Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Helden

Vr, 22 Maart 1996 00:00

WAT EEN HELDHAFTIGE AFRIKANERS!
-------------------------------

Het gaat me niets aan, maar toch word ik pisnijdig als
ik zo'n brief van zo'n Austra-Afrikaner lees. Zo'n
apartheid-diehard, die nog steeds met de zijnen de
wereld laat weten dat "Ons zal leven, ons zal sterven,
ons voor jou Zuid-Afrika", maar dan wel in Australi-e.
De helden. Ooit heb ik hier in Holland gepleit om toch
wat begrip voor hen te hebben.
En in plaats van enige deemoed te betrachten, enig
inzicht in eigen politiek falen te tonen, denken ze dat
ze in Perth en soortgelijke steden een eigen Afrikaans
thuisland kunnen stichten. Emigreren, en de apartheid
meenemen. Nou, dat zal hen opbreken.
Iedere Nederlander heeft wel familie of kennissen in
Australi-e, ook ik. En Australi-e is een gastvrij land,
maar je moet wel Australi-er worden als je je daar wilt
vestigen. En anders kun je het wel vergeten. Dag
Afrikaners!
En dat geldt mutatis mutandis natuurlijk ook voor jou,
Franky Sneakers met je Engelse eega in Oxford.

Bernhard Bezemer

--------------------------------------------
Hij is genade waert, die zyne schult bekent"
(Joost van den Vondel, 1587-1679).
--------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Afrikaner emigrant: Perpektief

Vr, 22 Maart 1996 00:00

At 04:34 PM 21/03/96 SAT, you wrote:
> Joop is ongeletterd! :
>> Aan Julius en Paul en almal in hierdie "thread":
>> =20
>> Verander asseblief my (beskaafde naam) uit die "subject" van hierdie
> Ek bedoel natuurlik "Verwyder" ...
>
>
>> uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels ongeletterde
>> agterbuurt-skellery.
>> =20
>> By voorbaat dankie,
>> =20
>> Joop
>> =20
>> _________________________________
>> Franz Dullaart (021) 650 3053
>> J...@ITS.UCT.AC.ZA
>> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
>> _________________________________
>> Consultant: Knows all the positions
>> but no women ...

Ek het eers gelag maar stem nou saam dat dinge nou begin handuit ruk, vir my
aandeel daar in vra ek omverskoning!
Daar moet egter met perspektief oor feite uit die stryd getreë word.
Eerstens Joop na aanleiding van vele tirades oor lafhartigheid en weghol het
sekere van jou argumente my oortuig dat jy geskryf het sonder enige insig in
die die groot stryd van 'n persoon wat besluit om te emigreer, veral ook nie
mbt die Australiese beleid aangaande "Multiculturism" nie, waar in daar baie
gedoen word juis vir die behoud van 'n mens se "Roots". Dit is hierdie
waarneming wat aanleiding gegee het tot die hoof: Joop benodig inligting. Ek
is ernstig as ek sê dat ek graag die en ander inligting sal weergee en
beantwoord as iemand vra.
Hoepel jou moerse boere ens kommentaar het aanleiding gegee tot die
verduideliking van persoonlikke standpunte, weereens is ek bereid, en sal
dit geniet, om gedagtes hier oor uit te ruil.
Ek wil egter sê dat die aanhoudende verkleineerende en neerhalende
kommentaar op die van ons wat ge-emigreer het sit nie maklik aan 'n mens se
baadjie van menswees nie! Ek sou dit waardeer indien daar wedersydse respek
vir sienings, opinies en wyse van operandi getoon word.
Die aantyging van "..uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels
ongeletterde agterbuurt-skellery.." was nie eensydig nie. Indien jy Joop die
kommentaar op my gemik het en voel dat ek skuldig is aan ongeletterheid en
agterbuurt-skelery vra ek nederig omverskoning.
Wanneer ons oor emigrasie, Boere, Afrikaners ens praat, laat ons liewer
respek toon vir die kommentaar van ander en argumenteer liewer oor hoe dinge
soos Emigrasie, Imigrasie, Die bly in SA, Boer en Afrikaner ons
gemeenskaplike liefde, Afrikaans, beinvloed!
O ja Joop die weer vir die staptog gaan heerlike Kaapse herfsweer wees :)))
Groete,
Paul van der Merwe. =20

