Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Nederlanders en Afrikaans

Di, 08 Oktober 1996 00:00

eti...@jupiter.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:

> Een van die onderwerpe op Agenda (die TV program) was eenkeer die
> verhoudings van Nederland met Suid Afrika en Afrikaners. Volgens
> hulle 'navorsing' beskou Nederlanders Afrikaans as 'koddig en
> 'n troetel-taaltjie', is dit waar ?

Ik vind Afrikaans inderdaad een prachtige taal om te lezen.
In ieder geval is het veel kleurrijker dan het Nederlands, dat steeds
meer Engelse woorden overneemt.

Anthony.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Teken op rekenaar,grafieka

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Ek stel daarin belang om in kontak te tree
met ander geesdriftiges wat graag ook
kuberkuns beoefen.

Ek het n ruk gelede n jpeg van die vlag
gepos en terugvoering gekry dat mense
nie grafiese lanseerders het nie.

Besoek gerus shareware.com en laai
n grafiese lanseerder af.

Meeste grafiese lanseerders hanteer
n verskeidenheid grafiese leers,
ibm,amiga ens.

Die kuberkunstenaar het n toekoms
en ek sien uit daarna om binnekort
n kubergallery van afrikaanse
kunstenaars te besoek.

Laastens, kan iemand n vriendelike
animasie program voorstel, ek het
n uistekende een op die amiga,maar
soek n ibm animator.

--
PLANT n boom !
---Vyg

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Kinder sê-goed

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Haai,

Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die reaksie, maar ons het nog BAIE meer reaksie nodig. Lyk my die
mense is bang om te vertel van hulle kinders se oulike sê-goed. Laat ons
hoor hoe 'n oulike ding jou kleinding kwytgeraak het en miskien wen jy nog
R100 op die koop toe. Ons verander die tuisblad elke Maandag, dus wat van
'n kuier.

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

HELP ASSEBLIEF !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek het uitnodigings na ons blad wat ek wil "delete", maar dink jy ek kry
dit reg. Hoe moet ek dit doen. Ek is maar net 'n dom nar en weet nie veel
van sulke goed af nie.

Laat my weet by: nakkie.die.nar@pixie,co.za

Baie dankie,
groete,

Danie Martins

Humor & grappe | 0 kommentare

Etienne / Stefanus

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Ek het gehoor dat Etienne op een of ander manier die Frans(Latyn herkomstig)
is vir Stefanus(Germaans herkomstig), ek twyfel of dit waar is... is dit ?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Etienne / Stefanus

Di, 08 Oktober 1996 00:00

eti...@jupiter.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:
> Ek het gehoor dat Etienne op een of ander manier die Frans(Latyn herkomstig)
> is vir Stefanus(Germaans herkomstig), ek twyfel of dit waar is... is dit ?

Ja.
Lesley Robertson

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NUWE KINDER Sê-GOED

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Haai,

Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die persone wat gereageer het. Ons verander ons tuisblad elke
Maandag oggend om 6 vm met nuwe kinder sê-goed, eksamenflaters en wyshede.
Indien jy nog nie vir ons kom kuier het nie, jy sal ons kry by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Indien jou kleuter of jong kind iets pittigs kwyt geraak het of as jy van
'n kostelike eksamenflater weet, stuur dit ASSEBLIEF aan ons en ons plaas
dit op ons pretblad sodat almal op die Net dit kan geniet en jy kan nog
R100 wen ook. Stuur dit aan:

nakkie....@pixie.co.za

Groetnis

Danie Martins
(Nakkie die Nar)

Humor & grappe | 0 kommentare

NUWE KINDER Sê-GOED

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Haai,

Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die persone wat gereageer het. Ons verander ons tuisblad elke
Maandag oggend om 6 vm met nuwe kinder sê-goed, eksamenflaters
en wyshede.

Jy kan die oulikste kinder sê-goed, eksamenflaters en wyshede kry by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Indien jou kleuter of jong kind iets pittigs kwyt geraak het of as jy van
'n kostelike eksamenflater weet, stuur dit ASSEBLIEF aan ons en ons
plaas dit op ons pretblad sodat almal op die Net dit kan geniet en daar
is nog R100 te wen ook. Stuur dit aan:

nakkie....@pixie.co.za

Groetnis

Danie Martins
(Nakkie die Nar)

Humor & grappe | 0 kommentare

De afrikaans namen van de schaak stukken.

So, 06 Oktober 1996 00:00

Goeie dag,

Ik had laatst een discussie met iemand uit SA over de namen van de schaak
stukken en over het feit dat in het nederlands we er andere namen voor hebben.
En nu vroeg of hij de naam in het afrikaans kende, maar hij kon daar geen
antwoord opgeven.
Voor het gemak citeer ik een gedeelte uit die discussie.

>> In dutch we call
>
>> The King = de koning
>> The Queen = de dame
>> the rooks = de torens
>> the bishops = de lopers
>> the knights = de paarden
>
> and then we have the 'pionen' I forgot how the English call them.

> Those are pawns. :)

Kan iemand vertellen of er in het afrikaans andere namen voor zijn?

Ook ben ik geinteresseerd of in de loop van de tijd ook voor en rond andere
bordspelletje in het afrikaans eigen namen ontstaan zijn.

Im sorry that I don't write in Afrikaans, but Im dutch and I hope you
understand my 'modern' afrikaans. In english is my question is what are the
names in afrikaans of the chess pieces.

--

Jeroen M.W. van Dijk
ing. Control System Engineering
email: car...@dds.nl or dijk...@worldaccess.nl

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: De afrikaans namen van de schaak stukken.

So, 06 Oktober 1996 00:00

Skaak stukke se benamings :

Engels = Nederlands = Afrikaans
The King" = "de koning" = Die Koning
The Queen = de dame = Die Koningin of Dame
The rooks = de torens = Kasteel of soms ook Toring
The bishops = de lopers = Biskoppe of soms ook Lopers
The knights = de paarden = Perde
Pawns = pionen = Pionne

Uit die alternatiewe soos Biskoppe en Lopers kan die invloed van beide
Nederlands en Engels op Afrikaans gesien word.

Johan Grobler

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Lewe na die Dood" van Donald Riekert

So, 06 Oktober 1996 00:00

Ek is nie heeltemal seker wat in hierdie
gedig aangaan nie. Maar as ek sommige van
die moontlikhede oorweeg, maak dit my
snaaks opgewonde en gelukkig.

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom le^

Op die eerste vlak miskien net 'n liefdesgedig
oor 'n liefde tussen twee hoogs-ongewone
minnaars. ( Die herinneringe wat die gepraat
oor soet rosyntjiebessies by my wakkermaak!
Baie klein bessies op 'n groterige boom. Jy
moes 'n hele handvol pluk om een mondvol te
kry. Groei rosyntjiebome oral in Suid-Afrika ?
Of is hulle bome wat net langs riviere en op
eilande groei?)
Maar is die gedig nie eintlik ook oor dood en
opstanding nie, na drie dae? En die bobbejaan-
mannetjie is die een wat die klip wegrol?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1588  1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 05:14:39 MGT 2024