Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vlamingen in ZA

Ma, 15 Julie 1996 00:00

Hallo,

Ik ben op zoek naar e-mail adressen van VLAMINGEN in ZUID-AFRIKA.
Indien jij zo iemand, bent, gelieve eens een e-mailtje te schrijven.
Ik denk eraan om een mailing-list op te zetten. Indien zo een mailing
lsit al zou bestaan, gelieve mij het adres mee te delen aub.

Bedankt en vriendelijke groeten.
Emmanuel Lambert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die Afrikaner: SAKP identifiseer Joernaliste as agente

So, 14 Julie 1996 00:00

In article , afri...@hnp.org.za says...

HOW MANY TIMES ARE YOU GOING TO SPAM THIS?

ASSHOLES!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koos Kombuis/Andre Letoit

So, 14 Julie 1996 00:00

Koos Kombuis / Andre Letoit se musiek is nou op CD beskikbaar:

Andre Letoit, "Ver van die Ou Kalahari," Tic. Tic. Bang (Bang CD 013)
Koos Kombuis, "Niemandsland & Beyond," Tic. Tic. Bang (Bang CD 003)
Lees ook: A. Letoit, "Die bar op De Aar" (Tafelberg, 1988).

Uit: "Swart September"

Uit die blou van ons gekneusdheid
Uit die diepte van ons heimwee
Oor ons ver verlate homelands
Waar die tsotsi's antwoord gee

Oor ons afgebrande skole
Met die kreun van honger kinders
Rys die stem van al die squatters
Van ons land, Azanie

Ons sal traangas, ons sal treurnicht
Ons sal offer wat jy vra
Ons sal dobbel in Sun City
Ons sal suip vir Afrika

Bron: Kombuis, Bang CD 003; en LeToit, "Die bar...," 31-32.

Ondersteun vir Koos; ondersteun Afrikaanse kultuur.

--

Morne Bezuidenhout
e-mail: mor...@iafrica.com

Musiek & liriek | 5 kommentare

Die Vetkoekpaleis

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Iemand praat onlangs op die nuusgroep oor die
populariteit van die televisieprogram VETKOEK-
PALEIS onder beide die Engelse en Afrikaanse lede
van die bevolking. Kan iemand 'n bietjie meer daar-
van vertel. Wie skryf en produseer dit?
Ek stel veral belang in die redes waarom die Engels-
sprekers daarvan hou. Ek hoop dat die situasies nie
altyd "ten koste van" Afrikaners vertel word nie.
As iemand wat amper haar hele werkende lewe in Suid-
Afrika deurgebring het in situasies waar ek omtrent die
enigste Afrikaner was, het ek 'n fyn aanvoeling ontwikkel
vir die verskillende bevolkingsgroepe se reaksies op die
feit dat ek 'n Afrikaner is. Ek het die reaksies van die ver-
skillende Engelse tipes die mees verbasend gevind. Hulle
was soms letterlik vir my kwaad as hulle uitvind hoe meer
"liberaal" ek is as hulle. Dis nou die Suid-Afrikaanse
Engelse. Engelse uit Engeland het, toentertyd, 'n groot
bewondering gehad vir die Afrikaner, en effens neergesien
op die Suid-Afrikaanse Engelse.

Gloudina Bouwer

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Die Afrikaner: Verskoning

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Ons vra om verskoning vir die herhaalde pos van ons artkiel. Dit is as
gevolg van 'n tegniese fout.

*******************************************************

We apologise for the repeated posting of an article. It was caused by a
technical error.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner: Verskoning

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Ons vra om verskoning vir die herhaalde pos van ons artkiel. Dit is as
gevolg van 'n tegniese fout.

*******************************************************

We apologise for the repeated posting of an article. It was caused by a
technical error.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner: Verskoning

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Ons vra om verskoning vir die herhaalde pos van ons artkiel. Dit is as
gevolg van 'n tegniese fout.

