Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oorlog

Vr, 01 Augustus 2003 02:01

>> Wat is jou mees geliefkoosde oorlog om oor te gesels?

> Die 2'de Wêreld oorlog. Ek veramel ook vlae.
> En as 'n stokperdjie bou ek skaalmodelle van tanks wat uit bogenoemde oorlog
> dateer. hier's 'n pic om jou 'n idee van my tydverdryf te geë. Ek is nog nie so
> kunstig nie, maar ek streef daarna ;-))
> Die tank is 'n Tiger I

Dit klink baie interessant! Hoeveel vlae het jy al? Wow, daardie
tank lyk vir my ongelooflik goed, so ek weet nie hoe dit gaan lyk as
jy nog meer kunstig raak nie?
Jy klink na 'n baie interessante mens, Andries!

Iets effens anders, maar dalk vind iemand dit interessant:

Nou die dag lees ek 'n interessante artikel oor "oorlog, musiek en
evolusie".
Die skrywer het gewonder oor die feit dat oorlogsmusiek deur al die
jare so populêr is en bly. Hier in Amerika, in elkgeval. Jy ken
seker die bekende Aaron Copland se "Fanfare for the common man"?
Blykbaar het hy dit gekomponeer tydens ww2 om die gewone Amerikaners
se bydrae aan die oorlog te vereer. Ook die Sousa marches en ander
waarmee ons kinders hier grootword, is gewild om te bly. Die outeur
het gewonder waarom ons nie ook musiek en balades skryf oor ander
soortgelyke tragiese probleme van "humanity" nie.

Hy maak toe die volgende stelling:
"I believe we love wartime music and other wartime cultural practises
in part because war is what got us where we are today. It is a grim
prospect, but the early human species that proiliferated were probably
the ones that wiped out everybody else around them."

Wat dink julle van hierdie statement? Wat dit verder interessant
maak, is dat hy ook genoem het van die artikel in Science News wat
gehandel het oor Genghis Khan: "According to an international team of
geneticists about 1 in 200 men worldwide carry a form of the Y
chromosome that originated un Mongolia nearly 1,000 years ago". Heel
waarskynlik is dit die resultaat van Genghis Kahn se militêre sukses,
want ou Genghis het self hierdie unieke Y chromosoom gehad.

Elkgeval - bottomline is dat daar nou gespekuleer word dat "war is not
a product of civilization, of nations and economics and boundary
lines. But has somehow been hardwired into the brain". (Bedoelende
die mense wat ou Genghis se Y chromosoom dra, sal heelwaarskynlik meer
oorlogsugtig wees as die gemiddelde mens) Dit het my laat wonder oor
Bush. :-)))

Maar die laaste paragraaf:
"If war is in our genetic makeup, we know from experience that so are
diplomacy and peace. They may be more tedious and perhaps less
emotionally gratifying than the decisive violence of war, and it'
scompelling songs. But they are still within our grasp, and that
should be music to our ears."

Verwysing: Travis, John, 2003, Genghis Kahn's legacy? Science News,
Februray 8, 2003, Vol 163, No.6

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ons vriend...

Do, 31 Julie 2003 18:51

Rico is mos ons almal se vriend, en soos hy vertel het, is hy tans in
die hospitaal. Ons hoef nie verder vrae te vra of te bespreek en
bespiegel nie, maar ek het gewonder of ons dalk elke dag so paar
minute opsy kan sit en aan hom dink tot hy weer gesond genoeg is om
saam met ons hier te kom skerts en gekskeer?

Aan jou Rico - hang in there friend. Ons hou jou stoel warm.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Verrassing ! 'n Ander Afrikaanse groep !

Do, 31 Julie 2003 14:57

Hallo almal,

Toevallig (nè, Katryn ? :-) ) kry ek hierdie Afrikaanse nuusgroep. Dit lyk
my dat julle baie lekker gesels.
Kan ek maar saamgesels ?

Hielie.

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

OT - On-line dictionary

Wo, 30 Julie 2003 22:57

Could someone please recommend an on-line dictionary that translates words
between Afrikaans and English?

This one doesn't have enough words:
http://dictionaries.travlang.com/EnglishAfrikaans/

Baie Dankie

Kit
--
To reply replace nospam with kamuzz

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Re: Katryn se koffie is al koud, ek sit dit gou in die microwave

Wo, 30 Julie 2003 10:56

"Katryn"
: 2. A person who habitually spreads intimate or
private rumors or facts.
---
nou't ek ook iets geleer, dat as mens in engels
die waarheid skryf is dit skinder ..... ek wonder
of dit in afrikaans ook dan skinder sal wees? ;-)
-
ek sien die sleutelwoord daar is 'habitually' so
as ek net eenkeer alles wat ek van jou weet met
iemand anders bespreek of deel, dan is dit nie
skinder nie, solank ek dit net in engels ook doen
:-(
stem jy?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Julle moet rustig slaap

Di, 29 Julie 2003 22:15

.:-)))

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tobie se Cremora

Di, 29 Julie 2003 20:56

Tobie, ek kon net een van jou poste sien. Katryn het vir my die ander
gestuur. Oor die webwerf, dankie vir die verduideliking, dit klink na 'n
interessante projek. Was jy self weer Angola toe na die oorlog daar?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Platespeler

Di, 29 Julie 2003 20:44

Wie luister na Rammstein. Ek doen.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

HELLP!!!!

Di, 29 Julie 2003 20:13

DD, Katryn, sy het my alweer geantwoord op SCSAA...... ! Waarom?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Kazaa.

Di, 29 Julie 2003 20:13

Hoe gewild is Kazaa? Wie hier gebruik die program?

Wonder maar net.

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721    »]
Tyd nou: Wo Jul 03 03:11:12 MGT 2024