Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe laag is die IK?
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110827 is 'n antwoord op boodskap #110824] Ma, 24 Julie 2006 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Jy sal nie een enkele pos kan aanhaal waarin ek gesê het dat die Bybel altyd
> letterlik opgeneem moet word nie, inteendeel ek het reeds by herhaling,
> veral in my stryery met Jim, gesê dat wat in die Bybel staan moet binne
> verband gelees word. As ek dit nie vantevore duidelik genoeg gesê het nie,
> laat ek nou nog daarbyvoeg: Daar moet ook deeglik rekening gehou word met
> die bepaalde genre van die boek waarin die tek staan.

Goed. Dis presies soos ek sien die Bybel gelees
moet word. Dan, snaaks genoeg, behoort ALLE
DENKENDE MENSE die Bybel ernstig op te
neem ( net soos alle denkende mense die groot
teologiese geskrifte van alle kulture ernstig op moet
neem.) Northrop Frye, een van die beste outoriteite
op William Blake, skryf dat die Bybel "The Great
Code" is.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110829 is 'n antwoord op boodskap #110827] Ma, 24 Julie 2006 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
darwin  is tans af-lyn  darwin
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
On 24 Jul 2006 04:43:23 -0700, "Hessie" wrote:

>
> Torreke skryf
>
>> Jy sal nie een enkele pos kan aanhaal waarin ek gesê het dat die Bybel =
> altyd
>> letterlik opgeneem moet word nie, inteendeel ek het reeds by herhaling,
>> veral in my stryery met Jim, gesê dat wat in die Bybel staan moet binne
>> verband gelees word. As ek dit nie vantevore duidelik genoeg gesê het =
> nie,
>> laat ek nou nog daarbyvoeg: Daar moet ook deeglik rekening gehou word met
>> die bepaalde genre van die boek waarin die tek staan.
>
> Goed. Dis presies soos ek sien die Bybel gelees
> moet word. Dan, snaaks genoeg, behoort ALLE
> DENKENDE MENSE die Bybel ernstig op te
> neem ( net soos alle denkende mense die groot
> teologiese geskrifte van alle kulture ernstig op moet
> neem.) Northrop Frye, een van die beste outoriteite
> op William Blake, skryf dat die Bybel "The Great
> Code" is.=20
>
> Gloudina
>
twak, daar is baie hoogsintelligente "denkende" mense wat
ateiste is en nie bybels van enige kultuur ernstig opneem nie,
maar wel gelees het.

jou god het sekerlik dino's geskep net om hulle met n groot
klip dood te gooi ná domkop?
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110831 is 'n antwoord op boodskap #110829] Di, 25 Julie 2006 01:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
darwin skryf

> twak, daar is baie hoogsintelligente "denkende" mense wat
> ateiste is en nie bybels van enige kultuur ernstig opneem nie,
> maar wel gelees het.

Jy praat twak. Ateiste is juis ateiste omdat
hulle die geskrifte van ander kulture gelees
het en van hulle verskil.
Weet jy, meneer Darwin, dat Buddhisme
geen standpunt inneem oor die kwessie van
of daar 'n God is of nie. Buddhisme glo nie
aan die bestaan van 'n siel nie. Ek wonder
hoe 'n ateis van 'n Buddhis kan verskil.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110832 is 'n antwoord op boodskap #110827] Di, 25 Julie 2006 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote

Torreke skryf

> Jy sal nie een enkele pos kan aanhaal waarin ek gesê het dat die Bybel altyd
> letterlik opgeneem moet word nie, inteendeel ek het reeds by herhaling,
> veral in my stryery met Jim, gesê dat wat in die Bybel staan moet binne
> verband gelees word. As ek dit nie vantevore duidelik genoeg gesê het nie,
> laat ek nou nog daarbyvoeg: Daar moet ook deeglik rekening gehou word met
> die bepaalde genre van die boek waarin die tek staan.

Goed. Dis presies soos ek sien die Bybel gelees
moet word. Dan, snaaks genoeg, behoort ALLE
DENKENDE MENSE die Bybel ernstig op te
neem ( net soos alle denkende mense die groot
teologiese geskrifte van alle kulture ernstig op moet
neem.) Northrop Frye, een van die beste outoriteite
op William Blake, skryf dat die Bybel "The Great
Code" is.

Gloudina

Terwyl ons saamstem oor hoe die Bybel gelees moet word, stem ek nie met jou
saam dat ander godsdienstige geskrifte op dieselfde vlak is of gesien moet
word nie.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110833 is 'n antwoord op boodskap #110829] Di, 25 Julie 2006 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"darwin" wrote

> twak, daar is baie hoogsintelligente "denkende" mense wat
> ateiste is en nie bybels van enige kultuur ernstig opneem nie,
> maar wel gelees het.

En jy is een van hulle, nie waar nie?

>
> jou god het sekerlik dino's geskep net om hulle met n groot
> klip dood te gooi ná domkop?

