Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

D.J. Opperman: Brandende Boek & Man met Horries

Do, 18 Januarie 1996 00:00

BRANDENDE BOEK
D.J. Opperman

Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien... Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." --
"En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"

MAN MET HORRIES

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei: ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan:
"Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord." --
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5607] Re: Afrikaans en Nederlands

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 9:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5607] Re: Afrikaans en Nederlands

Reinier skryf:

> Ek het 'n werklik interessante boekie by die Mast-boekwinkel vir slegs
> R2,00 in die hande gekry. Dit is "Praktiese Nederlands" deur Ena
> Jansen en Gerrit Olivier (Academica: Pretoria 1986, ISBN 0 86874 236 8)
> Alhoewel die boek daarop gemik is om Nederlands meer toeganklik vir die
> Afrikaanse leser te maak, glo ek dat dit selfs waarde inhou vir die
> Nederlandse leser wat meer omtrent die verskille tussen Afrikaans en
> Nederlands wil weet.

Ek het ook hierdie boek aangeskaf, toe ek laas in S.A. was.
Ek stem saam, dis sterk aanbevelenswaardig.

Jeff

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5620] Vrydag(amper) Limeriek - kiepersol

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 17:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5620] Vrydag(amper) Limeriek - kiepersol

In 'n ligter luim na 'n week se getors aan al die swaarwigtige aan
die Toekoms Van Afrikaans (en sommige Afrikaners)

==========================
daar was 'n man van kiepersol
so skeel dit kan jou bloed laat stol

toe eens op 'n dag
het hy so gelag:

die trane het by sy rug afgerol!
===joop===================


Naweek groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 11:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
> =20
>> Ek dink nie mense maak beswaar teen die *bestaan* van die SAUK nie
>> (alhoewel ek persoonlik gekant is teen staatsuitsenders, alhoewel = die
>> SAUK nou veronderstel is om "onafhanklik" te wees. Ba!).=20
> =20
> Waarom vra jy dan dat Afrikaners hulle van die SAUK moet losmaak. Die
> SAUK boikot en selfs hul TV-stelle laat verseel? Die SAUK van die

Ek dink jy verwar my hier met iemand anders. Ek is nie die persoon
wat vir 'n boikot gevra het nie - ek het bloot lig op die beswaardes se
standpunt gewerp. Voor jy sulke haastige uitsprake maak, moet jy =
miskien
eers seker maak wie wat gesê het.

> oomblik is baie meer onafhanklik as onder die ou bedeling. Onthou jy
> PW, die Pik en Cliff-show en die Broederbond wat alles van agter = skerm
> beheer. En dan wonder 'n mens nog oor militere intelligensie by die
> SAUK in die verlede. En dan kon Broeder-dominees wat besware teen
> kinder-tekenprente gehad het (een was die reekd Rainbow Brite, dink
> ek) eenvoudig inbel en die hele bleddie program verdwyn net van die
> lug af?

Jy herken dus die probleem - staatsbeheer oor 'n staatsuitsaaier.
Dis jou voorgestelde oplossings hieronder wat my kwel. Die SAUK
is miskien effe meer onafhanklik as tevore, maar nie naastenby so
onafhanklik as wat ek dit graag wil sien nie.

>> Ek geniet die
>> oorgeklankte Duitse en Franse reekse en flieks wat laat Vrydagaande
>> uitgesaai word. Dis r=3DEArig puik, en 'n welkome afwisseling van = die
>> geykte Amerikaanse goed.
> =20
> Noem 'n paar.

Ek het reeds - die Duitse en Franse flieks en reekse - kyk self laat
Vrydagaande.

>> Die beswaardes
>> is nie gekant teen die uitsaai van nie-Afrikaanse materiaal nie. = Dis
>> die voortrek van *Engels* ten koste van Afrikaans om die ander tale = te
>> akkomodeer. Persoonlik verwelkom ek die ander amptelike tale op TV,
>> maar dan moet Engels ook inboet.>>>
> =20
> Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As ek
> dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent Afrikaans op
> TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners in die land.

Voortrek volgens die SAUK se eie standaarde - hulle het immers Engels
as "ankertaal" verklaar. Volgens my inligting (volgens berigte in die
pers) gaan Afrikaans slegs ongeveer 2% lugtyd kry. Kan iemand hierdie
syfers bevestig?

> En moet nie by my kom met die Stigting vir Afrikaans se syfers nie.

Wat is hulle syfers? En waarom is hulle syfers nou juis minder
betroubaar as ander organisasies s'n?

