Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van GERT VLOK NEL.
'n Gedig van GERT VLOK NEL. [boodskap #7529] Do, 26 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 470
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
laaste herhinneringe aan magdaleen
Gert Vlok Nel

toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.

ek het gesê "as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam. vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)

"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.

"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesê in wind, wind, wind.

jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)

nou le^ al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)

"ek moet vir jou" iets sê sê jy.

"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.

ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar

daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking. geld. vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)

ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesê teen skemer.

toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n wereld van verworwe grense & verkende taiga.

"ek wil vir jou" iets sê sê jy in my hare. "moenie asseblief."

jy't getrou met i man, van sanlam. ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap. die wasgoed het my aangerand.

konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.

vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui

en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou...."
nie lief nie
sê jy.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: 'n Gedig van GERT VLOK NEL. [boodskap #7538 is 'n antwoord op boodskap #7529] Di, 29 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 756
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Oct 1996 21:01:55 GMT, Izak Bouwer wrote:
>OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
>Eenvoudige spoorwegstories.
>Deur Gert Vlok Nel

Dis 'n gedig wat in die kop bly. Dit spook by 'n mens. Soos great
jazz.
Dankie.
'n Gedig van GERT VLOK NEL. [boodskap #7878 is 'n antwoord op boodskap #7529] Ma, 28 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 470
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Somtyds neem digters vryhede met die taal. So 'n digter
vat 'n kans dat wat hy doen nie altyd suksesvol sal wees nie.
Die volgende gedig, waar Gert Vlok Nel groot risiko's neem
beide stilisties en in sy woordgebruik, is myns insiens baie
suksesvol.

OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories.
Deur Gert Vlok Nel
Tafelberg, 1993

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint sê hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoowegdo^ners op hermanus -
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed geree"n
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing. maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
"Ja"

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans & truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm, t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar die' belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik mo^re. daar was lig. "dis die 1ste
dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oe". ek ril
by herinnering ana hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het

1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
"kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
"ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
ree"n, by matjiesfontein, teen 160k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.

Ek vind veral baie mooi die deel van die gedig waar
hy sê “dit was aand en dit was mo^re...dis die 1ste
dag...dit was die 2de oggend op die 3de planeet van
die son.” Om met soveel gemak Bybelse verwysings
in te werk, is die werk van 'n ware digter.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Gedig van GERT VLOK NEL [boodskap #7890 is 'n antwoord op boodskap #7878] Vr, 27 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 756
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
A! magdaleen, magdaleen...

Ek trek my pak klere aan vir die gedig.
Re: 'n Gedig van GERT VLOK NEL [boodskap #7964 is 'n antwoord op boodskap #7878] Di, 07 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 756
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die ou is seriously goed.
'n Gedig van GERT VLOK NEL [boodskap #7965 is 'n antwoord op boodskap #7529] Di, 07 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 470
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
die posisie aan die einde van
Gert Vlok Nel

die gang was donker, gepriem.
die blokkiesvloer het peristaltiese bewegings gemaak.
maar net in my alewige verbeelding.
"kom saggies," het Ma gesê. "Pa slaap."
(op pad huis toe, oor die oop stukkie veld,
het ons opgekyk: die berg was besig om noukeurig te brand.)

"hoe was die fliek." die fliek was nie.
"i riller." (wanted: bybysitter.) "dit was goed."
goed. Ma maak koffie. in die kombuis.
halfeen. die gezoem van die yskas.
"oom Jakkie het..."
Pa geslaan.
sê Ma.
"hoekom Ma?" het Altus met gewaarmerkte pyn
geëkwisiteer. hy's nou i sendeling in outjo, namibië
niemand moer jou pa nie, Ma, was die strekking,
veral niemand soos oom Jakkie nie
relatief gesigloos in die kaap, hier in voldonge
sterre & wenteling, dorpsdronkaard.
"kak," het ek gesê vir die rekord.

