Wij zijn gisteren naar de opera geweest (Der Rosenkavalier van Strauss),
waarin we een Zuid-Afrikaanse in een van de hoofdrollen zagen schitteren:
Michelle Breedt. Ze komt uit een domineesfamilie, interesseerde zich meer
voor biologie en scheikunde, maar een koordirigent sprak met haar en vroeg
of ze er niet voor voelde zangeres te worden. En zo ging ze muziek studeren
in Stellenbosch! Ze had nog nooit een opera gezien. Omdat in Zuid-Afrika
weinig emplooi is voor een operazangeres is ze naar Europa gegaan. Ze zegt:
"De Zuid-Afrikaanse operahuizen verkeren allemaal in de problemen. Ze
krijgen heel weinig geld en hebben geen vaste koren of orkesten. ....... een
natie wordt ziek als er geen cultuur meer is. Kunst is ons geweten en als je
de ziel van kunst aan politiek en geld verkoopt, dan is het mensdom
verloren, dan verstomt de mens. In Zuid-Afrika is het wat dat betreft heel
snel gegaan. Maar er is een voorzichtige kentering te bespeuren. Juist via
muziek en opera kunnen we brugggen bouwen tussen culturen. Er zijn steeds
meer zwarte mensen die in een koor zingen en daardoor krijgt zo'n koor weer
subsidie. .......Er is heel veel talent daar en we moeten blijven geloven in
de helende kracht van muziek."
Hier in Londen was dit hierdie week nuus toe 'n piranha skielik uit
die lug op 'n boot in die Thames val... Die huidige teorie is dat
iemand dit as 'n troeteldier aangehou het, en toe in die Thames
losgelaat het waar 'n meeu dit opgepik het en laat val het. Dit was
blykbaar 'n "Red Bellied Piranha". Rooi maag piranha, roodepoort,
iewers het hulle iets in gemeen...:-))
...In die referendum wat op 17 Maart 1992 gehou is, is die volgende
vraag aan die Blanke kiesers gestel:
"Is u ten gunste van die
voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2
Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van 'n nuwe
grondwet deur onderhandeling?"
Lorinda, Katryn en ek het jou reeds as 'missing' gerapporteer.
So verdra maar uniforms met baie vrae as jy selfs net ietwat
na jouself lyk, want jou foto is as 'gesoek' teen die mure en
teen die pale. Jy beter 'n bleddie goeie verskoning hê.
Roely, ek het vandag 'n boek in 'n tweedehandse boekwinkel in Brighton
gekoop deur die skrywer Janwillem van de Wetering "Outsider in
Amsterdam". Het jy al van sy boeke gelees?
Vyftien manne sit opgesluit in die Lokale gevangenis van Pretoria se
enkelselle. Hulle vorm deel van die 22 beskuldigdes van die
Boeremag-saak waar daar 43 aanklagte teen hulle is. Dit sluit in
hoogverraad, terrorisme, onwettige besit van vuurwapens, plofstof, die
vervaardiging van plofstof, moord, hulpverlening aan voortvlugtiges en
nog vele meer. Die skrywer is een van hierdie vyftien wat in die hool
aangehou word en hoop om deur middel van hierdie artikel ons mede
Boerevolksgenote te laat deel in die ondervinding van ons
Boerekrygsgevangenes in die tronke wat gebou is om ANC-terroriste te
huisves. Dit weerspieël al die hoogte- en laagtepunte in ons lewens.
Dit beskryf verlange, opwinding, stryd, onlogiese bewaarders,
emosieskommelings, verlange en sommer net lawwe momente van die
Boere-stryders, ingekerker in hulle selle.
Sluit aan by die Boeremag en sien Azania se tronke
Iemand het eendag die grappie gemaak: "Sluit aan by die Boeremag en
sien Azania se tronke." Tussen hierdie klomp manne wat beweerde lede
van die Boeremag is, is ons seker al tesaam in 25 verskillende tronke
en polisiestasies aangehou. Dit was Zonder Water op Cullinan,
Losperfontein se massaselle op Brits, Krugersdorp, Hartebeesfontein,
C-Maks se dodeselle, Lokaal se massaselle, Diepsloot in Soweto,
Baviaanspoort, Potchefstroom, en klomp verskillende polisieselle in
Pretoria. Dan was ons in strafselle, dan polisieselle, dan saam, dan
geskei, dan alleen. Dit was kompleet asof hulle ons 'n gratis toer
deur die land se tronke wil gee. Ek wonder nogal wanneer sien ons hoe
lyk Robbeneiland?
