
sprekendes in Kanada is relatief klein,
dus het die stoere-boere nogal 'n punt
as hulle kla.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110787 is 'n antwoord op boodskap #110782] Di, 18 Julie 2006 05:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Jy maak 'n moerse fout , daar is duisende blanke mans in SA wat grade
het nie nie werk kry nie al is daar poste beskikbaar net omdat hulle wit is.

"Hessie" skryf in boodskap news:1153174066.723076.60800@35g2000cwc.googlegroups.com...

DFM wrote:

> Weereens laat jou gebrek aan eerstehandse keenis jou in die steek. Die
> kwotastelsel wat geld in SA het 'n implisiete rangorde op voornemende
> aansoekers vir elke pos. Die voorkeurrangorde vir aansoekers is :-
>
> Swart kandidate
> Anderskleurige kandidate
> Vroue kandidate
> en dan eers miskien ... (en ek se *miskien* want in meeste gevalle sal die
> pos dan as "onvulbaar" gelys word)
> blanke mans.
>
> Dit is dus nie verbasend dat jou vroulike familielede eerder geholpe raak
> as
> die mans nie.
>
> Onthou dinge in SA het ook verander so kom skoenmaker - hou jou by jou
> lees!
>
> Danie

Ons gas oor die naweek het presies dieselfde ding as
jy gesê oor die rangorde waarvan jy praat. Behalwe dat
hy swart vrouens bo-aan die ranglys gesit het. ( Sodat
swart mans al dadelik minder bevoorreg is as swart
vrouens, en dus seker ook iets het om oor te kla.)
Maar bog, die familielede waaroor ek praat is
duidelik - jong wit mans wat grootgeword het om te
dink dat sy wit vel vir hom 'n werk gaan kry, en nou
moet hy maar vir pa werk, want hy sit met net 'n
Matriek sertifikaat ( en een het al teruggekom van
die VSA waar hy in konstruksie gewerk het vir 'n
Afrikaner wat hom uitgebuit het as wit slawe-arbeid)
en jong vroue wat, al is hulle seker nie geniusse nie,
sorg dat hulle nie alleen op hulle eerste graad staat-
maak nie, maar aan die volgende ene werk, en goeie
werk kry. En jy weet ek praat die waarheid. Moenie
by my aankom dat daar wit Afrikaner mans sonder
werk sit as hy enigsins 'n "skill" het nie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110788 is 'n antwoord op boodskap #110770] Di, 18 Julie 2006 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:e96dnfPU_r4L_ibZnZ2dnUVZ_vWdnZ2d@is.co.za...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:e93e27$7ed$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> Nee, hulle sekerheid het nie beter gewerk nie; hulle het net die goed
>> beter
>> verberg!!! Ek het aan die begin van hierdie gesprek gesê die wittes het
>> net
>> hulle misdade beter weggesteek!! Waarom dink jy het PW geweier om te
>> getuig? - en waarom het hulle hom hof toe gesleep om hom te probeer
>> dwing?
>> Omdat PW niks het om te vertel nie? Moenie my laat lag nie!! Ek dink
>> nie
>> hy het iets om weg te steek nie, ek wéét dit. My bronne is my saak...
> -----Luister vriend, jy moet oppas dat jy jouself nie doodlag nie..en dit
> oor twak nie. Ek trek uit ondervinding sterk twyfel of jy werklik weet
> waaroor jy sit en torring. Dis hoekom jy praat van bronne. Laat ek
> egter probeer. Weermagoperasies vind slegs plaas indien die generalestaf
> dit goedkeur. Dit beteken een en elke gemagtigde operasie van die
> weermag, kry 'n projeknommer en 'n naam en die opdrag kom van bo af.
> Spes Magte, omdat dit geopereer het binne en oor die landgrense heen met
> spesiale take, se projekte se goedkeuring het gekom uit die kabinet
> uit.....en dit sluit jou wonderlike FW in! Moenie die politici glo
> nie.........

Soos jy sê: Daar was ook ander spes. mag operasies in die oorlog betrokke
bv. dié van Weermag Intelligensie, Spesiale Polisie Eenhede en Nasional
Intelligensie (NI)...

Ek gaan nie in 'n kleuteragtige "is nie", "is" argument betrokke raak nie.
So, glo gerus wat jy wil glo oor wat ek weet of nie weet nie; dit raak my
nie.

En wat FW betref. Natuurlik het hy gelieg toe hy gesê het hy het van niks
geweet nie. Ek het lankal so gesê.


>> Ek het jou gesê dat ek in Ovambo, Caprivi en die O.Tvl grensdiens gedoen
>> het. Ek het jou gevra waar het ek getjank? Komaan, Suidwester, jy
>> behoort
>> te weet dat nie almal wat daar was, te koop loop met wat hulle gesien en
>> beleef het nie. Ek gaan nie die speletjie speel oor wie die ergste dinge
>> gesien of beleef het nie. Ek het nog nie eens vir my vrou vertel nie...
> ------Jy klink vir my soos die tipiese troep wat kampe op die grens gaan
> doen het en wat ons weg van die aksie gehou het omdat hulle te vet en
> onfiks was en nie 'n duik in 'n drol kon baklei nie. Net omdat jy op die
> grens was op 'n kol, beteken nie dat jy weet wat werklik aangegaan het
> nie. Sekerlik probeer ek ook nie wandade van SA soldate goedpraat nie,
> want in enige groep mense kry jy 'n persentasie mense wat skeef trap.
> Soos die beroemde geval van 'n Johannesburg-troep wat 'n 80-jarige
> Owambovrou voorgelê het by 'n pan en haar verkrag het. Aan die anderkant
> weer, as jy moes gesien het wat in die Suide van Angola [waar die werklike
> gevegte plaasgevind het] gebeur

Daar was ook die een wat 'n Ovambovrou met 'n R1-geweer vir 'n knippie
betaal het - en beslis baie meer "sappige varkenstories" wat nie die pers
gehaal het nie!

Ek het toegegee dat wat ek oor die Angola veldtog gesê het op hoor-sê berus.
Ek het nêrens beweer dat ons gewone magte hulle aan vergrype in Ovambo,
Caprivi of elders skuldig gemaak het nie (daar was soos jy sê individuele
uitsonderings), het ek? Waarom karring jy daaroor aan asof ek so-iets gesê
het?

Jy weet nie wie ek is, waar presies, wanneer, in watter hoedanigheid of met
watter rang ek diens gedoen het nie, wat ek persoonlik beleef het of nie
beleef het nie, wat ek gesien het of nie gesien het nie, waarvan ek
persoonlik kennis dra of nie kennis dra nie. Ek gaan jou nie vertel nie en
ek gee ek nie om wat jy daaroor dink of kwytraak nie.

Oor wat die ander kant gedoen het, het ek op Otterkop se stelling

> Ja en toe die ANC/SWAPO sers Pierre Dick op 2 meter met 'n 23 mm kanon sy
> kop vir hom verdeel was dit seker in jou oe regverdig, want hy was wit.
geantwoord:

"Ek ken nie die verhaal waarna jy verwys nie, maar uit die skaars gegewens
wat jy gee - 2 meter afstand! - is my antwoord: Nee, dis nie reg in my oë
nie! Dis moord!

Netso seker moord as die Ovambo kaptein wat 1 kilometer van die ou Enana
Basis deur die SWAPOs uit sy hut geneem en met 'n AK47 koeël in die voorkop
bokveld toegestuur is. Netso seker 'n misdaad teen die mensdom as 'n
klein Ovambo seuntjie wie se bo-arm met 'n AK47 koeël vergruis en sy Sussie
wie se wang weggeskiet is. Netso seker as wat die plant van landmyne 'n
lafhartige vorm van oorlogvoering is en die slagoffer briesend van magtelose
woede laat. As jy regtig daar was, dan behoort jy te weet waarvan ek
praat."


>> Jy maak stellings oor Steve Biko en Nelson Mandela wat ek dink jy nie kan
>> bewys nie. Indien wel, nooi ek jou uit om die bewyse te bring.
> ------Jou kop kap aan. Vele woorde, haba dink. Jy beskuldig vir PW en
> die res van die ou bestel vir oorlogmisdadigheid, maar wat van die lede
> van die ANC? Hoekom staan hulle mense onskuldig van straatbomaanvalle
> waaring hulle te lafhartig was om die weermag aan te vat en eerder die
> publiek gelooi het. Dink jy rêrig Mandela en Kie het nie hiervan geweet
> nie? Pas jou eie standaarde toe en wees konsekwent!

Ek pas die standaarde toe op albei kante en ek is konsekwent. As jy die
moeite gedoen het om my antwoord aan Otterkop waaruit ek hierbo aanhaal,
ordentlik te lees, sou jy gesien het dat ek inderdaad albei kante ewe skerp
kritiseer. Trouens, Fire_ het raakgelees wat jy (is dit moedswillig?)
ignoreer: 'Trouens, die "armed struggle" was nie net verkeerd nie, dit was
eenvoudig dom' het ek daarin gesê.

Daar was oorlogsmisdade aan albei kante! Gaan lees maar my
ander poste en jy sal sien dat ek die bomme en landmyne, ens. van SWAPO en
die ANC netso seker veroordeel as die dade van Eugene de Kock en sy
trawante.