> En wat is die voorkeur-taal vir TV vir die meerderheid van SA?

Lyk my niemand weet nie - dit hang af van wie se syfers mens graag
wil glo. En dit wissel buitendien afhangende van die landstreek.
Dit lyk my om bloot te verklaar dat dit Engels is, en basta,
nie die beste manier is om die saak te hanteer nie.

>> In die eerste plek, M-Net is nie slegs Engels nie. Daar is minstens
>> die tweetalige seepopera, Egoli (nee ek kyk *beslis* nie na = seepoperas
>> nie :-)). Alhoewel ek nie self op M-Net inteken nie, verstaan ek = dat
>> mens 'n Afrikaanse klankbaan kon (kan?) kies selfs vir Engelse = flieks.
>> Miskien is dit nie (meer) die geval nie. Ek hoor dat M-Net dit ook
>> oorweeg om 'n Afrikaanse betaalkanaal in die lewe te roep. Kan = iemand
>> dit bevestig?
> =20
> Twee gemengde soapies maak die kanaal Afrikaans genoeg? Ek is seker = die
> SAUK sal oor sy voete val vir so 'n voorstel. Die tweede kanaal in
> Afrikaans is lank al nie meer 'n werklikheid nie. MultiChoise is
> bereid om 'n Afrikaans kanaal uit te saai. Die beteken, die stasie = moet
> deur ander op die been gebring word en die programme moet gemaak word.
> Dan gaan hulle in 'n kontrak met MC wat dit uitsaai. Dit sal
> waarskynlik beteken dat iemand wat dit wil opvang, 'n skottel en
> dekodeerder moet kry en so R90 per maand moet betaal daarvoor.

Ek het nie gesê dis "Afrikaans genoeg" nie - ek het slegs aandag =
daarop
gevestig dat dit nie *slegs* Engels is nie.

>> Afgesien daarvan, gee M-Net nie voor dat hy die "publieke uitsaaier" = is
>> nie. Jy het die keuse om in te teken, en jou intekengelde te = betaal,
>> of nie. Met SAUK, is jy verplig om hul lisensiefooie te betaal as = jy
>> 'n TV ontvanger besit.>>>
> =20
> M-Net het oop tyd. Dan is hy 'n publieke uitsaaier. Ek neem aan as = jy
> nie jou lisensie-geld betaal nie, gaan jy ook nie na die Springbokke
> en die All Blacks kyk nie. Ek neem aan jy het nie na die
> rugby-wereldreeks gekyk nie en ook nie na die krieket nie?

Nee, M-Net is nie *die* Openbare Uitsaaier nie, al saai hy tydens oop
tyd uit. 'n Openbare Uitsaaier is 'n de jure begrip, soos ek die saak
verstaan. En nee, ek het n=F3g na die rugby-wêreldreeks, n=F3g na die
krieket gekyk - ek stel nie in die minste in sport belang nie. Ek
vervies my gedurig omdat daar altyd sport is op TV. En waar het ek
gesê dat ek nie my lisensiegelde gaan betaal nie? Ek het egter 'n
mate van simpatie met diegene wat dit nie wil doen nie.

>> Sover my kennis strek, moet openbare staatskennisgewings in die
>> amptelike tale van die provinsie verskyn (Afrikaans, Engels en = Zoeloe,
>> in die geval van KwaZoeloe Natal).=20
> =20
> Het nog nooit padtekens in daardie tale gesien nie.

Jy bedoel jy't nog nooit 'n padpredikant gesien wat "Amazimtoti" aandui
nie? Meeste padtekens is in ieder geval simbolies. Dit sal buitendien
seker 'n rukkie neem voordat alle padtekens die nuwe taalbeleid
weerspieël.

>> Wetgewing in die parlement moet in
>> al elf amptelike tale verskyn.
> =20
> Onwaar, dink ek. Dit verskyn nie in al die tale nie. Op aanvraag kan = jy
> die dokumente in daardie tale kry. Maar jy gaan lank wag vir die
> vertalings en die ekstra drukwerk. Ons sal natuurlik meer belasting
> moet betaal om die luukse ten volle in werking te stel. Elf keer meer
> mense, dienste en drukwerk en so aan. Maar jy voel sterk oor die saak
> en neem aan jy sal daardie hoe"r belasting verdedig. Die debatte is
> ook in Engels. Daar was 'n paar komitees waarin een of twee mense
> Afrikaans begin praat het. Dan het van die ANC-mense in Xhosa begin
> praat en toe was almal baie gou terug in die meeste se tweede taal -
> Engels.

