Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola
Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6740] Wo, 10 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier is 'n Amerikaner wat homself "Madman" noem wat nou
sy besigheid op die geselsgroep kom doen (In Engels!).
Die beste van alles is dat hy 'n Afrikaansprekende ken wat
sy vertaalwerk vir hom doen. (Ek stel meer belang in sy afrikaanse maatjie!).
Ek het die Amerikaners 'n bietjie geterg (tong-in-kies),
maar eintlik het ek niks teen hulle nie.
Ek wil nie 'n "Star-and-stripes" affere ontketen nie.
Eintlik is hul goeie mense.

Selfs ten spyte van hul "hamburger"/TV kultuur, hulle materialisme,
en nasionalisme, hulle groot bekke, hulle behepteid met hulself,
hulle belangstelling in seriele moordenaars, hulle irrasionele haat
teenoor Kuba, en hul idee dat hul die wereld se probleme met 'n
"smart"-bom (of twee) kan oplos. (veral as dit oor olie en $$$ is).
As ek dit nie mis het nie het die CIA wapens ens (G5-kanon koeels?)
verskaf in die oorlog teen die Kubane ?
Snaaks dat so 'n "groot" land soveel haat teenoor 'n klein landjie
soos Kuba kan openbaar. Is dit oor hule 'n bloed-bek gegee is
in die slag van "The Bay of Pigs" ? Fidel Castro is 'n gryse,
wyse ou man wat veel vermag het in sy eie land, soos Nelson Mandela,
volgens my. (selfs al mag jy met sy politiek verskil), maar wat is Clinton ???
Daar is, terloops, redelike goeie betrekkinge tussen die SA regering en Kuba.

Ek wonder ook maar oor die Amerikaners se opregtheid oor Swart/Wit
verhoudings ens, (vee voor jou eie deur), maar ek sal nou nie my kop in
'n byenes insteek nie.

NS: As die ou nie in Afrikaans gaan (probeer) antwoord nie,
gaan ek hom ignoreer. Laaste waarskuwing.
As jy Afrikaans kan lees kan jy probeer skryf ook!
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6747 is 'n antwoord op boodskap #6740] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , MaDmAn wrote:
> gal...@ibm.net wrote:
>>
>> Hier is 'n Amerikaner wat homself "Madman" noem wat nou
>> sy besigheid op die geselsgroep kom doen (In Engels!).
>
> Please, if you are going to use my name, spell it right. It is MaDmAn!
>
>
>> Selfs ten spyte van hul "hamburger"/TV kultuur, hulle materialisme,
>> en nasionalisme, hulle groot bekke, hulle behepteid met hulself,
>> hulle belangstelling in seriele moordenaars, hulle irrasionele haat
>> teenoor Kuba, en hul idee dat hul die wereld se probleme met 'n
>> "smart"-bom (of twee) kan oplos. (veral as dit oor olie en $$$ is).
>
>
> Why do you say that Amerikans are the scourge of the earth, and that all
> Amerikan children under the age of 5 should be rounded up and destroyed
> with a smart-bomb? And why do you cast doubt on the fidelity of my
> Mother?!?! I have tried to be reasonable and avoid personal attacks -
> why do you stoop to such a low level?
>
>
>> NS: As die ou nie in Afrikaans gaan (probeer) antwoord nie,
>> gaan ek hom ignoreer. Laaste waarskuwing.
>> As jy Afrikaans kan lees kan jy probeer skryf ook!
>
> My friend only has so many hours in the day. You can't expect someone
> to translate back into africaans (you misspell my country, I misspell
> you'res) what every intelligent person can already understand in
> English.