*******************************************************

We apologise for the repeated posting of an article. It was caused by a
technical error.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DIe Afrikaner: SAKP identifiseer joernaliste as agente

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party van
Suid-Afrika. Hierdie is 'n uittreksel vanuit die nuutste uitgawe. Meer by
http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ **************

SAKP identifiseer joernaliste as agente

IN 'n omsendbrief van die Hoofkomitee van die SA Kommunistiese
Party word 'n hele aantal joernaliste van 'n groot verskeidenheid
koerante en ander media uitgewys as agente van die Suid-
Afrikaanse Veiligheidsmagte. Die SAKP gaan sover om hulle
persoonlik te verbind met Nasionale Intelligensie, Militˆre
Inligting en die Veiligheidspolisie.
Hierdie dokument is gedateer 2 Februarie 1993, en is uitgestuur
aan alle lede van die party wat betrokke was by onderhandelinge
met die NP-regering. Die NP word daarvan beskuldig dat hy alles
binne sy vermo‰ in werking stel om die posisie van die SAKP by
die Kodesa-samersprekings te ondermyn. In hierdie proses maak
hy gebruik van talle joernaliste. Die SAKP maak daarop aanspraak
dat hy talle van hulle ge‹dentifiseer het as skakelmense met die
Suid-Afrikaanse Veiligheidsdienste, en lede van die SAKP word
gewaarsku om in onderheoude met hierdie mense groot omsightigheid
aan die dag te lˆ. Lede van die party is versoek om, indien
enige van hierdie persone met hulle kontak maak, onmiddellik die
kantoor van die SAKP daaroor in kennis te stel. Hulle moet
spesiale moeite doen om die aard van die onderhoud, die plek waar
dit plaasgevind het, en die tyd daarvan binne twee dae na afloop
daarvan te rapporteer.
Die name wat deur die SAKP ge‹dentifiseer is, en hulle
verbintenisse, word as volg aangehaal: (soos in 1993)
* Ahlers, Johan: Onafhanklike filmprodusent
Agent, MI
* Bezuidenhout, Willem Departement van Buitelandse Sake, media
Offisier, NI
* Binks, Sam: Verslaggewer, Radio 702 nuus.
Informant, Veiligheidspolisie
* Bishop, John Aanbieder, SAUK-nuus
Informant, Veiligheidspolisie
* Booyse, Wim Analis, konsultant
Agent, Veiligheidspolisie, informant,
MI
* Bullbring, Edith: Verslaggewer, Sunday Times
Medewerker, MI
* Collins, Michael Nuusredakteur, Business Day
Agent, MI6 (VK)
* Delmar, Peter Vryskut joernalis
Agent, Veiligheidspolisie
* Du Preez, Max Redakteur, Vrye Weekblad, tans ANCBC
Medewerker, NI
* Ellis, Richard Verslaggewer, Times (Londen)
Agent, MI6 (VK)
* Erasmus, Gerhard Ekonomiese verslaggewer, SAUK-nuus
Agent, MI (1 Militˆre Skool Stanford)
* Kotze, Craig Misdaadverslaggewer, Star
Agent, Veiligheidspolisie
* Lamprecht, Dale Verslaggewer, Businees Day
Medewerker, MI en NI (Buitelandse Sake)
* Owen, Ken Redakteur, Business Day
Medewerker, MI en NI (Buitelandse Sake)
* Pauw, Jacques Verslaggewer, Star, nou by ANCBC.
Agent, NI (voorheen offisier, MI)
* Pienaar, Estelle Verslaggewer, SAUK-nuus (voorheen SWAUK)
Agent, MI
* Potgieter, De Wet Verslaggewer, Sunday Times (tans Rapport)
Agent, MI
* Snyman, Loman Mediaskakeling, Idasa
Agent, NI
* Saunders, Cliff Aanbieder, SAUK
Agent, Veiligheidspolisie
* Sidley, Patricia Verslaggewer, Weekly Mail
Agent, Veiligheidspolisie
* Serfontein, Hennie Verslaggewer, Dagblad Trouw, Amsterdam;
Svenska Dagbladet, Stockholm; Church
Times, Londen; NCRV Hilversum, Nederland,
later betrokke by Vrye Weekblad.
Agent, MI
* Stanford, Simon Kameraman/aanbieder, Sweedse TV-nuus,
Stockholm
Agent, MI (1 Inltelligensie Skool 1980-81)
* Thorneycroft, Peta Verslaggewer, Cape Times
Informant, Central Intelligence
Organisation (Zimbabwe)
* Van Niekerk, Philip Verslaggewer, Weekly Mail; Washington
Post, Guardian (Londen)
Agent, CIA (VSA); medewerker,
Veiligheidspolisie
* Venter, David Propagandis, SA Kommunikasiediens
Offisier, NI
* Von Burick, Nico Aanbieder/skrywer, SAUK-nuus
Medewerker, MI
* Wills, Michael Nuusredakteur, Radio 702 (nuus)
Medewerker, SIO (Australi‰)
Dit is slegs 'n lys van name soos deur die SAKP vasgestel en
opgestel. Dit is nie naastenby 'n volledige lys van mediamense
wat na bewering betrokke is by die Veiligheidsdienste nie.
Dit is 'n bekende feit dat regerings ruimskoots gebruik maak
van mediamesne om inligting in te win, aangeisne hulle by die
bronne sit. Veral die Britse regering maak graag gebruik van
hierdie tipe mense.
Dat die Suid-Afrikaanse Veiligheidsdienste, veral met die
oorgang na 'n nuwe bedeling, ruimskoots van hulle dienste gebruik
gemaak het, is van die begin af vermoed. Die inligting van die
SAKP gee ruimskoots gewig aan hierdie vermoede.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

