Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Aan Hollanders/Nederlanders

Wo, 10 Januarie 1996 00:00

Re die vraag "wat soek al die Hollanders in die groep" in 'n vorige
stel boodskappe: Vir my is dit lekker om julle hier teenwoordig te
hê. Wens daar was meer van julle hier.
En Belge, en Duitsers, en Italianers en Britte en Swede en Wes-Indiërs
en Indiërs en Pakistani's en Ugandese en Zimbabwiërs en Amerikaners en
so aan en so aan....

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog?

Wo, 10 Januarie 1996 00:00

Ek doen navorsing oor tee in Suid-Afrika. Ek het heelwat inligting oor Rooibos
soos verwag kan word. Daar is egter nog 'n teesoort wat minder bekend is en
waaroor ek haas byna niks kan uitvind nie en dit is heunigbostee.

Kan enige iemand my miskien vertel waar die tee gegroei word, wat die latynse
naam vir die bossie is en hoe ek met iemand kan skakel by wie ek moontlik
monsters hiervan kan koop.

Groete,

JAC...@BYU.EDU

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Is die FAQ al beskikbaar?

Di, 09 Januarie 1996 00:00

Is die FAQ vir hierdie nuusgroep al beskikbaar?

Antonie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5564] Afrikaans op SAUK TV...

Di, 16 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 17:46
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5564] Afrikaans op SAUK TV...

Nuusflits (pas van my gunsteling radiostasie).

Die OUO het laat weet dat die SAUK sy lisensievoorwaardes sal
verbreek as hy op 4 Februarie voortgaan met sy kanaal veranderings.
Dit wil voorkom of die OUO eers 'n openbare verhoor daaroor sal moet
hou voor hy die lisensie aan die SAUK sal toestaan.

Is dit maar net nog oeverblindery?
=======================================================
Freek Eek

TV, flieks & vermaak | 5 kommentare

Sarie Marais

Di, 09 Januarie 1996 00:00

SARIE MARAIS

My Sarie Marais is so ve^r van my hart,
maar'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon
nog voor die oorlog het begin.

KOOR/CHORUS
O bring my terug na die ou Transvaal -
daar waar my Sarie woon.
Daar onder in die mielies by die groen doring boom -
daar woon my Sarie Marais

Ek was so bang dat die Kakies my so vang
en ver oor die see wegstuur.
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.

KOOR

Verlossing die kom en huis toe gaan was daar -
terug na die ou Transvaal.
My lieflingspersoon sal seker ook daar wees
om my met 'n soen/kus te beloon.

KOOR

_____
/ 0 0 \
( U )
------------------------------------------OOO-----------OOO- ----------
ANDREW HARWOOD
Environmental Engineering
Carleton University

Email : ahar...@chat.carleton.ca OR har...@engsoc.carleton.ca
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada
-----------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD----------------------

Musiek & liriek | 15 kommentare

Afrikaans?

Ma, 08 Januarie 1996 00:00

Kan iemand my vertel wat die doel is van
"soc.culture.south-africa.afrikaans"? Is dit 'n plek om oor alles in
Afrikaans te praat of moet die onderwerp oor die TAAL handel.

By the way: Wat de hel doen al die Hollanders in die nuusgroep?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: [AFRIKAANS:5441] Spesiale karakters (fwd)

Ma, 08 Januarie 1996 00:00

> Danie Viljoen skryf:
>
>> Soos ek die ding verstaan maak dit nie eintlik saak watter =
> Geen van ndie diakritiese tekens het op my stelsel opgewys nie.
Ek gebruik Netscape (beta - geldig tot 4 Feb) se mail prograam, en
dit is so gerieflik en gratis dat ek nie kan veerstaan hoekom almal dit
nie gebruik nie.
Groete
Bobby Loubser

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Re: gedigte, rapporters ens (was Afrikaanse WWW bediener)

Ma, 08 Januarie 1996 00:00

In article Fanus Johnson
writes:



> Ek sien dat iemand dalk oorweeg ( of het dalk alreeds ) 'n WWW
> bediener met Afrikaanse gedigte daarop wil opstel.

Was dit ek? Seker.

> Ek is lid van die Junior Rapportryers en ons speel ook met die gedagte
> rond om iets soortgelyks te doen. ( Miskien ook met inligting oor
> Afrikaanse literatuur, nuwe Afrikaanse musiek en Afrikaanse kultuur
> aktiwiteite ens.)


Interessant om dit van die junior rapporters te verneem, verskoon my
sinisme.
Op my dag (vroee tagtigs) het die rapporters ons wiele op die kampus
afgeblaas en multiracial paarties opgebreek.

Anyway ja, my vrind roy blumenthal daar van barefoot press haak my elke
slag
as ek gaan koffie drink oor die afrikaanse seksie wat hy wil he^ ek by
barefoot moet voeg, soort van 'n kaalpoot pers ding.

Tyd is 'n bietjie beperk, maar ek moet seker ietsie vir my volkie doen,
siende
dat ek laas in 1972 by 'n geloftedag was.

So ek rig 'n uitnodiging aan alle closet skrywers digters en seepkis
dominees
en woordboemelaars om bydraes te stuur. As ek so paar bymekaar het dan
sal ek
dit aanmekaar haak en as kaalpoot pers op roy se site sit.

.. en dalk sien perskor dit raak en publiseer 'n
cyber-afrikaanse-versamelde-werke.


En ek belowe: geen sensurering nie. Alles vuil, domastrant, arrogant, vol
afrikanerangst asook goed genoeg vir die agterblad van die kerkbode sal
verskyn.

> Is daar dalk van die akedemici of uitgewers wat ook reeds soortgelyke
> inligting op die Internet het ?

Nasionale Pers het 'n site, as dit is wat jy bedoel. Maar dis meer net
vir die
koerante. Meeste afrikaanse uitgewers moet nog eers uit die middeleeue
wakkerskrik.

> Sou dit vir u tot enige waarde wees en watter spesifieke behoeftes
> kan ons dalk daarmee aanspreek ? Laat weet tog vir my.

Waarde? Dit sal tog net so fokken nice wees as daar meer goed op die Net
in
afrikaans is wat entertaining is, en nie in 'n didaktiese diskussie
verval nie.

Behoeftes? hmm...

Groetnissies,

charl

Prosa & poësie | 2 kommentare

warmlugballonrit

Ma, 08 Januarie 1996 00:00

Weet iemand dalk van 'n mens/onderneming wat warmlugballonritte rondom
Pretoria-Johannesburg aanbied? Of waar ek moontlik kan soek?

Baie dankie.

Tjoeks

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: WK.WD.WW.!

So, 07 Januarie 1996 00:00

Isabelle wrote in soc.culture.south-africa.afrikaans about "WK.WD.WW.!":
> Wie kan ? Wie durft? Wie wil ?

Ik kan. Ik durf. Maar ik weet niet of ik wil.

> Isabelle (Norway)

Groeten aan het Stavangerse. Leuk stadje.

Jaap

--
L'autoroute n'est pas une poubelle!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679  1680  1681    »]
Tyd nou: So Okt 06 09:18:59 MGT 2024