moenie so vloek nie het Ma gesê "oom jakkie
is oom Jakkie." en Pa was Pa. "Pa is ons Pa, Ma."
het ons gesê dalk. oom Jakkie is my broer (Ma)
"maar Pa is jou man, Ma." ja
Ma was so oud, afgeskei, so 40.
"die berg brand, het julle gesien?" ja Ma.
die buitenste verband, het ek dit gesien?
"nee," skryf ek

oom Jakkie was al weg, af in die straat. "gaan slaap," sê Ma.
die huis sou ons insluk, ek kan nie meer onthou
nie. o.a. Pa was i tier in die huis
Ma dikwels i prooi. in die berg was tiere uitgewis.
ek onthou & ek onthou. oom Jakkie het gesterf
en Ma en Pa is op sylyne ingesjant
Ma mooi, Pa in sy mees godsverbitterde verband.
(die rym is vir Pa)

maar oom Jakkie het akuut gesterf, in 1978.
die voorbereide aarde het hom in deskant ingeneem
soos die wind die gesang, teer en koud nes die seisoen.
ek onthou, met deernis, die nag van gepriemde gange
hoedat ek en oom Jakkie na mekaar moes
kyk, vanuit ons unieke posisies van stilte
& verset, aan die eindpunte van die lang straat:
lampe, bome, huise die
volmaakte woede van die lug bo,
die huise, bome, lampe.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: 'n Gedig van GERT VLOK NEL. [boodskap #120208 is 'n antwoord op boodskap #7529] Do, 25 Desember 2014 17:33 Na vorige boodskap
Anton Raath[2]  is tans af-lyn  Anton Raath[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Monday, October 28, 1996 10:00:00 AM UTC+2, Izak Bouwer wrote:
> Somtyds neem digters vryhede met die taal. So 'n digter
> vat 'n kans dat wat hy doen nie altyd suksesvol sal wees nie.
> Die volgende gedig, waar Gert Vlok Nel groot risiko's neem
> beide stilisties en in sy woordgebruik, is myns insiens baie
> suksesvol.
>
> OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
> Eenvoudige spoorwegstories.
> Deur Gert Vlok Nel
> Tafelberg, 1993
>
> oproep
>
> Goegie was veraf vandag
> vandag toe ek hom bel
> en vanuit die kruik vertel
> heel godse dag gesit en paint sê hy
> toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
> kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
> by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
> toe in die kar geklim en terug gery
> toe veraf geklink vir my.
>
> desember & see
>
> groteske wolke beweeg bo-oor die toneel
>
> ons twee arme spoowegdo^ners op hermanus -
> dit het die heel eerste aand subkultureel wreed geree"n
> oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
> het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
> gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
> dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
> wyn gee.
>
> dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
> vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
> en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
> bevestiging & vergissing. maar summertime sou
> nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
> was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
> "Ja"
>
> 5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
> jeans & truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
> was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
> was gou warm, t.s.v. die kak drizzle. ek
> wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
> maar het alreeds alles weggegee
> aan herhinnering & pyn
>
> om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
> trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
> elke keer wat ek bo-oor kruis, of
> ek herrangskik freneties
> dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
> of iets At maar die' belowe ek jou At:
> rym se moer:
>
> ons het een dag gebly: dit was aand
> en natuurlik mo^re. daar was lig. "dis die 1ste
> dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
> dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
> ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
> van die kro, en die ekwilibrium van oe". ek ril
> by herinnering ana hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
>
> 1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
> een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
> bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
> opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
> "kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
> in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
> elizabeth, sy lot. sy blik
>
> was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
> "ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
> teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
> ree"n, by matjiesfontein, teen 160k.p.u. ons kopligte
> het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
> 3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
> om te lewe is onnatuurlik.
>
>
> Ek vind veral baie mooi die deel van die gedig waar
> hy sê "dit was aand en dit was mo^re...dis die 1ste
> dag...dit was die 2de oggend op die 3de planeet van
> die son." Om met soveel gemak Bybelse verwysings
> in te werk, is die werk van 'n ware digter.
>
> Gloudina Bouwer

Daggarympies , byna
Vorige onderwerp: Matriek Gedig
Volgende onderwerp: " gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Feb 17 04:14:38 UTC 2020