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Pay-back time"

Vr, 22 Maart 1996 00:00

Antonie skryf:

> Ongelukkig is ons in die middel van 'n bose kringloop. Agv die
> "brain-drain" gaan die land se ekonomie skade lei. Die ekonomie gaan dan
> nie groei soos wat dit kon nie. Dit beteken meer werkloosheid, meer
> misdaad, stakings en geweld en dan...... nog meer mense wat die land
> verlaat.
>
> Al hoe dit gestop kan word is as die regering hierdie "pay-back time"
> baie omsigtig benader en hanteer. As mens so na die skole kwessie en die
> behandeling van Afrikaans kyk (soos by die SABC), dan gebeur dit nie en
> so vervreem die regering net nog meer mense van die nuwe bestel.

Antonie, ek wil een ding opklaar: my verwysing na "pay-back time" was 'n
beroep op 'n innere gesindheid aan die kant van Afrikaners (en ander
blanke Suid-Afrikaners), nie, en nogmaals nie, op aksie van die regering se
kant om hierdie gesindheid te kweek of te "verwesenlik" nie.

Daar is 'n groot verskil, en 'n ho"e muur, tussen dit wat ek
eties verplig is om te doen, en dit wat die staat my strafregtelik of
andersins mag dwing om te doen. Baie mense maak die fout om te dink dat,
as A 'n morele verpligting het om x vir B te doen, B hom juistelik op die
staat kan beroep om A te dwing om x te doen. Selfs die popul^ere idee dat
'n morele plig wat op A rus om x vir B te doen noodwendig 'n
dienooreenkomstige reg aan B verleen om x van A te ontvang, ignoreer die
verskil tussen die gereg (van wette) en morele plig. Maar dis weer 'n ander
storie.

Myns insiens is die konsep van regstellende aksie 'n edele poging om die
onmoontlike deur middel van die onwenslike te vermag. Maar, waar mens
nie net met Machiavelliaanse "realpolitik" te make het nie, maar ook met
die onbetwisbare feit van redelik spesifiek vasstelbare nadele en onregte
wat sekere mense weens apartheid moes sluk, en waarvan die gevolge nog
deur hierdie spesifieke individue gedra word, is daar geen regverdigbare
argument teen regstellende aksie vir sulke mense nie. Meer eenvoudig: as die
sosio-ekonomiese verhoudings in ons samelewing bly soos wat hulle
huidiglik is, sal die druk op die regering om te konfiskeer te groot
word, en die langtermyn voordele van gesonde ekonomiese beleide net nie
genoeg wees om die massas te bly paai nie. En as mens so 'n draai of wat
in Alexandra of Soweto gooi, dan besef jy dat daardie massas miskien wel
iets het om oor te kla. En, ja, dit is so dat die "brain drain" 'n bose
kringloop is - dis soos 'n effektebeursineenstorting: die gesindheid is
alles. Maar op die oomblik lyk die syfers van ons ou beursie nie te sleg
nie, en die bulle kan maklik by die bere oorneem, as hulle maar net wil.

Intussen moet ons bly hoop die verstommende vrymarkneigings van die
huidige regering bly groei, en dat hierdie neigings (deur "pay-back"?)
beloon kan word, sodat ons nie die nuwe People's Republic of Azania word nie.

Laterweer'nkeeroftwee
Frank

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Soorte "guts"

Do, 21 Maart 1996 00:00

On Thu, 21 Mar 1996, Paul van der Merwe wrote:

> DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
> emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
> Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
> traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
> te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
> BREINLOOS!

[geknip]

> Brain Drain? Indien dit slim is om raak te sien dat daar groot fout is en
> dat die getalle oormag net te groot is dan ondergaan die NSA 'n brain drain.
> Nie omdat wel belese profesionele mense en Sakemanne besluit om elders hul
> heenkome te vind nie.