Galjoen

Hierdie ou is obviously stok-onnosel. Ignoreer hom net.
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6748 is 'n antwoord op boodskap #6740] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MaDmAn wrote:

> gal...@ibm.net wrote:
>>
>> Hier is 'n Amerikaner wat homself "Madman" noem wat nou
>> sy besigheid op die geselsgroep kom doen (In Engels!).>>>>

Dis al die vlaktes wat hulle het, wat hulle so maak....
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6749 is 'n antwoord op boodskap #6740] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , gal...@ibm.net wrote:
>
> Hier is 'n Amerikaner wat homself "Madman" noem wat nou
> sy besigheid op die geselsgroep kom doen (In Engels!).
> Die beste van alles is dat hy 'n Afrikaansprekende ken wat
> sy vertaalwerk vir hom doen. (Ek stel meer belang in sy afrikaanse maatjie!).
> Ek het die Amerikaners 'n bietjie geterg (tong-in-kies),
> maar eintlik het ek niks teen hulle nie.
> Ek wil nie 'n "Star-and-stripes" affere ontketen nie.
> Eintlik is hul goeie mense.

Se gat, my skat.
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6750 is 'n antwoord op boodskap #6740] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article gal...@ibm.net writes:
> From: gal...@ibm.net
> Subject: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola
> Date: 10 Jul 1996 14:39:35 GMT

gesny.....
>
> Eintlik is hul goeie mense.

> gesny...
> As ek dit nie mis het nie het die CIA wapens ens (G5-kanon koeels?)
> verskaf in die oorlog teen die Kubane ?
> Snaaks dat so 'n "groot" land soveel haat teenoor 'n klein landjie
> soos Kuba kan openbaar. Is dit oor hule 'n bloed-bek gegee is
> in die slag van "The Bay of Pigs" ? Fidel Castro is 'n gryse,
> wyse ou man wat veel vermag het in sy eie land, soos Nelson Mandela,
> volgens my. (selfs al mag jy met sy politiek verskil), maar wat is Clinton ???
> Daar is, terloops, redelike goeie betrekkinge tussen die SA regering en Kuba.

> Ek wonder ook maar oor die Amerikaners se opregtheid oor Swart/Wit
> verhoudings ens, (vee voor jou eie deur), maar ek sal nou nie my kop in
> 'n byenes insteek nie.

> gesny..
>

Amerikaanse haat teen Kuba is hopeloos irassioneel. Die sogenaamde
"freedom and civil rights issue" en antikommunisme is blote
twak. Die VSA het al dekades gelede goeie betrekkinge met Rooi China
aangeknoop, ten spyte van die se kommunistiese beleid en twyfelagtige
menseregterekord, om maar nie te praat van Amerikaanse steun vir sommige van
die ergste underdrukkende diktatorskappe in latynsAmerika, Asie en Afrika
nie. Sedert die sestigerjare all ondersteun die VSA vir Mobuto Sese-Seko van
Zaire wat gedurende hierdie tyd daarin geslaag het om die groot en
potensieel ryk Zaire tot verval en armoede te bring en in die proses gesorg
het dat hyself een van die rykste mense in die wereld word...

Dieselfde storie met Kuba: Voor Castro se bewindsoorname is Kuba oorheers
deur 'n klein amerikaansondersteunde kliek wat die bevolking rot en kaal
gesteel het. Aanvanklik was Castro glad nie so 'n vreeslik oortuigde
kommunis nie. Hy wou net 'n beter situasie in Kuba vestig, ongelukkig het
die VSA die kant gekies vir die ou kliek wat almal na die VSA gevlug het
en daar aggresief propaganda teen Castro versprei het. In die
paranoiese klimaat van destyds was dit nie moeilik nie en Castro moes
hom noodgedwonge tot die Sowjetunie keer om te voorkom dat sy land
totaal ekonomies ten gronde gaan. Die Sowjetunie het dit natuurlik met
ope arms verwelkom om 'n vastrapplek in die Westelike halfrond te
kry...

