Elke keer wanneer ek na Ravel se �Pavane pour une
Infante defunte � (Pavane vir 'n gestorwe Infanta)
luister, kan ek nie help om geroer te word nie, al is
dit nou sommer 'n klein en ligterige stukkie musiek.
Die gedig wat Ernst van Heerden daaroor geskryf het,
roer my op dieselfde manier:
PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.
Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar als byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
Ravel het die stukkie musiek waarna hier verwys word
geskryf in 1899 en dit opgedra aan die Prinses de
Polignac. Dis die eerste keer uitgevoer in 1902. Ravel
het later bietjie moeg geword om die stuk musiek van
hom oor en oor te hoor. Hy het verklaar dat daar teveel
invloed van Chabrier in is, en ook dat die vorm iets te
wense oorlaat. Aan een jong pianis het hy eenkeer
gesê: � Ek het 'n pavane geskryf vir 'n dooie prinses,
nie 'n dooie pavane vir 'n prinses nie.� Ek wonder of
Ravel sou kon glo dat omtrent 'n honderd jaar nadat hy
dit geskryf het, die stukkie musiek nog vele mense baie
ontroer.
Sanet, daar van Saldanha vertel die volgende kinder staaltjie:
Sy is besig met haar laaste klas van die dag. Die les gaan oor verlamming,
blindheid, stomheid en oor ouens wat doof is. Die klok lui en sy vra vir
Riaan om af te sluit met gebed en hy bid: "Dankie Liewe Jesus vir hierdie
dag en wees tog asseblief met al die verlamders, verstomdes, verblindes en
verdoofdes, Amen."
Indien jy nog sulke kinder sê-goed wil lees, gaan loer in by:
Gee jouself 'n naam op die Internet. Registreer jou 'Domain' naam
Dis gratis. Daar is geen vangplek. Jy hoef nie 'n klomp geld te
spandeer om jou besigheid se naam geregistreer te kry nie.
Jy kan ook hier sien of jou opposisie se naam al geregistreer is.
Daar is ook geen nodigheid dat jy 'n rekenaar moet besit of direkte
toegang moet hê tot die internet nie. Doen dit vanaf 'n vriend se
rekenaar of van 'n Internet kafee af.
toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.
ek het gesê "as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam. vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)
"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.
"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesê in wind, wind, wind.
jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)
nou le^ al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)
"ek moet vir jou" iets sê sê jy.
"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.
ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar
daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking. geld. vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)
ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesê teen skemer.
toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n wereld van verworwe grense & verkende taiga.
"ek wil vir jou" iets sê sê jy in my hare. "moenie asseblief."
jy't getrou met i man, van sanlam. ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap. die wasgoed het my aangerand.
konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.
vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui
en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou...."
nie lief nie
sê jy.
Dis Saterdag, 26 Oktober. Ek skryf hierdie brief
aan Galjoen, sodat hy kan sien hoelank dit neem vir
Ân pos vanhier om by hom aan te kom.
Ons het vandag in die Gatineau Park ingery vir Ân
laaste kyk na die herfsblare. Die Gatineau heuwels is
in Quebec, maar dis net 'n halfuur se ry van die besig-
heidsdistrik van Ottawa, wat in Ontario is. Meeste van
die rooi en oranje skakerings van blare het nou al van
die bome afgeval. Daar is egter nog baie takke met
liggeel blare tussen die grys stamme van die bome, die
donkergrys van die rotse langs die pad, en hier en daar
bome wat in allerhande skakerings van oker besig is
om te verdroog. Die dag was warm (15 C) en 'n wasige
sonnige blou. Oor die rivier het daar vanoggend sewe
warmlug-ballonne aangedryf gekom. Die mense wou
seker ook die laaste van die blare sien.