En breinlose, dooie materie het intelligente, lewende wesens voortgebring,
of hoe?
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110840 is 'n antwoord op boodskap #110832] Di, 25 Julie 2006 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Terwyl ons saamstem oor hoe die Bybel gelees moet word, stem ek nie met jou
> saam dat ander godsdienstige geskrifte op dieselfde vlak is of gesien moet
> word nie.

Kan jy my verduidelik hoekom nie?

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110845 is 'n antwoord op boodskap #110840] Do, 27 Julie 2006 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" [/color]
> Torreke skryf
>
>> Terwyl ons saamstem oor hoe die Bybel gelees moet word, stem ek nie met
>> jou
>> saam dat ander godsdienstige geskrifte op dieselfde vlak is of gesien
>> moet
>> word nie.
>
> Kan jy my verduidelik hoekom nie?
>
> Gloudina

Ek glo gewoon nie die storie van "alle paaie lei na Rome nie". God is
konsekwent - gister, vandag, more, altyd dieselfde! God sal Homself nie
weerspreek nie; dan sou Hy ophou om
God te wees! Hy sal nie in die Bybel een ding sê en in die Koran iets
anders nie. ( Trouens, dit is een van die toetstene wat deur die eeue
aangelê is in die beslissing oor watter Kanonieke boeke is en watter nie -
eenstemmige getuienis! Let wel, ek sê "eenstemmige", nie "identiese" nie. )
Hy sal nie in die een boek Isak as die draer van die belofte aandui en in 'n
ander boek Ismael nie! Hy sal nie in die een boek Jesus as sy Seun, ons
hoogste Profeet, enige Hoëpriester wat Homself vir ons sonde geoffer het en
ewige Koning aandui, en in 'n ander boek sê: Nee, dis alles 'n groot
misverstand; Jesus is net 'n mens en 'n belangrike profeet, maar Hy is nie
die Seun van God nie, nie die Verlosser nie, Mohammed is die laaste en groot
profeet. Hy sal nie in die een boek sê dat Hy op baie maniere en deur
middel van
baie mense gepraat het en dat sy Woord uit 'n biblioteek van Boeke bestaan
wat eenstemmig getuig, en in 'n ander boek dat Hy net daardie één boek
aan daardie één persoon gegee het wat sy woord bevat nie.

Die Koran, die Book of Mormon, ens. kom almal met 'n meganiese inspirasie
aanspraak, d.i. God het dit netso woord vir woord voorgesê. Behalwe vir die
10 gebooie wat Hy met sy eie vingers geskryf het, kom die Bybel nêrens met
so 'n aanspraak nie, maar sê "die heilige mense deur die Heilige Gees
gedrywe, het gespreek" - die sg. organiese inspirasie! Die Koran (geskryf
deur Mohammed), Book of Mormon (geskryf deur Joseph Smith), etc. berus op
die getuienis van één persoon wat daarop aanspraak maak dat sy boek woord
vir woord presies so deur God voorgesê is en nie anders nie, die Bybel berus
op die eenstemmige getuienis van baie mense oor duisende jare wat getuig oor
wat God in hulle lewens gesê en gedoen het. As jy en ek uit eie ervaring
oor hoe God Hom in ons eie lewens openbaar, moet oordeel, dan weet ons mos
watter boek se aanspraak is geloofwaardig.

Die Bybel, OT en NT, verkondig dat die mens nie homself kan verlos nie, dat
God die mens uit sy ellende moet red. Die ander boeke kom met
selfverlossing in een of ander gedaante! Weereens, ons hoef maar net na ons
eie onvermoë om ons gedrag te verbeter en die wêreld se mislukkings om 'n
beter wêreldorde te skep, te kyk, om te besef dat enige aanspraak dat die
mens homself kan verlos, nie van God kan kom nie.

Ek sou baie meer argumente kon byvoeg. Ek volstaan egter deur te sê in die
finale instansie is dit 'n kwessie van geloof.
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110846 is 'n antwoord op boodskap #110845] Do, 27 Julie 2006 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

( Trouens, dit is een van die toetstene wat deur die eeue
> aangelê is in die beslissing oor watter Kanonieke boeke is en watter nie -
> eenstemmige getuienis!

