Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » U en jy .....
U en jy ..... [boodskap #4592] Wo, 19 April 2006 14:33 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester seg elders:

"Die grootste probleem sien ek in vandag se meer 'oop' samelewing.
Sedert jong mense begin het om mense wat jarre hulle senior is, begin
noem
het op die voornaam en werknemer saam met die base partytjiehou, is
dissipline by die deur uit."

En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.
Re: U en jy ..... [boodskap #4593 is 'n antwoord op boodskap #4592] Wo, 19 April 2006 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is seker te konserwatief, maar ek glo dat alle dinge en mense 'n gegewe
plek behoort te hê op die rangorde van die samelewing. Predikante,
onderwysers en polisiemanne moet mense van karakter wees en onbesproke in
hulle doen en late. Hierdie mense lei die algemene samelewing en hulle
moet respek afdwing. Ek sien vandag nog van die ouer mense hier rondom my
wat hulle ou onderwysers nie op die naam kan noem in die algemene vlak van
die lewe nie. Dis nogal aardig om 'n man van oor die 50 wat sy ou 'meneer'
wat 70+ is, steeds formeel aanspreek. Dis uit respek uit.
Vandag het die mense met 'n groot koekroller die hele samelewing
platgestryk en alle mense is nou skielik gelyk en daarom werk dit nie. Net
soos jy nie net 'n spul 'chiefs' kan hê nie, net so werk 'n groot spul
'Indians' ook nie. Nie alle mense is gelyk in vermoëns nie en jy moet
leiers en presteerders hê. Daar moet vlakke in die samelewing wees om
kompetisie te skep en doelwitte vir die mense om na toe te verbeter. Geen
mens behoort deur die lewe sonder swaarkry te gaan nie. Swaarkry louter
die siel en smee karakter. Dis waarvoor daar diensplig was en waarvoor
daar ontgroening op die universiteite en skole was. Hiermee gee ek nie vir
'n oomblik voor dat enige van bogenoemde 'n waarborg vir sukses is nie, maar
dit help baie om die rangordes van 'n gemeenskap te bepaal en reg te hou.
"Jonas" wrote in message
news:1145457194.617291.247190@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>
> En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
> hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
> si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
> maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
> maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.
>
Re: U en jy ..... [boodskap #4594 is 'n antwoord op boodskap #4593] Wo, 19 April 2006 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

. Ek sien vandag nog van die ouer mense hier rondom my
> wat hulle ou onderwysers nie op die naam kan noem in die algemene vlak van
> die lewe nie.

Hierdie saak van "jou" en "u" is baie gekompliseerd.
Dit hang soveel af van kulturele agtergrond. Dit is een
van die kultuurskokke wat ek ondervind het toe ek die
eerste keer na Noord-Amerika gekom het - hierdie
op-eerste-naam-basis van wildvreemde mense wat
baie jonger as ek is of laer op die pecking order
in my bietjie klasbewuste berekening. Daarbenewens
is daar dan ook nog die situasie dat Engels die Engelse
"you" nie die respek-aanspreekvorm het wat Frans en
Duits en ander tale byvoorbeeld het nie. Nou wonder
ek of die Afrika-tale hierdie onderskeiding het.
Grammatikaal. Want ek weet dat hulle 'n streng
kode het van woorde wat hulle mag en nie mag
gebruik vir ouer mense, veral binne die familiekring
nie.
Dan kry mens ook nog die amper komiese
situasie in Afrikaans dat jy nie jou ma en pa as
"u" gaan aanspreek nie. Maar jy mag ook nie "jy"
gebruik nie. So dan sê mens maar "Mammie moet
tog asseblief nie vir Mammie se kind kwaad wees
nie."

Gloudina
Re: U en jy ..... [boodskap #4597 is 'n antwoord op boodskap #4594] Do, 20 April 2006 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Onder die tradisionele swartes word ouderdom met groot agting bejeen.
Hulle taal spreek daarvan. Maar onder die stedelike swarte - en veral
met die verbrokkeling van gesinsstrukture het dissipline en daarom ook
respek verval.
Die probleem in afrikaanse geledere is dat die aanspreekvorm "u"
volledig verval het - dit veral wat die uitsaaiwese betref. En dit is
jammer want ek dink nie dat enige vorm van respek onnodige of oorbodig
is nie.
Re: U en jy ..... [boodskap #4598 is 'n antwoord op boodskap #4594] Do, 20 April 2006 14:07 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:1145481484.990703.90640@u72g2000cwu.googlegroups.com...

Suidwester skryf

.
Hierdie saak van "jou" en "u" is baie gekompliseerd.
Dit hang soveel af van kulturele agtergrond. Dit is een
van die kultuurskokke wat ek ondervind het toe ek die
eerste keer na Noord-Amerika gekom het - hierdie
op-eerste-naam-basis van wildvreemde mense wat
baie jonger as ek is of laer op die pecking order
in my bietjie klasbewuste berekening. Daarbenewens
is daar dan ook nog die situasie dat Engels die Engelse
"you" nie die respek-aanspreekvorm het wat Frans en
Duits en ander tale byvoorbeeld het nie. Nou wonder
ek of die Afrika-tale hierdie onderskeiding het.
Grammatikaal. Want ek weet dat hulle 'n streng
kode het van woorde wat hulle mag en nie mag
gebruik vir ouer mense, veral binne die familiekring
nie.

---------Het dit regtig iets met die kultuur te doene, of is dit bloot
opvoeding? As jy ouer mense respekteer dan sal jy nie wil hulle jy en jou
nie. Eintlik behoort jy nie enigiemand te jy en jou voor jy nie bepaal het
waar staan julle in die sosiale stand van sake teenoor mekaar nie. Moderne
idees maak dit egter taboe. Respek vir ander mense is 'n vreemde idee
vandag. My pa het vir my geleer dat jy enige mens moet respekteer vir wat
hy is en wat hy weet. Dit mag dalk nie veel wees volgens jou eie
standaarde nie, maar vir die ander mens is dit sy alles en hy doen sy bes.

Dan kry mens ook nog die amper komiese
situasie in Afrikaans dat jy nie jou ma en pa as
"u" gaan aanspreek nie. Maar jy mag ook nie "jy"
gebruik nie. So dan sê mens maar "Mammie moet
tog asseblief nie vir Mammie se kind kwaad wees
nie."
--------Wat van 'Mammie moet nie vir MY kwaad wees nie'?

Gloudina
Vorige onderwerp: Groet die Grotman
Volgende onderwerp: Huisskoonmaak in die Withuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:05:19 MGT 2024