Die probleem van vandag se films is dat dit gemaak is vir die groot
skerm waar visuele en klank-effekte tot sy reg kom. Soms is daar nie
veel aan die storie nie, maar die sukses is die impak wat dit op die
fliekganger maak wat die mense laat stroom na die fliekhuise.
Tipiese voorbeelde is films soos Twister, ID4, Dragonheart, ens.
(Omtrent al die blockbusters wat van rekenaar-effekte gebruik maak).
Verbeel jou om een van hierdie films op 'n video te kyk. Dit sal net
nie dieselfde effek he nie.
Dit is maar hoe die moderne mens van vandag inligting inneem. Met
dinge soos TV, interaktiewe rekenaarprogamme, ens. word ons te lui om
iets te lees as daar nie 'n prentjie by is nie. Vandag se mense wil
dit "ervaar" - hulle wil nie net 'n observeerder wees nie maar 'n
deelnemer.
Ten opsigte van visuele effekte wil ek ook die volgende sê:
In die dae toe visuele effekte maar bra skraal en onontwikkel was, het
hulle 'n monster of onnatuurlike wese baie vaag voorgestel - dalk 'n
donker beweging, 'n skaduwee gehurk teen 'n muur, 'n gesnork agter 'n
boom, 'n poot wat net gedeeltelik uitsteek, ens. Dit het jou behoorlik
op jou senuwees gemaak, want jy as kyker weet nie presies wat hierdie
ding is nie, maar jy weet hy is daar. Jou verbeelding vertolk hierdie
misterieuse ongedierte na iets wat jy werklik vrees - 'n suggestie.
Die filmmaker skep net die raamwerk, maar jou verbeelding vul in al
die detail - die vleis aan die geraamte. Volgens my het dit 'n groter
impak as om die ongedierte heeltemal ten toon te stel.
Met die ontwikkeling van rekenaartegnologie (morphing, CGI, digitale
beeld-manimuplasie, ens.) is dit makliker om onnatuurlike dinge voor
te stel. In vandag se films wys hulle egter die ongediertes sommer
direk van voor - sonder enige misterieusheid of geheimsinnigheid. Kyk
maar na die alien films soos Alien 3 en ID4 of ander films soos
Jurassic Park en Dragonheart. Daar is nie veel aan die verbeelding
oorgelaat nie. In hoe 'n mate verloor dit sy effek?
Ter opsomming - ek voel dat vandag se films ontbreek aan werklike
goeie stories - veral waar visuele effekte prominent is.
(Daar is egter een film wat ek baie geniet omdat ek eers die knoop in
my brein moet ontrafel voordat ek dit kon verstaan - Twelve Monkeys).
On Mon, 25 Nov 1996 06:29:41 GMT, ben...@new.iscorltd.co.za (Bennie
Rothmann) wrote:
goeie stories - veral waar visuele effekte prominent is. >>>[/color]
Tegnologie het 'n nuwe soort film uitgebroei wat groot visuele plesier
kan wees, ja.
Jurassic Park sal my altyd met vreugde vervul.
Maar daar is baie ander films waar die strorie werklik aangrypend is,
ook. Dan is dit OK op TV. (In fact, selfs die goed soos J Park is
vir my heeltemal aanvaarbaar op TV).
Steven Spielberg se Colour Purple het nou die aand as deel van 'n
Spielberg-fees op M-Net gewys en dit was interresant dat dit my twee
pre-teen dogtertjies oneindig meer aangegryp het as Indianna Jones of
selfs Twister wat hulle in die teater gesien het.
Vir myself, die fliek Havana is die een wat my in die negentigs die
meeste bybly.
Hier volg sommige variasies uit 'n gedig van Barend J.
