Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

gee my redes hoekom ek nog hier moet bly.

Sa, 08 Junie 1996 00:00

My redes is op.Misdaad is genoeg rede om my hier weg te kry,al is ek
maar net 23.Die internet gee my geleenthede vir werk in ander lande
wat my n beter toekoms bied.Sukkel om al die kultuur veranderings te
aanvaar.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Andre P Brink, Ettienne le Roux

Wo, 05 Junie 1996 00:00

Goeidag

Ek skryf as iemand wat (tot my spyt) bitter min van Afrikaanse
letterkunde weet, omdat Engelse letterkunde altyd vir my meer
toeganklik was. In die afgelope paar jaar het ek 'n hele paar van die
twee genoemde skrywers se werke probeer lees. Die probleem is om verby
die eerste paar bladsye te kom. Noem my oppervlakkig, maar ek kon nog
glad nie die punt in meeste boeke van die twee here sien nie.

"Sewe dae by die Silbersteins" van Le Roux is ontsettend bisar, en, na
omtrent die 4e partytjie kon ek dit nie meer vat nie. Die punt was
verlore op my.

So kan ek aangaan. Die enigste wat ek wel geniet het was "`n Droë wit
seisoen", wat briljant geskryf is, veral die gedeelte waar Ben met die
kolonel in die veiligheidspolisie gaan gesels.

Kan enigiemand vir my nuwe lig werp op Afrikaanse letterkunde ? Daar
is briljante skrywers, maar hoe moet 'n mens hulle verstaan ?

Dankie by voorbaat
Henri-John Kock

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suid-Afrikaanse Kuns

Di, 04 Junie 1996 00:00

Laat my toe om reklame te maak vir Suid-Afrikaanse kuns op die Internet,
en wel op die ___Universiteit van Pretoria___ se site:
http://www.up.ac.za/academic/arts/gallery.html

(Netscape 2 nodig: Frames word gebruik)

*** Aankondiging ***

Die "Gallery Page" se volgende uitstalling is nou gereed op die Internet.

Hierdie keer wys die Gallery onder andere werke van die jong kunstenaars
Anton Karstel en Minnette Vari.
Die uitstalling "The Way West" is tans by die
Newtown Gallery in Johannesburg te besigtig.

********************

"Ananzi: The South African Search Engine"
het onlangs die "Gallery Page" genoem as een van die beste
kuns-sites tans aktief op die Suid-Afrikaanse WWW.

Hopelik sal die nuwe uitstalling die help om die site verder te verbeter.

********************

En terwyl ek besig is met reklame:
Vir inligting oor kanker in die algemeen, maar veral borskanker
in Australia, sien:
http://www.nbcc.org.au/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake

Ma, 03 Junie 1996 00:00

Dis nou die laaste vyf maande voor die Amerikaanse verkiesing
in November. Vir ons in Kanada is die Amerikaanse verkiesing
altyd van belang omdat ons ekonomie so nou verbind is met
hulle s'n. Daar is ook vaagweg ideologiese bande: Die Konser-
watiewe Party in Kanada (wat nie so lank gelede 'n magtige
party was, maar nou bestaan uit twee Lede in die Parlement) is
in gees verwant aan die Republikeine. Die Liberale Party wat
nou in Kanada aan bewind is, het ideologiese bande met die
Demokratiese Party.
Op die oomblik lyk dit of die Republikeine se kanse nie te
goed is nie. Alles kan natuurlik verander as Colin Powell
besluit om as Dole se vise-president op te tree.
Ek is nie soseer geinteresseerd wie die volgende President
van die V.S.A. is nie. Vir my is die hele demokratiese proses
in die V.S.A. mooi om te aanskou. En vir my vereis daardie
proses dat daar twee sterk partye is waartussen die mense sal
kan kies : wil hulle die volgende vier jaar stadig oor die klippe
gaan, of wil hulle meer liberaal en vrydenkend wees?
Om daardie pendulum te laat swaai, verkies 'n mens dat daar
net twee groot partye moet wees. Kleiner derde partye maak die
keuse troebel. Dis daarom dat ek bly is dat dit lyk of daar nou in
Suid-Afrika ook net twee groot partye uiteindelik gaan oorbly.
Ek nooi mense uit om hulle eie gedagtes oor hierdie dinge met
ons op die nuusgroep te deel.