Die ANC-mense moes maar liewer volgehou het met Xhosa - dan gee hulle
ten minste uitvoering aan die gedagte van meer amptelike tale.
Op die oomblik betaal hulle slegs lippediens daaraan.

Ek verdedig geensins hoër belastings nie - anders as jy met jou
voorstelle hieronder van staatsbefondsing van die SAUK en skole.
Persoonlik is ek nie ten gunste van die huidige taalopset in
die parlement nie. As ek my sin gehad het, sou ek die parlement
afgeskaf het, of na Pofadder verskuif het. :-)

>> Daar is al heelwat mense wat beswaar
>> maak teen die oorwegende gebruik van Engels in die parlement.>>
> =20
> 'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement al elf
> tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!! Wat gaan gebeur as
> 'n landwye referendum uitgeskryf word om taal-voorkeure vas te stel?
> Sal jy jou neerle by die uitslag?

As hulle meer tale in die parlement gebruik, sal hulle meer doen om
die vele kulture in ons land te bevorder, wat kastig 'n grondwetlike
doelwit is.

Natuurlik sal ek my neerlê by die uitslag, met hierdie voorbehoud: 'n
Landswye referendum is 'n goeie idee, maar 'n veel beter idee sou
referendums op streeksvlak wees (soos die Switserse en Amerikaanse
stelsels) - dis ultra-demokraties, en weerspieël die
streeksverskille. Dis bv. sinneloos om dieselfde taalbeleid vir
Pietermaritzburg as vir Vryheid te hê, al val beide in dieselfde
provinsie. Taalbeleid, soos feitlik alle ander wetgewing (bv. oor
aborsie, die doodstraf, belasting, ens.), hoort myns insiens op
plaaslike vlak bepaal te word, en nie deur 'n sentrale regering nie.
Soos in Switserland, hoort die sentrale regering hom slegs met sake
van werklik nasionale belang (soos landsverdediging) te bemoei.
As mense dan nie van hul regering hou nie, kan hulle van regering
verander deur met hul voete te stem en te trek, en selfs nog steeds
dieselfde werk behou.

>> Terloops, dis interessant om te let dat, in Switserland, met sy vier
>> amptelike tale, al die tale gelyke status in die parlement het. Dit
>> sluit Reto-Romaans in, wat deur slegs een persent van die bevolking
>> gepraat word. Die vier amptelike tale verkyn ook op die land se
>> banknote.
> =20
> Dis Switserland. Die is Suid-Afrika.

Juis, maar ons kan geweldig baie by die Switsers leer. Lees gerus
"Suid-Afrika: Die Oplossing" en "Let the People Govern" deur Louw en
Kendall. Die Switserse stelsel van radikale federalisme is ideaal
geskik vir Suid-Afrika.

>> Myns insiens moet skole in ieder geval nie deur die staat bedryf = word
>> nie
> =20
> Wie moet dit bedryf? Waar gaan die geld vandaan kom? Wie gaan die
> onderwysers oplei? Wat gaan die leerplan wees? Wie gaan onderwys swot
> as sy nie op 'n werk en vaste strukture en standaarde kan reken nie?

Wie moet die skole bedryf? Ouers, verskeie privaatskole, stokvels,
kerke, moskees, ens., ens. Staatsopvoeding is gewoonlik 'n ontsaglike
vermorsing van geld en vertrapping van regte, afgesien van al die ander
nadele. Kyk maar hoe meeste swartmense in die verlede 'n goeie
skoolopleiding by die stelsel van private sendingskole ontvang het,
voordat Verwoerd (lees: die staat) hierdie skole met "Bantu-Onderwys"
vernietig het. Kyk maar hoe het die NG Kerk ongeveer 200 privaatskole
kort na die Anglo-Boere-oorlog op die been gebring in verset teen
ilner (lees: die staat) se verengelsingsbeleid.

Toe boere in die sewentigerjare saamgespan het om vir hul
plaasarbeiders met skole te voorsien, het die Nasionale Party-regering
(lees: die staat) 'n stok daarvoor probeer steek.

Indien staatsbefondsing van onderwys oorweeg moet word, is die beste
voorstel wat ek tot dusver gehoor het, die Vryemarkstigting s'n. Hulle
stel 'n koeponstelsel voor, waarvolgens alle kinders, ongeag van ras,
kleur, of verdienste, dieselfde aantal koepons kry, wat hulle by die
skool van hul keuse kan gebruik as betaling. Diegene wat hul kinders
na duur inrigtings wil stuur, sal dan bykomende gelde aan die skool
moet betaal. Dit verseker dat die kinders, en nie die skole nie,
gesubsidiëer word.

