Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Drie liefdesgedigte

Vr, 04 Oktober 1996 00:00

Om in 'n taal nie alleen van die liefde te praat nie,
maar ook jou liefde suksesvol daarin te verklaar, is vir
my tot 'n groot mate die maatstaf van die soepelheid en
sukses van 'n taal. Hier volg drie liefdesverklarings in
Afrikaans, wat bewys dat die taal die fynste nuansies
van gevoel kan uitdruk:

GRENSE
N.P. Van Wyk Louw

My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.

4.11
breyten breytenbach

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos 'n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos 'n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie.

LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reen oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voels sing gaatjies
in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.

(Ingetik op die nuusgroep deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Persepsies uit die wit laer van die ou Suid-Afrika

Vr, 04 Oktober 1996 00:00

Iemand stuur vir my 'n private e-pos (ek wens mense wil
sulke dinge direk op die nuusgroep plaas) waarin hy 'n
opmerking maak oor 'n rapport van my oor die keuse van
studente vir die MBA program aan die Universiteit van
Kaapstad, soos meegedeel deur een van die professore in
die program. Hier is die stuk van my waarna hy verwys:

" Die swart studente wat hulle in die program toe-
laat, kom almal uit die res van Afrika, soos Zimbabwe en
Nigeria, waar die sendelingskole 'n goeie werk gemaak
het van die opvoeding. Die swart Suid-Afrikaanse studente
se agtergrond is so sleg dat min van hulle in aanmerking
kom vir toelaat tot die MBA program. Dis die argitekte van
Bantoe-Onderwys wat voor die hof gedaag moet word, of
om vergifnis smeek. Al hierdie ander dinge (soos 'n paar
hier doodskiet, daar ontvoer) is peanuts teen die SONDE
van 'n hele generasie van nie-blanke kinders intellektueel
te vermink. CRY THE BELOVED COUNTRY.

Gloudina"

Die persoon maak toe die volgende opmerking:
"Niemand het gesê hulle moet hulle skole en boeke
verbrand nie. Hulle het dit hulle self aangedoen."

Daar praat nou iemand wat in die blanke eerste- wereldse
laer gesit het terwyl oor die negentig persent van die Suid-
Afrikaanse bevolking se lewens dekade na dekade in die
laaste helfte van die twintigste eeu meer en meer van 'n hel
geword het. Alleen wit mense wat buite hierdie lekker laer
getree het, kon begin om die diepte van hierdie hel te peil.
Ek kan alleen praat van eie ondervinding. Ek het tweekeer
op dieselfde plek in Natal skoolgehou. Die eerste keer was
dit nog onder die kontrole van die Amerikaanse sendelinge.
Die Standerd Tien studente het die "Cambridge Matriculation"
geskryf (gebruik deur private skole, wit en swart, dwarsdeur
suidelike Afrika, en aansienlik moeiliker as die Kaapse matriek-
sertifikaat wat ek gekry het.) In die hoërskool was ek vir 'n
ruk die enigste wit onderwyser. Daar was 'n swart prinsipaal.
(Net soos die apartheids-doktrine dit wou he^ - laat die swartes
hulle eie skole beheer.)

Na twee jaar gaan ek weg van hierdie skool (vir persoonlike
redes.) Drie jaar daarna gaan ek weer terug na die skool (om nader
aan die Universiteit van Natal te wees, waar ek nagraadse werk
doen.) Hierdie keer is die plek oorgeneem deur Bantoe-onderwys.
Die hele plek is oorstroom met Afrikaners wat werk en promosie
soek. Die prinsipaal van die hoërskool is nou wit. Die studente
word nou gedwing om die Bantoe Senior Sertifikaat te skryf ,
heelwat makliker om deur te kom as die Cambridge Matriculation,
en dus onder diep suspisie van die kant van die studente wat geen
verlaging van standaarde wil sien nie.

Die prinsipaal van die hoërskool is 'n jong ou, in sy laat
twintigerjare, maar met konneksies met die Bantoe-onderwys
magstruktuur in Transvaal. (In 1976 is hy een van die mense wat
die kinders in Soweto deels in Afrikaans wil onderrig.) Hy roep
my eendag opsy en vertel my dat hy daardie dag gaan afkondig
dat die Junior Sertifikaat-studente nou Sosiale Studies en Wis-
kunde in Afrikaans gaan loop, en dat hy nie wil he^ dat ek daar-
teen moet protesteer in die personeelvergadering nie. In die
vergadering sit wit en swart met strak gesigte. Oor my wange
stroom die trane uiteindelik.( Ek wonder of die prinsipaal my
trane onthou het toe daardie beleid in 1976 die land aan die brand
gesteek het, en eintlik ook die begin van die einde was vir die
hegemonie van die Afrikaner. Miskien was hy meer bekommerd
oor die skandaal waarin een van sy seuns beland het. Die seun het,
heelwaarskynlik met sy pa se advies, oor 'n miljoen rand profyt
gemaak met "posters" bedoel om die departement meer populer
te maak onder swart studente. Hy is uiteindelik voor die hof ge-
daag daaroor, nog tydens die apartheids-regime.)