'n Mens moet egter kyk na die werklike prestasies: ten spyte van
Amerikaanse sanksies ens het die Kubane baie reggekry. In terme van
alle ekonomiese aanwysers is Kuba nie eers potensieel 'n ryk land
nie (nie eers op die vlak van Suid Afrika nie) - maar wat die Castro-bewind
oor die jare ten spyte van sanksies en armoede gedoen het is
werklik verstommend. Sy openbare gesondheidssorg is vergelykbaar
met die van die rykste lande ter wereld (insluitende die VSA,
Kanada en Wes Europa), kindersterftes, lewensverwagting,
geletterdheid ens. is amper op dieselfde vlak as die van die VSA en Kanada (
(veel beter as enige ander land in die westelike halfrond en kop-
en-skouers bo die van Suid-Afrika). Castro het dus die klein
bietjie rykdom wat Kuba wel het voordelig gebruik in plaas van om
dit te mors soos die meeste regerings maar maak. En dit is wat die
Amerikaners wil vernietig omdat hulle dit nie kan bekostig om so
sleg af te steek nie!!!
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6751 is 'n antwoord op boodskap #6740] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MaDmAn  is tans af-lyn  MaDmAn
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
VMN wrote:
>
> In article , gal...@ibm.net wrote:
>>
>> Eintlik is hul {Amerikans} goeie mense.
>
> Se gat, my skat.

Oooh! Mr. Anonymous, you make me so MaD! Why do you feel the need to
hide behind a fake name? In fact, I find all the names of the people on
this newsgroup a little fishy. Galjoen? Izak/Gloudina? VMN?
Anonymous?

- KwAaDmAn

WhEn ThE mAdMaN tAlKs - YoU bEtTeR lIsTeN!
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6756 is 'n antwoord op boodskap #6740] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , MaDmAn
wrote:
> VMN wrote:
>>
>> In article , gal...@ibm.net wrote:
>>>
>>> Eintlik is hul {Amerikans} goeie mense.
>>
>> Se gat, my skat.
>
> Oooh! Mr. Anonymous, you make me so MaD! Why do you feel the need to
> hide behind a fake name? In fact, I find all the names of the people on
> this newsgroup a little fishy. Galjoen? Izak/Gloudina? VMN?
> Anonymous?
>
> - KwAaDmAn
>
> WhEn ThE mAdMaN tAlKs - YoU bEtTeR lIsTeN!

Se gat, my skat.
Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola [boodskap #6757 is 'n antwoord op boodskap #6740] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Amerikaanse haat teen Kuba is hopeloos irassioneel. Die sogenaamde
> "freedom and civil rights issue" en antikommunisme is blote
> twak.

Ek wonder hoeveel mense in Suid-Afrika kennis neem
en geaffekteer word deur die Helms-Burton wet. Hierdie
wet maak dit onwettig vir enige besigheid in die wereld
om in Kuba dinge te doen op grondbesitte wat deur Castro
genationaliseer is in die sestigerjare, en wat voorheen be-
hoort het aan mense wat nou Amerikaners is. Hierdie wet
maak dit moontlik om toegang tot die VSA te weier aan
die lede van enige maatskappy wat, volgens hulle, skuldig
is. Dit lyk asof sekere Nederlandse en Meksikaanse besig-
hede alreeds geterroriseer genoeg voel om hulle aktiwiteite
in Kuba te staak.
Hierdie week het die VSA die eerste Kanadese maatskappy
met hierdie ban getref. Die Kanadese regering is al die afge-
lope maande besig om 'n diplomatiese oorlog te voer teen die
VSA oor die beginsels in die Helms-Burton wet. Die Minister
van Handel voel dat dit 'n verbreking is van N.A.F.T.A. en
sal dit voor die "dispute settlement panel" bring. Die minister
verklaar verder:

"The United States has never rescued Canada
from any tyranny - there's been no tyranny here
to rescue us from. The only thing that ever
happened was the American armies that tried to
to invade this country during the 1812 war and
they were turned back."

Op die oomblik is 'n koalisie van kerke, onder die leiding
van Oxfam-International, besig om te vra dat Kanadese 'n
boikot teen Florida begin (waar meeste van die oud-Kubane
bly.) Hulle argumenteer dat dit ook hulle aktiwiteite onder
die armes en verhongerdes in Kuba in gevaar stel.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Amerikaanse kultuur en Kuba/Angola
Volgende onderwerp: Re: DIe Afrikaner: SAKP identifiseer joernaliste as agente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:09:13 MGT 2024