Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hotel Rwanda

Sa, 22 April 2006 01:23

Ek sopas Hotel Rwanda vir die eerste keer gesien.
Ek weet dat groot dele daarvan in SA verfilm was.
Watter dele en waar?

Gloudina

TV, flieks & vermaak | 8 kommentare

Huisskoonmaak in die Withuis

Do, 20 April 2006 00:47

Mens wonder of enigiets wat hulle in die Withuis kan doen, kan
help om hulle bas te red. En mens gee ook nie eintlik om nie.
Maar dit laat mens darem sidder dat hierdie klomp soveel mag
in hulle hande het. Dat hulle oorloë kan maak, oorloë waarin
lande soos Kanada stadig maar seker ingetrek word ( soos
in Afghanistan) en vanwaar die body bags ook nou maar begin
terugkom, al is sommige van die gevalle friendly fire.
Wat Kanada die meeste vrees, is dat die groot skulde
wat die Bush-administrasie aangaan, sal lei tot die ineenstorting
van die Amerikaanse dollar. Dit sal drastiese gevolge hê vir
Kanada. Dis daarom dat die Hoof van Kanada se Reserwebank
aktief begin beroep doen op die Amerikaners om hulle fiskale
huis in orde te kry.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

U en jy .....

Wo, 19 April 2006 14:33

Suidwester seg elders:

"Die grootste probleem sien ek in vandag se meer 'oop' samelewing.
Sedert jong mense begin het om mense wat jarre hulle senior is, begin
noem
het op die voornaam en werknemer saam met die base partytjiehou, is
dissipline by die deur uit."

En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Katte val uit die boom uit ...

So, 16 April 2006 12:40

Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
(behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
van al die verlorens af.)

Sport & ontspanning | 14 kommentare

Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast.

Wo, 12 April 2006 19:35

Beste mense,

Ek wil nou nie vir julle kom spam nie, eerder net vir julle vertel van
Afrikaanse Potgooie wat besig is om supercool te word!

Potgooie is soos radioprogramme wat jy op jou pc aflaai as mp3 files en dan
luister waar en wanneer jy wil. Jy hoef nie 'n iPod te hê nie. Jy kan dit op
jou PC of mp3 speler luister. Jy kan selfs as jy 'n CD brander het, 'n audio
cd maak en dit in jou kar luister. Daar kom meestal een keer per week 'n
nuwe aflewering van 'n Potgooi uit.

Op www.potgooi.nl kan jy die potgooi van my en my vrou download. Daar's ook
'n lys van al die Afrikaanse potgooie op die site. Op hierdie stadium is
daar Afrikaanse potgooie uit Nederland (dis nou ons), Suid-Afrika, Amerika,
Engeland en Australië. Die potgooikultuur het ongeveer 'n jaar gelede begin
en het uitgegroei tot meer as tien uiteenlopende Afrikaanse potgooie.

Probeer gerus 'n aflewering van elke potgooier en besluit self wie se
potgooie jy die meeste geniet. Of teken in op ALMAL (soos ek)! Ek weet nie
hoeveel van julle mense in die buiteland sit nie, maar dis heerlik om
bietjie Afrikaans te hoor.

Ek is besig om te werk aan 'n help bladsy op ons site en sal graag wil hoor
watse vrae julle het oor potgooie. (Julle kan die vrae op hierdie forum pos,
of aan my mail). Mense is geneig om te dink dat mens 'n computernerd moet
wees om potgooie te kan luister en dit is heeltemal nie so nie.

Die potgooi familie verwelkom ook steeds nuwe potgooiers uit al die dele van
die wêreld. As jy belangstel om jou eie show te begin kan jy kontak opneem
met Boerseun wat jou gratis op weg sal help. (Die link na Boerseun is ook op
ons site www.potgooi.nl)

Een van die potgooiers was so suksesvol dat hy selfs begin het om nou "live"
uit te saai! Ons hoop dat dit binnekort sal groei tot 24 uur per dag, maar
op hierdie stadium kan jy vyf uur per dag na top Afrikaanse musiek luister.
Gaan na www.kraaipromosies.co.za vir meer info oor "Uitsaaines Live"

Potgooie - Genot op jou iPod! (Of watter ander speler jy ook gebruik!)

Groete
Machiel

Musiek & liriek | 3 kommentare

"Ketter" deur CHARL DURAND

Di, 11 April 2006 14:50

KETTER
Charl Durand

As ek aanhaal uit die bybel
sal jy verstaan
as ek ophou vrae vra
en niemand is hier
wie sal 'n boom hoor val?

Prosa & poësie | 2 kommentare

Nuwe ding

Ma, 10 April 2006 13:30

Mnet het afgekondig dat, in lyn met die feit dat hulle die 'Kanaal van
Kampioene' is, gaan alle Stormers en Cats wedstryde in die toekoms op die
Cartoon-kanale uitgesaai word.............

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

SMS Grappie

Ma, 10 April 2006 02:49

Ek het so pas 'n SMS ontvang wat so iets lui:

Daar is 'n nuwe sokkerspel vir blinde ouens ontwikkel. 'n Klokkie word
in die bal geplant sodat die manne kan hoor waar die bal is.
By die eerste wedstryd is die roomysverkoper doodgeskop....

