Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Wintergedig van D.J. Opperman
'n Wintergedig van D.J. Opperman [boodskap #7707] Sa, 23 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die noordelike halfrond is dit nou winter. Hier volg
'n gedig wat praat van winter in Suid-Afrika. Die Bokke-
veld, sover ek kan onthou, is in die suideliker deel van die
Namakwaland, net anderkant die berge van die Boland. Ek
wonder hoekom daardie streek so bekend was vir sy koue?

KLARA MAJOLA
D. J. Opperman

Klare Majola wou haar vader
toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader;
maar Klara Majola het verdwaal.

Klein Klara Majola le^ verkluim
in die Bokkeveld se bros kapok,
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok.

Klare Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.

Vir ons in Kanada en vir die mense van die noordelike dele
van die V.S.A. is sneeu en koue dinge waarmee 'n mens
moet leer saamleef. Van die beste Kanadese kortverhale wat
ek nog gelees het, is geskryf deur Frederick Grove. Hy be-
skryf dikwels stories wat afspeel op die prairies terwyl daar
'n geweldige sneeustorm buite woed. Die storm word dan
as't ware 'n deel van die drama wat afspeel. Mense loop uit
die beskerming van die huis uit om na die skuur te gaan om
die diere daar te versorg, en verdwaal op pad daarheen of op
pad daarvandaan. Sulke dinge gebeur maklik in die werklike
lewe ook. 'n Mens lees dikwels in 'n koerant na 'n groot sneeu-
storm van mense wat omgekom het van die koue in 'n sneeu-
bank nie ver van hulle huise af nie, heeltemal gedisorienteer deur
die "white-out" wat die waaiende sneeu veroorsaak. Hulle besef
nie dat hulle soms net 'n paar honderd tree van hulle huise is
nie. Dis omdat, as alles deur die sneeu bedek is, alles vreemd lyk.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Verlore broer
Volgende onderwerp: Die donker in die noordelike halfrond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:59:47 MGT 2024