Wie kan my help aan 'n aantal boeremusiek bandjies (sakkie, sakkie)
Ek woon in Heteren (naby Arnhem) en wil die musiek gebruik op 'n
silwer bruilof. Enige onkoste sal vanselfsprekend vergoed word.
By voorbaat baie dankie
Die deel van suidelike Afrika waarna in hierdie
gedig verwys word, is nie in Suid-Afrika nie, maar
in Lesotho.
SENDELINGARGITEK
Antjie Krog
bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.
Miskien het julle al gehoor van die oproer wat
Australiese parlementslid Pauline Hanson veroorsaak het.
Ek sal kortliks die gevoel van die Aussies skets:
Sy en Australiers in die algemeen wil nie meer he^ dat daar sommer
enige immigrante na Australie kom nie, veral nie
nie-engelsprekende immigrante soos die Asiate nie.
Die rede is dat die Asiate (Chinese/Vietnamese ens)
in wese verskil van die westerse kultuur hier,
en nie so goed inpas soos bv. Europieers (en Suid Afrikaners) nie.
Hulle bly in groepe en meng nie so maklik ("disperse") nadat
hul hier aangekom het nie. En as hul eers hier is, sorg hulle dat
hul hele familie mettertyd ook kom d.m.v. familie-immigrasiereels.
Die gevolg, so voel die meeste Australiers, is dat die
aard van Australie besig om te verskuif, weg van dit wat hulle voel
hul eie identiteit is. Ook wil hulle nie werk-kompetisie he^
van immigrante terwyl hier werkloses is nie, of dat immigrante
'n finansiele las word nie. (nuwe dokter-immigrante kan nou nie
meer privaat-praktyke oopmaak nie, net in hospitale werk)
Wat hiermee saamgaan is die gevoel dat daar te veel geld aan die
Aboriginees uitgedeel word en dat hulle die geld mors, vanwee
wanbestuur ens, sodat daar niks van kom nie.
Sodra mens iets hieroor sê, wil die Aboriginees dan vingerswaai
na die ander Australiers, "rassisme" skreeu,
en nie hand in eie boesem steek nie. Die Aussies sê hulle
is moeg hiervan.
Daar is bewys dat die meeste Australiers simpatie het vir
Pauline Hanson, en andere, maar dat sy stilgemaak word deur die
"verantwoordelike" politici,
omdat hulle nie Australie se beeld en finansies wil skade doen nie.
Vir 'n lang tyd, terwyl die Arbeiderparty regeer het, is sulke
opinies (vanwee Politiese Korrektheid) nie geduld nie.
Noudat die Koalisie vanjaar aan die bewind is, kom dit na vore.
Volgens die Australiers gaan dit nie oor rassisme nie, maar oor
immigrasiebeheer en verantwoordelikheid.
Nou ja ! Daar is baie waarheid in wat hul sê, maar ook partykeer
nonsens en daar is ook 'n knypie rassisme,
maar ek is goddank bly daar is ten minste 'n bietjie
nuus en 'n debat is hier. Ek vind dit interessant. Wat dink julle ?
Het die aussies 'n punt beet, of is hulle ook maar rassisties ?
Die volgende rubriek deur Willie Esterhyse het in Beeld verskyn.
DAAR is aanduidings van beroering in bepaalde segmente van die nuwe
(wit) Afrikaanse generasie.
Talle jongmense staan nie net meer en meer afsydig teenoor die debatte
wat binne Afrikaner-organisasies, die Afrikaanse kerke en die NP
afspeel nie. Hulle is ook skepties oor die vermoë van "vriendelike
gryskop-omies" om vir hulle, hulle ideale, hulle waardes en hulle
kultuur 'n plek in die toekoms te verseker.
Hulle is ook moerig. Want, so sê hulle, dis hulle wat die grootste
gelag moet betaal vir die sondes van die vaders. Terwyl die vaders
goed vir hulleself gesorg het, pakkette gekry het en kan bekostig om
selfs sinies lawaai te maak, is dit hulle wat die eintlike juk van
regstellende aksie en transformasie moet
dra.
Praat 'n mens met hulle, dit wil sê met diegene wat nog bereid is om
met 'n "vriendelike gryskop" te praat, verseker hulle jou dat hulle
vriende ook so voel. En dat die geledere van die skeptiese
generasie groei.
