Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aangeval ná net drie ure in Suid-Afrika
Aangeval ná net drie ure in Suid-Afrika [boodskap #110842] Di, 25 Julie 2006 13:08
mon[1]  is tans af-lyn  mon[1]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Aangeval ná net drie ure in Suid-Afrika
Jul 23 2006 09:59:36:770PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Dries Liebenberg

Durban. - Organiseerders van 'n internasionale sosiologie-kongres gaan
vandag alles in hul vermoë doen om afgevaardigdes se veiligheid te verseker
nadat twee van hulle die naweek in die stad aangeval is.

Mnr. Daniel Gutierrez Martinez van Mexiko se neus is gebreek en aartjies in
sy oë het gebars toe hy en me. Delphine Resteigne van België Saterdagaand
deur 'n groot groep jong mense op straat aangeval is.

Die voorval het 22:00 op die hoek van Weststraat en Durban se berugte
Pointstraat gebeur, het dir. Bala Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die twee sosioloë, wat Saterdagmiddag in die stad aangekom het vir die
vierjaarlikse wêreldkongres van die Internasionale Sosiologiese Vereniging,
wou'n elektriese aansluitprop gaan koop.

Hulle was op soek na 'n huurmotor om hulle terug te neem na die Road Lodge
toe die groep hulle aangeval het, het Martinez aan Sapa gesê.

Hy kon losruk en ná 'n nabygeleë hotel hardloop, maar het in die struweling
Resteigne uit sy sig verloor.

Sy is later in 'n kitskoswinkel gekry waar sy gaan skuiling soek het nadat
die aanvallers haar teen die grond gegooi het.

Toe hy die afgelope Wêreldbeker-sokkertoenooi in Duitsland bygewoon het, het
hy nooit onveilig gevoel nie, het Martinez gesê.

"Dis ongelooflik. Ek is skaars drie ure in die stad en twee blokke van my
hotel en toe gebeur dít."

Prof. Dasarath Chetty, voorsitter van die reëlingskomitee, het gesê hulle
sal die sowat 3 500 afgevaardigdes vandag inlig waar in die stad dit veilig
is om te loop.

Terselfdertyd sal hulle vir meer polisiebeamptes vra by die International
Convention Centre, Durban Exhibition Centre en Unisa se gebou, waar die
kongres onderskeidelik gehou word.

------------------------------------------------------------ --------------------
Mijn Postvak In wordt beschermd door SPAMfighter
113 spam-mails zijn er tot op heden geblokkeerd.
Download de gratis SPAMfighter vandaag nog!
Vorige onderwerp: nog protest teen geweld
Volgende onderwerp: Hoe laag is die IK?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:54:23 MGT 2024