Maar ek sê weer: Jy maak stellings oor Biko en Mandela waarvoor jy nie
bewyse het nie. Of liewers, kom ons haal Mandela uit die prentjie, want hy
is deur 'n hof aan hoogverraad skuldig bevind en tronk toe gestuur - dit
moet ek toegee! Maar Biko? Hy was nooit voor 'n hof nie want die polisie
het hom doodgeslaan voordat hy voor 'n hof gebring kon word. Biko was 'n
aktivis, ja, wat
teen die stelsel geagiteer het, maar watter bewyse het jy dat hy hom tot
geweld gewend het? En ek vra jou weer: Laat sy marteldood jou netso koud
as wat dit Jimmy Kruger, die verantwoordelike minister, gelaat het?

Maar kom ons neem dit bietjie verder: PW het gesê hy sou Mandela vrylaat as
Mandela geweld as 'n manier om politieke doelwitte na te streef, afsweer.
Toe PW dit destyds gesê het, het ek sy standpunt rondborstig ondersteun,
sonder om mooi oor die konsekwensies na te dink. Nou dink ek bietjie
anders. PW het van Mandela verwag om geweld af te sweer, maar hy was self
nie bereid om van geweld af te sien om sy politieke doelwitte te bereik nie.
Wie het eerste geweld gebruik? Nie die ANC nie! Die NP regering het! Van
die koeëls wat al in die vyftiger jare in Natal teen die Indiërs en Zoeloes
gebruik was, weet jy waarskynlik nie eens nie. Het jy in SA geleef in die
vyftiger-jare toe 'n aandklokreël van toepassing was sonder dat daar enige
noodtoestand was? - toe swartes 9-uur nm van die strate af moes verdwyn as
hulle nie geslaan wil word en die nag in die selle deurbring nie? Om nie
eens te praat van wat met so iemand gebeur het, as hy nie sy pasboek by
hom/haar gehad het nie. Hoe het die NP-regering op die vroue se opmars na
die Uniegebou oor die paswette gereageer? Het jy vergeet van Sharpville toe
die polisie losgebrand het op 'n skare wat vreedsaam teen die paswette
betoog het? En die 1976-opstande toe skoolkinders beswaar gemaak het oor
Afrikaans wat in hulle kele afgedruk word? - die polisie het op blote
kinders losgebrand, doodgeskiet, en 'n kookpot aan die gang gesit.


>> En Jopie Fourie? - wat die wapen teen sy wettigverkose regering opgeneem
>> het! - was hy reg of verkeerd?
> ------Wat ek van Jopie Fourie onthou is nie veel nie, maar as hy die
> publiek opgeblaas het om sy punt te maak, dan was hy verkeerd in my
> opinie.

Jopie Fourie was 'n Boereoffisier in die ABO. Hy het ook as offisier in die
Unie-magte gedien. Toe die 1e Wêreldoorlog uitbreek en Louis Botha teen
Duitsland oorlog verklaar, het Jopie Fourie sy offisiersrangkentekens van sy
skouers verwyder sonder om uit die leër te bedank en in weermaguniform by
die rebelle aangesluit. Hulle doel was lydelike verset, nie gewapende
opstand nie, maar hulle is deur die weermag in skermutselings ingedwing en
Jopie Fourie is gevange geneem. Hy is deur 'n haastig-saamgestelde
krygsraad (foutiewelik saamgestel) op 'n Saterdagmiddag verhoor, ter dood
veroordeel, en Sondagoggend met sonsopkoms voor 'n vuurpeleton in die
Sentrale Gevangenis tereg gestel. Dr. DF Malan het die Saterdag duisende
handtekeninge op 'n petisie versamel vir begenadiging. Jan Smuts het
doelbewus gesorg dat hy Dr Malan vermy en het hom eers die Sondagoggend na
Fourie se teregstelling te woord gestaan toe dit natuurlik reeds te laat
was. Jopie Fourie is jare later in die heldeakker van die ou begraafplaas
herbegrawe waar ook Malan, Strydom en Verwoerd begrawe is, 'n klipgooi van
Pres. Kruger se graf af.

My opinie: Jopie Fourie was skuldig! Die rebelle (insluitend my eie oupa)
het die 5e gebod oortree toe hulle die wapen teen hulle wettige regering
opgeneem het. Dat hy dit in weermaguniform en sonder om te bedank gedoen
het, het hom sy lewe gekos. Maar sy skuld het die staat geen reg gegee om
hom op onregmatige wyse te verhoor nie. Sy teregstelling was om dié rede
niks anders as 'n politieke moord nie wat met die skyn van reg en
geregtigheid gepleeg is. Jan Smuts se optrede was 'n dom politieke flater
wat hom die onguns van die meeste Afrikaners op die hals gehaal het, en
daartoe gelei het dat hy eers in 1924 teen Herzog en later in 1948 teen
Malan die verkiesings verloor het en as 1e minister uit die kussings gelug
is.

Ek veronderstel jy kan die opvallende paralelle tussen Jopie Fourie en Steve
Biko se verhale sien!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110789 is 'n antwoord op boodskap #110774] Di, 18 Julie 2006 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
> "fire_" >
>> Torreke wrote:
>>> "fire_" skryf
>
>>>> So hulle is ""Dom"' , lae Ik??
>>>>
>>>> Ek het nie gedink jy sal dit ooit erken nie
>>>>
>
>>> Nou waaruit lei jy dit af?
>>
>> ""Die wittes was net slimmer
>> skelms en het hulle misdade beter verbloem.""
>>
>> ""Trouens, die "armed struggle" was nie net verkeerd nie, dit was
>> eenvoudig
>>> dom""
>>
>> Jou woorde !!!!!
>>
>
> As jy een van my vorige poste ordentlik gelees het, sou jy wel geweet het
> dat ek nie "slim" as sinoniem vir "intelligent" beskou nie, en nie "dom" as
> sinoniem vir "onintelligent" nie.
>
> En selfs die intelligenste mense met 'n baie hoë IK doen dom dinge -
> insluitend intelligente politici!
>
> Paul Kruger moes eenvoudig 'n buitengewone hoë IK gehad het as sy prestasies
> gemeet word aan die feit dat hy slegs tot St 3 skoolgegaan het. Maar die
> ultimatum wat hy op 9 Oktober 1899 aan Brittanje gestuur het was 'n dom fout
> waarteen De la Rey hom en die Volksraad gewaarsku het - 'n fout waarvoor die
> Afrikanervolk baie duur betaal het. Hy het presies gedoen wat Chamberlain
> wou hê hy moes doen sodat Brittanje Transvaal as die aggressor kon voorhou.
> Daar word beweer dat Chamberlain, toe hy Kruger se kabelgram gelees het, in
> ekstase uitgeroep het : "They did it!"
>
> Jan Smuts was briljant - waarskynlik 'n genie! Maar die teregstelling van
> Jopie Fourie was eenvoudig dom! - en het hom uiteindelik sy politieke
> loopbaan gekos!
>
> Hendrik Verwoerd is baie moontlik die intelligenste persoon wat ooit oor
> hierdie land geregeer het - tog het hy uiters dom dinge gedoen, bv. al die
> kleinlike wette waarin hy sy beleid van "afsonderlike ontwikkeling"
> toegedraai het en sy weiering dat blankes besighede in die tuislande begin.
> As daar ooit enige hoop was dat dié beleid kon slaag (en ek dink nie daar
> was nie), dan sou dit net kon gebeur het as die swartes en die res van die
> wêreld in die beleid ingekoop het en verder alleen as die tuislande
> ekonomiese groeipunte geword het wat die massa swartes spontaan daarheen
> teruggelok het. Toe die NP-Regering veel later die fout besef en dit met
> grensnywerhede probeer beredder en van die ergste diskriminerende wette
> begin afskaf, was dit veels te laat. Al die kleinlike wette en
> harteloosheid waarmee dit toegepas is, het baie seker gemaak dat nog die
> swartes nog die wêreld dit ooit sou aanvaar.


Daar gaan jy al weer wafawaffa wfaafffaaff ,

N biekei advies

''Put your mind in gear before engaging your keyboard "
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110791 is 'n antwoord op boodskap #110782] Di, 18 Julie 2006 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf

Moenie
by my aankom dat daar wit Afrikaner mans sonder
werk sit as hy enigsins 'n "skill" het nie.

Verkeerd, Hessie.

Wit Afrikaanse mans met ingeneursgrade staan op die hoeke van die strate en
verkoop biltong om aan die lewe te bly, terwyl ingeneursposte in plaaslike
regerings met swartes gevul is wat net 'n onderwysdiploma het! Uit die
sowat 300
plaaslike owerhede is daar sowat 75 wat GEEN ingeneur in diens het nie; dis
waarom plaaslike owerheidsdienste in duie stort!

Dis nie regse propaganda nie, dis die feite! Die ANC-regering het erken dat
dienste nie gelewer word nie - en nie gelewer kan word nie as gevolg van 'n
gebrek aan mense met die "skills". Toe probeer hulle sê hulle het nie die
wittes uitgedryf nie, die wittes het self geloop! - 'n halwe waarheid, en
'n halwe waarheid is dikwels erger as 'n volle leuen! Die volle waarheid is
dat hulle die wittes met pakkette, onkundige swart aanstellings oor die
wittes se koppe, ens. geen ander keuse gelaat het as om te loop nie. Toe
gaan hulle nog verder en sê dat hulle van oorsee, Indië o.a., ingeneurs sal
moet invoer om die werk te doen omdat ons dan kwansuis nie mense het met die
nodige "skills" nie. Die Vryheidsfront Plus het in antwoord daarop 'n
webbladsy geopen waar
werklose ingeneurs hulle CVs kon aanbied. Binne dae kon hulle vir die
regering die CVs van duisende wit ingeneurs wys wat werkloos rondloop en wat
all die formele kwalifikasies en ervaring het om die werk te doen.