Nee, Paul, daar is baie soorte "guts". Een soort wat Suid-Afrika bitter
nodig het, is die soort wat "wel belese professionele mense en sakemanne"
sal laat besef dis tyd om met 'n bietjie barmhartigheid en baie werk iets
vir die samelewing te gee waaruit hulle soveel voorregte ontvang het; die
soort wat Afrikaners sal laat sluk en wil bewys dat een geslag op sy manier
kan regmaak waar 'n ander geslag drooggemaak het; die soort wat veral
jongmense soos ek, wat niks gedoen het om hulle voorregte te verdien nie,
en bg voorregte heerlik geniet het terwyl hulle medeburgers soms
liederlik gely het, te laat erken: "My people, it is pay-back time".

Ek weet julle ouens, en ander soos julle, het 'n pynlike ervaring agter
die rug (wat ook nooit sal ophou seermaak nie) wat julle met oseane vol
vlugtelinge, bannelinge, uitgewekenes en wandelaars deur die eeue heen
deel, en wat nie benydenswaardig is nie. Niemand neem so 'n besluit
ligtelik nie, en sulke besluite word gewoonlik vir die ontwil van mens se
kinders of geliefdes geneem, om die beste vir hulle te gee. Ek wens julle
alle sterkte toe.

Maar daar is tog 'n soort "guts" wat ons land nodig het, wat nie sal
saamstem dat "die getalle oormag te groot is" en dat die "groot fout" nie
verdien om herstelpogings van die mees bekwame burgers van die land te
geniet nie.

Baai
Frank.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Joop benodig inligting

Do, 21 Maart 1996 00:00

Hoepel skryf:
> Hallo, Paul. As jy dan so 'n moerse "Boer" is, wat soek jy in OZ? Was
(is?) jy deel van die "brain drain", of dalk deel van die outydse "chicken
run"? Deesdae glo die "ware" Boere daaraan om hier (dis nou in die NSA) te
bly en hul eie toekoms hier te bepaal -- op watter manier ookal. Ek sou nie
omgee om te gaan kyk hoe lyk OZ (veral die Perth-omgewing) nie, maar hier
bly sal ek bly. Dieselfde fout as wat van my vrou se (vroee"re) familie
gemaak het (sy is 'n Weppenaar, goeie ou Hollandse van!), om na
> OZ en ook Nieu-Seeland "uit te wyk" net om daar te gaan verengels, sal ek
nie maak nie -- ek dink na' nege geslagte van Suid-Afrikaner-wees hoort die
Scheeperse beslis in Suid-Afrika.
>
> Die aangepaste "gesegde" lui mos: If you can't beat them, join them and fight the rot from inside ....
>
> Groetnis
> Hoepel

Dagsê Hoepel, Moerse Boer/ Moerse Afrikaner/ Moerse wat nog?
Nee Hoepel ek is niks van die bg nie. Toe ek die RSA verlaat het was daar
erkenning van die feit dat die Afrikaner se hart 'n warm polsende Boere-hart
was. Ek twyfel of jy ooit die gasvryheid, behulpsaamheid en soveel meer mooi
dinge, van die Boere Tannie op die Boereplaas ooit enige plek in die wêrel=
d
sal kan ewenaar.
Dit lyk my dat daar toe 'n gogga gekom het wat die Afrikaner-boerevolk
verdeel het om hom te verswak. Nou sit die NSA met 'n klompie "Van my Beste
Vriende was swart - ek was altyd maar ANC" Afrikaners (Die regte Chickens)
deur na die Boere gemeeskap, wat deur soveel mense as 'n regse fanatieke
politiese vleuel beskou word. Alles, in my opinie, ook 'n klomp snert.
Die Afrikaner was altyd 95% anti swart en konserwatief, vanwaar hierdie
skielike verandering as dit nie vrees gedrewe is nie. Praat van Psigose.....
Wie is die "Chicken" Hoepel, hy wat verskonings kan uitdink vir nie alleen
sy eie fisieke verval in omstandigheid nie maar ook die van sy taal en
kultuur? Hy wat nou toelaat dat die sg Swartgevaar nou maar oor hom spoel
omdat hy te bang, of is die Emgels te Chicken, om veranderings in sy lewe
teweeg te bring? Is dit nie een van julle huidige politieke leiers wat graag
sou wou sien dat alle blankes padgee nie? Dieselfde persoon as wat geskreeu
het one Boer one Bullet..
DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
BREINLOOS!
Ja die besluit om te emmigreer is polities. Dit gaan egter nie oor die Ras
van die regering nie maar eerder oor sy vermoë om REGVERDIG te regeer. Toe
ek in my lewe die vraag moes beantwoord, om te besluit oor ons toekoms, glo
ek ek was reg!
Jy praat van verengels......? Kyk om jou en sien wat aan die gebeur is, dit
is op jou drumpel!
Taal is nie Kultuur nie! So verskil die Engelse Taal en kultuur van land tot
land. Amerika, Oz,NZ en Engeland. Praat nie eers van die kultuur verskille
tussen die Kaapse Afrikaners en die TVL se Afrikaners nie.Min Kapenaars eet
Pap en wors en ewemin Transvalers eet Bokkoms! Ons sal sekerlik met tyd 'n
Aussie-afrikaner-boer kultuur verkry wie weet!
Waar lei dit heen "Rather 'n live chicken than a dead duck"
Brain Drain? Indien dit slim is om raak te sien dat daar groot fout is en
dat die getalle oormag net te groot is dan ondergaan die NSA 'n brain drain.
Nie omdat wel belese profesionele mense en Sakemanne besluit om elders hul
heenkome te vind nie.
Ek is trots op my Afrikaner-Boerskap want dit sê alles van my herkoms en=
hou
my hart op die regte plek in my verhoudings met my naaste.
Hoepel kom kyk gerus na Oz, waarlik'n prag plek met goeie "Boeremense" van
alle kleure skakerings, tale en kulture EN DIE VRYHEID VIR ALMAL, OM DIT WAT
NA IS AAN HOM TE BEHOU , verskans nie net in die wette van die land nie maar
in die harte van die mense.
Indien daar nog 'n probleem is skryf net, ek antwoord graag.
Dankie vir die geselsie,
Paul