Party is gemartel met inhegtenisneming, ander is by die huise gaan
haal en party is met helikopters gevlieg. Een van ons se vrou en
vriend het self ook 'n hele aand in die selle deurgebring. Ander se
vrouens is erg geïntimideer en sake is teen hulle probeer maak. Ons
huise, vriende en familie se huise is al hoeveel keer bestorm deur 'n
menigte uniformmanne. Hulle sak met helikopters en veertig man neer op
een vrou, grawe deur alles wat privaat is en konfiskeer links en regs
sonder lasbriewe in sommige gevalle. Soms is hulle optrede niks anders
as 'n bende rampokkers wat deur die magtige vervalle staat beskerm
word nie. Party van ons mense word afgeskrik deur hulle optrede, maar
die meeste word net nog meer soos 'n rooikat in 'n streepsak.
Een predikant was te bang om Van Rooyen te trou, omdat die prediker
bang is sy huis loop deur onder die polisie. As jy dus jou huis reg
wil pak vir 'n verandering, skryf net vir een van ons 'n brief, en
ontvang 'n gratis regpaksessie van die staat se braafstes. Manne wat
jou kan martel as jou hande agter jou rug vasgebind is.
Kontak met ons mense
"Hoe is dit in die tronk?" is die vraag wat op die meeste se lippe
hang. Wel, gagga, uiters gagga. Die ergste van alles is dat jy geskei
is van almal wat jy liefhet. Of dit in 'n hool is en of dit op 'n
eiland paradys is, om geskei te wees is goor. Dit sou natuurlik gehelp
het as dit op 'n paradys was, want nou is die skeiding sommer goorder.
Om die tronk saam te vat, kan dit ingedeel word in trappe van goor:
Skeiding is goor, die gagga plek is goorder en die Filistyne die
goorste.
Die skeiding - jou mense verlang na jou en jy verlang na hulle. Die
tye wat jy opgesluit sit in jou piepklein wêreldjie is die tye wat jou
gedagtes ver draaie gaan maak. Maar jy kan bel, en by die verskillende
tronke verskil hulle manier van bel asook hulle tye om dit te doen. In
C-maks se maksimum afdeling, waar ons was, het ons tien minute per dag
gekry, vir vier dae van die week. Om vir veertig minute met jou vrou
te praat, en nog enigiets anders te reël in 'n week, is totaal nag.
Hier, in Lokaal, is 'n telefoon op die vloer wat enige tyd, as dit
beskikbaar is, gebruik kan word. Die een Telkom
dan-en-wan-werkende-kaartfoon word gedeel tussen 38 inwoners, vir wie
dit die enigste bron van kontak met die wêreld is. Die gevolg is 'n
klomp woestynkamele by 'n koppie water: stormloop. As jy wil bel, moet
jy nou eers uitvind waar pas jy in die wagry in. Dan wag jy tussen 'n
halfuur tot twee ure om 'n beurt te kry. Jy is veronderstel om dan net
tien minute op 'n slag te bel. Maar daardie reël is net op jou van
toepassing, met die gevolg is dat die ander hulle tyd vat en jy
aangejaag word. Die ergste is, jy weet dat jou vrou haar laerskool
spaarvarkie breek om vir jou telefoonkaarte te koop, want hierdie
geselsie is die bietjie wat daar nog van julle huwelik oor is. Terwyl
jy bel, sien jy op die kaartfoon se skermpie hoe die bloedgeld aftik
en die selfone rande opslurp,.die duur selfone tog so noodsaaklik vir
'n vrou in ons "veilige, wonderlike reënboog"-land, waar swart deel
van die reënboog is.
