Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

op soek na Anna, Vicki en Julie nee van Rooyen

Vr, 13 September 1996 00:00

Ek soek my susters. Ons ma (Hermina Katerina nee de Meyer) is in 1953
oorlede. Ons broer, Jan, en ek, Janetta van Rooyen is saam aangeneem
maar, ek het nooit weer my ouer susters gesien nie. Ek weet ook nie wat
het met ons vader Jan van Rooyen gebeur nie. Ek is nou 45 en woon in
America. My susters se name was Anna, Vikki en Julie. Hulle is nou
miskien 55, 53 en 51 jaar oud. Asseblief, as iemand kennis het van ons
familie, laat my weet. Dankie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner: Blankes word ontwapen

Vr, 13 September 1996 00:00

Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party. Die nuutste
Internet-uitgawe is nou beskikbaar by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ****

Blankes word ontwapen

WETTIGE wapeneienaars mag nie meer hulle wapens tydens openbare
geleenthede dra nie. Dit is die betekenis van wetgewing wat
sopas in die Staatskoerant van 2 September gepubliseer is.
Wat hierdie toedrag van sake so ontstellend maak, is die wyse
waarop dit deurgestoomroller is en as gevolg waarvan talle
maatreëls deurgeglip het sonder dat dit ordentlik oorweeg is.
Die implikasies vir mense wat die behoefte voel om hulleself te
beskerm teen die wetteloosheid en ordeloosheid waardeur die
samelewing gekenmerk word, word deur hierdie bepalings van hulle
goeie reg ontneem. Inderdaad kom dit op niks anders neer as die
ontwapening van die wetsgehoorsame burgers van hierdie land nie.
Wat hierdie bepalings soveel meer tragies maak, is die geweld
in die land wat steeds eskaleer, en dikwels uitloop op die
vergieting van bloed van onskuldiges, soos in die geval van
motorkapings en soveel ander misdade.
Die bepalings van die wet kom daarop neer dat die vuurwapen van
enigeen wat dit tydens 'n openbare geleentheid dra, gekonfiskeer
kan word. Daarna kan so 'n persoon onbevoeg verklaar word om 'n
wapen te besit.
Die implikasies hiervan is dat waar twee of meer persone saam
verkeer, en een het 'n vuurwapen, dit onder hierdie nuwe
bepalings gekonfiskeer kan word as gevolg van die defini‰ring van
'n "openbare geleentheid". Die wet beskryf so-iets as 'n
geleentheid waar twee of meer as twee mense in 'n openbare plek
bymekaarkom vir 'n gemeenskaplike doel.
Die SA Geweereienaarsvereniging het op 'n paar implikasies van
hierdie wetgewing gewys wat die absurditeit daarvan onderstreep.
Jagters wat 'n jagvergadering bywoon, is uitgesluit van die
bepalings van die wet. Maar as hulle op 'n gesamentlike jagtog
vertrek, is die bepalings van die wet op hulle van toepassing.
Netso word geweerversamelaars toegelaat om na 'n
geweerversamelingsbyeenkoms te gaan, maar as hulle 'n geweerskou
bywoon, kan hulle weer vervolg word.
Voorts wys hulle daarop as twee mense in 'n koffiekroeg gaan
sit om 'n gemeenskaplike saak te bespreek, en hulle is gewapen,
oortree hulle die wet, en kan hulle wapens gekonfiskeer word, en
hulle onbevoeg verklaar word om wapens te besit.
Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die wetgewers nie
die saak deeglik deurdink het nie, en hals-oor-kop opgetree het.
Sodoende is mense wat dit nodig ag om wapens te dra vir eie
beskerming, uitgelewer aan die bepalings van die nuwe wet.
Iemand wat van die platteland kom om 'n openbare geleentheid
by te woon, verkeer tans in 'n yslike verknorsing. Hy mag nie
die wapen dra tydens die byeenkoms nie, want dit is teen die wet.
Hy mag ook nie die wapen in sy voertuig laat nie, want dit is ook
teen die wet. Daar is dus niks wat hy wettiglik met sy wapen mag
doen onder sodanige omstandighede nie.
Terwyl daar so hardvogtig opgetree word teen mense wat
wettiglik gelisensieerde wapens besit, word die misdade wat met
onwettige, ongelisensieerde wapens gepleeg word, al meer. Die
situasie in Suid-Afrika word al gevaarliker, terwyl mense wat
binne die wet optree, al meer as misdadigers gebrandmerk word.
Die gevoel onder wettige wapeneienaars neem toe dat daar teen
wetsgehoorsame burgers gediskrimineer word terwyl geharde
misdadigers toegelaat word om ongestoord hulle bedrywighede voort
te sit. Hulle wys daarop dat misdaad nie met wettig
gelisensieerde wapens gepleeg word nie, maar met gesteelde
onwettige wapens. Daarom vra hulle waarom wetgewing teen hulle
aangeneem word. Intussen kan dit gebeur dat hulle deur rowers
of kapers met onwettige wapens bedreig word, terwyl hulle hulle
wapens moes tuis los omdat hulle na 'n openbare geleentheid op
pad was.
Dit sal uiters insiggewend wees om te sien hoe daar opgetree
word teen Dan Mofokeng wat 'n gelisensieerde wapen onversorg laat
rondlê het op 'n spieëltafel, en 'n ongelisensieerde,
onlisensieerbare wapen in sy hangkas gehad het. In hierdie geval
is letterlik alle wetsbepalings oor wapenbesit oortree.
Daar word verwag dat hierdie bepaling oor die dra van wapens
in die openbaar, slegs 'n eerste stap is om die Blanke geleidelik
te ontwapen.