SNEEUSTORIES

Sa, 13 Julie 1996 00:00

Gister, op die "International Hour" van die CBC hier in
Kanada, wys hulle tonele van die sneeu wat in Suid-Afrika
geval het. Op een plek is daar 'n bakkie met 'n hele hoop
sneeu agterop. Ek begin nog lag, toe voel ek 'n traan langs
my wang afloop. Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
sy mense.
Vir my is dit natuurlik niks snaaks om vragmoters vol
sneeu te sien nie. Die hele winter lank moet hulle sorg dat
die sneeu wat langs die strate opgegooi word deur die sneeu-
ploee nie te veel word en die paaie te nou laat word nie.
Vir plekke in die noordelike dele van Noord-Amerika is
sneeu dus iets wat metodies en wetenskaplik elke winter
behartig word. Dis vir plekke verder suid in die VSA, wat
normaalweg nie sneeu kry nie, dat 'n sneeuval aanvanklike
wonder en vreugde kan bring, maar ook kan lei tot slegte
toestande op die paaie. As die temperatuur net om vriespunt
is, en die ligte sneeuval op die grond smelt en dan weer vries,
dan lei dit tot spieelgladde oppervlaktes, waarop 'n kar geen
kontrole het nie. Ek wonder of sulke kondisies op die paaie
in Suid-Afrika ontwikkel het die afgelope tyd.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: DIe Afrikaner: SAKP identifiseer joernaliste as agente

Vr, 12 Julie 1996 00:00

Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner wrote:

>>

Twee opmerkings:
1. Dit is baie prettig om die HNP en die SAKP saam in die bed te sien!
2. Dat joernaliste agente was - deur die sewentigs, tagtigs en
negentigs (veral in die tagtigs) is welbekend in die
joernaliste-wereld.
Persoonlik dink ek dit sal goed vir die gesondheid van die samelewing
en die beroep wees as dit kan uitkom wie vir wie spioene was en VERAL
hoeveel hulle daarvoor betaal is.
Ek sien uit na verdere berigte.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 01:21:33 MGT 2024