Saam met die telefoonkontak, kry ons darem ook twee halfuur-besoeke
per week. Die hele besoek proses begin wanneer jou mensies gaan sit
tussen die leërorde Filistyne en ongeveer 'n uur wag. In hierdie
wagtyd is daar 'n paar sieldodende take om te verrig. Eerstens
bekommer almal hulle oor hulle karre wat buite op die oop
parkeerterrein staan. Dit is nie DKD se grond nie, maar die
munisipaliteit se grond. Daarom mag hulle nie een bewaarder afstaan
om te verseker dat die publiek se karre veilig is nie. As ons mense
dan vir ons kom kuier, is hulle nie so seker dat hulle ruite, inhoud
van die kar of die kar self nog net so gaan wees as hulle ure later
terugkeer nie. Niks ernstig nie, daar was in hierdie tyd by ons mense
seker maar nog net vyf inbrake en een kar wat gesteel is. Niks
ernstig in vergelyking met die res van Azania se statistiek nie.
Met hierdie bekommernis van die karre breek die eerste taak aan. Die
eerste taak is om verby een of ander irrasionele swart bewaarder te
kom met al jou pakkies. Die aktuele vraag by elke besoek is: wat gaan
afgekeur word en wat gaan deurgelaat word? Indien 'n pakkie afgekeur
word, bring hulle dit maar net weer saam, dalk is daar volgende keer
iemand anders op diens of is die bewaarder dan in 'n beter bui. Dan
het ons mense nou met die eerste bogrondsefase afgehandel.
Op pad na die tweede fase, word hulle bevoel vir verbode items voordat
hulle vir hulle tweede wagbeurt in die bedompige, stink plek ingaan,
om vir die tweede halfuur-uur aan te meld. Dit is nie omdat daar so
baie besoekers is nie, dit is maar net omdat daar een bewaarder in die
skakel is wat eers sy toebroodjies wil klaar eet of net nog bietjie
sit en niks doen nie, of sommer net eers klaar gesels- hulle het mos
die hele dag tyd. Intussen is jy al 'n uur of twee gelede geroep by
jou sel, en het jy afgegaan om in jou eie bondel te staan en wag vir
jou besoek. Jy gee jou bloukaartjie waarop jou naam, vingerafdruk en
terrorisme pryk, by die een wat aan jou kant met die besoeke werk in.
Jou kaartjie word tussen die ander se kaartjies in 'n groot sweterige
bra gedruk of met vetterige vingers, wat pas hoender geëet het, betas.
Hierdie nat, vetterig, vuil of verkreukelde kaartjie word vir jou
mensies gegee, waarna hulle in 'n lang ry vir nog 'n sessie gaan
staan, sodat al die pakkies weer deursoek kan word en deur 'n
kosblikgrote gat in die tralies, aangegee kan word. Jou klere,
onderklere, kouse en alles wat so mooi met liefde deur jou vroutjie
netjies versorg is, word met daardie hande opgefrommel en deur die
tralie op die tafel aan die anderkant gegooi, waar al die kos, brood
en vetterighede van vorige gevangenes, geplaas is. Die grap is dat
hier steeds goed afgekeur word wat reeds toegelaat is by die vorige
kontrolepunte.
Nadat jy nou jou pakkies ontvang het, kan jy gaan kuier. Jy gaan sit
in een van 'n ry hokkies tussen stemverheffende swartes terwyl jy 'n
gesprek met jou vrou probeer uitmaak. Julle sit weerskante van 'n
vieslik vuil dik klankdigte glas. Die kuiertjie geskied met behulp van
'n luidsprekerstelsel wat soos 'n flikkerlig, dan en wan, werk. Meeste
van hierdie vensters het nog dik ysterstawe voor hulle sodat jy soos
'n Ghanese dieretuin-gorilla voel. In Krugersdorp het ons mense tussen
200 en 400km gery om ons te kom besoek, slegs vir 7 minute op 'n slag,
tussen hordes, wat nie die vermoë besit om sag te kan praat nie.
Besoekdae is streng Maandae, Woensdae en Vrydae, teoreties gesproke
tussen 08:00 en 14:00. Hoeveel mense wat werk kan hierdie tye kom
besoek? As ons twee besoekdae by die hof was, kan jy naweek besoek
kry, anders is dit so uit soos bier in die tronk. Dit maak nie saak
hoe onmoontlik dit vir jou mense is nie, naweke en vakansiedae is die
reg van die gevonnistes om besoek te ontvang. Ons kry dus vier uur per
maand nie kontakbesoek, slegs op weeksdae tussen 08:00 en 14:00,
terwyl die gevonnistes 5 uur per maand kontakbesoek kry, op naweke en
vakansiedae. Die misdadiger het dus meer regte as 'n persoon wat nog
veronderstel is om gesien te word as onskuldig tot skuldig bewys.
