Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

My kat het sy lewe opgeoffer.......

Ma, 23 Desember 1996 00:00

Hierdie is 'n ware verhaal:

Ek het 'n rondloperkat gehad, 'n regte straatkat wat ek opgetel het.
Ek het my oor die arm ding ontferm. Hy was brandmaer, mensku,
het niemand vertrou nie en was gewoond aan baklei vir sy kos.

Ek het hom na Emanuel Kant vernoem (hy was later sommer "Manie").
Na omtrent 2 jaar het hy stadigaan gewoond geword aan ons huislewe,
en begin vet en lui word. Vir 'n straatkat moes ons huis die sewende
hemel wees. Hy het heeldag in die son le en bak.
Hy het egter nog baklei, en toe hy wonde opdoen daarvan het
ons maar sy ballas laat uithaal. Toe word hy nog vetter en luier.
Al wat hy nog kans gesien het voor was om die bure se prima braaivleis
te steel waar dit in die vensterbank ontdooi het vir sy braai.

Ons swart huishulp was gaande oor die kat, die kleur van 'n vaalhaarleeu,
en teen die tyd al so groot soos 'n skaap. Toe ons trek besluit ons toe
om maar die kat aan haar te gee. Haar kinders het die kat vreeslik
interessant gevind, en hulle het hom mieliepap gevoer. (Manie was
glad nie uitsoekerig nie, en het enigiets geeet).

Twee weke of so daarna, het sy egter met die droewige verhaal gekom
dat iemand die kat gevang het en, vermoed sy sterk, hom opgeeet het.

Nou ja. Ons was baie jammer vir die kat, maar dit was vir my ook 'n
les oor hoe belangrik die konteks is waarin jy leef.
Wat vir party 'n troeteldier is, is vir 'n honger maag
'n stukkie vleis. 'n Mens moet 'n oop gemoed he.

Tot nagedagtenis aan Manie.
Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Troeteldiere | 1 kommentaar

Australie se kersboom........

Ma, 23 Desember 1996 00:00

Hier is 'n absoluut pragtige wilde boom wat in Wes Australie groei,
die hele jaar is hy baie vaal, en dan met kerstyd ontpop hy en
is hy oortrek met die wonderlikste, helderkleurige oranjegeel blomme.
Geen wonder die mense noem dit 'n "Christmas tree" nie.

Ek lees hy is blykbaar semi-parasities, sy wortelstelsel teer op die
wortelstelsels van ander bome. Mens kry hom ook nie in die woonbuurte
nie, net in die veld, so ek vermoed hy pas te moeilik aan in tuine.
Tog te jammer dat hulle vir nuwe woonbuurte alles skoonmaak met
bulldozers voor hul begin bou. My hande jeuk vir my eie tuin.
Ek gaan net veldblomme plant, goed wat aard en nie heeldag natgespuit
moet word nie. Hier is 'n magdom van pragtige plante wat oor die
duine groei. Ek kan nie verstaan hoekom mense al die gemors plant
wat totaal onvanpas is nie, en dan sukkel op hul beste lyk die plante
asof hul brandsiek het. Kan nie wag vir my eie tuin nie.
Ek het my ma se groen vingers ge-erf. Ek is 'n groen smulpaap.

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nederlands-Indische achtergrond

So, 22 Desember 1996 00:00

Voor wie uit Nederlands-Indië afkomstig is is er de Nederlandse website:
Indisch Informatiepunt:
http://www.dra.nl/~broeke/hoofd.htm

Ben benieuwd naar uw reacties op mijn site !

Prettige feestdagen en gelukkig 1997 !!

Rick van den Broeke
Alkmaar
Nederland

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: die moeilike weg

So, 22 Desember 1996 00:00

Aan my familie en vele vriende in RSA en aan die ng ( n soort lotsgroep )
stuur ek goeie wense vir kersfees en beantwoord ek twee vrae.
1. Ja. n groot stuk van my leef nog in RSA en my bemoeienis kan ek nie stop
nie al wil ek ook hoe graag
en
2. Hoe kan n mens n byna ondraaglike situsie verdra, die volgende riem,
want soms is ons almal in so n situasie. Ek kan n versekering gee dat dit
my nie onbekend is nie.