Dis nou baie maande later. In verlede Sondag se "Rapport" is daar 'n
regeringsadvertensie wat werk aanbied
vir sulke soort aansoekers.

Maak nie saak met hoeveel skerp en fel kritiek ek die ou stelsel verwerp
nie, ek kan ook nie anders as om met ewe skerp tong vir jou te sê nie dat
die ANC het met sy regstellende aksie soos "a bul in a china shop" te kere
gegaan het en dat die land 'n duur prys daarvoor betaal!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110792 is 'n antwoord op boodskap #110776] Di, 18 Julie 2006 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1153140941.572124.288490@h48g2000cwc.googlegroups.com.. .

Hoeveel is daar wel 'n "uittog van wit geskooldes"
uit SA na 1994 weens regstellende aksie. Is die
uittog nie van witmense wat skielik moet meeding
met nie-swartes wat in baie opsigte net so goed
geskool is soos hulle is of beter nie?
------Waar is dié gekwalifiseerde swart mense? Na 16 jaar van demokrasie
in ons land, het ek nog nie veel van hulle gesien nie. Ja, verskeie
dokta's wat sukkel om Engels te praat, maar hy moes 'n tesis in Engels
geskryf het? Praat jy met mense in die akedemiese rigting, dan vertel
hulle van die slaagpersentasies wat verlaag moet word om die massa swart
leerlinge wat pluk, kleiner te maak.
Moet nou nie weer poep nie, ek probeer nie sê dat die swart mense meer
stupid is nie. Dit het meer te doen met agtergrond en lewenservaring. En
dit bring ons by die belangrikste fasset in enige ekonomie: Ondervinding.
Jy kan 7 doktersgrade hê en steeds nie weet hoe om die kafee op die hoek te
bestuur nie.

Dus, as
wit manlike jong jeug kla dat daar nie
"werk" in SA is vir jong wit mans nie, dan
stel ek dit vir jou, is dit omdat hierdie
klaende jong wit mans nie kundighede
wil leer nie. Daar is genoeg werk vir enige
wit jong mans met kwalifikasies.
------Jy moet waak om net te hoor wat jy wil hoor! Ek kan vir jou 'n lanbg
lys gee van wit matriekulante in ons dorp wat glad nie werk kon kry hier of
in Windhoek nie. Net so is daar mense wat afgestudeer het, wat ook nie
werk kan kry nie. Dan is daar ook die wat wel werk kan kry, die werk
aanvaar en dan vind hy werk onder mense wat nie 'n vaagste benul het wat in
die bedryf aangaan nie. Voeg hierby die feit dat, omdat hy 'n wit vel het,
hy geen kans in die toekoms op bevordering gaan hê nie. Wat maak so 'n ou?
Hy kry vir hom werk oorsee.

Ek sien
dit in ons eie families wat nog in SA is.
Die seuns met die net graad 12 stuk
papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
Die meisies wat universiteit toe is en
nou aan hulle meestersgrade werk, het
baie goeie werk. Al is hulle wit en
Afrikaanssprekend.
-----Ja waaragtig, jou familie is eenvoudig wonderlik! Vir 'n aartsrassis
soos jy het jy duidelik nie te sleg gedoen nie? Ek sit nou juis aan een
miesie en dink wat 'n meestersgraad het in haar veld, maar agter die
toonbank van 'n boekwinkel moet werk omdat die departemente haar nie wil
aanstel nie...want sy weet te veel in haar veld.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110793 is 'n antwoord op boodskap #110778] Di, 18 Julie 2006 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1153141934.148975.127050@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .

Lees nou maar, die ou wit omies wat nog nie
afgetree is nie, is bang vir die tegnologie.
------En jy is 'n rassis! Is jou haat werklik sê groot teenoor die wit
mense as wat jy wil voorgee?

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110794 is 'n antwoord op boodskap #110775] Di, 18 Julie 2006 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110795 is 'n antwoord op boodskap #110776] Di, 18 Julie 2006 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote

Torreke skryf

Die uittog van
> wit geskooldes uit die land, is nie in omdat 'n swart regering aan bewind
> is
> nie, dit is oor wat ons elke dag op alle terreine van ons lewens ervaar.

Hoeveel is daar wel 'n "uittog van wit geskooldes"
uit SA na 1994 weens regstellende aksie. Is die
uittog nie van witmense wat skielik moet meeding
met nie-swartes wat in baie opsigte net so goed
geskool is soos hulle is of beter nie?
Ons het die afgelope naweek 'n gas gehad wat
nou in die administrasie by die Universiteit van
Johannesburg werk, hoofsaaklik in die area van
tegnologiese bemagtiging van die leerproses.
( Hy was voorheen Wiskunde-professor by
RAU. Soos jy weet, vorm RAU en vyf ander
kampusse nou die Universiteit van Johannesburg.)
Ek kon hom dus op 'n taamlike hoë vlak
ondervra oor wat "aangaan" in akademiese
kringe in SA. Die ou het ook nou maar sy
opinies oor hoe dinge vandag is met die
regstellende aksie en al. Maar as ek hom
ondervra oor spesifieke nie-blanke akademici
ensovoorts, dan is hy op 'n vlak waar hy vir
my kan sê wat in hulle CV's staan. En meeste
van hierdie mense kom van Ivy League
universiteite in die VSA of van plekke soos
Stanford in Kalifornië, en in baie opsigte
verplaas witmense wat nie internasionaal
geskool was nie.
Wat ek ook agterkom, as ek hom
ondervra oor watter tegnologiese ouens
nou op laer vlak onder hom werk. Hierdie
mense is omtrent almal nog wit. Dus, as
wit manlike jong jeug kla dat daar nie
"werk" in SA is vir jong wit mans nie, dan
stel ek dit vir jou, is dit omdat hierdie
klaende jong wit mans nie kundighede
wil leer nie. Daar is genoeg werk vir enige
wit jong mans met kwalifikasies. Ek sien
dit in ons eie families wat nog in SA is.
Die seuns met die net graad 12 stuk
papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
Die meisies wat universiteit toe is en
nou aan hulle meestersgrade werk, het
baie goeie werk. Al is hulle wit en
Afrikaanssprekend.

Gloudina

'n Jong wit Afrikaanse meisie met 'n doktorsgraad in waterbestuur huur tans
'n woonstel by my en my eggenote - sy's briljant! - en sy loop nie met haar
kwalifikasies op haar skouer vasgespeld rond en dink sy's beter as haar
swart kollegas nie! Sy het onlangs by Dept Waterwese en Bosbou begin
werk - op 'n posvlak ver
benede haar kwalifikasie! - net om tog werk te kan doen waarvoor sy
gekwalifiseer is en waarvoor sy 'n passie het! Toe 'n hoër pos oopgaan, net
een posvlak hoër, het sy aansoek gedoen, maar dis te betwyfel of sy dit gaan
kry omdat sy met swart kandidate moes meeding - swartes wat nie haar
kwalifikasies het nie.

Ek het 2 weke gelede met een van dié arbeidsprokureurs in SA gesels wat vir
my vertel het hoe hulle onlangs 'n staatdept voor die gelykheidshof gesleep
het omdat die kriteria wat hulle gestel het vir AA so was dat 'n wit man,
ongeag hoe hoog hy gekwalifiseer is en hoeveel ervaring hy het, net
eenvoudig minder punte moes kry as 'n swart vrou, ongeag hoe laag sy
gekwalifiseer is en hoe min ervaring sy het!

Solidariteit is op die oomblik besig om 'n saak namens 'n Kleurlinglid na
die arbeidshof te neem nadat Eskom 'n Swarte wat swakker gekwalifiseer is in
'n pos waarvoor albei aansoek gedoen het, aangestel het met AA as argument.
Die CCMA het beslis dat Swartes as groep meer benadeel is as Kleurlinge, en
geweier om in te sien dat die bepaalde Kleurling as individu baie meer
benadeel was in die ou bedeling as die spesifieke Swarte. Solidariteit se
argument dat ons Grondwet op individuele regte, nie op groepsregte nie,
gebou is en individuele regte beskerm, is deur die CCMA van die tafel gevee.
Solidariteit sit tans met 'n soortgelyk saak besig waarin 'n Indiër benadeel
is
tot voordeel van 'n Swarte met swakker kwalifikasies.