Om jou mense vir 'n maand glad nie te sien nie, was dus nie 'n rare
verskynsel nie. In hierdie ongeveer jaar, vir sommige byna twee jaar,
wat ons in verskillende gevangenisse aangehou was, het ons maar, seker
altesaam, vir vier ure ons vrouens se hande kon vashou. Manne met
klein kindertjies moes hulle kleingoed deur die glas sien hoe hulle
tandjies uitkom, die nuutheid van loop aanskou, en aande met hulle eie
gedagtes lê en foto's kyk. Vir God, vir volk....
In teorie is daar darem nog een manier om kontak met jou mense te maak
en dit is deur middel van briewe. Dit is die teorie, want die helfte
of meer bereik nooit hulle eindbestemmings nie. Hulle word soos die
hele Westerse beskawing verswelg in die bodemlose swartgat van Afrika
wat alle beskawing in sy eindelose swaartekrag intrek en totaal
vernietig. Ons ontvang darem met horte en stote briewe, wat ons baie
waardeer.
Dus is die telefoon jou lewenslyn, die besoeke jou hoogtepunt. Met al
hierdie gesukkel van die besoek, met die min kontak met jou mense,
leer jy om te waardeer. Jy gryp aan elke grashalmpie vas. Die gesig
van jou vrou is die droë brood vir die kind in hongersnood, die
doudruppel vir die woestynverdwaalde. Elke brokkie is 'n genade van
God. Wat vanselfsprekend was is die hoogtepunt van jou bestaan. Jy
leer om die kleinste te waardeer en in die ander is jou dankgebed vol
klein dingetjies, soos dié van 'n kind. Is dit dalk wat ons Vader wil
hê?
Gedagtes in jou sel
In die week word ons 07:00 uur die oggend oopgesluit en 14:45
toegesluit. Op naweke en vakansiedae word ons 14:00 uur toegesluit.
Die tyd wat ons oop is, beweeg ons net in ons seksie, behalwe 11:00 -
12:00 wat ons na die binneplaas toe gaan. Ons gang is omtrent so 70m
lank met ongeveer 40 enkelselle. Ons is saam met 'n groep
transitorowers en baie gevaarlike verhoorafwagtendes. In hierdie tyd
kan ons gaan stort, kuier met die ander, bel of gewigte oefen.
Met toesluittyd druis die oorverdowende geluide van slotte en
klappende deure deur die leë gang. Dan is jy op jou eie, elkeen met sy
eie ding. In die aande as dit reeds donker is en stilte ietwat oor die
barbaredom gedaal het, kruip die gedagtes van jou liefde uit al die
mooi plekkies en kom lê saggies hulle wesens neer in die sugte en
trane van verlang. Trane van gefrustreerd wees as jy hoor dat jou vrou
deur 'n slaggat gery het, ure langs die pad gestaan het, en jy kan
niks daaraan doen nie. Daar is niemand om haar te help nie, want almal
het hulle eie goed waarmee hulle besig is om net kop bo water te hou.
Jy hoor dat sy sukkel met finansies, maar niemand maak 'n draai om net
te hoor of sy nog brood in die huis het nie. Jy hoor van krisisse wat
sy moet hanteer, en die kerk wat swyg in hulle afwesigheid, om net
bietjie te ondersteun. Emosies wat oorborrel as jy sien hoe swaar jou
vrou kry, en jy sit opgesluit in jou koninkryk van mure. As jy die
verlange in kinderogies sien, gebede van hulle hoor dat Pappa net weer
moet huistoe kom om by Mamma te kom slaap. Jy kom by die hof met die
kinderogies vars in jou gedagtes en jy sien die vet uitgevrete eie
bloed wat uit hulle pad gaan om jou lewe namens kommuniste te verwoes.
Mense wat blink vet rondloop, uitgevreet aan die Judasloon.