Uit: "De Poort van de Inwijding: RS

Het wevend wezen van het licht, het straalt
Door ruimtewijdten,
om de wereld te vullen met zijn.
Der liefde zegen, hij verwarmt
De tijdenreeksen,
Om op te roepen d'openbaring aller werelden.
En geestesboden zij verbinden
Het wevend wezen van het licht
Met zieleopenbaring;En als verbinden kan met beide
De mens het eigen zelf,
Is hij in geesteshoogten levend.

Liefde is die weg
xfiles

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Kerslied deur G.G. CILLIE.

So, 22 Desember 1996 00:00

HEIL'GE NAG, SO WONDERSKOON
G. G. Cillie`

Heil'ge nag, so wonderskoon,
God se seun kom by ons woon
as 'n kindjie in 'n stal,
Koning van die groot heel-al.
Halleluja, loof die Heer!

Herders het 'n stem gehoor,
luister na 'n eng'le koor:
Vrede daal op aarde neer
met 'n Kindjie, klein en teer.
Halleluja, loof die Heer!

Wyse manne kom van ver,
volg die rigting van 'n ster,
reis eers na Jerusalem,
vind die kind in Betlehem.
Halleluja, loof die Heer.

Kom nou kinders, almal saam,
laat ons ook na Jesus gaan,
laat ons vrolik hulde bring
en vir Hom ons lied're sing.
Halleluja, loof die Heer.

Uit die F.A.K. Volksangbundel
Musiek aangepas uit "In des hemels hooge zalen"
Jaap Kunst
Woorde deur G.G. Cillie. Dit is nou die man wat almal
in my dae op Stellenbosch Dr. Klein Gawie genoem het.
'n Goeie professor van Wiskunde, volgens my man. Sy
stokperdjie was Sterrekunde, en almal het geweet dat hy
sy somervakansies in Bloemfontein se sterrewag deur-
bring. Daar het hy nuwe dinge ontdek in die Suidelike
hemel. Hy was egter ook een van die beste orrelspelers in
die land, en was offisieel die orrelis in die Studente-kerk
op Stellenbosch. As jy inkom voor die diens, dan was
Dr. Klein Gawie alreeds daar, besig met stukke somtyds
ingewikkelde orrelmusiek, foutloos gespeel. Ek het dan my
o"e styf toegeknyp, sodat ek nie al die hoede en rokke kon
sien waarmee die Studentekerk meestal elke Sondagaand
in 'n modeparade omskep is nie. Dan het ek geluister na
die musiek van Dr. Klein Gawie op sy orrel daarbo op die
balkon, en gedink aan die helder sterre bo Bloemfontein.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Sonsverduistering " -- DONALD RIEKERT (with translation)

So, 22 Desember 1996 00:00

SONSVERDUISTERING
Donald Riekert

Op Kersoggend brand
Pa met die geel kersvlam
die glas swart om die
skaduwee te sien wat
die Skepper oor sy
Seun se wiegie hou

'n Vertaling vir Reka, wat studeer vir dokter in Budapest.
taal : language vertaal: translate

Sonsverduistering -- eclipse of the sun
son : sun
duister : dark
verduister : darken, embezzle
donker : dark
verdonker : darken

Kersoggend -- Xmas morning kers : candle
brand : burn, darken with a flame
Pa -- Dad Pappie: Daddy Vader: Father
geel -- yellow swart : black wit: white
kersvlam --- candle flame
om te sien : to see
skaduwee: shadow
die Skepper : the Creator om te skep : to create,
om water te skep : to draw water
Sy Seun : His Son
wiegie : rocking cradle wieg : to rock

om te hou : to hold

(ingetik deur gloudina bouwer)
tik : type tikmasjien : typewriter
Ek tik dit in/ Ek het dit ingetik/ Ek sal dit intik.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kersfees in ouetehuis - DONALD RIEKERT

Vr, 20 Desember 1996 00:00

Kersfees in ouetehuis
Donald Riekert

Stille dag
alles rus
eensame wag
slegs Maria
kleinkind wat kom
rustelose nag
alles verwag

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: armblankes

Vr, 20 Desember 1996 00:00

In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: armblankes
> Date: Fri, 20 Dec 1996 08:56:51 GMT
> Organization: No organisation supplied
> Lines: 10
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: t042.is.co.za
> X-Newsreader: Forte Free Agent 1.1/32.230
>
> On Tue, 17 Dec 96 15:11:28, lo...@hotmail.com wrote:
>
>
> dinge moet
>> regmaak.>>>
>
> A! Iemand wat nooit mense se optredes in Bosnie, Irak. Israel. Rwanda,
> Duitsland of Amerika bevraagteken het nie!?
>