Dis waar dat daar Swartes met fantastiese kwalifikasies rondloop - dat hulle
dit nie gekoop het nie, maar met prestasie verdien het! Dis ook waar dat
'n swart prof
van UP in kritiek op Thabo Mbeki se
"Native Club" vir swart Intelligensia onlangs in Rapport geskryf het dat ten
spyte van al die miljoene wat
buitelanders aan
Universitêre opleiding van swart akademici spandeer het sedert 1994 en dat
regstellende aanstellings volswang by al die universiteite aan die gang is,
meer as 80% van alle wetenskaplike navorsing en publikasies van resultate in
SA steeds uit die penne van
wit mans kom! Let wel, die swart prof. het die stigting van die eksklusiewe
Native
Club gekritiseer en die woorde hierbo in die konteks gesê van swart
akademici wat nie hulle kant bring nie- teenoor wit mans wat ten spyte
daarvan dat hulle aan die agterspeen suig by aanstellings, geld vir
navorsing, ens. steeds by verre die meeste navorsingswerk doen en die
resultate daarvan wys! Die swart prof antwoord ook op aantygings dat wit
mans met mindere kwalifikasies sekere aanstellings as dosente weggeraap het
voor swartes met beter akademiese kwalifikasies; hy sê: Dit klink
verskriklik totdat jy die name hoor van die persone wat betrokke is, en jy
besef dat die spesifieke witman enige tyd 'n aanstelling by Harvard sou
gekry het net op grond van dit wat hy gepubliseer het! - 'n eer wat die
swart kandidaat wat nie die pos gekry het nie, nie te beurt sou val nie!

Daar sit wit Afrikaanse mans op die Britse regbank as regters. Hulle was
reeds senior advokate voor die nuwe regering aan bewind gekom het, maar kon
nie na 1994 in Suid-Afrika regters word nie as gevolg van regstellende aksie
en transformasie. Suid-Afrika se regbank het nie vir hulle plek gehad nie,
die Britse regbank met al sy trotse tradisies het wel!

In die Engelse Krieketspan is daar 'n Kevin Pietersen, vinnig op pad om een
van die top kolwers in die wêreld te word. In die Franse Rugbyspan is daar
'n Pieter de Villiers. In die Australiese rugbyspan 'n Clyde Rathbone.
Daar is ook Suid-Afrikaners wat in die Kanadese span speel, en kenners
voorspel dat daar binnekort Afrikaanse vanne in die All Black span gaan
opduik. Intussen is SA rugby en krieket besig om al minder kompeterend in
die internasionale arena te word. Waarom? Gewoon omdat mense om allerhande
redes as administrateurs, afrigters, en lede van spanne gekies word,
insluitend en hoofsaaklik transformasie en "representivity", behalwe om die
regte redes - nl. die beste persoon vir die "job". Ander lande gee nie om
om oorsese spelers te koop nie - insluitend Suid-Afrikaners! - solank hulle
die beste is. Suid-Afrika, daarenteen, is besig om in 'n sportwoestyn te
beland omdat ons spelers afgerokkel word, ons plaaslike spelers wat
hoegenaamd nie daarvoor gereed is nie, by die diep kant ingooi - alles in
die naam van transformasie!

Vriende se seun het verlede jaar matriek met 'n gemiddeld van naby
90 geslaag - al sy vakke onderskeiding! Hy kan nie toegang tot 'n
mediese fakulteit kry nie omdat hy wit is, maar swart, vroulike kandidate
wat net
deurgeskraap het kry die toelating!

Dit spreek boekdele dat mense soos Frederik van Zijl Slabbert wat die vorige
bedeling beveg het, die huidige regering netso fel oor sy rassebeleid
kritiseer! Die Engelse pers wat die ou regime opdraend gegee het, is
deesdae ook 'n doring in die vlees van die nuwe regime omdat hulle hul
aanvat
oor die nuwe vorme van onreg! Wittes oor die hele politieke spektrum,
behalwe dalk die paar wat Kortbroek na die ANC gevolg het ter wille van
hulle eie voordeel, is dit hieroor eens, Hessie! Jy kan argumenteer soos jy
wil, maar dis eenvoudig nieu-apartheid - en nuwe onreg! - en onverskoonbaar
vir 'n land wat sê dat hy die onregte van die verlede wil regstel! Die
situasie dreig om opnuut rassepolarisasie te verooraarsaak!

En, soos jy lankal uit die gesprekke op hierdie ng moes afgelei het, maak
dié goed dit bitter moeilik om met wittes wat dink apartheid was reg, te
redeneer en hulle van die teendeel te oortuig. My skoonpa is een van
hulle...
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110796 is 'n antwoord op boodskap #110773] Di, 18 Julie 2006 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" wrote
> ""Ek stem saam dat die regering dom optree om geskoolde wittes uit te
> smyt en
> onkundige swartes in diens te stel""
>
> Daar doen jy dit week , daar's hoop vir jou gaba
>

Kyk my ander pos oor slim en dom!

Jy sien gesigte wat nie werklikheid sal word nie as jy dink dat ek ooit met
jou gaan saamstem dat Swartes minder intelligent as Wittes is.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110797 is 'n antwoord op boodskap #110794] Di, 18 Julie 2006 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek sien geen barbaarsheid daarin wanneer God sê: As iemand die lewe van 'n
> mens neem, moet sy lewe geneem word, want God het die mens na sy beeld
> gemaak! Let op die motivering "God het die mens na sy beeld gemaak".

Torreke, jy moet my asseblief verskoon, maar ek
sidder as ek uitsprake hoor soos wat jy hierbo
maak. Ek sidder as ek hoor dat jy wéét "wat
God sê" wanneer jy eintlik net verwys na 'n
uitspraak, opgeteken deur mense, in die Ou
Testament, wat tog uiteindelik deur uitsprake
in die Nuwe Testament geheel en al gekanselleer
word.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110799 is 'n antwoord op boodskap #110783] Di, 18 Julie 2006 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DFM  is tans af-lyn  DFM
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Goed, kom ons meet jou kundigheid aan jou vorige feitelike akkuraatheid: -

" ...is die vereiste dat *elke staatsdiensamptenaar* Frans magtig behoort te
wees"

"Eintlik dink ek nie ons sê dat iemand is in die "staatsdiens" in Kanada
tensy hy in die federale staatsdiens is nie, maar ek mag verkeerd wees."

Interessant - jou oorspronklike stelling het egter nie die federale
"kwalifikasie" bevat nie en ek vermoed wel jy is verkeerd - moelik om te glo
dat ander Kanadese nie sal dink dat iemand wat in die diens staan van die
"BC Government" 'n staatsamptenaar is nie. (Toegegee- *jy* mag dalk die
uitsondering wees)

Maar kom ons wend ons weer na die oorspronklike argument -

"........ Daar is genoeg werk vir enige wit jong mans met kwalifikasies. Ek
sien dit in ons eie families wat nog in SA is..."

Jou aanname dat omdat jou onmiddelike familie ('n statistiese onbenullige
groep) se ervarings totaal verteenwoordigend is van die situasie in Suid
Afrika is onverdedigbaar.

Die huidige situasie in SA ten opsigte van "werkreservering/affirmative
action" is (soos met die "ou" Suid Afrika) nie moreel verdedigbaar nie. Ek
het nie in beginsel 'n beswaar daarteen nie, maar die toepassing toon 'n
brutale onnoselheid wat PW Botha subtiel laat lyk.

Wat my veral grief is dat die nuwe regering in sekere gevalle gewillig is om
buitelanders (Kubaanse doktors, Indiese IT spesialiste ens.) bo blanke
kandidate aan te stel.

Maar ek voel ek mors my asem - jy in die verte weet mos alles van Suid
Afrika (en Kanada), boonop met die opsie om te kwalifiseer as jy op
feitelike flaters gewys word.

Danie
"Hessie" wrote in message
news:1153180367.669537.230730@35g2000cwc.googlegroups.com...
>
> DFM skryf
>
>> Gloudina,
>> ek sou regtig verkies dat jy jou effe minder vertrouentheid met Suid Afrika
>> se huidiglike situasie aanmatig.
>
> Ek kan natuurlik dieselfde opmerk oor jou
> "vertrouenheid met" Kanada wat jy so
> kwistig uitbasuin.
>
> Gloudina
>
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110800 is 'n antwoord op boodskap #110794] Di, 18 Julie 2006 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Dat die doostraf 'n "barbaarse praktyk" is, stem ek gewoon nie met jou saam
> nie

Deur die doodstraf goed te keur, verloor jy natuurlik
alle reg om teen aborsie te praat. Hoekom word
moord in een opsig goedgepraat en aan die ander
kant teengepraat. Jy is nie konsekwent nie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110801 is 'n antwoord op boodskap #110789] Wo, 19 Julie 2006 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" wrote

> Daar gaan jy al weer wafawaffa wfaafffaaff ,

> N biekei advies

> ''Put your mind in gear before engaging your keyboard "

Wys jou net: Intelligente mense maak dom foute!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110802 is 'n antwoord op boodskap #110795] Wo, 19 Julie 2006 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Torreke Gloudina gaan jou ook nou 'n rassis noem

