Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Afrikaanse radio (was Platteland)

Wo, 31 Julie 1996 00:00

> pigf...@icon.co.za wrote:
>
> (ek hou van hierdie ou se adres, pig farmer. Is jy 'n mielieboer?)
>
>> land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
>> aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.
>>
>> Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.
>
> Wat my de moer in maak is die afrikaanse advertensies op radiostasies
> waar die dj's te grênt is om afrikaans te praat. Luister na Radio 5, of
> wat hulle hulself ookal nou noem. HOekom is daar afrikaanse advertensies,
> maar niks afrikaanse musiek nie?
>
> Hoop iemand van sabc.co.za lees hierdie nuusgroep.
>
> As jy nou wil weet wie is die afrikaner luister "iets vir iets" so
> middeloggend op Afrikaanse stereo. Dis 'n inbelradioprogram waar mense
> goed te ruil aanbied. Karavane, nissan bakkie enjins, elvis
> plateversamelings, and stukkies grond naby Hermanus.
>
> werda, charl.

"Hoor, Hoor" vir Iets vir Iets. Die beste program op die lug. Al wat ek wil
weet is hoekom die program laas Saterdag kort geknip was weens die rugby. Kon
die SAUK nie eerder die program oor kaas gelos het nie? Of hoe se ek nou.

Leon.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boikot SABC en trawante. Ons het REEDS betaal.

Wo, 31 Julie 1996 00:00

m...@hca.co.za (Mike Erasmus) wrote:

<<>Ek doen 'n beroep op my mede volksgenote,
>Moenie jul TV lisensie betaal nie.....>>>>>

Een of twee punte:
1. Ek glo alle Suid-Afrikaners (dus ook die mense in die townships)
moet hul dienstegelde betaal.
2. Ek glo alle Suid-Afrikaners moet hulle belasting betaal.
3. Ek glo as jy TV kyk, onderwerp jy jou aan die struktuur wat die
staat daarvoor stel. As dit beteken jy moet lisensie-geld betaal,
moet jy dit betaal of van jou TV ontslae raak.
Ek betaal my lisensiegeld.
4. Die nuwe SABC is beter as die ou SAUK.
Daar is minder Afrikaans, maar die goeie Afrikaanse reekse het in
die jare tagtig al begin verdwyn.
Oorgeklankte twak het ek nog nooit gekyk nie.
Daar is deesdae baie wat ek op SABC se dienste kyk. Van uitstekende
Britse reekse, tot goeie flieks en die week nog die Olimpiese
Spele.
Ek kyk. Ek betaal.

(Anders as jy en jou sielsgenote in die townships wat nie wil
dienstegelde betaal nie.)

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Nuwe simbole

Di, 30 Julie 1996 00:00

lour...@hipsys.co.za wrote:

> Die Rainbow vlag.
> Selulere telefone.
> Ingevoerde bier.
> Oorsee besoeke ( veral as dit per ongeluk saamval met die olimpiese spele :)
> ).
> BMW's.
> Pespsi (he he he).
> 'Spring Water' in 'n bottel.

Jy weet dis die nuwe sa want:

** Jou tuinjong praat Frans.
** Daar's mense met cardboard signs wat geld by verkeersligte vra.
** Jy word nie meer vir kampe opgeroep nie. (Dis nou die mans).
** Daar's meer curios op die vlooimarkte van Ghana en Senegal af as van Zoeland en Venda.
** Daar's meer swart gesinne in die Hypermarket op 'n Saterdagoggend as wittes.
** Alle motorradios is die "slip in" soort, of het 'n verwyderbare gesig.
** Daar's nou 'n casino in elke voorstad.
** SABC wys 'n movie waarin iemand sê shit en dit word nie gebliep nie.
** Coca Cola het kompetisie.

Charl

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Platteland

Ma, 29 Julie 1996 00:00

In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)

Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
twis opsplit en weer afstig.

(Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)

'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Platteland

Ma, 29 Julie 1996 00:00

In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: d...@eastcoast.co.za (DCE)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Platteland
> Date: 29 Jul 1996 18:26:29 GMT
> Organization: DCE
> Lines: 25
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: sl07.eastcoast.co.za
> Mime-Version: 1.0
> Content-Type: Text/Plain; charset=US-ASCII
> X-Newsreader: WinVN 0.99.7
>
> In article ,
> pigf...@icon.co.za says...
>>
>>
>> In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
>> 'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
>> die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)
>>
>> Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
>> twis opsplit en weer afstig.
>>
>> (Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)
>>
>> 'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
>> Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.
>>
>>
> Is dit nie waar nie, is dit ten minste PC, verduidelik asb
>
> At
>
Wel At, ek reken as die Afrikaner maniere soek om in tune te word met hierdie
nuwe land en sy realiteite, moet hy homself begin identifiseer met die nuwe
land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.

Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.

Ek belowe.

(terloops, PC=Politically Correct)

Leon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tom Gouws se Oos-Vrystaat

So, 28 Julie 1996 00:00

Afrikaanse digters het hulle in die verlede gereeld tot beskrywing van
landskap gewend.
Dit is waarskynlik een van die standhoudendste temas in die Afrikaanse
digkuns.
Van die beter pogings - so vroeg soos Leipoldt se Boggom en Voertsek -
het die landskap se inherente eienskappe gebruik om ook op die
menslike toestand kommentaar te lewer.
So het hulle met die gedigte dus uitgestyg bokant 'n blote beskrywing
van omgewing.
Die jongste in die tradisie is Tom Gouws met sy uitstekende gedig:

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
in geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug.
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande. net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug.
hierdie landskap le^ voue van geel papier

in die belee" kleur van perkament. elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

Tom Gouws.
Uit sy nuwe bundel troglodiet (Human en Rousseau)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

DIE AFRIKANER AS BESKULDIGDE

Sa, 27 Julie 1996 00:00

In D.J. Opperman se werk is daar dikwels die
tema van skuld, skuldig wees, die nodigheid om
om vergifnis te vra. Hier volg so 'n gedig:

BESKULDIGDE

Die fluitjie blaas, ek word deur swart omring
en na vuishoue van verset
as my polse in blink boeie wring
noem een nog die gereg en wet!

