Toe ek op die koerant se voorblad lees
jy's dood
het ek skielik hardop begin huil
met die onmiddellike skuldgevoel:
dis nie net om jou nie -
dis oor die katedraal waar mense in en uit loop,
oor die kerk wat toe staan,
oor die hospitaal wat geen ontslag gee nie,
maar slaap verseker
en die wakkerbly verbied
dat jy kan skape tel
totdat die Herder kom...
Later het ek jou gedigte herlees
en hulle was meteens anders
as toe ek oor hulle gefrons het,
verleë oor my ongeraaktheid en onbegrip,
in die dae van vriendskaplike verpligting:
die skemerwêreld van web en vin en wier
het jou vir my afgekamp.
Maar nou was die dood die toegang,
want vir die eerste keer het ek geweet
hoe vol jou verse daarvan is
en as jy oor sterwe skryf,
van woorde wat in jou keel gestik het,
dan vervloei dit tot
vinkeierblou
rooskleur van die kinderkamer
ligter-as-houtskool groen van seewier
Dit word soos die liefde
waarvoor jy gevlug het op straat
en gedink het ek sou ook,
sonder om te weet van 'n nagwandeling
en hoe van lamppaal tot lamppaal
'n winkelpop mens laat verlang.
Daarom was ek eers werklik hartseer
toe ek kom by daardie vers
wat jy vir my geskryf het
met die bietjie spot, die baie erns, die groot eensaamheid,
want sien, ék het dit wel gehad:
die skuilplek, die toevlugsoord,
die slaap met bevredigde sinne,
en vir jou wat so gereed was
om lief te hê,
het die lewe daarsonder verbygegaan
tussen jou mure van mos.
Nou slaap jy in die klein swart kluis:
jou liefdesbed,
jou duifblou kinderkamer
Wel, dis sulke tyd. Ons gesin is DV uiteindelik oppad terug na SA
middel-Junie. Ons was nou amper 8 jaar oorsee en het Amerika vreeslik geniet
en België "ervaar". Ons het aangeneem dat "veiligheid" die aspek is wat ons
na Amerika t.o.v. S.A. trek, maar met al die veiligheid in België is
algemene lewenskwaliteit weer tekort! Al word mens 'n fantastiese werk hier
aangebied, het ek en my vrou besluit ons sal vir geen geld in die wêreld
hierdie spesifieke 1ste wêreld samelewing op langtermyn wil beleef nie. En
dit was my 'n baie interessante persoonlike vurk in die pad: Ons gaan VEEL
eerder terug na SA waar ons kultuur, mense, vryheid, natuur en so aan is, as
om in 'n sogenaamde veilige 1ste wêreld land te bly. Dit het vir my 'n
duidelike balans-effek uitgelig, dat ons saam met baie van SA se "foute" sal
kan leef eerder as om van ons inherente S-Afrika-persoonlikheid op te gee.
In die VSA sou ons gebly het sonder om te skroom, al het ons nooit SA
verlaat met die gedagte om nie weer terug te gaan nie. Ons is gelukkig daar
(SA) weg om vir twee jaar verder te gaan swot. Twee jaar het ses geword en
ons het besef dat jy in die VSA alles van SA kan beleef, min die Afrikaanse
kultuur en familie. In kort, ons het 'n fantastiese land in Suid-Afrika,
soveel so dat as mens net iets aan misdaad kan doen, sal dit een van die
mees gesogte plekke op aarde wees. Maar selfs met misdaad, bied dit 'n
lewenskwaliteit wat selfs in baie "gevorderde" lande altyd iets van 'n droom
sal bly.

Dit lyk of daar 'n grootskaalse rebellie teen George
Bush is, nie soseer van die mank Demokrate nie,
maar van uit Republikeinse geledere. Meeste van
die konserwatiewe guru's lyk dit het teen hom gedraai.
Ook geen wonder nie, want hy spandeer geld soos
water, maak die federale burokrasie groter en groter,
en vernietig die goeie naam van die Amerikaner op
die internasionale toneel.
Ons kry steeds ongelooflike reenval en die land en sy woestyne blom soos nog
selde in die geskiedenis. Die damme is vol water, die watertafel herstel
en fonteine wat al jarre droog is, die leef weer. Die springbokke draf met
biwwerende vet boudjies in die woestyn rond. Dis wonderlik en ons is sê
dankbaar. Vir mense wat in 'n droë land bly waar daar maar altyd 'n soort
van 'n stryd is teen droogte, is dit wonderlik en niks, maar niks, nie eers
die politiek of rugby nie, is meer belangrik nie. Is dit nie interessant
nie? As 'n spul mense swaar kry, dan kla en wroeg hulle oor alles. Kom
voorspoed en die bekke raak stil want almal eet aan daai voorspoed en het
nie tyd vir strontpraat nie! Hierin behoort 'n les vir die politici te
lê: Slaag daarin om voorspoed te skep vir jou kieser en jy sal altyd
verkies word.....ongelukkig eet die Afrika-politici hulleself so dik,
alleen, dat hulle ore toeslaan en hulle die gepeupel nie meer kan hoor nie!
Waarom moet daar slegs een TV-skeidsregter wees. Dat net ene die
besluit moet neem gewis.
Die arme ou wat Saterdag gevou het kon gedoen het met hulp. Eintlik
moet die mense wat hom sonder die nodige vaardighede daar geplaas het
voor stok gekry word.