Ek is egter nie 'n deskundige op onderwys nie - ek sal verdere
kommentaar aan Leendert van Oostrum oorlaat. Hy is voorsitter van die
Tuisonderwys vereniging, en sal jou meer oor verskillende
onderwysmodelle kan vertel.

>>>> (TV-stasies ook nie),=20
> =20
> Ek reken daar is beslis 'n noodsaaklikheid vir 'n staats-ondersteunde =

> TV-stasie. Saam met die onafhanklikes. In Suid-Afrika is daar nie=20
> juis plek vir meer onafhanklike TV as M-Net nie. Nie genoeg kykers en=20
> geld nie. En M-Net sal nie aan nuus raak nie want 'n nuus-diens is=20
> bitter duur en werk teen 'n verlies. As jy nuus wil he, moet jy 'n=20
> publieke uitsaaier aanvaar. =20

Nee wat, 'n staatsondersteunde TV-stasie is in wese 'n onreg. As die
staat TV wil subsidiëer (wat ek geensins ondersteun nie) dan moet alle
stasies - privaat en andersins - dieselfde subsidie ontvang. En wie
sê daar is nie plek vir meer onafhanklike stasies nie? Enige besluit
daaroor hoort suiwer aan markkragte oorgelaat te word - nie een of
ander burokraat se uitsprake nie.

>> en skole moet eerder die behoeftes van die=20
>> ouers en hul kinders weerspie=3DEBl, nie een of ander = staatsideologie nie -=20
>> hetsy apartheid, hetsy "multikulturalisme". As 'n skool dan besluit =

>> om multikultureel, uitsluitlik Joods, Moslem, Afrikaans, of watookal = te=20
>> wees, is dit die skool se saak. Wie de hel is die politici om voor = te=20
>> skryf? =20
> =20
> En die behoeftes word natuurlik deur die meerderheid vasgestel. =20

Ja, die meerderheid van die ouers/kinders van daardie skool, wat self
die toelatingsvereistes moet bepaal.

> Weet jy hoeveel kos dit om 'n skool te bedryf sonder staatshulp? Wie=20
> het so R80,000 per jaar per kind? Wat word van 'n land waar net die=20
> super-rykes kan lees en skryf? So 'n land sink so vinnig weg in=20
> geweld, armoede en revolusie dis net nie snaaks nie. =20

Dis as gevolg van "staatshulp" dat onderwys in so 'n verknorsing sit.
En dis hoofsaaklik as gevolg van staatsinmenging in onderwys dat slegs
die rykes kan lees en skryf. Staatsubsidie van onderwys is, soos
enige ander staatsinmenging in die ekonomie, 'n ontsaglike vermorsing
van geld. Lees Don Caldwell se "South Africa - the New Revolution".

>> Wat die hele TV-taaldebat betref, het ek nou-die-dag 'n voorstel = =3DEArens=20
>> gelees wat vir my nogal sin maak. Hoekom plaas die SAUK nie 'n = vraelys=20
>> op sy lisensiebetaalstrokies nie? Hierop kan mense dan aandui wat = hul=20
>> taalvoorkeur is. Dit sal al hierdie stryery oor die taalverhoudings =

>> van die kykers uitskakel. Die lisensiebetalers, wat eintlik die reg
>> het om te besluit, sal dan direk kan aandui wat hulle taalvoorkeure
>> is. =20
> =20
> Die keuse moet natuurlik nie net een keer gedoen en dan in metaal=20
> gegiet word nie. Dit sal elke jaar gedoen moet word. Met ander woorde =

> as die meerderheid dan oor so vyf jaar NET Xhosa en Zulu vra, neem ek =

> aan jy sal as 'n demokraat daarmee saamgaan en dit ondersteun. =20

Natuurlik. Maar ek hou vol dat dit veel beter sal wees om die hele
idee van 'n "openbare uitsaaier" af te skaf. Ek moet nie deur
lisensiegelde verplig word om vir 'n TV-diens te betaal wat ek nie
wil hê nie.

> Toevallig: Die maklikste oplossing vir die SAUK om die stomp swaardjie =

> van die lisensiegeld is om lisensies af te stel en die SAUK = regstreeks=20
> uit staatskanale te befonds.