Heftig wou ek my onskuld eers omskryf
maar die vervolger het toe koel
'n vlekkie van sy toga afgevryf
en ek reeds skuldiger gevoel;

nog meer toe ek die ander sake hoor
en die omstandighede ook oorweeg,
my hart het van geboorte af gemoor
en elke misdaad saam gepleeg.

"Ek vra die hof nie wat die aanklag is
met dag en datum van misdade;
ek wag net op die vonnis
en genade."

Hierdie gedig praat nog oor die angs en skuld
op persoonlike vlak.
Opperman sit egter dieselfde tema voort
in "Joernaal van Jorik," waar Jorik nou verteen-
woordiger word van die Afrikanervolk. Nie alleen
Manuel, die goddelike, vergesel hom in die duik-
boot waarmee hy by die moederstad aankom nie.
Daar is ook Dabor, wat grinnik wanneer Jorik bid
om redding.
Na die moederstad gaan Jorik die binneland in.
Sy beskrywing van die Natalse binneland word die
beskrywing van 'n jeug. Maar gou kom daar die
bewussyn van die korrupsie van die materialisme:
" Hy weet waar skuil die goud en antrasiet
Die rooi sinnaberstuk en die uraan"
Jorik word joernalis. Hy besef dat hy gebruik word:
gee ontspanning...
elke dag 'n mooi nooi en 'n moord
Hy besef ook dat hy in die proses dienskneg word
van "Die Sanhedrin met sigaar en blesse." Fyn roet
sif neer oor die vorige helderheid. Daar is dongas waar
Boesmans en sebras vantevore deur die gras kon stap.
Hy en sy nasie is 'n tipe van Judas:
My handelaars en rotte het die siel
hier in 'n bloed-en-bodem besigheid
om dertig silwerlinge so verniel...
Jorik kan nou net wonder: "O watter wraak sal daar nou
oor my kom?"
Vir Jorik eindig alles op 'n genadige noot. Wanneer
die dood hom kom haal, is dit Manuel wat beveel:
Kom in Sy naam.
Ek wat hier eenmaal in die tyd en vlees
ook was, neem jou in Sy genade saam.
Opperman het "Joernaal van Jorik" in die laatsomer van
1949 gepubliseer, voor dit duidelik geword het hoeveel
smart en ellende daardie dertig silwerlinge sou koop. 'n
Mens moet dus bly wees dat daar uiteindelik ook sprake
was van vergifnis.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor Namakwaland se Blomme

Sa, 27 Julie 1996 00:00

Wanneer my pa oor Namakwaland gepraat het,
het hy meestal gepraat oor 'n dorre en onherberg-
same plek, waar hy grootgeword het. Maar soms,
wanneer ek tandpyn het en nie kon slaap nie, het
hy met my op sy rug in die sandpad geloop op
ons eiland daar in die Oranje. Dan het hy vir my
vertel van 'n Namakwalandse haas wat alle soorte
avonture gehad het tussen plate blomme en groen
struike. Ek het altyd gedink die storie van die haas
tussen al die blomme was sommer 'n figment van
my pa se verbeelding. Dis eers toe ek groot was dat
ek uitvind dat Namakwaland werklik somtyds vol
blomme kan staan. Hier is 'n wonderlike gedig oor
so 'n blommeseisoen in Namakwaland:

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereen het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi's en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
't amper vir hom gese dankie ons sien ver genoeg
maar verdee of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer sm^ors misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oe sien en die hande kan dra:
here wat sal pam se van die ``karos'' -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine 'n egte ``tonteldoos''! dalk
kan jy die watsenaam - gat, ne? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle se my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oe toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe

Hier in Kanada is daar 'n bekende fotograaf wat
gereeld Namakwaland besoek om fotos van die
blomme te neem. Sy naam is Freeman Patterson.
Hy het sy spioene daar, en as dit lyk of dit 'n mooi
jaar gaan wees, dan klim hy op 'n vliegtuig en gaan
kyk die blomme. Een van sy boeke vol fotos oor
Namakwaland is "Garden of the Gods."

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lady Anne Barnard se tuinbad

Wo, 24 Julie 1996 00:00

Ja, ek ken Lady Anne Barnard se bad in Kirstenbosch tuine al te goed. Nie te
lank terug nie het ek vroeg-vroeg een oggend daarheen gegaan en self ook in
Adamsgewaad 'n bietjie lafenis daarin gaan vind. Met hierdie daad versmelt ek
ook toe saam met die geskiedenis. Besoek gerus die ou fonteinpoeletjie daar in
die tuine en as jy vroeg genoeg daar opdaag kan jy lekker natmaak soos in my
geval.

Jacques

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

kontakt in Kaapstad

Di, 23 Julie 1996 00:00

Ek soek vir een sakeman in Kaapstad wat in toersme werk. Dolores De
Beer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 01:43:49 MGT 2024