Gedurig sit die gedagte in jou kop vas: Hoe lank nog? Die eerste
Engelse oorlog was maar gou, die tweede - drie jaar. Die Rebellie het
sy bloed geëis en die Ossewabrandwagmanne was tot ses jaar in die
tronk. Jou gebede draai rondom roeping uitleef en smeking om huis toe
te gaan. Jou gedagte dwaal oor die vertroeteling van kameraadskap met
die een wat jy liefhet, die skede waarin die swaard na die dag se
geveg rustig kan gaan rus in die nag se stil ure. Jy mis die sagte
hand op 'n beduiwelde dag, net die deel van saamweesdingetjies. Jy
leer om te haat, die wat jou beste tyd se vreugde steel. Jy leer om
die nuus dop te hou, met afwagting: Wanneer gaan die Boerevolk se
manne eindelik hulle roeping aangryp, hulle verantwoordelikheid nakom?
Jy luister en kyk hoe praatsiek leiers geen oplossing bied nie.
Almal weet wat die onafwendbare is, maar niemand durf sê dat die
keiser kaal is nie. Die dae vlieg verby en tik hul reëlmaat af, een na
die ander. Elke dag nader aan die wedersiens, elke dag verder van die
laaste besoek. Tog bo al hierdie pyn leer jy liefde ken. Jou liefde
raak intens, brandend. In die proses om jou te breek maak hulle jou
net sterk.
Wie kan me helpen?
In dit lied uit Porgy and Bess staat een stukje voor mij onbegrijpelijke
tekst, in het zesde couplet. Iemand uit een andere nieuwsgroep had deze
vraag, en toen moest ik natuurlijk meteen aan deze internationale groep
denken ;-)
Wie kan een uitleg geven?
Roely
It ain't necessarily so,
It ain't necessarily so.
De t'ings dat yo li'ble
To read in de Bible -
It ain't necessarily so.
Li'l' David was small, but oh my!
Li'l' David was small, but oh my!
He fought Big Goliath
Who lay down and dieth -
Li'l' David was small, but oh my!
Oh Jonah, he lived in de whale
Oh Jonah, he lived in de whale.
Fo' he made his home in
Dat fish's abdomen -
Oh Jonah, he lived in de whale.
L'il' Moses was found in a stream
L'il' Moses was found in a stream
He floated on water
'Till Ole' Pharaoh's daughter
She fished him, she says from dat stream.
It ain't necessarily so
It ain't necessarily so
Dey tell all you chillun
De Debble's a villun
But 'tain't necessarily so.
To get into Hebbben
Don't snap fo' a sebben - (dat snap ik niet)
Live clean! Don' have no fault! Look at me!
Oh, I takes dat gospel
Whenever it's pos'ple -
But wid a grain of salt!
Methus'lah lived nine hundred years,
Methus'lah lived nine hundred years,
But who calls dat livin'
When no gal'll give in
To no man what's nine hundred years?
I'm preachin' dis sermon to show
It ain't nessa, ain't nessa,
Ain't nessa, ain't nessa -
It ain't necessarily so!
Julle het mos so rukkie gelede oor digters en dinge gesels?
Ek wou nog iets daaroor gesê het. Vandag sien ek hierdie verwysing in
een van die groepe waar ek soms lees, en dog julle sal dit dalk ook
interessant vind? http://www.bopsecrets.org/rexroth/essays/poetry-society.htm
"The oldest and most popular subject of criticism is apparently the
role of poetry and the place of the poet in society. The arguments of
Plato and Aristotle are not early but late. Long before their day, on
Egyptian papyrus and Babylonian clay tablet and in the Prophetic Books
of the Bible, the discussion was going on. As most of you may know,
Plato had a very low opinion of poets. Isaiah had a very exalted one.
From those days to the present the debate has continued."
Katryn, in vandag se Guardian skryf David Aaronovitch:
"So far the quite sensible maxim has been that voters are opting for the
person most likely to beat George Bush and that this man is John Kerry.
But there's a problem ahead. Kerry is a northerner and - conventional wisdom
has it - a northerner cannot win the presidency because southerners will not
vote for them. That's why all the Democrats who have gained the White House
since 1964 have come from southern states, and all those who have come from
northern ones have lost. What this means, of course, is that southerners are
exercising a kind of regional veto, but that northerners aren't."
Dink jy daar is iets in wat hy sê, en/of sal dit 'n rol speel in die geval
van Kerry? Ek vra maar net, want Aaronovitch kan partykeer vreeslik deur sy
nek praat (net soos die afkop spook wat gereeld verskynings maak in stories
wat in ou murasies afspeel...:-))