Goeie genugtig! Dis nog veel erger as die huidige stelsel van
lisensies. Dit beteken dat *almal* vir die blerrie TV betaal, of jy
nou wil of nie. Die SAUK moet *geen* geld van die staat ontvang nie.
Dit lei maar net weereens onvermydelik tot staatsinmenging in die
uitsaaiwese - die staat befonds die uitsaaier, en voel dus geregtig
daarop om voor te skryf wat uitgesaai moet word.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: DS: [AFRIKAANS:5611] Ekonomiese vryheid

Ma, 22 Januarie 1996 00:00

Robert Wagenaar wrote:
<<<
>Die uitvoerdende direkteur van die Vryemarkstigting, mnr. Leon
> Louw, het gesê dat die studie wys dat lande wat 'n toename in
> ekonomiese vryheid het, 'n hoër tempo van ekonomiese groei
> ervaar.>>>

KLein ou puntjie wat "mnr. Leon Louw" vergeet: Al die lande van sy
drome het baie goeie infrastrukture, goeie goedkoop (indien nie gratis
nie) skole, bekostigbare basiese mediese dienste en openbare
vervoer-stelsels. Die fondamente van 'n goeie samelewing.
Hoe is hierdie infrastrukture daar gestel?
Deur sosialistiese beleide van die staat.
Suid-Afrika se bevolking gaan nie skielik geletterd en prodiktief
word as ons nou alle staatshulp afsny en begin privatiseer asof ons
bytsoda gedrink het nie.
nr. Louw se denkrigting-mense wil die onderwys ook ten volle
geprivatiseer he.

Ekonomie & geldsake | 18 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5608] Afrikaans M-Net

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 10:04
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5608] Afrikaans M-Net

-Net het intussen aangekondig dat al die 5 Nasie-beker-reeks
wedstryde in Afrikaans uitgesaai sal word. Dit lyk of hulle munt wil
slaan uit die SAUK TV / Afrikaans debakel.

'n Advertensiemaatskapy het aangekondig dat in terme van die
onduidelikheid oor wie die teiken gehore sal wees na die SAUK
veranderinge inwerking getree het, alle advertensies ontrek gaan
word.

arius Swart

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5613] Selfone

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 15:31
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5613] Selfone

Nou die dag was daar 'n nuusflits oor die TV. Daar ontdek ek toe mos
waarvoor 'n selfoon se lugraad eintlik dien! Dit beantwoord aan so 'n
fundamentele behoefte dat, as ek die geld gehad het, ek dadelik een
sou aangeskaf het.

Al die mainmanne van die sokker staan op 'n ry vir 'n fotosessie.
Die president in die middel, langes hom 'n waardige(?) gryskop, 'n
ware Salomon: hy kon seker nie te goed hoor nie, en is toe besig om
sy oor met die lugdraad van sy selfoon oop te priem. Toe die
oorkanaal wyd genoeg is, bekyk hy die punt van die lugdraad
noukeurig en druk dit met 'n ge-oefende bewing weer terug op sy
plek.

Laat die kameras rol!

Groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5595] Poeme

Wo, 17 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Johannes...@sandwich.pfizer.com[SMTP:Johann...@sandwich.pfiz er.com]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 16:35
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5595] Poeme

Wie wil vir ons hierdie poeme in Afrikaans vertaal?
Johannes.
Canterbury.



Naming of Parts
---------------
Today we have naming of parts. Yesterday
We had daily cleaning. And tomorrow morning
We shall have what to do after firing. But today,
Today we have naming of parts. Joponica
Glistens like coral in all of the neighbouring gardens
And today we have naming of parts.

This is the lower sling swivel. And this
Is the upper sling swivel, whose use you will see
When you are given your slings. And this is the piling swivel,
Which in your case you have not got. The branches
Hold in the gardens their silent, eloquent gestures,
Which in our case we have not got.

This is the safety-catch, which is always released
With an easy flick of the thumb. And please do not let me
See anyone using his finger. You can do it quite easy
If you have any strength in your thumb. The blossoms
Are fragile and motionless, never letting anyone see
Any of them using their finger.

And this you can see is the bolt. The purpose of this
Is to open the breech, as you see. We can slide it
Rapidly bacwards and forwards; we call this
Easing the spring. And rapidly backwards and forwards
The early bees are assaulting and fumbling the flowers:
They call it easing the Spring.

They call it easing the Spring; it is perfectly easy
If you have any strength in your thumb: like the bolt,
And the breech, and the cocking-piece, and the point of balance,
Which in our case we have not got; and the almond-blossom
Silent in all of the gardens and the bees going backwards and forwards,
For today we have naming of parts.