"Torreke" skryf in boodskap news:e9ihvq$4r9$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Hessie" wrote
>
> Torreke skryf
>
> Die uittog van
>> wit geskooldes uit die land, is nie in omdat 'n swart regering aan bewind
>> is
>> nie, dit is oor wat ons elke dag op alle terreine van ons lewens ervaar.
>
> Hoeveel is daar wel 'n "uittog van wit geskooldes"
> uit SA na 1994 weens regstellende aksie. Is die
> uittog nie van witmense wat skielik moet meeding
> met nie-swartes wat in baie opsigte net so goed
> geskool is soos hulle is of beter nie?
> Ons het die afgelope naweek 'n gas gehad wat
> nou in die administrasie by die Universiteit van
> Johannesburg werk, hoofsaaklik in die area van
> tegnologiese bemagtiging van die leerproses.
> ( Hy was voorheen Wiskunde-professor by
> RAU. Soos jy weet, vorm RAU en vyf ander
> kampusse nou die Universiteit van Johannesburg.)
> Ek kon hom dus op 'n taamlike hoë vlak
> ondervra oor wat "aangaan" in akademiese
> kringe in SA. Die ou het ook nou maar sy
> opinies oor hoe dinge vandag is met die
> regstellende aksie en al. Maar as ek hom
> ondervra oor spesifieke nie-blanke akademici
> ensovoorts, dan is hy op 'n vlak waar hy vir
> my kan sê wat in hulle CV's staan. En meeste
> van hierdie mense kom van Ivy League
> universiteite in die VSA of van plekke soos
> Stanford in Kalifornië, en in baie opsigte
> verplaas witmense wat nie internasionaal
> geskool was nie.
> Wat ek ook agterkom, as ek hom
> ondervra oor watter tegnologiese ouens
> nou op laer vlak onder hom werk. Hierdie
> mense is omtrent almal nog wit. Dus, as
> wit manlike jong jeug kla dat daar nie
> "werk" in SA is vir jong wit mans nie, dan
> stel ek dit vir jou, is dit omdat hierdie
> klaende jong wit mans nie kundighede
> wil leer nie. Daar is genoeg werk vir enige
> wit jong mans met kwalifikasies. Ek sien
> dit in ons eie families wat nog in SA is.
> Die seuns met die net graad 12 stuk
> papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
> Die meisies wat universiteit toe is en
> nou aan hulle meestersgrade werk, het
> baie goeie werk. Al is hulle wit en
> Afrikaanssprekend.
>
> Gloudina
>
> 'n Jong wit Afrikaanse meisie met 'n doktorsgraad in waterbestuur huur
> tans
> 'n woonstel by my en my eggenote - sy's briljant! - en sy loop nie met
> haar
> kwalifikasies op haar skouer vasgespeld rond en dink sy's beter as haar
> swart kollegas nie! Sy het onlangs by Dept Waterwese en Bosbou begin
> werk - op 'n posvlak ver
> benede haar kwalifikasie! - net om tog werk te kan doen waarvoor sy
> gekwalifiseer is en waarvoor sy 'n passie het! Toe 'n hoër pos oopgaan,
> net
> een posvlak hoër, het sy aansoek gedoen, maar dis te betwyfel of sy dit
> gaan
> kry omdat sy met swart kandidate moes meeding - swartes wat nie haar
> kwalifikasies het nie.
>
> Ek het 2 weke gelede met een van dié arbeidsprokureurs in SA gesels wat
> vir
> my vertel het hoe hulle onlangs 'n staatdept voor die gelykheidshof
> gesleep
> het omdat die kriteria wat hulle gestel het vir AA so was dat 'n wit man,
> ongeag hoe hoog hy gekwalifiseer is en hoeveel ervaring hy het, net
> eenvoudig minder punte moes kry as 'n swart vrou, ongeag hoe laag sy
> gekwalifiseer is en hoe min ervaring sy het!
>
> Solidariteit is op die oomblik besig om 'n saak namens 'n Kleurlinglid na
> die arbeidshof te neem nadat Eskom 'n Swarte wat swakker gekwalifiseer is
> in
> 'n pos waarvoor albei aansoek gedoen het, aangestel het met AA as
> argument.
> Die CCMA het beslis dat Swartes as groep meer benadeel is as Kleurlinge,
> en
> geweier om in te sien dat die bepaalde Kleurling as individu baie meer
> benadeel was in die ou bedeling as die spesifieke Swarte. Solidariteit se
> argument dat ons Grondwet op individuele regte, nie op groepsregte nie,
> gebou is en individuele regte beskerm, is deur die CCMA van die tafel
> gevee.
> Solidariteit sit tans met 'n soortgelyk saak besig waarin 'n Indiër
> benadeel
> is
> tot voordeel van 'n Swarte met swakker kwalifikasies.
>
> Dis waar dat daar Swartes met fantastiese kwalifikasies rondloop - dat
> hulle
> dit nie gekoop het nie, maar met prestasie verdien het! Dis ook waar dat
> 'n swart prof
> van UP in kritiek op Thabo Mbeki se
> "Native Club" vir swart Intelligensia onlangs in Rapport geskryf het dat
> ten
> spyte van al die miljoene wat
> buitelanders aan
> Universitêre opleiding van swart akademici spandeer het sedert 1994 en dat
> regstellende aanstellings volswang by al die universiteite aan die gang
> is,
> meer as 80% van alle wetenskaplike navorsing en publikasies van resultate
> in
> SA steeds uit die penne van
> wit mans kom! Let wel, die swart prof. het die stigting van die
> eksklusiewe
> Native
> Club gekritiseer en die woorde hierbo in die konteks gesê van swart
> akademici wat nie hulle kant bring nie- teenoor wit mans wat ten spyte
> daarvan dat hulle aan die agterspeen suig by aanstellings, geld vir
> navorsing, ens. steeds by verre die meeste navorsingswerk doen en die
> resultate daarvan wys! Die swart prof antwoord ook op aantygings dat wit
> mans met mindere kwalifikasies sekere aanstellings as dosente weggeraap
> het
> voor swartes met beter akademiese kwalifikasies; hy sê: Dit klink
> verskriklik totdat jy die name hoor van die persone wat betrokke is, en jy
> besef dat die spesifieke witman enige tyd 'n aanstelling by Harvard sou
> gekry het net op grond van dit wat hy gepubliseer het! - 'n eer wat die
> swart kandidaat wat nie die pos gekry het nie, nie te beurt sou val nie!
>
> Daar sit wit Afrikaanse mans op die Britse regbank as regters. Hulle was
> reeds senior advokate voor die nuwe regering aan bewind gekom het, maar
> kon
> nie na 1994 in Suid-Afrika regters word nie as gevolg van regstellende
> aksie
> en transformasie. Suid-Afrika se regbank het nie vir hulle plek gehad
> nie,
> die Britse regbank met al sy trotse tradisies het wel!
>
> In die Engelse Krieketspan is daar 'n Kevin Pietersen, vinnig op pad om
> een
> van die top kolwers in die wêreld te word. In die Franse Rugbyspan is
> daar
> 'n Pieter de Villiers. In die Australiese rugbyspan 'n Clyde Rathbone.
> Daar is ook Suid-Afrikaners wat in die Kanadese span speel, en kenners
> voorspel dat daar binnekort Afrikaanse vanne in die All Black span gaan
> opduik. Intussen is SA rugby en krieket besig om al minder kompeterend in
> die internasionale arena te word. Waarom? Gewoon omdat mense om
> allerhande
> redes as administrateurs, afrigters, en lede van spanne gekies word,
> insluitend en hoofsaaklik transformasie en "representivity", behalwe om
> die
> regte redes - nl. die beste persoon vir die "job". Ander lande gee nie om
> om oorsese spelers te koop nie - insluitend Suid-Afrikaners! - solank
> hulle
> die beste is. Suid-Afrika, daarenteen, is besig om in 'n sportwoestyn te
> beland omdat ons spelers afgerokkel word, ons plaaslike spelers wat
> hoegenaamd nie daarvoor gereed is nie, by die diep kant ingooi - alles in
> die naam van transformasie!
>
> Vriende se seun het verlede jaar matriek met 'n gemiddeld van naby
> 90 geslaag - al sy vakke onderskeiding! Hy kan nie toegang tot 'n
> mediese fakulteit kry nie omdat hy wit is, maar swart, vroulike kandidate
> wat net
> deurgeskraap het kry die toelating!
>
> Dit spreek boekdele dat mense soos Frederik van Zijl Slabbert wat die
> vorige
> bedeling beveg het, die huidige regering netso fel oor sy rassebeleid
> kritiseer! Die Engelse pers wat die ou regime opdraend gegee het, is
> deesdae ook 'n doring in die vlees van die nuwe regime omdat hulle hul
> aanvat
> oor die nuwe vorme van onreg! Wittes oor die hele politieke spektrum,
> behalwe dalk die paar wat Kortbroek na die ANC gevolg het ter wille van
> hulle eie voordeel, is dit hieroor eens, Hessie! Jy kan argumenteer soos
> jy
> wil, maar dis eenvoudig nieu-apartheid - en nuwe onreg! - en
> onverskoonbaar
> vir 'n land wat sê dat hy die onregte van die verlede wil regstel! Die
> situasie dreig om opnuut rassepolarisasie te verooraarsaak!
>
> En, soos jy lankal uit die gesprekke op hierdie ng moes afgelei het, maak
> dié goed dit bitter moeilik om met wittes wat dink apartheid was reg, te
> redeneer en hulle van die teendeel te oortuig. My skoonpa is een van
> hulle...
>
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110803 is 'n antwoord op boodskap #110797] Wo, 19 Julie 2006 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Ek sien geen barbaarsheid daarin wanneer God sê: As iemand die lewe van 'n[/color]
> mens neem, moet sy lewe geneem word, want God het die mens na sy beeld
> gemaak! Let op die motivering "God het die mens na sy beeld gemaak".

