Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kerstyd in die laer - Joubero Malherbe
Kerstyd in die laer - Joubero Malherbe [boodskap #7849] Do, 19 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
KERSTYD IN DIE LAER
Joubero Malherbe

O dapper kindjie van jare heen,
het julle ook Kersfees gevier?
Met bonte blomme en sterre-reën
'n wilde klein boompie versier?
Vanuit die laer klink daar 'n lied;
eerbiedig kniel hul neer.
O Heer, laat hier u wil geskied,
skenk liefde en vrede hul weer.

O kinders van die veld so wyd,
wat het jul vir Kersfees gekry?
'n Lap-pop mooi met kappie wat tuit,
'n waentjie met ossies van klei.
Vir Jesus sal julle dit graag wou skenk,
maar skenk jul lewens teer.
Met Kerstyd wil ons dan gedenk,
jul offers met liefde waardeer.

Uit die F.A.K. Volksangbundel
(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: 'n Versie vir Gloudina..
Volgende onderwerp: 'n Groen Kersfees?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:50:38 MGT 2024