Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner emigrant: Perpektief
Die Afrikaner emigrant: Perpektief [boodskap #6037] Vr, 22 Maart 1996 00:00
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 04:34 PM 21/03/96 SAT, you wrote:
> Joop is ongeletterd! :
>> Aan Julius en Paul en almal in hierdie "thread":
>> =20
>> Verander asseblief my (beskaafde naam) uit die "subject" van hierdie
> Ek bedoel natuurlik "Verwyder" ...
>
>
>> uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels ongeletterde
>> agterbuurt-skellery.
>> =20
>> By voorbaat dankie,
>> =20
>> Joop
>> =20
>> _________________________________
>> Franz Dullaart (021) 650 3053
>> J...@ITS.UCT.AC.ZA
>> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
>> _________________________________
>> Consultant: Knows all the positions
>> but no women ...

Ek het eers gelag maar stem nou saam dat dinge nou begin handuit ruk, vir my
aandeel daar in vra ek omverskoning!
Daar moet egter met perspektief oor feite uit die stryd getreë word.
Eerstens Joop na aanleiding van vele tirades oor lafhartigheid en weghol het
sekere van jou argumente my oortuig dat jy geskryf het sonder enige insig in
die die groot stryd van 'n persoon wat besluit om te emigreer, veral ook nie
mbt die Australiese beleid aangaande "Multiculturism" nie, waar in daar baie
gedoen word juis vir die behoud van 'n mens se "Roots". Dit is hierdie
waarneming wat aanleiding gegee het tot die hoof: Joop benodig inligting. Ek
is ernstig as ek sê dat ek graag die en ander inligting sal weergee en
beantwoord as iemand vra.
Hoepel jou moerse boere ens kommentaar het aanleiding gegee tot die
verduideliking van persoonlikke standpunte, weereens is ek bereid, en sal
dit geniet, om gedagtes hier oor uit te ruil.
Ek wil egter sê dat die aanhoudende verkleineerende en neerhalende
kommentaar op die van ons wat ge-emigreer het sit nie maklik aan 'n mens se
baadjie van menswees nie! Ek sou dit waardeer indien daar wedersydse respek
vir sienings, opinies en wyse van operandi getoon word.
Die aantyging van "..uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels
ongeletterde agterbuurt-skellery.." was nie eensydig nie. Indien jy Joop die
kommentaar op my gemik het en voel dat ek skuldig is aan ongeletterheid en
agterbuurt-skelery vra ek nederig omverskoning.
Wanneer ons oor emigrasie, Boere, Afrikaners ens praat, laat ons liewer
respek toon vir die kommentaar van ander en argumenteer liewer oor hoe dinge
soos Emigrasie, Imigrasie, Die bly in SA, Boer en Afrikaner ons
gemeenskaplike liefde, Afrikaans, beinvloed!
O ja Joop die weer vir die staptog gaan heerlike Kaapse herfsweer wees :)))
Groete,
Paul van der Merwe. =20
Vorige onderwerp: Soorte "guts"
Volgende onderwerp: Die vierkleur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:20:21 MGT 2024