Toerien. Hy moes die gedig geskryf het oor herfs en winter
in 'n land in die noordelike halfrond, waar daar sneeu in die
winter val, dink ek. Hy praat van "berke." In Engels word
die bome "birches" genoem. Daar is gewone wit berke en
goue berke in Kanada. Hy praat egter van die gewone wit
berk, 'n tenger boom wat gewoonlik in klompe voorkom, om-
dat hulle in 'n sekere soort sanderige grond wil groei wat
goed gedreineer is. Die dun stamme is spierwit, maar met hier
en daar swart vlekke op. Die boom gooi sy bas periodiek af
amper soos 'n slang vervel. Dis hierdie dele van die bas wat
die inheemse inwoners van Noord-Amerika gebruik het om
baie ligte en tog waterdigte kanoes mee te bou.
'N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
Barend J. Toerien
1
'n Wit berk het in die bos gestaan
drie wit stamme met wit basse aan
dun vingers
met vingertoppe in 'n blou bak blare.
2
Die spikkels op die berk
die sproete op jongmeisiebene
die negatief van 'n naghemel-foto
3
As ek net lank genoeg hier wag
sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
saggies om my slaan. Ag -
4
Waar sit die blaarmatryse?
Soms dink ek hulle is ondergronds
in 'n groot doenigheid
soos die groen deeg uitgerol
en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.
5
Herfs is haar blaartjies geel
'n anemiese sitroen
en op vlug van die boom
giggel hulle en jil
en pointe.
6
'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
sê: Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi.
Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
Sy't my g'n afgegooi nie, ek het self laat los!
( en stiltewaarts gesneeu?)
7
Winters is dit 'n gewedywer
om wie is die witste wit.
Witter as sneeu laat my skyn
kraak die takkies, saggies
en die nuwe bassies..
8
Deur die splete van die hemel
dring die vlokke kapok.
Die berk trek haar nerts net stywer.
9
In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
teen die stamme, en die bassies geknaag
en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.
Daar is nog meer variasies, wat praat van die berk in die
lente en in die somer. Miskien pos ek hulle oor ses maande.
Vireers kan ek nie glo nie: iemand in Afrikaans het vir my
een van die mooiste beskrywings gegee van 'n woud in die
noordelike halfrond in die winter!
Hier in die noordelike halfrond gaan ons nou in die twee
donkerste maande van die jaar in, een maand aan elke kant
van die midwinter-sonstilstand. Die son gaan by ons in Oos-
Ontario kort na vier-uur onder. Teen vyf-uur is dit pikdonker.
Oor nog 'n maand is dit kwart-voor-vyf al pikdonker. Dan
begin die dae kort voor Kersfees elke dag effentjies langer
word, en teen die einde van Januarie kan ons dit begin merk.
Ons het natuurlik nou kalenders om vir ons te sê wanneer
hierdie dieper en dieper in die donkerte ingaan sal ophou, en
wanneer ons kan verwag dat die dae weer sal begin langer
word. Duisende jare gelede het hulle nie hierdie tegniese infor-
masie gehad nie. Hulle moes dus op 'n ander manier uitvind
wanneer die langste nag van die jaar daar is, wanneer die lig
weer sy terugtog begin. In Engeland het hulle byvoorbeeld 'n
"notch" ('n mensgemaakte driehoek) in die heuwel gemaak.
Met die observasies van die posisie van die son kon hulle so
bereken wanneer die midwinter-sonstilstand bereik is, en die
lig dus begin om terug te keer. Dis daarom dat daar so baie
plekke in Engeland is met die woord 'notchê daarin. In die
noordoostelike V.S.A. het hulle ook baie plekname met "notch"
daarin, maar daardie kepe in die berge is natuurlik nie mensge-
maak nie.
Ek weet nie wat die ou mense gedoen het om die donkerte
te bekamp nie. Maar deesdae doen hulle hier in Noord-Amerika
iets baie mooi en effektief. In die eerste week van Desember be-
gin mense hulle huise versier met elektriese ligte. Somtyds is dit
net 'n string teen die dak. Somtyds is ook die bome en die hek-
kies vol ligte. Dan is daar natuurlik die mense wat heeltemal oor-
boord gaan en ingewikkelde tonele op hulle voorwerwe het. So
net voor Kersfees begin 'n mens in woonbuurtes inry wanneer
dit donker is net om na die liggies te kyk. Noord-Amerikaners
kyk kersfeesliggies soos die Japannese na bloeisels gaan kyk.