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Boere wat "weghol"

Do, 21 Maart 1996 00:00

Paul,

> DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
> emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
> Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
> traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
> te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
> BREINLOOS!


Hoor hoor man! Jou bek verdien Jam!

Emigrasie is soos doodgaan - jy weet dat jy baie van jou mense nie
weer gaan sien nie. Dit is nie n lekker ding nie. Om n ou te hoor
sê dat dit lafhartig is, maak my bitter kwaad.

Hier in Queensland het ons onlangs n verandering in regereing gekry
nadat die sittende arbeiders party n tussenverkiesing verloor het.
Hulle en die konserwatiewe koalisie het n gelyke aantal setels gehad.
Die magsbalaans was in die hande van n onafhanklike politikus. Sy
kondig haar ondersteuning aan vir die konserwatiewe partye en dit was
die einde van die regering.

Wat het die dame laat besluit om die regering tot n val te bring ?
Wel, sê sy, die hoe"rskool word nie gebou nie en die hospitaal se
dak lek al jare. Die regering dien nie die mense nie.

Suid Afrika het amper 50jaar van Nasionale party regering gehad. Maak
nie saak hoe erg hulle opneuk nie, elke verkiessing skree hulle net
"kaffer" en al die ander misdrywe en selfs gruwels word vergeet. Die
boer, engelse en immegrante trek laer en stem vir oorlewing.

Nou gaan ons 50 jaar van ANC regering kry - met min of meer dieselfde
resultaat.

Vanoggend oor die nuus hoor ons Nelson sê ta ta vir Winnie. Hy het
glo $17,000,000 op sy naam na net n paar jaar en het al $1,000,000 aan
Winnie gespandeer. Die regter sê dis genoeg. Sy kry nie meer nie.

Intussen is daar menige hoe"rskole wat nie gebou word nie en baie
hospitale se dakke lek. Maar Nelson "suffer for the struggle". Hier
kom 50 jaar van leiers wat gaan "suffer" vir hulle mense. Selfde kak.
Net ander kleur. Die halftyd fluitjie het geblaas. Die kante het
omgeruil maar die selfde spel gaan voort.

Oz is n lekker plek.

Ek huil vir my Pa.
Ek huil vir my Ma.
Ek huil vir my Broer.