Vanaand sit ons ons horlosies een uur terug. Dit
beteken dat as ons more-oggend opstaan, dit effens ligter
as gewoonlik sal wees. (Vanoggend ag-uur was dit nog
effens donker.) Maar dit beteken ook dat more-aand dit
vyf-uur liewer as ses-uur al skemer gaan wees. Dis nie
so lekker wanneer dit so vroeg donker word nie. Behalwe
miskien Donderdagaand, 31 Oktober, wanneer die donker
strate vol sal wees van hekse en spoke en allerhande soorte
gedrogte wat Âtricks of treats wil he^ vir Halloween.
So vandag het ek van die herfs afskeid geneem. Ek het
onder 'n boom gestaan en opgekyk en die geel blare teen
die blou van die lug gesien. Sommige van die geel blare
het in die ligte windjie losgeraak en op my geval. En ek
het teruggedink aan die dae in Mei toe ek onder die lente-
bome gestaan het en die bloeisels op my laat val het. Ek
het vandag van die herfs afskeid geneem. Nou wag ek vir
die sneeu om te kom, om op my gesig te val as ek opkyk.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek ry verlede sondag saam met my 4-jarige seun buite die stad rond
op soek na goedkoop dop. (Ek het duur smaak en 'n plat sak!)
Ons ry tussen die wingerdlande deur buite Perth.
My seun geniet dit vreeslik en ek wys hom die piepklein druif-
korreltjies wat al groter gaan word in die somerson.
Hy stel voor ons kom elke week kyk dat ons sien hoe dit vorder.
Ons kom op 'n plaas uit waar hul goedkoop wyn uit 2 liter houers
verkoop. Ek snuif en proe die wyn en dit is hemels!.
Koop dadelik 2 bottels. Chenin Blanc en Colombard.
(Die boer spaar geweldige botteleringskoste ens, en
die wyn is tog dieselfde gehalte as in 'n duur gekurkte bottel).
Australie is bekend vir 'n paar goeie (en baie duur) wyne. Dis al.
Die res is popule^re drinkwyn wat eintlik maar hoofpynpis is.
Maar die uitstekende wyne wat hul wel het word nie hier waardeer nie.
Soos baie van die Margaret River wyne suid van Perth. Briljante witwyn,
maar die wynboere sê die groothandelaars koop dit nie omdat die
publiek net "bekende" wyne koop.
Ons ry verder en kom af op 'n bejaarde ou tannie met wilde grys hare
wat buite haar ou huis goed verkoop. 'n ou plaashuis met groot bome.
Sy verkoop boerbone, pampoen en lukwarte en weeg dit met 'n hangskaal.
Sy is omtrent net so oud soos my ma.
My hart bloei dadelik vir haar en ou tannies soos sy en my ma,
wat so lief vir die grond is, en nou in 'n woonstel moet sit.
Een van die dae moet die tannie ook van die plaas af, na 'n ouetehuis ?
Maar soos my ma het die tannie 'n vonkel in haar oog.
Sy vra my waar ek vandaan kom: ('n immigrant-aksent is SO opvallend!)
Sy gaan haal onmiddelik 'n gedroogde mielie en wys my trots: Dit is 'n
Afrikaanse witmielie wat sy iewers gekry het. (In Australie kry jy
net sagte geel mielies).
Sy vertel hoe verbaas sy was dat ons mielies so hoog groei.
(hulle geel mielie is maar klein). Maar sy sê ons mielies is te hard
vir haar om te eet. (Ai, die ou tande is sekker maar stomp of uit)
Ek koop lukwarte en verlang sommer huistoe. Vir die eerste keer in
sy lewe eet my seun 'n lukwart. (Baie skaars in Australie).
Hy verwonder hom daaraan, veral die pitte.
Ek dink terug aan my jeug: lukwartsteel in die bure se boom, todat die
takke breek, voelskiet in die lukwartboom, lukwartpit ver-spoeg,
maagpyn van groen lukwarte ens.
Waarheen is ons op pad met ons materialisme, stede, sement en
grasperk suburbia, duur wynbottels en etikette, ouetehuise en selfsug ?
Mis ons nie dalk uit op dit wat belangrik is nie ?