Jy sien, net hier ondergrawe jy jou sterk argument
dat alleen wat vandag in "jou Bybel" staan, werklik
"die woord van God" is. Sodra jy van die "kanonieke
boeke" en die "nie-kanonieke boeke" van die Bybel
begin praat, dan begin jy om "waaraan jy glo"
in die hande van 'n klomp mense eeue gelede te
sit, wat hulle eie filosofiese en politieke en kulturele
agendas gehad het.
En dan begin 'n mens soos ek sterk te wonder
of ek die "woord van God" nie ook vind in die
nie-Kanonieke boeke, en ook in die geskrifte van
ander geloofsrigtings nie. Dan begin 'n mens soos
ek sterk wonder of mense soos jy, wat mense
wil dwing om net in die "kanonieke Bybel" te glo,
en dus ander mense in ander gelowe verdoem,
nie diktatoriaal is en op 'n dwaalspoor is teologies
nie, met julle eie agenda. Want ek, persoonlik,
wil liewer ernstig opneem wat in die Nuwe
Testament gesê word, dat "in die Huis van my
Vader daar baie wonings is" en dat "God" se
uitsprake ook geld in die "boeke" van daardie
dele van die wêreld wat nog nooit in aanraking
gekom het met die Judaistiese godsdienste wat
in die Midde-Ooste ontwikkel het nie. Op dié
manier vertoon ek, myns insiens, meer respek
en gee eer aan die konsep van Godheid, as jy
wat wil dikteer "wat God gesê het" en wat hy
nie gesê het nie.
Dit beteken nie dat ek die manier waarop
jy jou godsdiens beoefen, afkeur nie. Die
Buddhiste glo dat daar verskillende "vehicles"
is wat almal lei na "enlightenment." Ek is
geneig om met hulle saam te stem.

Gloudina
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110849 is 'n antwoord op boodskap #110845] Vr, 28 Julie 2006 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke

Ek is geintreseerd in die feit dat in die dele van die wereld waar
Jesus rondgeloop het, juis die gebiede is met so 'n hoe aantal Molems.

Is daar 'n rede daarvoor en/ of 'n studie daaroor gedoen. Indien wel
kan jy asb vir my meer inligting gee.

Groete

Riaan
Re: Hoe laag is die IK? [boodskap #110850 is 'n antwoord op boodskap #110849] Vr, 28 Julie 2006 09:12 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" Ek is geintreseerd in die feit dat in die dele van die wereld waar[/color]
> Jesus rondgeloop het, juis die gebiede is met so 'n hoe aantal Molems.
>
> Is daar 'n rede daarvoor en/ of 'n studie daaroor gedoen. Indien wel
> kan jy asb vir my meer inligting gee.

Ek is geen ekspert op die gebied van Islam se geskiedenis nie, maar ek kan
die volgende met redelike sekerheid sê.

Mohammed, 'n Arabier, wat in die 7e eeu nC geleef het, was vertroud met die
Ou T en Nuwe T - met die Joodse geloof en die Christelike geloof! Hy was
diep teleurgesteld met die sondige lewens van Christene met wie hy te doen
gekry het en het daaruit waarskynlik afgelei dat die boodskap dat Jesus die
mense se sondes versoen en hulle 'n nuwe lewe deur wedergeboorte geskenk
het, nie korrek is nie. Hy het daarop aanspraak gemaak dat God die Koran
aan hom geopenbaar het en dat dit die korrekte lewenstyl vir gelowiges
voorskryf.

In die Koran word verkondig dat Hagar se seun, Ismael, - dus die Arabiere! -
die werklike draers van God se belofte aan Abraham is en nie Isak - en dus
die Jode! - nie, omdat Ismael Abraham se eersgebore seun was. (Teen dié
agtergrond is dit nie moeilik om te verstaan waarom die moderne Joodse
staat, Israel, en sy Islamse, Arabiese bure eenvoudig nie tot 'n vergelyk
kan kom nie.) (Terloops, die Koran bevat ook 'n beskrywing van die
geboortegeskiedenis van Jesus)

Islam is 'n sinkretistiese godsdiens wat elemente uit die Joodse,
Christelike en heidense godsdienste bevat!

Baie gou het die Moslems die sg. "heilige land" oorwin en hulle besitting
gemaak. Vandaar die kruistogte deur Christene uit Europa gedurende die
Middeleeue om Palestina te probeer herower.

Mohammed het van die Christene die gedagte oorgeneem dat die godsdiens
uitgedra moet word na die "heidene". Of hy bedoel het dat die geloof met
geweld uitgedra moes word, is nie seker nie, maar sy volgelinge het die
swaard opgeneem en fanaties Islam met geweld op mense afgedwing sover hulle
gegaan het. Teen ongeveer 1000 nC het hulle reeds die hele Noord-Afrika
ingepalm, oor die straat van Gilbraltar gegaan en tot by die Pirinees
gevorder en geregeer. Noord van Palestina het hulle die Oos-Romeinse Ryk
wat bly staan het toe die Wes-Romeinse Ryk in die 4e eeu geval het, in die
15e eeu ingepalm; soos jy behoort te weet, word die val van Konstantinopel
(nou Instanbul) as die einde van die Middel Eeue beskou. Hulle het ook
verskeie van die Balkanstate oorwin; in lande soos Kroasië en Serwië is
groot dele van die bevolkings steeds Moslems!
Vorige onderwerp: Aangeval ná net drie ure in Suid-Afrika
Volgende onderwerp: briefie vir antie gloudiena
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:12:21 MGT 2024