Ek wil nie hoor van Chickens nie. Dom donders.

jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Mense sonder standpunte

Do, 21 Maart 1996 00:00

On Wed, 20 Mar 1996, Freek Eek wrote:

> Seker nie gelees wat ek geskryf het nie. Of dalk dit nie verstaan
> nie.
>
> Dit herinner my aan 'n kleuter wat nie iets wil hoor nie, en dan maar
> 'n liedjie sing sodat hy dit nie hoef te hoor nie.
>
> Franck, ek gee jou die geleentheid om die Afrikaner te definieer in
> algemeen aanvaarde volkekundige of etnologiese terme, sodanig dat dit
> strook met die geskiedenis en geskiedkundige beskrywings van die
> Afrikaner, wat verskil van myne. In plaas daarvan om allerhande
> duistere motiewe aan my siening toe te ken, gee my jou beskrywing dat
> ons dit kan toets teen die werklikheid (let wel nie teen droomideale
> nie, maar die werklikheid).

Freek, ek wil nie weer vir eeue aangaan nie, maar 'n paar dinge moet seker
maar geseg word, wat plek in beslag gaan neem.

Eerstens is daar nie eintlik "algemeen aanvaarde volkekundige of
etnologiese" definisies van 'n volk, nasie of kultuur nie
(as daar was, sou daar nie soveel ruimte gewees het vir boeke vol debatte
omtrent wat dit nou eintlik beteken om 'n "kultuur" of "gemeenskap" of
"volk" te wees nie). Tweedens het hierdie juiste kwessie, wat die
Afrikaner betref, 'n sekere patroon gevolg wat met politieke nasionalisme en
rassisme so' nou saamgebind was dat die ontknopingstaak een te veel vir
enige gesonde verstand is. Ek gee toe dat die "Afrikaner" in 'n redelik
duidelik definieerbare kernkonsep ontwikkel het, wat sterk "etnies" - in
die sin van die woord wat jy gebruik - en ook rasgebonde, is (mense wat
dit ontken, kyk 'n deel van die geskiedenis mis). Lidmaadskap van 'n
"kultuur" of 'n volk blyk beslis om (watookal andersins) om
persoonlike identifikasie met 'n sekere begrip en 'n beeld te wentel. En
daardie beeld het vir verskeie redes ontwikkel in wat meeste mense
deesdae as "Die Afrikaner" beskou.

Maar daardie beeld het in sy vormingsjare tot 'n asemrowende mate sterk 'n
suiwer ideologies-rassistiese, en selfbewus volgehoude, poging bevat om die
begrip op Blankwees te baseer, en om die groot bruin gemeenskap, wat
sterk die taal se wortels beinvloed het, uit te sluit. Dit was een van
die wonderbaarlike suksesse van die Nasionaliste dat hulle so vinnig 'n
komiteebesluit-agtige konsep van kunsmatigheid kon beroof en 'n
identiteit om die taal (vinnig omskep in 'n "Standaardvorm", met 'n
woordeskatskeppende industrie om die amptelikheid van die taal dag en nag
te heg en te timmer) en die Blankweesbeeld te bou. Die Mynstakings, die
Ossewa Brandwag, en Apartheid het elkeen hewig op hierdie perdjie gery -
met alle mag en krag moes die Blankwees van die Afrikaneridentiteit
verskans word, totdat die verskansingsproses finaal afgehandel is, en dit
vir almal baie moeilik was om die Afrikanerkultuur van die
"Afrikaner"-politiek te skei - in 'n sekere sin 'n onmoontlikheid.