Humor & grappe | 0 kommentare

" Portret: drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL

Do, 06 April 2006 12:37

Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy
vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe
tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon
veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Geskryf deur Herman Giliomee

Do, 06 April 2006 12:33

Herman Giliomee

In die vroeë 1950's het Piet Meyer, toe nog werksaam by Rembrandt,
maar later voorsitter van die SAUK-raad, die interessante oefening van
stapel gestuur om van die grootste geeste in die Westerse wêreld te
vra wat Suid- Afrika se grootste uitdagings is.

Een van hulle was die Duitse filosoof Martin Heidegger. Hy het
geantwoord dat dit in Suid-Afrika nie gaan om 'n rassevraagstuk nie,
maar om 'n politieke vraagstuk.

In hierdie eenvoudige opmerking van Heidegger dat Suid-Afrika eerder 'n
politieke probleem as 'n rasseprobleem het, lê 'n ontsaglike waarheid
opgesluit. Die groot Suid- Afrikaanse historikus C.W. de Kiewiet het in
die jare sestig iets soortgelyks gesê. Dit was ontsaglik moeilik, het
hy gesê, om 'n alternatief vir apartheid te kry.

Die liberaal soek tevergeefs vir 'n aanvaarbare alternatief tussen
"ekonomiese chaos en menslike wanhoop". Daarmee het hy bedoel dat die
gewone liberale oplossing van individuele regte nie op daardie stadium
van Suid-Afrika se ontwikkeling sou werk nie.

Meyer het sy vraag ook gestel aan Arnold Toynbee, die skrywer van die
grandiose A study of history waarin patrone en "wette" in die opkoms en
val van 26 beskawings in die wêreldgeskiedenis ontleed word. Toynbee
se antwoord was dat die Afrikanervolk gekonfronteer word met een van
die moeilikste, maar tegelyk ook die grootste, geestelike take wat dit
nie kon weier om aan te pak nie. Dit was die uitdaging geskep deur die
"uitwissing van afstand" as gevolg van die verspreiding van Westerse
tegnologie.

Toynbee het die volgende voorspelling gedoen: "There will never again
be room in the world for the different fractions of mankind to retire
into isolation from one another again." Suid-Afrika met sy
verskeidenheid van rasse, kleurgroepe en kulture was net die ander
lande en nasies ver voor.

Suid-Afrikaners was die mense wat heel eerste te doen gekry met die
samedromming van mense uit verskillende agtergronde wat in beperkte
ruimte en met die uitwissing van grense 'n vorm van vreedsame
saambestaan moes soek. Die groot historikus het afgesluit met die
woorde: "Now history has given you the honourable mission of being the
spiritual pioneers in trying to find the solution of a spiritual
problem that is soon going to face the rest of the human race as well."


Hoe waar klink dit nie vandag nie! Televisie, vliegtuie, die internet
en so baie ander uitvindsels het, soos Toynbee dit stel, het "the
annihilation of distance" meegebring en daarmee saam die woede of die
afguns of die bewondering van mense in wie se lewens die prentjie van
Westerse weelde ingebring word.

Soos die verarmde inwoners van die platteland, Mosambiek en Zimbabwe
stroom hulle na die dorpe en stede om hulle lewens te verbeter. Sommige
van die bittere pille wat die Westerse wêreld sluk en nog moet sluk,
het die Suid-Afrikaners al klaar geneem.

Kyk na die ooreenkomste tussen "blanke" Europa en Suid-Afrika. Die
demografiese verhouding tussen Europeërs en nie-Europeërs in die
wêreld is baie dieselfde as dié in Suid-Afrika. Die
inkomsteverdelinge is baie dieselfde, kultuur, kleur en ras val in
albei gevalle saam, en ten einde terrorisme te beveg, skort die VSA
belangrike aspekte van sy menseregte op.

Die ontwikkelde wêreld as 'n persentasie van die wêreldbevolking het
in die laaste paar dekades afgeneem van 30% tot 20%. Moslems het in
dieselfde tyd van 15 tot 20% gestyg. In die laaste drie dekades het
Europa amptelik 13 miljoen Moslems as immigrante toegelaat, en baie
sypel onwettig in. Hulle kry werk omdat Europa met sy krimpende blanke
bevolking nie in al sy mannekragbehoeftes kan voorsien nie. Bernard
Lewis, een van die wêreld se beste kenners van Arabië, voorspel dat
Europa teen die einde van hierdie eeu deel van die Arabiese Weste, die
Maghreb, kan word.

Tussen 1900 en 1960 was dit vir blanke Suid-Afrika moontlik om
segregasie en apartheid te handhaaf. In hierdie jare het die blankes
konstant 20% van die bevolking gevorm. Van 1960 het die blanke
persentasie vinnig gedaal en dit staan tans net oor die 11%. Die
blankes se verswakkende demografiese posisie is die grootste enkele
oorsaak van die disintegrasie van apartheid.

'n Mens wonder of die grensmure wat blanke Europa bou nie oor die
volgende eeu net só gaan disintegreer nie. Dit wil sekerlik lyk of
Europa nie die oplossing gevind het vir die probleem wat deur die
uitwissing van afstand geskep word nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1675  1676  1677  1678  1679  1680  1681  1682  1683  1684  1685  1686  1687  1688  1689  1690    »]
Tyd nou: So Okt 06 07:21:26 MGT 2024