Talle het reeds die Afrikaanse kerke verlaat. Sommige besoek
Engelstalige kerke ("daar is meer warmte"). Ander het die
georganiseerde kerk gelos. Daar is van hulle wat reguit sê: "Die
dominees het niks vir ons te sê nie."
Van Afrikaner-organisasie en "kultuurleiers" wil hulle niks weet
nie. Woorde soos "kultuurklieks" en "klubs vir moeë mense"
vertolk hulle skeptisisme. En van die NP is die oorwoë mening:
"Suf".
Hulle is veral siek en sat vir "mense met middeljarige idees" wat
"die Afrikaner" wil red sonder dat daar moeite gedoen is om met die
nuwe geslag te praat.
Vantevore was daar natuurlik ook uit die geledere van die nuwe geslag
skerp kritiese stemme. Dit was selfs 'n noodsaaklike mode.
Die groot verskil tussen toe en nou is egter dat daar tans nie bloot
van kritiek sprake is nie. Ofte wel 'n noodsaaklike skeppende spanning
tussen die oue en die nuwe.
Wat tans al meer en meer duidelik word, is 'n groeiende skeptisisme in
die vermoë van Afrikanerleiers. Daar is nie bloot van afstand en
verwydering sprake nie.
Hierdie wantroue word versterk deur dit wat voor die Waarheid- en
Versoeningskommissie - in Afrikaans - getuig word. Die effek daarvan
op die nuwe geslag was in sommige gevalle aardskuddend. Hulle voel in
die steek gelaat. En ook moerig omdat hulle nou die gelag moet betaal
vir die wandade en stommiteite van die verlede.
Om teenoor hulle te argumenteer dat "die ander party" ook wandade
gepleeg het, is om 'n uitgegroeide eikeboom met 'n lemmetjie te
probeer afsny. Futiel. Dis ook om die probleem waaroor dit gaan
volledig mis te kyk.
Hulle soek immers nie verklarings of verskonings nie. Hulle soek
herstel van vertroue in hulle mense en in die toekoms. Soos een dit
stel: "Dis ons wat in Angola ingestuur is. Dis ons wat gewond en
vermink is. Julle het toe by die huis gesit. En nou moet ons hoor wie
en wat ons leiers werklik was."
Die soort opmerkings kan as oordrewe beskou word. Maar ook dit kyk die
punt waaroor dit gaan volledig mis. En dit is: Hoe kan vertroue en
selfrespek weer her...
Ik ben op zoek naar iemand uit Suid-Afrika, die met mij wil e-mailen in het
Afrikaans. Ik zal dan in het Nederlands terug mailen. Ik wil gewoon wat meer
weten over jullie prachtige land. Vandaar
Sien gisteraand 'n dokumentêre stuk op SAUK 3 (mag mos nou weer van SAUK
praat) oor die herkoms van Afrikaans. Die deel het te doel gehad met die
bydrae wat die Koi en Maleisiese tale tot Afrikaans gelewer het, ens...
Daarmee het ek nie fout te vind nie - dit was nogal heel interessant
gewees, maar die persoon aan die woord het 'n opmerking gemaak, by meer
as een geleentheid, wat my baie pla...
Volgens hom is die GRA toendertyd gestig as 'n politiese organisasie,
wat nie die bydrae van die Koi en Maleisies wou erken het nie. Hulle wou
die taal slegs 'n Blanke Afrikanertaal hou.
Dit is baie maklik om so lank na die tyd sulke bewerings te maak - tog
jammer die siel het nie sy stellings werklik probeer bewys nie.
Volgens my inligting is die GRA gestig juis as 'n soort van 'n
opstandige beweging om Afrikaans te bewaar, maar was dit in verset teen
die ver-engelsing van alles op daardie stadium. Dat dit miskien wel 'n
politiese agtergrond kon gehad het, kan ek dalk insien, maar dat die GRA
teen die Koi en Maleisiese invloed was, kan ek nie insien nie. Ek twyfel
selfs of daardie agt jollie kerels op daardie stadium werklik besef het
dat Koi en Maleisies wel besig is om so 'n groot bydrae tot die
Afrikaanse taal te maak. Hul persepsie en visie het slegs voorsiening
gemaak daarvoor om die ver-Engelsing te probeer keer en daarteen te
protesteer.
Nog twee aflewerings in die reeks op SAUK 3 op Maandaeaande om 21:00 le
nog voor. Sal interessant wees om te sien wat dan gesê gaan word.