Noudat die hele spul in sy maai is, ondervind die beeld en identiteit
weer druk om homself te herdefinieer. Daar's neurotiese pogings om die
Blankweesproses op ander maniere te behou - bv deur 'n volkstaat te skep,
wat op ras ook gebaseer is. (Dis miskien werklik nie 'n slegte idee
nie, as dit kon klaarkom sonder 'n soort rasgebaseerde
apartheidstelsel.) Daar's andere wat probeer voorhou dat die
Afrikanerkultuur nog nooit 'n polities-eksklusiewe ideologiese element as
grondpilaar bevat het nie. En so aan. Nou waar pas jy in? Ek het jou
boodskappe van Februarie af gelees, en (miskien verkeerdelik) 'n
eksklusiwiteitsindroom by jou bespeur. Die poslysgesprekke het eers om
genetiese raskwessies gewentel, soos gesprekke in Duitsland in die 30s.
Toe kom die tier-kat-hond-vark besigheid, en boer-blankwees by. In jou
gesprekke met Joop het jy eers die blankwees in Europees laat verander,
en toe van Europees na "etnies-en-nie-noodwendig-ras-nie" beweeg. En
as ek dit nie mis het nie, was jou benadering tot dusver sterk eksklusief
- die tipe ding wat Potgietersrus aan die brand gehad het, en die
Afrikaner se pogings om kulturele voorregte te geniet dag vir dag meer
kelder. Jy hou nie van die "duistere motiewe" nie, so miskien is ek heel
verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Ons kan nie help om meer "Europees" as "Afrikaan" te wees in ons waardes
nie. Maar ons kan, as ons wil, die kleinlikheid en lelikheid van die
eksklusiwiteit wat aan die "Taal-kultuur"-identiteit help bou het, erken,
en dan verwerp, en ordentlik ons plek in die Suid-Afrikaanse samelewing
inneem, om ons mede-Afrikaanssprekendes saam te laat staan vir die behoud
van gemene Afrikaanse dinge. Dis in elk geval ons enigste kans, en is die
moeite werd. Daarvoor hoef ons ook nie al die groot kosbaarhede van die
Boeregeskiedenis, en die Afrikanergeskiedenis, prys te gee nie. Maar
sonder inklusiwiteit sal ons niemand se respek verdien nie.

Droomideale? Nee wat. Ysterharde werklikheid. Ek weet nie eers mooi waar
dit alles vir ons gaan los nie. Ons, met ons Europese waardes, sit in
Afrika (ek op hierdie oomblik nie!), met 'n werkloosheidsyfer van 45%,
met armoede wat baie harde werk gaan kos om toe te stop voor dit ons
verswelg, en met mense wat met regverdiging ietsie uit die storie wil kry.
En 'n president waarvoor ons ons sterre kan dank.

Baai
Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

wat dink julle?

Wo, 20 Maart 1996 00:00

I AM AT BRIGHAM YOUNG UNIVERSITY AND AM CURRENTLY ENROLLED IN AN
AFRIKAANS CLASS. WE HAVE TO RESEARCH SOMETHING ABOUT THE SOUTH AFRICAN
CULTURE.

THIS IS MY QUESTION FOR YOU:

DO YOU THINK THAT AFIKAANS SHOULD STILL BE REQUIRED AS A SECOND LANGUAGE
IN PRIMARY AND SECONDARY SCHOOL EDUCATION?

PLEASE SEND YOUR RESPONSES IN AFRIKAANS AS THIS WILL HELP ME WITH THE
'TAAL' SECTION OF THE ASSIGNMENT.

THANK-YOU FOR YOUR RESPONSES.

TRISHA THOMAS

(teth...@cougarnet.byu.edu)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans Translation Please?

Wo, 20 Maart 1996 00:00

I recently received the following e-mail message in Afrikaans from
someone in South Africa. Unfortunately I don't have access to an
Afrikaans dictionary or I could probably piece together the meaning
myself. What little I have been able to "translate" doesn't appear too
friendly. I'm particularly interested in what a "bliksim" is. :-)

Could someone help me with a rough tranlation of this? Hopefully it's
nothing offensive. My apologies if it is.
************************************************************ *****************
Ek se my broe hoekom skryf jy dan nie?Dit lyk vir my as ek nie skryf
dan skryf jy ook nie.Tiepse Amerikaanse gedrag , julle dink mos die
wereld is in julle land ne.Jou bliksim!
************************************************************ ****************
Thanks in advance,


Thanks,
Gabe
"The Cartoonist in San Diego"
Martin
bord...@cts.com
http://www.cts.com/~borderln/

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 6 kommentare

Freek Bleek

Wo, 20 Maart 1996 00:00

Onse Freek wil die Blankbly laat lankbly;
Afrikaans se geskiedenis van Malei
Wil hy net vergeet
En met kat aan stert beet
Na Ossewabrandwag toe teruggly:

"O, Broeders, die ontug is op ons,
En dit gons van Die Bontheid se groep-bons;
Maar hier waar ek sit
Bly ons immermeer wit
In ons kwynende groepie van Net Ons."

Sterkte Freek
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650  1651    »]
Tyd nou: Vr Nov 15 17:37:18 MGT 2024