----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 9:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5535] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
Freek nee ek dink nie ek mis die punt nie. Waar ons radikaal verskil, is tov
jou aanname dat mens jou kultuur moet prysgee om nie in stryd te wees
met die gemeenskaplike waardestelsel van die land nie. Jy stel ook, soos
dit vir my lyk, 'n gemeenskaplike kultuur gelyk aan 'n gedeelde
waardestelsel.
1) Die norme waarvan jy praat, kan sekerlik in die grondwet vervat word.
Ek dink mens kan jou kultuur behou - Zoeloe, Afrikaans ens ens - en nog
steeds die waardes in die grondwet onderskryf. As die grondwet dit nie kan
akkommodeer nie, is dit nie 'n goeie grondwet nie. Daar is tog genoeg
voorbeelde van lande met 'n verskeidenheid kultuurgroepe wat dieselfde
grondwet onderskryf.
2) Wat is 'n "gemeenskaplike kultuur"??? Wat my betref, kan dit in 'n
heterogene samelewing net bereik word deur 'n soort Coca-Cola of
neo-Stalinistiese eenvormigheid op almal af te dwing. Die grootste - dws die
laagste - gemene deler word die norm waaraan almal moet gehoorsaam.
In kort: ek dink mens moet onderskei tussen gedeelde waardes en kultuur.
Die logiese sprong wat jy maak na die stelling toe dat daar geen plek sal
wees vir Afrikaanse skole nie, gaan nie op nie. Afgesien daarvan,
moedertaalonderrig is tog seker 'n aanvaarde opvoedkundige beginsel?
Gerhard vd Linde
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 11:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5521] Re: AFRIKAANS:5471] Joop is te
Op Tom se versoek:
>> die limeriek is rof en soms ongeskik
>> kan die heiligste seepbel genadeloos prik
>> dus wyk! al die vromes
>> en die wat beskroom is
>> die kuns is op skurwes gemik!
> Skitterend! Net so goed as die oorspronklike en baie prettiger omdat dit
> in Afrikaans is. Ek dink jy moet dit op die poslys pos, al is dit nie
> Vrydag nie.
Vir die wat die oorspronklike wil sien (die maker is my onbekend):
The limerick's callous and crude,
Its morals distressingly lewd;
It's not worth the reading
By persons of breeding -
It's designed for us callous and rude.
Groete
Joop'
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
'n Tydjie terug het iemand (was die Ferdi/Koos) daaroor gekla dat daar
min onderhoudende Afrikaans materiaal is op die internet, dis net
allemaal edukatief bedoel.
Miskien kan ons 'n versameling aanleg van grappies. Alles is
toegestaan: daar sal geen sensuur wees. Ek sal dan (al?) die grappe
versamel op my binnenkort te verwacht WWW-blad.
Ek verwag ons kan tog minstens honderd grappe versamel. As dit te veel
word kan ons altyd nog 'n soc.culture.south-africa.afrikaans.grappies
oprig. :-)
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 12 januari 1996 10:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5495] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply
Chris Claassen skryf:
> Hoe klink dit dan of julle die Boere-oorlog van voor af baklei? Myns
> insiens moet 'n mens waak daarteen dat die geveg vir Afrikaans nie 'n
> geveg teen Engels word nie, of moet dit noodwendig die geval wees?
Ja, jy't in 'n mate gelyk - dis saak vir Afrikaans kan befoeter raak
deur die indruk te gee dat die stryd anti-Engels is. Ek dink egter dis
eerder 'n geval van 'n aandrang dat al die tale redelike gelyke
behandeling kry. Tans kry Engels voorkeurbehandeling. Of dit nou
Engels, Zoeloe of Afrikaans is wat voorkeurbehandeling kry, dit bly
steeds verkeerd. Ek het onlangs twee resensies oor die nuwe SAUK
programskedule en taalbeleid in *Engelse* tydskrifte gelees, en selfs
hulle kla oor die behandeling wat Afrikaans kry.
Ek weet dat dit in die praktyk miskien moeilik sal wees om volkome
gelyke behandeling aan al die tale te gee, maar tans word daar nie eens
'n poging in die rigting aangewend nie. Engels is as "ankertaal" van
televisie verklaar, en dis myns insiens in stryd met die gees van die
grondwet. Die SAUK is miskien strenggesproke nie aan die grondwetlike
taalklousules onderworpe nie, maar as hy hom as "openbare uitsaaier"
wil uitgee, moet hy ten minste 'n gebaar in dié rigting maak.