In die noordelike halfrond is dit nou winter. Hier volg
'n gedig wat praat van winter in Suid-Afrika. Die Bokke-
veld, sover ek kan onthou, is in die suideliker deel van die
Namakwaland, net anderkant die berge van die Boland. Ek
wonder hoekom daardie streek so bekend was vir sy koue?
KLARA MAJOLA
D. J. Opperman
Klare Majola wou haar vader
toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader;
maar Klara Majola het verdwaal.
Klein Klara Majola le^ verkluim
in die Bokkeveld se bros kapok,
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok.
Klare Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.
Vir ons in Kanada en vir die mense van die noordelike dele
van die V.S.A. is sneeu en koue dinge waarmee 'n mens
moet leer saamleef. Van die beste Kanadese kortverhale wat
ek nog gelees het, is geskryf deur Frederick Grove. Hy be-
skryf dikwels stories wat afspeel op die prairies terwyl daar
'n geweldige sneeustorm buite woed. Die storm word dan
as't ware 'n deel van die drama wat afspeel. Mense loop uit
die beskerming van die huis uit om na die skuur te gaan om
die diere daar te versorg, en verdwaal op pad daarheen of op
pad daarvandaan. Sulke dinge gebeur maklik in die werklike
lewe ook. 'n Mens lees dikwels in 'n koerant na 'n groot sneeu-
storm van mense wat omgekom het van die koue in 'n sneeu-
bank nie ver van hulle huise af nie, heeltemal gedisorienteer deur
die "white-out" wat die waaiende sneeu veroorsaak. Hulle besef
nie dat hulle soms net 'n paar honderd tree van hulle huise is
nie. Dis omdat, as alles deur die sneeu bedek is, alles vreemd lyk.
--
>
Brett Machen Machen
1/74 Merthyr Rd Technican Support & Services
New Farm Ph (07) 3254 0959
Brisbane Fax (07) 3305 4048
Qld 4005 Mobile 0411 85 83 67
Australia Email bre...@powerup.com.au
======================================================
Hi, my naam is Amelia.
4 jaar gelede het ek na Australia geimmigreer en in die tussen tyd het
ek kontak met my broer verloor. Kan enige persoon n organisasie aanraai
wat my kan help om hom te vind. Ek kom SA toe na kersfees en wil hom
baie graag weer sien.
Sy naam is Lennert Nel en hy is 24 jaar oud. Laaste wat ek gehoor het,
was hy in Pretoria in Augustus.
Trompop botsing tussen Piet Pretorius en Hartzenberg
Dr. Ferdi Hartzenberg en mnre. Daan du Plessis en Casper Uys het aansoek
gedoen
vir 'n verhoordatum in die saak teen adv. Piet Pretorius, skrywer van
Volksverraad.
Hulle het hom kennis gegee om bloot te lê.
Adv. Pretorius se reaksie hierop was hy die drie here versoek om alle
bankstate wat op hulle
betrekking het, insluitende trustrekeninge, Beslote Korporasies, en
ander, saam te bring hof toe. Die
datum wat hy hiervoor vasstel, is Januarie 1981 (een jaar voor die
stigting van die KP). Voorts
vereis hy dat hulle ook volledige inligting moet verskaf van hulle
lidmaatskap van alle geheime
organisasies waaraan hulle sedert 1960 behoort het of steeds behoort. Die
oogmerk is dat sodanige
dokumentasie ter insae van die publiek sal wees.
In 'n persverklaring vind adv. Pretorius dit uiters vreemd dat hierdie
drie persone tot November
1996 voete gesleep het en inderdaad geen poging aangewend het om hulle
lastersaak teen hom te
laat vorder nie.
