Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: s there intelligent female life here? :-)

Di, 19 November 1996 00:00

In , dada...@caiw.nl (Niels van Everdinck) writes:
> I
>
> Niels, 38 was wondering on a winter like Sunday evening. In spite of the
> tragedy taking place in Zaire he still was curious and moderately
> optimistic. He knew that the human race would never learn and he also knew
> that he was open for fascinating correspondences with members of the other
> gender with brains and humour and not too scared by a rather
> unconventional personality.
>
> Those dark and cold nights at the end of the year made him always
> contemplative and philosophical and he asked him self if destiny could be
> activited by a hit on the 3send2 key...
>
> You can send your email in Afrikaans, English & Nederlands.
>
> Later?
>
> Niels
> http://www.caiw.nl/~dadapnez

Ek is verskriklik slim en aantreklik, maar ek stel nie in jou belang nie
want ek is heteroseksueel. Jy seker ook nie in my nie.
Buitendien weet ek nie wat het jou melankoliese stront nou eintlik met
Zaire te doen nie.

Ten spyte daarvan wens ek jou voorspoed toe met jou soeke.
Moenie die kersfees selfmoord pleeg nie. Kry 'n troeteldier.
Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Arme drommel steek homself aan die brand.......

Di, 19 November 1996 00:00

Ek lees 'n man in Indie het homself aan die brand gesteek
uit protes omdat die mej Wereld kompetisie nou daar
gehou word. (Baie mense daar is teen die verAmerikaansing
van die samelewing, ook teen Hamburger plekke soos
McDonalds).

Arme man, ek simpatiseer met hom, maar ek sou eerder een
van daai mooi meisies gegryp en HAAR aan die
brand gesteek het.

Vriendelike Groete.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Arme drommel steek homself aan die brand.......

Di, 19 November 1996 00:00

bouwer wrote:
>
> Natuurlik is daar 'n McDonalds in Parys. Een op die
> Left Bank, al vir dekades
>
> Gloudina Bouwer

En as ek reg onthou, is dit die een wat kwansuis so tien jaar gelede die
muis in die vleis opgelewer het... en geruime tyd daarna as MacMouse
bekend gestaan het.

Elsa

--
Egbert Raubenheimer
EgR Software Consultants CC
2O Leeuwenvoet Rd FAX: 2721-249637
CAPE TOWN Email: e...@aztec.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

'n Gedig van PIROW BEKKER

Ma, 18 November 1996 00:00

Dit laat 'n mens effens treurig voel om die
volgende kort gedig van Pirow Bekker te lees:

TAALMAUSOLEUM

Van al my land se droewighede,
neef Boerneef en oom Wyk,
is vir my die ergste ene die:
ons taal - die welgekerkte kind,
ons abbahart in elkedagse stryd -
word oustryk weer en meer as ooit
geklipwerk as 'n lyk.

Meer as 'n honderd jaar gelede het mense ook
gepraat daarvan dat Afrikaans gedoem was. Toe
het J. Lion Cachet vol optimisme gepraat van die
toekoms van Afrikaans in "Die Afrikaanse Taal."
Hy het in die gedig gesê hoe Afrikaans soos 'n
boere-nooi is, by wie almal eintlik aanlê in plaas
van by haar "sussie wat uit Holland kom" en haar
niggie met die stywe nek "wat loop in rooi satyn."
Die gedig eindig met die volgende strofe:

Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, "Moedertaal",
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!

'n Mens weet natuurlik dat Afrikaans uiteindelik
as offisiele voertaal aangeneem is in die twintiger-
jare, iets waarvan Cachet maar net kon droom. 'n
Mens weet natuurlik ook van die tragedie van die
tweede gedeelte van die twintigste eeu, toe blinde
en meedoënlose taalhandhawers ons lieflike taal
in ander se kele wou afdwing, met tragiese gevolge,
en met negatiewe politieke gevolge vir die Afrikaner
self. 'n Mens kan maar net hoop dat die toekoms vir
ons taal iets beter inhou as wat die doemprofete voor-
spel.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

HELP, asseblief !!!

So, 17 November 1996 00:00

Hi,

I need someone living in Hamburg, Germany to teach me afrikaans ! As a
german I understand every word, but.... I don't speak more than:

"Ek praat nie afrikaans nie" or
"Ek won in Kerkstraat"

If you can help me or know anyone, please send me an eMail !
I need this, because we run a guest fram in Namibia and want to speak and
not only to listen to the people !!!

baie dankie !
Ombu...@aol.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Info gesoek: huiskopery

Sa, 16 November 1996 00:00

Ek sal moontlik eersdaags 'n huis koop. My vraag is: kan 'n mens al
hierdie onnodige items soos hereregte, oordraagkostes ens omseil? Wat is
die voordele (indien enige) van 'n beslote korporasie as jy 'n huis koop?
Enige topaslike menings sal waardeer word.

