Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !!
RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !! [boodskap #7582] Wo, 06 November 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Miskien het julle al gehoor van die oproer wat
Australiese parlementslid Pauline Hanson veroorsaak het.
Ek sal kortliks die gevoel van die Aussies skets:

Sy en Australiers in die algemeen wil nie meer he^ dat daar sommer
enige immigrante na Australie kom nie, veral nie
nie-engelsprekende immigrante soos die Asiate nie.
Die rede is dat die Asiate (Chinese/Vietnamese ens)
in wese verskil van die westerse kultuur hier,
en nie so goed inpas soos bv. Europieers (en Suid Afrikaners) nie.
Hulle bly in groepe en meng nie so maklik ("disperse") nadat
hul hier aangekom het nie. En as hul eers hier is, sorg hulle dat
hul hele familie mettertyd ook kom d.m.v. familie-immigrasiereels.
Die gevolg, so voel die meeste Australiers, is dat die
aard van Australie besig om te verskuif, weg van dit wat hulle voel
hul eie identiteit is. Ook wil hulle nie werk-kompetisie he^
van immigrante terwyl hier werkloses is nie, of dat immigrante
'n finansiele las word nie. (nuwe dokter-immigrante kan nou nie
meer privaat-praktyke oopmaak nie, net in hospitale werk)

Wat hiermee saamgaan is die gevoel dat daar te veel geld aan die
Aboriginees uitgedeel word en dat hulle die geld mors, vanwee
wanbestuur ens, sodat daar niks van kom nie.
Sodra mens iets hieroor sê, wil die Aboriginees dan vingerswaai
na die ander Australiers, "rassisme" skreeu,
en nie hand in eie boesem steek nie. Die Aussies sê hulle
is moeg hiervan.

Daar is bewys dat die meeste Australiers simpatie het vir
Pauline Hanson, en andere, maar dat sy stilgemaak word deur die
"verantwoordelike" politici,
omdat hulle nie Australie se beeld en finansies wil skade doen nie.
Vir 'n lang tyd, terwyl die Arbeiderparty regeer het, is sulke
opinies (vanwee Politiese Korrektheid) nie geduld nie.
Noudat die Koalisie vanjaar aan die bewind is, kom dit na vore.
Volgens die Australiers gaan dit nie oor rassisme nie, maar oor
immigrasiebeheer en verantwoordelikheid.

Nou ja ! Daar is baie waarheid in wat hul sê, maar ook partykeer
nonsens en daar is ook 'n knypie rassisme,
maar ek is goddank bly daar is ten minste 'n bietjie
nuus en 'n debat is hier. Ek vind dit interessant. Wat dink julle ?
Het die aussies 'n punt beet, of is hulle ook maar rassisties ?

Vriendelike Groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !! [boodskap #7597 is 'n antwoord op boodskap #7582] Do, 07 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <55pk0g$a62$1...@news-s01.ny.us.ibm.net>, gal...@ibm.net says...
>

> Noudat die Koalisie vanjaar aan die bewind is, kom dit na vore.
> Volgens die Australiers gaan dit nie oor rassisme nie, maar oor
> immigrasiebeheer en verantwoordelikheid.

  En wanneer jy nou van  "Aussies"  praat,  van wie
praat jy? Praat jy van die Australiërs wat daar op julle
eiland gebly het voor die klomp Engelse 'n paar eeue
gelede daar gaan nesskop het? Of praat jy van die wit
Kaukasie'rs  ( nie wit nie, pienk met bruin kolletjies op)
wat oor die laaste drie eeue gaan bly het in die suidelike
Stille Oseaan, wat tog eintlik die lewenssfeer is van die
Asiate en die Melanesie'rs en die Polinesie'rs.
  Die klomp (heelwaarskynlik "wit" Australiërs) klink
vir my net soos die klomp "wit" Kanadese hier by ons,
of hulle nou Engels of Frans of  'n middel-europese taal
praat. Hul wil nie meer immigrante van nie-Europese
herkoms he^ nie; wil nie he^ die regering moet so baie
geld aan die "First Nations" bestee nie. Maak asof dit
"hulle"  land is, liewer as om te besef dat hulle gaste is
van die Inuit en die Metis, en die honderde verskillende
"First Nations" wie se land dit tog eintlik was voor die
wit hordes dit 'n paar eeue gelede begin inneem het.
   En  dan kan die  "wit" mense so blind wees vir  die
realiteite van die situasie. Daar is 'n sterk teenwoordig-
heid van mense uit Indie" en Pakistan in Kanada (deels
a.g.v. vorige immigrasie-wette wat familie-immigrasie
bevoordeel het.) En hierdie mense is in byna alle gevalle
hoogs-gesofistikeerde  en  opgevoede mense, wat as hul
verby die  rassisme kan kom, posisies van groot verant-
woordelikheid  beklee. Mense wie se voorvaders van
Indie" of Pakistan af gekom het, begin al hoe meer van ons
beste Kanadese skrywers word. As jy die lys van "Rhodes-
scholars" lees, dan is daar baiekeer 'n meisie met 'n Indiese
of Pakistanse naam daarby. Anders is die name gewoonlik
Asiaties van oorsprong. Ek persoonlik dink : witmense van-
dag "do not have what it takes"  en moet die skrif  teen die
muur sien.  En liewer alliansies aangaan met die ander rasse
van die wereld, liewer om hulle te beveg. Die winde van
verandering begin nou hopelik ook waai in Australië, daar
waar witmense sit in die Asiatiese deel van die wereld en
in die buurt waar die  "Blackfellows" tog eintlik die laaste
sê moet he^.

  gloudina bouwer
Re: RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !! [boodskap #7598 is 'n antwoord op boodskap #7582] Do, 07 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Nov 1996 08:58:56 GMT, gal...@ibm.net wrote:

<<<>Volgens die Australiers gaan dit nie oor rassisme nie, maar oor
> immigrasiebeheer en verantwoordelikheid.>>>

Wat was daai een nou weer van "dis nie rassisme nie, dis net dat ons
'n verantwoordelikheid  het om  Westerse standaarde te handhaaf en
hulle nog  nie in staat  is  dit te doen nie"?
Re: RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !! [boodskap #7790 is 'n antwoord op boodskap #7582] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Dec 1996 19:54:44 GMT, ar...@cis.co.za (Pierre le Roux) wrote:

<<< Waarom wil die hordes van omliggende lande in
> bydegevalle na ons lande trek - om te ver-WESTERS? Het dit dalk iets
> daarmee te maak dat ons die ouens oortuig het dat hulle minderwaardig
> is, en dat hulle moet wegtrek van hulle eie, en hier by ons 'n beter
> heenkome kan vind?>>>

Hell, ek weet nie. Dalk het die goudmyne iets daarmee te doen?
Vorige onderwerp: Nuwe versie van Afrikaanse woordelys beskikbaar voor Ergane
Volgende onderwerp: Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:07:30 MGT 2024