Torreke, jy moet my asseblief verskoon, maar ek
sidder as ek uitsprake hoor soos wat jy hierbo
maak. Ek sidder as ek hoor dat jy wéét "wat
God sê" wanneer jy eintlik net verwys na 'n
uitspraak, opgeteken deur mense, in die Ou
Testament,

Die hele Bybel, op enkele uitsonderings na, is die getuienis van mense deur
die HG geinspireer oor God, sy skepping, onderhouding, verlossing van die
wêreld en bevat baie selde enige direkte uitsprake van God - die sg.
organiese inspirasie! As ons daarom twyfel sou hê daaroor dat dit God se
Woord is, kan ons maar (soos duisende inderdaad doen) die Bybel by die deur
uitsmyt!

Die bepaalde uitspraak waarna ek verwys is egter een van die direkte
uitsprake van God wat opgeteken is.

Hoe ookal, dat die mens beelddraer van God en sy verteenwoordiger op aarde
is, is 'n kardinale element in die boodskap van die Bybel. Trouens, so
vinnig gedink, is dit die enigste verskil wat die Bybel sien tussen mens en
dier, in elk geval by verre die belangrikste! Probeer dit wegredeneer en
die Bybel verloor eweneens alle legitimiteit!

wat tog uiteindelik deur uitsprake
in die Nuwe Testament geheel en al gekanselleer
word.

Stem nie saam nie! Daar is nie 'n enkele uitspraak in die NT wat die
doodstraf afskaf of passifisme verkondig nie. Daar is tekste wat op die
eerste gesig af so lyk, ja, totdat mens hulle ordentlik binne die verband
waarin hulle geskryf is, lees. Trouens, die kruisdood van Jesus bevestig
die regmatigheid van die doodstraf as straf vir die aanranding van God se
eer/beeld! - dit bring geen afskaffing van die doodstraf vir die misdadiger
nie (Hy het nie die moordenaar wat saam met Hom gekruisig is en sy skuld
bely het, van die kruis bevry nie, al kon Hy), maar ewige verlossing van
sonde en 'n lewe met God vir die een wat in Christus glo ("vandag sal jy
saam met My in die paradys wees").

Daar is 'n wydverspreide neiging onder gelowiges om OT en NT teen mekaar af
te speel asof - Jode teen Christene! Die NT ken nie hierdie teenstelling
nie!! Die verhouding is 'n komplekse een met baie fassette wat ure in
beslag kan neem. Daarom volstaan ek bloot deur te sê: Die NT wortel in die
OT. Die NT is gebou op die fondament van die OT! Neem die OT weg en NT
verloor alle krag en bestaansreg! Al wat die NT werklik opgehef het, is die
seremoniële wet - d.i. die tempel- en offerdiens! - wat na Christus
heengewys en in Hom vervul is. Maar bv. die 10 gebooie (waaronder "Jy mag
nie doodslaan nie" en al die ander wette wat daarmee saamhang - dus:
insluitend die doodstraf!) word by herhaling deur Jesus en die apostels
herbevestig! Wanneer Paulus bv. in Rom 13 praat van die "swaardmag" wat die
owerheid het om die kwaaddoener te straf, kan daar geen ander interpretasie
aangeheg word as "die doodstraf" nie. ('n Swaard is 'n offensiewe wapen
waarmee die teenstander doodgemaak word!)
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110804 is 'n antwoord op boodskap #110800] Wo, 19 Julie 2006 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
>
> Torreke skryf
>
>> Dat die doostraf 'n "barbaarse praktyk" is, stem ek gewoon nie met jou
>> saam
>> nie
>
> Deur die doodstraf goed te keur, verloor jy natuurlik
> alle reg om teen aborsie te praat. Hoekom word
> moord in een opsig goedgepraat en aan die ander
> kant teengepraat. Jy is nie konsekwent nie.

Om mee te begin: Die doodstraf is nie moord nie! - dis die regverdige straf
vir 'n misdaad so erg dat jy daarmee die voorreg - die genadegawe! - op die
lewe verbeur het! Let wel: Die Bybel ken nie so iets soos regte nie - net
genadegawes en verpligtinge!

Daar is 'n wêreldse verskil tussen die optrede van die owerheid
wat as gesagdraer namens God optree,
wat nadat iemand 'n ander mens se lewe geneem het,
en nadat hy/sy 'n regverdige verhoor gehad het,
en nadat sy/haar skuld bo redelike twyfel bewys is,
en nadat geen versagtende omstandighede gevind is nie,
en nadat die moordenaar geleentheid tot appel gehad het,
en nadat dit deur die president hersien is en hy/sy geen rede tot
begenadiging kon vind nie,
en nadat geleentheid gegee is om al sy/haar sake met God en wêreld in orde
te bring,
en nadat die moordenaar geleentheid gegee is om hom/haar daarop voor te
berei,
en nadat alles moontlik gedoen is om dit met so min fisiese en emosionele
pyn as moontlik uit te voer,

die moordenaar teregstel,

en

die optrede van 'n ma,
wat nie namens God optree nie, maar namens haarself,
vir wie die swangerskap nie pas nie,
wat met 'n eenvoudige en finale besluit,
sonder dat die kind enigiets verkeerd gedoen het behalwe om daar te wees as
gevolg van die moeder se gedrag,
sonder die toestemming van die pa wat geen sê daaroor het nie,
sonder die toestemming van haar ouers wat eweneens geen sê daaroor het nie,
sonder enige reg op appel vir die kind,
en sonder enige hersiening deur wie ookal,
die kind se lewe beëindig!

Laasgenoemde is inderdaad gewettigde moord!

Kortom, 'n moordenaar word deur die owerheid tereggestel omdat hy/sy 'n
ander mens se lewe geneem het! - 'n aborsie, daarenteen, word deur die
moeder laat doen omdat sy nie die gevolge van haar eie dade wil dra nie!

As jy mooi daaroor nadink sal jy besef dat ek hierin so konsekwent is as wat
menslik moontlik is.

Dis juis mense wat aborsie goedpraat en die doodstraf afkeur wat nie
konsekwent is nie! - wat die lewe van 'n moordenaar as 'n onaantasbare reg
beskou! - en dié van 'n (ongebore) onskuldige kind as 'n stuk weggooigoed!
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110805 is 'n antwoord op boodskap #110802] Wo, 19 Julie 2006 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie sy sal nie!

"Otterkop" skryf in boodskap news:1153289369.312331@ethon.isdsl.net...
> Torreke Gloudina gaan jou ook nou 'n rassis noem
>
>
>
> "Torreke" wrote in message
> news:e9ihvq$4r9$3@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Hessie" wrote

>> Torreke skryf

>> Die uittog van
>>> wit geskooldes uit die land, is nie in omdat 'n swart regering aan
>>> bewind
>>> is
>>> nie, dit is oor wat ons elke dag op alle terreine van ons lewens ervaar.

>> Hoeveel is daar wel 'n "uittog van wit geskooldes"
>> uit SA na 1994 weens regstellende aksie. Is die
>> uittog nie van witmense wat skielik moet meeding
>> met nie-swartes wat in baie opsigte net so goed
>> geskool is soos hulle is of beter nie?
>> Ons het die afgelope naweek 'n gas gehad wat
>> nou in die administrasie by die Universiteit van
>> Johannesburg werk, hoofsaaklik in die area van
>> tegnologiese bemagtiging van die leerproses.
>> ( Hy was voorheen Wiskunde-professor by
>> RAU. Soos jy weet, vorm RAU en vyf ander
>> kampusse nou die Universiteit van Johannesburg.)
>> Ek kon hom dus op 'n taamlike hoë vlak
>> ondervra oor wat "aangaan" in akademiese
>> kringe in SA. Die ou het ook nou maar sy
>> opinies oor hoe dinge vandag is met die
>> regstellende aksie en al. Maar as ek hom
>> ondervra oor spesifieke nie-blanke akademici
>> ensovoorts, dan is hy op 'n vlak waar hy vir
>> my kan sê wat in hulle CV's staan. En meeste
>> van hierdie mense kom van Ivy League
>> universiteite in die VSA of van plekke soos
>> Stanford in Kalifornië, en in baie opsigte
>> verplaas witmense wat nie internasionaal
>> geskool was nie.
>> Wat ek ook agterkom, as ek hom
>> ondervra oor watter tegnologiese ouens
>> nou op laer vlak onder hom werk. Hierdie
>> mense is omtrent almal nog wit. Dus, as
>> wit manlike jong jeug kla dat daar nie
>> "werk" in SA is vir jong wit mans nie, dan
>> stel ek dit vir jou, is dit omdat hierdie
>> klaende jong wit mans nie kundighede
>> wil leer nie. Daar is genoeg werk vir enige
>> wit jong mans met kwalifikasies. Ek sien
>> dit in ons eie families wat nog in SA is.
>> Die seuns met die net graad 12 stuk
>> papier wil "oorsee" gaan "werk soek."
>> Die meisies wat universiteit toe is en
>> nou aan hulle meestersgrade werk, het
>> baie goeie werk. Al is hulle wit en
>> Afrikaanssprekend.

>> Gloudina

>> 'n Jong wit Afrikaanse meisie met 'n doktorsgraad in waterbestuur huur
>> tans
>> 'n woonstel by my en my eggenote - sy's briljant! - en sy loop nie met
>> haar
>> kwalifikasies op haar skouer vasgespeld rond en dink sy's beter as haar
>> swart kollegas nie! Sy het onlangs by Dept Waterwese en Bosbou begin
>> werk - op 'n posvlak ver
>> benede haar kwalifikasie! - net om tog werk te kan doen waarvoor sy
>> gekwalifiseer is en waarvoor sy 'n passie het! Toe 'n hoër pos oopgaan,
>> net
>> een posvlak hoër, het sy aansoek gedoen, maar dis te betwyfel of sy dit
>> gaan
>> kry omdat sy met swart kandidate moes meeding - swartes wat nie haar
>> kwalifikasies het nie.