Die polemiek sal grootliks verdwyn as ons wegdoen met die hele idee van
'n "openbare uitsaaier" en die uitsaaibedryf volkome privatiseer. Nou
is die hele gedoente verpolitiseer, en die versoeking is altyd daar vir
die regerende party om die "openbare uitsaaier" as sy eie
propagandamasjien aan te wend, ten spyte van pogings om dit te probeer
verhoed.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Ek gaan 'n reeks van gedigte van D.J. Opperman op die nuusgroep tik.
Dit sal gaan oor die rol van die digter, en die waarde en waardigheid van
sy arbeid. Dit is ook 'n toets om te sien of daar in die cyberruimte mense
is wat dinge beloer. Ek is 'n Kanadese burger, ek tik die gedigte in op 'n
nuusgroep wat in die cyberruimte rus, wat sover ek weet nog internasionale
waters is. Die wetsprobleem wat dit skep vir mense wat hierdie soort ding
wil beveg, sal interessant wees. Gloudina
Bouwer
PADDAS D.J.Opperman
As die waters uit die hemel sak
oor blaar, sambreel en dak,
begin diep deur die reen ontroer
in alle plasse
en moerasse
ons, die tortels van die modder, koer.
Ons voel opnuut Sy gees
soos in die begin uitsweef,
en uit die eerste modders opgewek,
hervat ons klein, onwys,
terwyl ons skel of prys
die onvoltooide groot gesprek.
Die eerste helderhede wyk
en alles word bedek met slyk.
Tussen die biesies van die stede uit
deur die lang nagwaak
terwyl die ander slaap,
ryg ons die stringe liggies van die kuit.
Ons mik nog na 'n mot
dan hoor ons die bevel van God:
"Spring uit elke sloot en kreupelbos
in kombuis, in room,
in elke bed, in elke droom
tot Farao My gevange volk verlos."
Ons wat uit die slym
berg en ster berym,
roep oor die borreling van die moeras
deur die eeue in ons sange,
toesang en teensange
op Hom die groot hosannas.
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
> Ek ondersteun die idee van 'n eie stasie uitbou, maar dit beteken tog
> sekerlik nie 'n mens moet die SAUK boikot nie! Daar is op God se
> aarde sekerlik plek vir die SAUK soos hy nou is en 'n Afrikaanse
> stasie. Waarom die een of die ander?
Ek dink nie mense maak beswaar teen die *bestaan* van die SAUK nie
(alhoewel ek persoonlik gekant is teen staatsuitsenders, alhoewel die
SAUK nou veronderstel is om "onafhanklik" te wees. Ba!). Dus is dit
nie bloot 'n geval van die een of die ander nie.
> Ek hou van goeie Afrikaanse TV (die gemiddelde of swak Afrikaanse TV
> is net so gemiddeld en swak as in Engels en verveel my net soveel -
> hieronder klassifiseer ek omtrent alle oorklankings van die vereled),
> maar ek hou OOK van goeie Engelse TV!
Ek stem saam dat ek na goeie TV in enige taal (mits ek dit verstaan!)
sal kyk. Nie al die oorklankings is so vrot nie. Ek geniet die
oorgeklankte Duitse en Franse reekse en flieks wat laat Vrydagaande
uitgesaai word. Dis rêrig puik, en 'n welkome afwisseling van die
geykte Amerikaanse goed.
> Ek WIL sien wat Suid-Afrika BUITEKANT die ysterbrille van die
> "Afrikaner...tra, la laaaaa..." dink en doen. Hel! Ek hou van daai
> ouens! Hulle is baie keer lekker mense en sommige is selfs my pals
> ook! Ek WIL die SA sokkerspan sien speel in die komende reeks!
> So, ek is vir die "haal uit en wys"- argument wanneer dit kom by 'n
> Afrikaanse TV-stasie, maar ek wil ook die SAUK en M-Net sien!
Weereens, ek dink jy begryp mense se besware verkeerd. Die beswaardes
is nie gekant teen die uitsaai van nie-Afrikaanse materiaal nie. Dis
die voortrek van *Engels* ten koste van Afrikaans om die ander tale te
akkomodeer. Persoonlik verwelkom ek die ander amptelike tale op TV,
maar dan moet Engels ook inboet.