Dankie
Louis

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor Kanadese provinsies en helde

Sa, 16 November 1996 00:00

Kanada is eintlik 'n baie snaakse geografiese
eenheid. Sommige van sy provinsies is baie klein,
ander baie groot. Ek dink die hele New Brunswick
kan in die Kruger-wildtuin inpas. Jy kan in 'n paar
uur die hele Prince Edward Island van noord na suid
platry. Die hele Suid-Afrika kan egter in Quebec in-
pas. Ontario is amper een-vyfde van die oppervlakte
van die V.S.A. (Die Iroquois het dit Kanadario ge-
noem - die land van die vonkelende waters. Meer as
een-sesde van Ontario bestaan uit riviere en mere.)
In 1999 word die "Northwestern Territories" verdeel
in 'n oostelike deel en 'n westelike deel. Die deel in
die ooste, waar die Inuit woon, sal Nunavut genoem
word. Nou vra hulle in die N.W.T. vir voorstelle vir
'n naam vir die westelike deel. Op die oomblik is die
naam wat meeste mense voorstel "Restavit."
Ja, ons Kanadese het 'n sin vir humor, ten spyte van
die feit dat mense aan Kanadese dink as oninteressante
ernstige mense, wat elke sin eindig met "eh?" Mense
dink ons Kanadese dink dat om 'n goeie tyd te he^, is
om 'n bietjie "peace keeping" erens in die wereld te
gaan doen, hoe gevaarliker hoe beter. Maar niks kan ver-
der van die werklikheid wees nie. Ons voer komedie uit
as 'n kommoditeit net soos hout en minerale. Van die
hoogs betaalde komediante in die V.S.A. is Kanadese.
Jim Carrey is Kanadees. Matthew J. Fox is van Vancou-
ver. Lesli Nielson, moet ek tot my skaamte erken, is 'n
Kanadees, nogal die broer van 'n bekende en deur almal
beminde politikus.
Ons voer nie net humor uit nie. Die " pin up boy"
van die Persiese Golf- oorlog, die "Scud Stud" was
Arthur Kent, 'n Kanadees wat vir N.B.C. gewerk het.Die
opvolger van die legendariese Walter Cronkite by C.B.S.
is Peter Jennings, 'n Kanadees wat nie eens sy matriek ge-
maak het nie.
My held is egter nie een van bogenoemde nie. My Kana-
dese held op die oomblik is Matthew Coon Come. Hy is die
leier van die Cree in die noordelike deel van die provinsie
van Quebec. Hy moet in sy veertigerjare wees, maar hy lyk
jonk en "sexy," veral as hy ernstig is. Hy het eiehandig die
Quebec-regering in die laaste dekade beveg, toe hulle begin
planne maak om groot riviere in die noorde van Quebec op
te dam en tonne geld te maak deur die ekstra elektrisiteit aan
New England te verkoop. Hy het na die Amerikaners gegaan
en hulle begin oortuig dat hulle nie moet staatmaak op al die
beloftes van die Franssprekende Quebeckers van die suide nie.
Die Amerikaners het hulle kontrakte met Quebec begin her-
sien, en begin om maatreëls te tref om elektrisiteit te bespaar.
Matthew Coon Come staan ook reg. As die Franse inwoners
van suidelike Quebec hulself onafhanklik verklaar, behou
hy die reg voor dat die Cree hulleself ook onafhanklik kan
verklaar van Quebec.
Daar, dis nou 'n voorbeeld van watter soort dinge "turn on"
Kanadese vroumense. Of ten minste hierdie een.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig oor die dood - deur DONALD RIEKERT

Sa, 16 November 1996 00:00

Donald Riekert vind sy dig-omgewing in die
somtyds dorre gebiede van die noordwestelike deel
van Suid-Afrika. Hier volg 'n gedig van hom oor
die dood:

WEGWEES

Sou ook eendag
die wegwees verbyskuif
soos wolke bo
kameeldorings en
lappe lappe soetgras
'n paar druppels
uit 'n losbui aflaai
en dan vort op die wind
die grysblou lug in
sonder hoop
net maar 'n spatsel
koel skaduwee
wat wegraak

As iemand wat die noordwestelike Kaap se
hittige somers in haar jeug ondervind het, weet
ek watter spesiale kwaliteit skaduwees in daar-
die halfwoestyndele het. Skaduwees was meer
as net die afwesigheid van die son. Skaduwees
het 'n outoriteit gehad, skaduwees het gewag vir
jou met 'n boodskap dat daar dinge in die heelal
is wat konstant is, al wissel die tye van die dag
en van die seisoene. Dit ontroer my dat Riekert
die skaduwee gebruik om die mens se verblyf op
hierdie aarde te beskryf.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die Afrikaner:Linkse IDASA het regses na onderhandelings gelei