[From 'Map of Verona' by Henry Reed]

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5569] Afrikaans en Nederlands

Wo, 17 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 9:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5569] Afrikaans en Nederlands

Weg van die politiek en taaltwis:

Ek het 'n werklik interessante boekie by die Mast-boekwinkel vir slegs
R2,00 in die hande gekry. Dit is "Praktiese Nederlands" deur Ena
Jansen en Gerrit Olivier (Academica: Pretoria 1986, ISBN 0 86874 236 8)
Alhoewel die boek daarop gemik is om Nederlands meer toeganklik vir die
Afrikaanse leser te maak, glo ek dat dit selfs waarde inhou vir die
Nederlandse leser wat meer omtrent die verskille tussen Afrikaans en
Nederlands wil weet.

Hier is die beknopte inhoudsopgawe:

1. Spellingsverskille: vokale en intervokaliese g en d

2. Spellingsverskille: medeklinkers en uitgange

3. Lidwoorde en aanwysende voornaamwoorde

4. Byvoeglike bysinne. Die selfstandige gebruik van "deze", "die", "dit" en "dat".

5. Vervoeging. Die presens

6. Die imperfektum

7. Die perfekte tydsvorme

8. Die gebruik van werkwoorde

9. Kontinuïteit en toekoms

10. Werkwoorde: Algemeen

11. Funksiewisseling en morfologiese afleiding

12. Die gebruike van "er" en 'n paar sintaktiese verkynsels

13. Besitsaanduiding

14. Vaste uitdrukkings en spesiale gebruike

15. Woordeskat

Bylaag A: Lys van sterk en onreëlmatige werkwoorde
Bylaag B: Die vier tydsvorme van "hebben" en "zijn"
Bylaag C: Geselekteerde woordelys

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5582] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen die nu

Wo, 17 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 13:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5582] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen =
die nu

Freek skryf:

> Ek word skoon bang as ek sien hoe eenders ons oor hierdie onderwerp=20
> voel. Beteken dit dat jy saamstem met "vir die Afrikaner - teen die=20
> nuwe SA" en/of "vir die nuwe SA - teen die Afrikaner"? Voor jy=20
> antwoord; ek definieer die nuwe SA as die een soos omskryf in die=20
> tussentydse grondwet met uiters gesentraliseerde magte.=20

Slagspreuke soos "vir die Afrikaner" en "teen die nuwe Suid-Afrika"
het bepaalde, en uiteenlopende betekenisse vir verskillende persone.
Sonder dat ek weet wat jy werklik daardeur bedoel, kan ek nie sê
of ek met die stelling saamstem nie.

Ek is nie teen die "nuwe" Suid-Afrika nie - ek is ten gunste van
demokrasie, 'n handves van menseregte, 'n bindende grondwet, ens. Daar
is egter uiteenlopende vorms van demokrasie, en my goedkeuring van 'n
handves van menseregte of grondwet hang van die inhoud daarvan af. Ek
is nie ingenome met die bestaande handves of grondwet nie, maar almal
het seker hul voorbehoude daaroor, vir verskillende redes. Ek het
ernstige bedenkinge oor gesentraliseerde gesag, maar daar was selfs
meer sentralisasie van gesag in die "ou" Suid-Afrika, dus kan mens
nie net teen die "nuwe" Suid-Afrika uitvaar op grond daarvan nie.
Dit sou meer sinvol wees om teen gesentraliseerde gesag te betoog,
juis op grond van die ontsaglike wanbestuur en vertrapping van
regte wat onder die ou stelsel plaasgevind het.

As Afrikaner is ek ten gunste van die bevordering van my taal en dinge
wat ek voel eie aan die Afrikaanse gemeenskap is (selfs hieroor is daar
nie eensgesindheid nie), maar ek besef ook dat ons in 'n samelewing van
vele kulture woon, en dat ons mekaar ruimte moet gun. Ek glo dat dit
beteken dat almal - nie slegs Afrikaners nie - 'n "leef en laat leef"
gemeenskaplike waardestelsel (miskien soos die Switsers?) sal moet
ontwikkel. Ons het egter nog 'n lang pad om te loop, en ek glo nie dat
ons na ons politici moet kyk om so 'n waardestelsel te laat posvat nie -
eerder die teenoorgestelde. Jan Alleman sal die werk moet doen.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679    »]
Tyd nou: So Okt 06 09:15:19 MGT 2024