Hy verwys ook na die gebeure wat die verskyning van Volksverraad
voorafgegaan het. Hy vermeld
dat die advokaat van die drie here, adv. Fanie Jacobsz, hom in April 1995
getelefoneer het en hom
versoek het om alle verwysings na die KP en sy leiers uit die boek te
verwyder. Sy reaksie daarop
was dat hy dit slegs sou oorweeg indien dr. Hartzenberg sou reageer op
bewerings dat hy laat in
1986 vir 'n maand lank in Amerika was as gas van die State Department, en
op die beskuldiging dat
hy 'n Vrymesselaar is. Adv. Pretorius wys daarop dat dr. Hartzenberg glad
nie hierop gereageer het
nie.
Adv. Pretorius se verklaring vir die skielike besluit van die KP-leiers
om wel voort te gaan met die
lastereis, is dat dit volg op 'n persverklaring van hom op 'n verklaring
van mnr. FW de Klerk oor
CCN op 25 Oktober vanjaar dat hy nie bewus is van enige skendings van
menseregte tydens sy
ampstermyn nie. Adv. Pretorius het in sy verklaring daarop gewys dat
veral NI gruwelike
menseregteskendings gepleeg het. Hy oordeel dat mnr. De Klerk druk op die
drie here uitgeoefen
het om voort te gaan met die saak teen hom nadat hy kennis geneem het van
sy persverklaring.
Adv. Pretorius wys in sy persverklaring oor mnr. De Klerk se optrede, op
sy eie posisie toe hy op 5
November 1993 geskors is as 'n werknemer van NI sonder 'n interne
verhoor. Dit is uitgereik deur
mnr. Mike Louw, hoof van NI, en goedgekeur deur mnr. Kobie Coetsee, die
verantwoordelike
minister. Net hiervoor is adv. Pretorius deur NI verbied om 'n gesprek
met die Afrikaner-Volksfront
te voer. Daarna is hy onder huisarres geplaas. NI was op daardie stadium
besig om die "regses" met
'n operasionele projek in te trek in die politieke oorgangsproses. Dit
was hulle hoofprioriteit op
daardie stadium, en het uitgeloop op die inval in Bophuthatswana
waartydens vier blankes "onnodig
dood" is.
Die rede wat adv. Pretorius aangee vir die optrede teen hom, is die vrees
dat agente van NI, wat
betrokke was by die "regse" politiek, ontbloot sou word, en die hele
poging tot niet kon gaan.
In hierdie tydperk van huisarres is sy telefoon afgeluister en is hy en
sy vrou agtervolg waarheen hulle
ookal beweeg het. Sy vrou was ook in diens van NI, en is op dieselfde
wyse deur die maatreëls teen
hulle getref. Sy is verplig om 'n pakket teen haar sin te aanvaar, en die
spanning wat die situasie
veroorsaak het, het haar gesondheid aangetas.
Oor die aansoek vir 'n verhoordatum skryf adv. Pretorius: "Hierdie
skielike aansoek vir 'n
verhoordatum is 'n verder aanduiding dat mnre. Hartzenberg, Du Plessis en
Uys steeds die
marionette van mnr. FW de Klerk, die Nasionale Party, die Afrikanerbond
en heel moontlik die
vrymesselary is."
Dit is die maklikste roomys resep waarvan ek weet. (As jy van makliker
weet, laat my ook weet.)
Benodighede: een blikkie konsensmelk en een blikkie ingedampte melk.
Plaas albei in die yskas vir 'n paar uur. Dit werk beter as dit baie
koud is. Klits die ingedampte melk totdat dit baie skuim. Voeg die
kondensmelk by en klits weer. Plaas in vrieskas. Dit is so lekker jy
sal wonder hoekom jy nie meer gemaak het nie.
Ons het nog resepte, kinderstaaltjies en ander interessante items op
ons tuisblad:
Ek woon heerlik in Australie en geniet die flike internet diens terdee. Nou
probeer ek om 'n e-mail ISP in Pretoria te vind om my familie daar
'on-line' te kry. Wie moet ek nader? Hoeveel kos die verbindings ens.?
Groete!