Vr, 15 November 1996 00:00

Linkse IDASA het regses na onderhandelings gelei en BKA verlam
------------------------------------------------------------ ---

OPSIENBARENDE inligting is bekom oor hoe 'n beweerde front van die
"Nasionale" Party
(NP) in 1992 en 1993 gebruik is om die Konserwatiewe Party (KP) en
ander politieke
organisasies aan die regterkant by die vredesonderhandelings met die
ANC-SAKP betrek te
kry en die BKA (Boerekrisisaksie as 'n potensiële geweldsfaktor uit
te skakel.

Die volledige berig met al die skokfeite is by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/idasa.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner: ANC verklaar oorlog teen Pretoria

Vr, 15 November 1996 00:00

Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner.

************************************************************ *****************
ANC verklaar oorlog teen Pretoria

DIE uitspraak van die ANC se nuwe burgemeester van Groter
Pretoria, Joyce Ngele, dat hulle Afrikaner-standbeelde gaan
afbreek en straatname verander, is 'n oorlogsverklaring teen die
Afrikaner wat nie onbeantwoord gelaat sal word nie. Alhoewel
hierdie raad geen seggenskap oor hierdie aangeleenthede het nie,
is die blote feit dat hulle hulle aangematig het om dit te sˆ,
reeds 'n aanduiding van die ingesteldheid van die ANC om die
Afrikaner uit te daag.
Dit is die Stadsraad van Pretoria wat seggenskap het oor
hierdie sake, en nie Groter Pretoria nie. Daar is reeds sprake
daarvan dat Pretorianers gaan weier om hulle belasting aan die
Metropolitaanse Raad, wat by die maandelikse munisipale rekening
ingesluit is, te betaal.
Ngele se onverantwoordelike uitsprake is ondersteun deur Donsie
Khumalo, ANC-sweep in die Metropolitaanse Raad. Hy het
gesuggereer dat waar hulle nie die mag het om hierdie
veranderinge aan te bring nie, die stadsrade van die ANC in die
Pretoriase stadsraad die gedagte steun, en dat daar 'n
gesamentlike ANC-strategie beplan word om hierdie "simbole van
apartheid" te verwyder. Hy verwag ook steun van ander partye (NP
en VF). Hulle het hulle nie daarteen uitgespreek nie.
Die Vryheidsfront in die Groter Pretoriase stadsraad was direk
vir hierdie debakel verantwoordelik toe hulle hulle steun vir
Ngele in die burgemeestersverkiesing toegesˆ het. Hulle het vir
haar, en teen 'n blanke gestem in ruil vir die pos van onder-
burgemeester. Hulle beskik oor die magsbalans, en het die finale
sˆ gehad oor wie verkies sou word. In die verkiesing van die
Pretoriase stadsraad het hulle weer vir die blanke gestem teen
die ANC. Dit word as die toppunt van opportunisme bgestempel.
Een van die lede van die VF wat vir die swart vrou, Ngele as
burgemeester gestem het, is Alma Chiol‚, vrou van Joseph Chiol‚,
'n LP van die VF.
Die feit dat die ANC bereid is om so luidrugtig te raak oor 'n
saak waaroor hulle geen seggenskap het nie, is 'n bewys van die
vurige rassehaat waarmee hulle teen die Afrikaner vervul is.
Praatjies van versoening is net lippetaal wat vir na‹ewe lede van
die NP en die VF bedoel is.
Ngele het die indruk geskep dat sy omgeswaai het wat betref die
verwydering van die standbeeld van pres. Kruger. Die joernalis
van die Sunday Independent, wat dit oorspronklik gerapporteer
het, bly egter by haar berig. Ngele het dit werklik gesˆ.
Buitendien is die uitsprake van Donsie Khumalo dat die standbeeld
van adv. JG Strijdom verwyder moet word, die algemene beskouing
van die ANC.
Die drif waarmee die inwoners van Pretoria die dreigement van
die verwydering van hulle erfenis uit hulle stad ontvang het, is
egter 'n duidelike waarskuwing aan die ANC dat hy sy pote van
hierdie dinge moet afhou. Hy sal sy vingers verbrand, en hy gaan
seerkry.
Ook die Vryheidsfront wat vir die verraad verantwoordelik was
om hierdie swart vrou in te stem as burgemeester, het die
gramskap van Afrikaners op hulle neergehaal.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 07:29:00 MGT 2024