Gloudina Bouwer.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

waar is julle trots?

Ma, 03 Junie 1996 00:00

Ek het hierdie nuuwsgroep vandaag gevind. Wat leuk, ek wilde n.l. gra Afrikaans
leer, en alles oor Afrikaners. Wij word hier in ons land (Nederland) nogal eenzijdig
voorgelicht oor julle. Toevallig was ek vorige maand 'n paar dae vir mijn
werk in Suid-Afrika en maakte kennis met dat wat die koerante hier niet vertel.

En nu die nieuwsgroep, wat een geklaag! Julle lijk wel Hollanders! Julle
mag best wel een beetjie trots sij op jeself hoor! Lande die helemaal self
'n uraniumverrijkingstegnologie, bijbehorende fabriek, 'n eigen helikopter,
en 'n oliefabriek (Sasol) ontwikkel omdat hulle geboykot word, vind die
maar eens! Nederland het twintig jaar terug ook te lijd van 'n olieboykot,
maar ons regering voerde motorlose sondae in.

Nu lig daar 'n uitdaging die niet gemakkelijk is met julle nuwe situasie.
Maar julle kun 'n voorbeeld zijn vir die rest van die wereld. Overal, ook
bij ons, speelt die probleem van blank naast zwart. Alleen hier mag je er nie
oor praat nie, want dan is jij meteen een rassist. In julle land moet julle
Afrikaners die ekonomiese wa trek. Succes en baie veel geluk!

(Ekskuus voor mij slegt Afrikaans, dir is die eerste keer dat ek in hierdie
taal probeer te skrijf.)

Groetnis,

Aliki van Heek


************************************************************ ********************

  • E-mail: van...@ecn.nl Phone: +31(0)2246 4507 *
  • Netherlands Energy Research Foundation ECN Fax : +31(0)2246 3490 *
  • Department: NUC P.O. Box 1 NL-1755 ZG Petten The Netherlands *
************************************************************ ********************

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bobbejaan klim die berg

So, 02 Junie 1996 00:00

Hallo okies!

Ek is baaie jammer, maar die rest van hierdie brief gaan in Engels
wees, because I've been living in Holland (Ja, ek is amper 'n
kaaskop...) so long now, my English and my Dutch are better than my
Afrikaans. I will try to keep up with this new found newsgroup and
improve my Afrikaans, so that one day (soon?) I'll be able to post
without being scared that you won't understand me.

My question:

Could someone please mail me (or post) the words to 'Bobbejaan klim
die berg', and/or to 'Hansie slim', so I can teach my girlfriend a bit
of Afrikaans.

Baaie dankie vir nou,


Sean Hitchcock.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: SUPER LOTERY REAL ESTATE

So, 02 Junie 1996 00:00

deglise wrote:
>
> SUPER LOTERY :


Beware, this is a joke. This has absolutely no legal basis in Switzerland.
oreover, this estate is located in an area where transfer of property to
foreigners is forbidden.

--
Frederic Gregoire mailto:f...@hebel.net
E-mail address: f...@hebel.net Homepage: http://www.hebel.net/~frg
Je parle francais, I speak english, ek praat afrikaans, eg tala islensku.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Klein Karoo

So, 02 Junie 1996 00:00

Op my Web-blad (www.icon.co.za/~ferdig) kan 'n foto of wat van die
berg ook gesien word.



Droe Waterval
______________

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar tyd
stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n klein gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
...Poqo...Mandela...
en aande in die agterkop gaan le^
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die see"ning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte baugainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop le^.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droe"waterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel.
Jy hoor water,
'n dun, verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droe"waterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oe", diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.


(Kyk!
Hulle ry alleen uit oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle reeds!

Dit pla hulle nie
dat vroee" mens en dier
uit die tye van die groen Karoo,
vergete in die gestolde klippe le"
waarmee die dun pad gepak is!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuusgroep

So, 02 Junie 1996 00:00

Ek dink dat hierdie nuusgroep moet bly sodat die Afrikaner kan wys dat
hy ook wil leef.

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Sa, 01 Junie 1996 00:00

AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
is 'n goeie ding.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627  1628    »]
Tyd nou: So Okt 06 23:25:23 MGT 2024