>> Ek het 2 weke gelede met een van dié arbeidsprokureurs in SA gesels wat
>> vir
>> my vertel het hoe hulle onlangs 'n staatdept voor die gelykheidshof
>> gesleep
>> het omdat die kriteria wat hulle gestel het vir AA so was dat 'n wit man,
>> ongeag hoe hoog hy gekwalifiseer is en hoeveel ervaring hy het, net
>> eenvoudig minder punte moes kry as 'n swart vrou, ongeag hoe laag sy
>> gekwalifiseer is en hoe min ervaring sy het!

>> Solidariteit is op die oomblik besig om 'n saak namens 'n Kleurlinglid na
>> die arbeidshof te neem nadat Eskom 'n Swarte wat swakker gekwalifiseer is
>> in
>> 'n pos waarvoor albei aansoek gedoen het, aangestel het met AA as
>> argument.
>> Die CCMA het beslis dat Swartes as groep meer benadeel is as Kleurlinge,
>> en
>> geweier om in te sien dat die bepaalde Kleurling as individu baie meer
>> benadeel was in die ou bedeling as die spesifieke Swarte. Solidariteit
>> se
>> argument dat ons Grondwet op individuele regte, nie op groepsregte nie,
>> gebou is en individuele regte beskerm, is deur die CCMA van die tafel
>> gevee.
>> Solidariteit sit tans met 'n soortgelyk saak besig waarin 'n Indiër
>> benadeel
>> is
>> tot voordeel van 'n Swarte met swakker kwalifikasies.

>> Dis waar dat daar Swartes met fantastiese kwalifikasies rondloop - dat
>> hulle
>> dit nie gekoop het nie, maar met prestasie verdien het! Dis ook waar
>> dat
>> 'n swart prof
>> van UP in kritiek op Thabo Mbeki se
>> "Native Club" vir swart Intelligensia onlangs in Rapport geskryf het dat
>> ten
>> spyte van al die miljoene wat
>> buitelanders aan
>> Universitêre opleiding van swart akademici spandeer het sedert 1994 en
>> dat
>> regstellende aanstellings volswang by al die universiteite aan die gang
>> is,
>> meer as 80% van alle wetenskaplike navorsing en publikasies van resultate
>> in
>> SA steeds uit die penne van
>> wit mans kom! Let wel, die swart prof. het die stigting van die
>> eksklusiewe
>> Native
>> Club gekritiseer en die woorde hierbo in die konteks gesê van swart
>> akademici wat nie hulle kant bring nie- teenoor wit mans wat ten spyte
>> daarvan dat hulle aan die agterspeen suig by aanstellings, geld vir
>> navorsing, ens. steeds by verre die meeste navorsingswerk doen en die
>> resultate daarvan wys! Die swart prof antwoord ook op aantygings dat wit
>> mans met mindere kwalifikasies sekere aanstellings as dosente weggeraap
>> het
>> voor swartes met beter akademiese kwalifikasies; hy sê: Dit klink
>> verskriklik totdat jy die name hoor van die persone wat betrokke is, en
>> jy
>> besef dat die spesifieke witman enige tyd 'n aanstelling by Harvard sou
>> gekry het net op grond van dit wat hy gepubliseer het! - 'n eer wat die
>> swart kandidaat wat nie die pos gekry het nie, nie te beurt sou val nie!

>> Daar sit wit Afrikaanse mans op die Britse regbank as regters. Hulle was
>> reeds senior advokate voor die nuwe regering aan bewind gekom het, maar
>> kon
>> nie na 1994 in Suid-Afrika regters word nie as gevolg van regstellende
>> aksie
>> en transformasie. Suid-Afrika se regbank het nie vir hulle plek gehad
>> nie,
>> die Britse regbank met al sy trotse tradisies het wel!

>> In die Engelse Krieketspan is daar 'n Kevin Pietersen, vinnig op pad om
>> een
>> van die top kolwers in die wêreld te word. In die Franse Rugbyspan is
>> daar
>> 'n Pieter de Villiers. In die Australiese rugbyspan 'n Clyde Rathbone.
>> Daar is ook Suid-Afrikaners wat in die Kanadese span speel, en kenners
>> voorspel dat daar binnekort Afrikaanse vanne in die All Black span gaan
>> opduik. Intussen is SA rugby en krieket besig om al minder kompeterend
>> in
>> die internasionale arena te word. Waarom? Gewoon omdat mense om
>> allerhande
>> redes as administrateurs, afrigters, en lede van spanne gekies word,
>> insluitend en hoofsaaklik transformasie en "representivity", behalwe om
>> die
>> regte redes - nl. die beste persoon vir die "job". Ander lande gee nie
>> om
>> om oorsese spelers te koop nie - insluitend Suid-Afrikaners! - solank
>> hulle
>> die beste is. Suid-Afrika, daarenteen, is besig om in 'n sportwoestyn te
>> beland omdat ons spelers afgerokkel word, ons plaaslike spelers wat
>> hoegenaamd nie daarvoor gereed is nie, by die diep kant ingooi - alles in
>> die naam van transformasie!

>> Vriende se seun het verlede jaar matriek met 'n gemiddeld van naby
>> 90 geslaag - al sy vakke onderskeiding! Hy kan nie toegang tot 'n
>> mediese fakulteit kry nie omdat hy wit is, maar swart, vroulike kandidate
>> wat net
>> deurgeskraap het kry die toelating!

>> Dit spreek boekdele dat mense soos Frederik van Zijl Slabbert wat die
>> vorige
>> bedeling beveg het, die huidige regering netso fel oor sy rassebeleid
>> kritiseer! Die Engelse pers wat die ou regime opdraend gegee het, is
>> deesdae ook 'n doring in die vlees van die nuwe regime omdat hulle hul
>> aanvat
>> oor die nuwe vorme van onreg! Wittes oor die hele politieke spektrum,
>> behalwe dalk die paar wat Kortbroek na die ANC gevolg het ter wille van
>> hulle eie voordeel, is dit hieroor eens, Hessie! Jy kan argumenteer soos
>> jy
>> wil, maar dis eenvoudig nieu-apartheid - en nuwe onreg! - en
>> onverskoonbaar
>> vir 'n land wat sê dat hy die onregte van die verlede wil regstel! Die
>> situasie dreig om opnuut rassepolarisasie te verooraarsaak!

>> En, soos jy lankal uit die gesprekke op hierdie ng moes afgelei het, maak
>> dié goed dit bitter moeilik om met wittes wat dink apartheid was reg, te
>> redeneer en hulle van die teendeel te oortuig. My skoonpa is een van
>> hulle...











>
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110807 is 'n antwoord op boodskap #110803] Wo, 19 Julie 2006 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Die hele Bybel, op enkele uitsonderings na, is die getuienis van mense deur
> die HG geinspireer oor God, sy skepping, onderhouding, verlossing van die
> wêreld en bevat baie selde enige direkte uitsprake van God - die sg.
> organiese inspirasie! As ons daarom twyfel sou hê daaroor dat dit God se
> Woord is, kan ons maar (soos duisende inderdaad doen) die Bybel by die deur
> uitsmyt!

Dis onsin om hierdie óf die een óf die ander tipe
ding teologies te verkondig. Soos jy sê "die
Bybel is die getuienis van mense" deur die
Heilige Gees geinspireer. Dit moet dus in
konteks geneem word. Hierdie "God het só
gesê en sus gesê" asof jy weet presies wat
God gedink en gepraat het, maak dat jy iets
verkondig wat nie bene het om op te staan nie,
en wat baie mense deesdae net eenvoudig
gaan verwerp as jy dit predik.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110808 is 'n antwoord op boodskap #110804] Wo, 19 Julie 2006 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Dis juis mense wat aborsie goedpraat en die doodstraf afkeur wat nie
> konsekwent is nie! - wat die lewe van 'n moordenaar as 'n onaantasbare reg
> beskou! - en dié van 'n (ongebore) onskuldige kind as 'n stuk weggooigoed!

Jy weet nie wat my opinies oor aborsie is nie, maar
jy gebruik argumente asof jy dink ek is vir aborsie en
teen die doodstraf. Dus gebruik jy 'n valse argument.
As jy vir die doodstraf is, praat jy doodmaak goed,
en dan het jy geen bene om op te staan as dit kom
by aborsie nie. Kort en klaar. As ek reg onthou, sê
die Tien Gebooie jy mag nie doodmaak nie.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110809 is 'n antwoord op boodskap #110807] Wo, 19 Julie 2006 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote in message
news:1153312970.256614.68070@s13g2000cwa.googlegroups.com...

Torreke skryf

> Die hele Bybel, op enkele uitsonderings na, is die getuienis van mense deur
> die HG geinspireer oor God, sy skepping, onderhouding, verlossing van die
> wêreld en bevat baie selde enige direkte uitsprake van God - die sg.
> organiese inspirasie! As ons daarom twyfel sou hê daaroor dat dit God se
> Woord is, kan ons maar (soos duisende inderdaad doen) die Bybel by die deur
> uitsmyt!

