Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van PIROW BEKKER
'n Gedig van PIROW BEKKER [boodskap #7672] Ma, 18 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit laat 'n mens effens treurig voel om die
volgende kort gedig van Pirow Bekker te lees:

TAALMAUSOLEUM

Van al my land se droewighede,
neef Boerneef en oom Wyk,
is vir my die ergste ene die:
ons taal - die welgekerkte kind,
ons abbahart in elkedagse stryd -
word oustryk weer en meer as ooit
geklipwerk as 'n lyk.

Meer as 'n honderd jaar gelede het mense ook
gepraat daarvan dat Afrikaans gedoem was. Toe
het J. Lion Cachet vol optimisme gepraat van die
toekoms van Afrikaans in "Die Afrikaanse Taal."
Hy het in die gedig gesê hoe Afrikaans soos 'n
boere-nooi is, by wie almal eintlik aanlê in plaas
van by haar "sussie wat uit Holland kom" en haar
niggie met die stywe nek "wat loop in rooi satyn."
Die gedig eindig met die volgende strofe:

Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, "Moedertaal",
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!

'n Mens weet natuurlik dat Afrikaans uiteindelik
as offisiele voertaal aangeneem is in die twintiger-
jare, iets waarvan Cachet maar net kon droom. 'n
Mens weet natuurlik ook van die tragedie van die
tweede gedeelte van die twintigste eeu, toe blinde
en meedoënlose taalhandhawers ons lieflike taal
in ander se kele wou afdwing, met tragiese gevolge,
en met negatiewe politieke gevolge vir die Afrikaner
self. 'n Mens kan maar net hoop dat die toekoms vir
ons taal iets beter inhou as wat die doemprofete voor-
spel.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig oor die dood - deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Ek geniet die gedigte..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:12:51 MGT 2024