Veiligheid & wapens | 1 kommentaar

Hoop vir die doemprofete van Afrikaans

Vr, 13 September 1996 00:00

'n Interessante en relevante gebeurtenis het verlede week sonder
kommentaar by die nuusgroep verbygegaan, nl die debuut van Mathews
Phosa met "Deur die oog van 'n naald"

Phosa se woorde by die bekendstelling het geen verdere kommentaar
nodig nie, dit spreek vanself (by wyse van spreke!)

Die teks en 'n foto van Phosa is te siene by:

http://www-jfd.its.uct.ac.za/phosa.htm

Groete

Joop

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

lage landen

Vr, 06 September 1996 00:00

For sale Geschiedenis der lage landen van Jaap ter Haar alle vier delen.....
History off the netherlands....

Geschiedenis van Groningen twee delen 65 gld.

Grafische kaarten Groningen 1850 25 gld. Also on CD ook op CD.

gr.

Andre

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

andre letoit

Do, 12 September 1996 00:00

Could anyone tell me what the most recent album of Andre Letoit is?
Or rather: all the albums after "Ver van die ou Kalahari"?
And also how to purchase them?

Thanks,

Anna

Musiek & liriek | 0 kommentare

Volkspelers gesoek

Wo, 11 September 1996 00:00

Die AVVB (Afrikaanse Volksdans en Volksang Beweging) - was voorheen
Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele - is ernstig op soek na alle
oud-volkspelers reg oor die hele land, met die oog op die stigting van
'n Bond van Oud Volkspelers, of 'n Vriende van die Beweging,
vereeniging.

Indien u weet van oud-volkspelers, of dalk self op 'n stadium betrokke
was en volkspele gespeel het, maak gerus met my kontak.

Indien u in elk geval sou belangstel om by die Volkspele Beweging aan te
sluit en sodoende ook 'n bietjie van ons eie Afrikanerkultuur te
be-oefen, kan u ook met my skakel.

Indien u 'n huidig wel 'n volkspeler is, laat my ook weet - ek
wil juis ook probeer uitvind hoeveel volkspelers of laers, wel
toegang tot die Internet het, met die oog op die moontlike
gebruik daarvan om inligting aan ons volkspelers te kan deurgee
per E-Pos of deur dalk die NG te gebruik. Die NG is mos vir
kultuur.

My E-Pos adres is: vvoj...@sasol.com

Baie dankie.

Johan van Vollenhoven

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Straatkinders.

Wo, 11 September 1996 00:00

Ek sien hulle maak nou sommer jou moterruite skoon hier in Kaapstad as
jy by sekere verkeersligte stilhou. Daar by die Waterfront stuur die
ma's sommer hul klein kinders na die motors toe om te bedel, en buite
die winkelsentrums in die buurte is die verkeersligte soos
kleinkinderskole.

Het al baie mense sien kos gee en daarme het ek nie n probleem. Het
ook al baie kos sien rondle in die straatvore.

Baie mense gee geld, en dan is daar more net nog n kind by,
met nog n plastiese koeldrankbottel vol gom.

Barry /\/~~~~\/\

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Direkte Vertaling

Wo, 11 September 1996 00:00

Piet, sy peetpa en swaer het ystervarke en springbokke gaan jag. Piet
kom op n springbok af en neem korrel met sy dubbelloophaelgeweer. Hy
brand los en daar lê die springbok, bene in die lug.

Pete, his peter father and heavy went hunting iron pigs and jumping
goats. Pete comes up a jumping goat down, and takes grain with his two
walk hail gun. He burns loose and there lies the jumping goat, bones
in the light.


Wat van "choose my bait "?

Barry /\/~~~~\/\

Humor & grappe | 0 kommentare

Faks oorsee verniet ? Deel nommers hier.

Wo, 11 September 1996 00:00

Ek het onlangs n adres gekry waar mens enige aantal fakse verniet kan
stuur na NZ. Mens moet natuurlik vir jou normale telefoon konneksie na
jou internet verskaffer betaal, maar geen ander onkostes nie.
Die faks word na ure by hulle afgelewer so dit is nie n goeie idee vir
dringende boodskappe nie. Hulle e-pos jou selfs as die faks nie
afgelewer word weens enige probleem. Ek het al ander faks dienste
gesien wat e-pos na faks transformeer, soos Faxaway, maar hulle kos
almal geld. Nou wonder ek of ander mense nie ook vrye dienste na ander
lande gevind het nie? Miskien kan ons die adresse hier deel.

Die adres is http://www.faxmail.co.nz/
Vir e-pos na faks na NZ.

Terloops ons beplan om daar op vakansie te gaan in die nuwe jaar, en
ek is werklik verbaas en beïndruk oor die gesofistikeerde manier waarop
hulle informasie vir toeriste op die Internet beskikbaar stel.

Barry /\/~~~~\/\

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Aandag ouers!Belgiese polisie soek hulp!

Di, 10 September 1996 00:00

AANDAG OUERS !!BELGIESE POLISIE BENODIG AANDAG!

As u besorg is oor die veiligheid van u kinders?
Besoek asb. web bladsy :
http://danae.marques.co.za/users/CHILDID.htm
vir meer inligitng oor hoe u kan help in die stryd om beter veiligheid vir
u kinders.!
Besoek asb. ook vanaf die bladsy die "link" na
National center for missing & exploited children.
vir 'n versoek om hulp van die Belgiese polisie insake 'n internasionale
kinder seks netwerk waarskuwing.!
Kontak my gerus vir meer inligting.
Groete,
Ouer.

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 03:29:09 MGT 2024