Dis onsin om hierdie óf die een óf die ander tipe
ding teologies te verkondig. Soos jy sê "die
Bybel is die getuienis van mense" deur die
Heilige Gees geinspireer. Dit moet dus in
konteks geneem word. Hierdie "God het sê
gesê en sus gesê" asof jy weet presies wat
God gedink en gepraat het, maak dat jy iets
verkondig wat nie bene het om op te staan nie,
en wat baie mense deesdae net eenvoudig
gaan verwerp as jy dit predik.

Gloudina

"Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van 'n mens gestuur of
voortgebring is nie, 'maar die heilige mense van God het dit, deur die
Heilige Gees gedrywe, gespreek' soos die heilige Petrus sê (2 Pet 1:21).
Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte
(die profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel,
en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom
noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif." Nederlandse
Geloofsbelydenis Art 3.

As iets in die Skrif aangedui word as die eie Woorde van God, dan dink ek
dit sou uiters verwaand en onverantwoordelike Skrifverklaring wees om te sê
dis mense wat dit gesê het.

Ek maak nie of ek oor God se skouer geloer of sy gedagtes gelees het nie.
Maar die werk van die Skrifverklaarder is juis om al die middels tot sy
beskikking, insluitend die verligting van God se Gees, aan te wend om uit te
maak wat God se wil vir ons lewens is en dit te verkondig. Natuurlik gaan
baie moderne mense hulle nie daaraan steur nie! - wie op hom die Skrif
beroep, veral in die moderne gesekulariseerde samelewing, weet hy is 'n
eensame figuur.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110810 is 'n antwoord op boodskap #110808] Wo, 19 Julie 2006 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P &amp; L  is tans af-lyn  P &amp; L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Se jy dit ook teen die so baie kristelike Amerikane waar die wereld aan die
brand is deur hulle toedoen?
patrick

As ek reg onthou, sê
> die Tien Gebooie jy mag nie doodmaak nie.
>
> Gloudina
>
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110811 is 'n antwoord op boodskap #110808] Wo, 19 Julie 2006 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote in message
news:1153313491.932662.56590@m79g2000cwm.googlegroups.com...

Torreke skryf

> Dis juis mense wat aborsie goedpraat en die doodstraf afkeur wat nie
> konsekwent is nie! - wat die lewe van 'n moordenaar as 'n onaantasbare reg
> beskou! - en dié van 'n (ongebore) onskuldige kind as 'n stuk weggooigoed!

Jy weet nie wat my opinies oor aborsie is nie, maar
jy gebruik argumente asof jy dink ek is vir aborsie en
teen die doodstraf. Dus gebruik jy 'n valse argument.

Ek is jammer as dit geklink het of ek jou persoonlik aanval, was beslis nie
so bedoel nie.

As jy vir die doodstraf is, praat jy doodmaak goed,
en dan het jy geen bene om op te staan as dit kom
by aborsie nie. Kort en klaar. As ek reg onthou, sê
die Tien Gebooie jy mag nie doodmaak nie.

Gloudina

Die 10 gebooie sê jy mag nie doodmaak nie - korrek! Maar as jy dit in breë
verband lees waarin dit in OT en NT staan, dan is dit juis die bepaalde
gebod wat die doodstraf voorskryf vir die een wat moord pleeg.

Die Bybel onderskei duidelik tussen die optrede van die individu wat uit
persoonlike motief (wraak, vrees, jaloesie, ens) optree, en die optrede van
die owerheid as gesagsdraer wat God ingestel het, om die kwaaddoener te
straf.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110812 is 'n antwoord op boodskap #110811] Wo, 19 Julie 2006 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Die 10 gebooie sê jy mag nie doodmaak nie - korrek! Maar as jy dit in breë
> verband lees waarin dit in OT en NT staan .....

Sien, nou is jý die een wat begin om "die Bybel"
in "breë verband" te begin lees, terwyl jy op ander
plekke daarop sal staan dat wat in die Bybel staan
altyd letterlik opgeneem moet word.
En die gewone "Christelike argument" vir die
mag wat regerings het, is hoofsaaklik gegrond op
die feit dat Christus veronderstel is om te gesê het
dat mens aan die keiser moet betaal wat hom toekom.
Geen teologiese argument nie.
Bo en behalwe die etiese en religieuse argumente
teen die doodstraf, word daar so baie foute gemaak dat
baie state in die VSA nou vanself die doodstraf afskaf
omdat dit so baie die risiko loop dat die verkeerde een
doodgemaak word.
Ek dink jy moet die ANC eer vir die konsekwent-
heid waarmeer hulle die afskaffing van die doodstraf
eer. As jy dink dat die moordenaar van Chris Hani in
die tronk sit en nie dadelik doodgemaak is nie, moet
iets vir jou sê.

Gloudina

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110813 is 'n antwoord op boodskap #110783] Wo, 19 Julie 2006 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DFM  is tans af-lyn  DFM
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Goed, kom ons meet jou kundigheid aan jou vorige feitelike akkuraatheid: -

" ...is die vereiste dat *elke staatsdiensamptenaar* Frans magtig behoort te
wees"

"Eintlik dink ek nie ons sê dat iemand is in die "staatsdiens" in Kanada
tensy hy in die federale staatsdiens is nie, maar ek mag verkeerd wees."

Interessant - jou oorspronklike stelling het egter nie die federale
"kwalifikasie" bevat nie en ek vermoed wel jy is verkeerd - moelik om te glo
dat ander Kanadese nie sal dink dat iemand wat in die diens staan van die
"BC Government" 'n staatsamptenaar is nie. (Toegegee- *jy* mag dalk die
uitsondering wees)

Maar kom ons wend ons weer na die oorspronklike argument -

"........ Daar is genoeg werk vir enige wit jong mans met kwalifikasies. Ek
sien dit in ons eie families wat nog in SA is..."

Jou aanname dat omdat jou onmiddelike familie ('n statistiese onbenullige
groep) se ervarings totaal verteenwoordigend is van die situasie in Suid
Afrika is onverdedigbaar.

Die huidige situasie in SA ten opsigte van "werkreservering/affirmative
action" is (soos met die "ou" Suid Afrika) nie moreel verdedigbaar nie. Ek
het nie in beginsel 'n beswaar daarteen nie, maar die toepassing toon 'n
brutale onnoselheid wat PW Botha subtiel laat lyk.

Wat my veral grief is dat die nuwe regering in sekere gevalle gewillig is om
buitelanders (Kubaanse doktors, Indiese IT spesialiste ens.) bo blanke
kandidate aan te stel.

Maar ek voel ek mors my asem - jy in die verte weet mos alles van Suid
Afrika (en Kanada), boonop met die opsie om te kwalifiseer as jy op
feitelike flaters gewys word.

Danie
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110824 is 'n antwoord op boodskap #110812] So, 23 Julie 2006 16:51 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote in message
news:1153341571.719089.67520@s13g2000cwa.googlegroups.com...

Torreke skryf

> Die 10 gebooie sê jy mag nie doodmaak nie - korrek! Maar as jy dit in breë
> verband lees waarin dit in OT en NT staan .....

Sien, nou is jý die een wat begin om "die Bybel"
in "breë verband" te begin lees, terwyl jy op ander
plekke daarop sal staan dat wat in die Bybel staan
altyd letterlik opgeneem moet word.

Jy sal nie een enkele pos kan aanhaal waarin ek gesê het dat die Bybel altyd
letterlik opgeneem moet word nie, inteendeel ek het reeds by herhaling,
veral in my stryery met Jim, gesê dat wat in die Bybel staan moet binne
verband gelees word. As ek dit nie vantevore duidelik genoeg gesê het nie,
laat ek nou nog daarbyvoeg: Daar moet ook deeglik rekening gehou word met
die bepaalde genre van die boek waarin die tek staan.

En die gewone "Christelike argument" vir die
mag wat regerings het, is hoofsaaklik gegrond op
die feit dat Christus veronderstel is om te gesê het
dat mens aan die keiser moet betaal wat hom toekom.
Geen teologiese argument nie.

Net een van die tekste - daar's baie ander! Die mag van regerings berus in
die 1e plek op die 5e gebod: "Eer jou vader en jou moeder..."

Bo en behalwe die etiese en religieuse argumente
teen die doodstraf, word daar so baie foute gemaak dat
baie state in die VSA nou vanself die doodstraf afskaf
omdat dit so baie die risiko loop dat die verkeerde een
doodgemaak word.

Om die Amerikaanse juriestelsel as standaard vir die korrekteheid van
regspraak te gebruik is regtig nie baie verteenwoordigend nie.

Ek dink jy moet die ANC eer vir die konsekwent-
heid waarmeer hulle die afskaffing van die doodstraf
eer. As jy dink dat die moordenaar van Chris Hani in
die tronk sit en nie dadelik doodgemaak is nie, moet
iets vir jou sê.

Toegegee. As iemand 'n probleem het met die doodstraf vir 'n politieke
misdaad of hoogverraad kan ek nog daarmee simpatie hê, maar beslis nie vir
mense wat eenvoudig brutaal moor vir eie gewin nie.

Gloudina

Gloudina
Vorige onderwerp: Aangeval ná net drie ure in Suid-Afrika
Volgende onderwerp: briefie vir antie gloudiena
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:25:49 MGT 2024