So, toe die kinders in 1976 hulle boeke en skole begin
verbrand, was dit 'n duidelike verklaring:

"Ons is moeg vir julle witmense en julle kultuur
en julle boeke en julle sogenaamde Christelike
godsdiens. Ons ouers het in die eerste deel van
die eeu met julle probeer praat, maar julle het
nie geluister nie. Nou neem ons oor. Miskien
sal ons julle in die see moet dryf, as julle nie
ore het om te hoor nie."

Gelukkig het sommige wit mense toe begin luister.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Besoekers Boek - Teken asseblief

Vr, 04 Oktober 1996 00:00

Snaaks Genoeg maar die ou nuusgroep lyk of hy stadig dood wurg. Ons wonder nou
net - wat van 'n besoekersboek. So as jy nie omgee teken / reply na die
Thread/NG , jy hoef nie jou regte adres te gee - dit is net om meer of min te
sien hoe baie mense besoek die groep.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe is het leven in Zuid-Afrika

Vr, 04 Oktober 1996 00:00

Hallo,

Nieuws uit Belgie.Fantastische NG !! Ik zou graag bij jullie in
Zuid-Afrika komen wonen samen met mijn vrouw (die in Port Elisabeth
heeft gewoond tot 1978) en mijn 2 kinderen. Daarom is alle informatie
over het dagelijkse leven in Zuid-Afrika altijd welkom.

Bedankt en tot weerziens

Steven Lauwers
e-mail : slau...@cisco.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ook 'n nuweling op die NG

Vr, 04 Oktober 1996 00:00

Dit is my eerste nota op die NG, ek het voorheen op 'n Afrikaanse poslys
ingeteken, maar as gevolg van omstandighede (werkwisseling) moes ek dit laat
vaar. Nou het ek nie meer die adres van die poslys nie. Enige helpers?

Dit is fantasties om Afrikaans op die 'net te sien en te praat. Ek werk in 'n
ingelse omgewing met 'n spul buitelanders, en praat met hulle almal Afrikaans.
Ek en 'n paar ander kollegas probeer hulle 'n bietjie kultiveer met ons
Moedertaal. Van hulle snap vinnig.

In elk geval, dis lekker om tussen Afrikaanssprekendes op die NG te wees!

Groete

Johan Erlank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans as versamelwoord etc : Aan A.R. Gus

Do, 03 Oktober 1996 00:00

Geagte A.R. Gus,
ek het geen afrikaanse encyclopedie op my computer (pardon, rekenaar (sic))
nie, vandaar die snelle ondersoek in engels. Toe ek nog in RSA gewoon het
was ons officieel tweetalig, maar dit blyk dat daar nou polarisatie
plaasgevind het en die NG (met engelse naamduiding) enkel en alleen vir
AFRIKANERS (afrikaanssprekendes) is. Hoe dan ook jou lang betoog het n
antwoord nodig : ietsie meer breedvoerig dan ek in gedagte gehad het, blyk
;
Argus (äršges) or Argos, in Greek mythology. 1 Many-eyed monster who
guarded IO after she was changed into a heifer. 2 Builder of the ship on
which JASON and the Argonauts sailed in quest of the GOLDEN FLEECE.
Volition: The exercise of the will: Prospective volition: Safety protector
(noun) protector, protectress, guardian, tutor, guardian angel, patron
saint, tutelary god, liege lord, feudal lord, patroness, fairy godmother,
PATRON, defender, preserver, shepherd, shepherdess, bodyguard, lifeguard,
strongarm man, bouncer, vigilante, DEFENDER, conservator, custodian,
curator, warden, warder, guard, security guard, coastguard, chaperon,
duenna, governess, nursemaid, nanny, babysitter, KEEPER, watcher, lookout,
watch, watchman, night watchman, neighborhood watch, WARNER, fire lookout,
firefighter, fireman, policeman or -woman, police officer, police sergeant,
sheriff, cop, POLICE, private eye, DETECTIVE, sentry, sentinel, garrison,
security forces, SOLDIERY, watchdog, guard dog, police dog, DOG
Cerberus, Argus, SURVEILLANCE
Space: Form: Closure doorkeeper (noun) doorkeeper, doorman, gatekeeper,
janitor, ostiary, concierge, sentry, sentinel, night watchman, PROTECTOR,
warden, warder, wardress, guard, guard dog, vigilante, KEEPER, jailer,
prison, warden, turnkey, Cerberus, Argus, JAILER
------------------------------------------------------------ ----------------
--------------------------------------
Uit jou nuusberig blyk dat jy inderdaad die behouder-rol op jou neem. Ek
kies die vriendelikste van die bogenoemde en in bona fides. Die inname
veronderstel n manier van zijn . Wat egter die beeld is, is juis vygie en
kie. Die werklikheid kan nie ontloop word nie. Fenomenologies is die beeld
die van ielheid, platvloersheid afgewisseld so af en toe met n sentimentele
grond-land, eie-mense bewussyn.(gedigte en dies meer). Of nog erger n teder
gevoel vir die naiewe beleweniswereld : sneeustories.
Wat totaal afwesig is is erkentlikheid vir wat in die volksiel leef.
Inderdaad die "regeerder van gister". Die misrabele manier van regeer, en
die misrabele "boedel" die alleen uit pragmatisme en met grote
terughoudenheid agtergelaat was. Misskien selfs uit dankbaarheid om die
swaar skof at te neem.
Dit is vir my duidelik dat die bydraes nie so kan wees as byvoorbeeld die
van ander lande nie. Nee daar moet eers besin word, voordat weer meegepraat
kan word. Indien dit nie gebeur dan is verdere ontwikkeling nie moontlik
nie en sal dit skryend banaal wees. (Dit is hoe alle terapeutiese prosesse
werk). Vandaar die stilte. Ontkieming vind in die duisternis plaas. Ek hoop
dat wanneer die plantjie eindelik sy kop uitsteek ons oor die pyn van die
eensaamheid en ontkieming met mekaar sal praat op die NG. 'n Proses neem
sy eie verloop. Versigtigheid, terughoudendheid lyk my nou van pas eerder
dan bijvoorbeeld banale standpunte vanuit 'n o so duidelike gekwetsheid van
die ego.