Nie so bedoel - net soos in een van jou antwoorde in soc.culture.south-africa
- as jy dinge wil laat gebeur - doen dit hier! As jy in anner land sit met 'n
groen kaart, of permanete verblyf dan het jy basies Goebaai gesê vir Suid
Afrika - dan kan jy van ons (SA) praat soos ons praat van Bosnie ens. Dis 'n
ander storie om die buurman te kritiseer, as om dinge hier aan eie lyf te
kritiseer.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Groen Kersfees?

Do, 19 Desember 1996 00:00

Die weer hier in Noord-Amerika speel ons hierdie
jaar parte. As ‘n mens by die venster uitkyk en daar
is geen sneeu nie, dan skud jy net die kop. Die Ottawa-
rivier het al lankal opgegee om te vries. Die plate ys
wat nog ‘n paar weke gelede langs die kante begin vorm
het, het nou losgebreek en weggedryf. Verlede jaar was
die hele baie breë rivier solied verys teen hierdie tyd.
Ons hoor egter van verwoede stormwinde en sneeu
in die Kanadese prairies. In die VSA het hulle die mense
van Noord- en Suid-Dakota versoek om soveel as moont-
lik in die huis te bly gister. Aan die anderkant van die
kontinent, in New Brunswick en Nova Scotia, was dit
gister egter 15 grade Celsius. (Genoeg om die tulpe- en
affodil-bolle, wat ‘n mens aan die einde van die herfs
plant om op te kom in die lente, ‘n bietjie deurmekaar
te maak!)
Die situasie word veroorsaak deur die pad wat die
“Jet Stream” volg die afgelope ruk. Die Jet Stream, wat
Noord-Amerika se weer oorheers, waai gewoonlik van wes
na oos, rofweg daar waar die grens tussen die VSA en
Kanada is. Die afgelope week of so waai dit egter na hoog
in die Kanadese arktiese streke, word daar verskriklik koud,
en begin dan suidwaarts waai, oor die prairies beide in Kana-
da en die VSA en verder suidwaarts tot amper in die diep
Amerikaanse suide, waar hulle dan begin bibber van die on-
karakteristieke koue. Daar word die Jet Stream egter relatief
verwarm, en waai dan verder noordwaarts op in die rigting van
Kanada. Vandaar die “balmy” temperature op die “eastern
seaboard” van die kontinent.
Niemand hier in die Ooste kla nie. Een van die mooi dae
gaan iemand begin spog dat hulle ‘n krokus gesien het. Hierdie
dinge gebeur in Kanada. Daar is jare wat ons hier in die Ooste
in minus 30 C temperature bibber, met vyf of ses voet sneeu-
walle langs die paaie. Dan hoor ons dat hulle in Calgary golf
speel op Nuwejaar. Of dat die blomme in Januarie in Van-
couver begin uitkom. En dan voel ons bietjie af. Nou, van-
jaar, is dit nou maar net ons beurt. En dinge kan natuurlik
baie vinnig en baie drasties verander. Maar as dit nie gou
verander nie, gaan ons hierdie jaar ‘n “groen” Kersfees
hê. En moet nou nie dink ons hou van ‘n groen Kersfees
nie. Dis so onnatuurlik.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kerstyd in die laer - Joubero Malherbe

Do, 19 Desember 1996 00:00

KERSTYD IN DIE LAER
Joubero Malherbe

O dapper kindjie van jare heen,
het julle ook Kersfees gevier?
Met bonte blomme en sterre-reën
'n wilde klein boompie versier?
Vanuit die laer klink daar 'n lied;
eerbiedig kniel hul neer.
O Heer, laat hier u wil geskied,
skenk liefde en vrede hul weer.

O kinders van die veld so wyd,
wat het jul vir Kersfees gekry?
'n Lap-pop mooi met kappie wat tuit,
'n waentjie met ossies van klei.
Vir Jesus sal julle dit graag wou skenk,
maar skenk jul lewens teer.
Met Kerstyd wil ons dan gedenk,
jul offers met liefde waardeer.

Uit die F.A.K. Volksangbundel
(ingetik deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 09:33:50 MGT 2024