> By the way, M-Net is NET Engels! Stel jy voor Afrikaners moet M-Net
> ook boikot? Begin so 'n beweging.
In die eerste plek, M-Net is nie slegs Engels nie. Daar is minstens
die tweetalige seepopera, Egoli (nee ek kyk *beslis* nie na seepoperas
nie :-)). Alhoewel ek nie self op M-Net inteken nie, verstaan ek dat
mens 'n Afrikaanse klankbaan kon (kan?) kies selfs vir Engelse flieks.
Miskien is dit nie (meer) die geval nie. Ek hoor dat M-Net dit ook
oorweeg om 'n Afrikaanse betaalkanaal in die lewe te roep. Kan iemand
dit bevestig?
Afgesien daarvan, gee M-Net nie voor dat hy die "publieke uitsaaier" is
nie. Jy het die keuse om in te teken, en jou intekengelde te betaal,
of nie. Met SAUK, is jy verplig om hul lisensiefooie te betaal as jy
'n TV ontvanger besit.
> En as jou beginsel is dat omdat die SAUK met publieke geld aan die
> gang gehou word, moet hy die land se tale "regverdig" (d.w.s. in
> verhouding tot die aantal praters van die taal in die land) behandel,
> begin 'n beweging dat alle openbare kennisgewings ook so gehanteer
> moet word. En die Staatskoerant. En die debatte in die Parlement. En
> gedinge en uitsprake in die howe. Ek al die lesings aan universiteite
> - hulle kry mos ook staatsgeld- en die skole. Dring aan op Zulu,
> Sotho, Tswana en Xhosa in jou kind se skool ook - in die korrekte
> persentasies.
Sover my kennis strek, moet openbare staatskennisgewings in die
amptelike tale van die provinsie verskyn (Afrikaans, Engels en Zoeloe,
in die geval van KwaZoeloe Natal). Wetgewing in die parlement moet in
al elf amptelike tale verskyn. Daar is al heelwat mense wat beswaar
maak teen die oorwegende gebruik van Engels in die parlement.
Terloops, dis interessant om te let dat, in Switserland, met sy vier
amptelike tale, al die tale gelyke status in die parlement het. Dit
sluit Reto-Romaans in, wat deur slegs een persent van die bevolking
gepraat word. Die vier amptelike tale verkyn ook op die land se
banknote.
Myns insiens moet skole in ieder geval nie deur die staat bedryf word
nie (TV-stasies ook nie), en skole moet eerder die behoeftes van die
ouers en hul kinders weerspieël, nie een of ander staatsideologie nie -
hetsy apartheid, hetsy "multikulturalisme". As 'n skool dan besluit
om multikultureel, uitsluitlik Joods, Moslem, Afrikaans, of watookal te
wees, is dit die skool se saak. Wie de hel is die politici om voor te
skryf?
Wat die hele TV-taaldebat betref, het ek nou-die-dag 'n voorstel êrens
gelees wat vir my nogal sin maak. Hoekom plaas die SAUK nie 'n vraelys
op sy lisensiebetaalstrokies nie? Hierop kan mense dan aandui wat hul
taalvoorkeur is. Dit sal al hierdie stryery oor die taalverhoudings
van die kykers uitskakel. Die lisensiebetalers, wat eintlik die reg
het om te besluit, sal dan direk kan aandui wat hulle taalvoorkeure
is.
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/ =
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re die vraag "wat soek al die Hollanders in die groep" in 'n vorige
stel boodskappe: Vir my is dit lekker om julle hier teenwoordig te
hê. Wens daar was meer van julle hier.
En Belge, en Duitsers, en Italianers en Britte en Swede en Wes-Indiërs
en Indiërs en Pakistani's en Ugandese en Zimbabwiërs en Amerikaners en
so aan en so aan....
Ek doen navorsing oor tee in Suid-Afrika. Ek het heelwat inligting oor Rooibos
soos verwag kan word. Daar is egter nog 'n teesoort wat minder bekend is en
waaroor ek haas byna niks kan uitvind nie en dit is heunigbostee.
Kan enige iemand my miskien vertel waar die tee gegroei word, wat die latynse
naam vir die bossie is en hoe ek met iemand kan skakel by wie ek moontlik
monsters hiervan kan koop.