Dikwels is meer, minder.

Met vriendelike groet
xfiles: the truth is in there.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hallo

Do, 03 Oktober 1996 00:00

hallo

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

re vygie

Do, 03 Oktober 1996 00:00

asseblief mense, stop nou hierdie onbenullige, saai gekwyl oor honde
en sê 'n slag iets wat die moeite werd is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG.

Wo, 02 Oktober 1996 00:00

Miskien het ek te veel op die hart en wil ek daarom te veel se. Daarom
dat die titel van die artikel so lank is.
Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes, kyk maar na ene Vygie.
Ook oor hulle onbenulligheid. Daar is niks of weinig wat opbouend is
nie. Die onderwerpe en besprekings is meesal banaal en niksseggend.
Kyk daarna as julle my nie glo nie! Ook omdat h/d NG, wat veronderstel
is om 'n Afrikaanse NG te wees, se opskrif ENGELS is. Ek kyk na
anderstalige NGe, en ek bedoel Europees, en ek sien lewendige
besprekings in meeste. Of hulle Italiaans, Duits, Deens, Spaans, Frans
of wat ookal is, elke aand is daar nuwe artikels by die dosyne,
politiek word gepraat onder kultuur-NGe, boeke word bespreek onder
politieke NGe (gewoonlik het die een op die ander betrekking en
beinvloed hulle mekaar). En dan kyk ek na die saaiheid van die
Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan en daarin. Wie besit die
rekenaars en wie is ingeskakel by die net? Net Engelssprekendes? Of is
Afrikaanssprekendes liewer daarvoor om in Engels te kommunikeer? Wat
is daar in Engels wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie? En daar
is baie meer: het die Afrikaner, die regeerder van gister, geen
aanspraak en geen bydrae meer tot die landsadministrasie te make nie?
Geen kritiek meer oor die ekonomie, die kunste, reg en verkeerd,
verkeer op die paaie, godsdiens, ras, enigiets?
Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
grondige argumente. Ek is nie tevrede gestel nie. Maar ek het besluit
om die man sy sin te gee en om te wag en sien wat word van die
Afrikaanse NG. Weet julle dat daar in bykans DRIE WEKE net omtrent
TWAALF nuwe artikels bygekom het? In die tussentyd het die ander NGe
BAIE toegeneem.
Hoe lyk dit, gaan ons almal op 'n hopie gaan le en vrek? Gaan ons,
soos ons polities gedoen het, net boedel oorgee? Kom, se dan prontuit,
ons is te sleg om ons tee te sit. Ons is selfs te sleg om 'n
ordentlike NG van ons eie te bedryf.
ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.
ALP

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Limeriek: Indoena

Di, 01 Oktober 1996 00:00

=================================
die oubaas is 'n groot indoena
'n vryer en 'n bobaas soena'
en deesdae gaan hy
daar ver oorkant wei
want da' is die Grasa mos groena'
===joop==========================

Kaapse groete

Joop

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Prosa & poësie | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 07:03:36 MGT 2024