Ek is baie jammer dat ek hierdie tekst nie helemaal in afrikaans kan skryf
nie. My nederlands is op die oomblik veel beter as my afrikaans, maar ek
hoop dat julle my kan verstaan! Ek sal in februari na Suid-Afrika reis
vir ongeveer vyf weke om materiaal vir my behandeling (master's thesis) oor
die buitenlandse beleid van die nuwe Suid-Afrika te vind. Ek wil graag
kennis maak met suid-afrikaners wat besig is met dieselfde en verwante
onderwerpe. Ek het ook inligtinge nodig, veral e-mail addresse van die
volgende:
Institute for Defence Policy
South African Institute of International Affairs
Africa Institute of South Africa
Centre for Southern African Studies (Univ. of the Western Cape)
Universiteit van Stellenbosch, dept. of political science
UCT & University of the Witwatersrand
I'd also like to know where I could stay for a reasonable price in
Johannesburg, Pretoria & Cape Town. I'm grateful for any information I can
possibly get. If you can help me, please reply via e-mail,
In 'n artikel in "Tydskrif vir Letterkunde" vroeër
vanjaar lees ek van 'n stryery tussen Kannemeyer en
Gerrit Olivier oor die status van N. P. Van Wyk Louw
onder die Afrikaners en in die Afrikaanse kultuurlewe.
Ek is nie veel geinteresseerd in hierdie polemiek nie,
behalwe vir die feit dat Kannemeyer, die een wat vir N.P.
probeer "verdedig", oorspronklik 'n protege van Opperman
was, en ook sy biograaf. ('n Uiters "juicy" biografie!)
In alle geval, die artikel beweeg my toe om weer 'n
bietjie N.P. van Wyk Louw te lees, iets wat ek nie te baie
doen nie. (Ek spandeer liewer my tyd op Opperman, C.M.
van den Heever, Jan Celliers, Leipoldt, Eugene Marais...
en Gert Vlok Nel!) Ek maak toe vir "Tristia" oop (een van
die min bundels N.P. wat ek hier het in Kanada) en begin
rondlees in hierdie bundel, wat meestal gedigte bevat wat
hy geskryf het in sy jare wat hy in Nederland deurgebring
het in die vyftigerjare. Toe kom ek tot my verbasing op die
volgende lang gedig af, waarvan ek ongelukkig net stukke
hier en daar kan aanhaal. Dit het my sommer 'n nuwe
respek vir N.P. Van Wyk Louw gegee.
NUUSBERIGTE : 1956
Het my land 'n ander geword as wat ek ken?
Waar die klein plasie was met die paar bome
- kweperlaning en peer met party hier en daar blink-
geskuurde takke
van kinders se klim en die vasmaak van weggooi-ooie -
boer wat vandag in die stad boer en Geloftedae vier
(soos daaglikse sondes) vier
die oorwinning van Dingaan se impi's : die impi's
wat nou op die plaas in die Ou-Huis woon,
die peerboom afkap, die laning opbrand
sodat die baas (nog tydelik) met vier beskikbare motors
tussen cocktailpaartie en direkteursvergadering
ons grootse volkswil kan leef en uitleef
en dan behoorlik (wetlik of anders) opgedoek word.
Heer, gee my die krag dat ek met loog,
met bytsoda die sonde: verwatenheid,
kan beskrywe....
die sonde van die vermetel volk wat vir U durf aanroep,
wat u heilige Naam durf aanroep oor hulle naamloos
klein (maar voordelige) transaksies.
......Ek gaan roep
vernietiging neer: oor groot skure,
oor marmer in skure, oor skelm belastingontduikings.
Oor eindelose plase-aaneen, oor staal-brandkaste,
oor die wegja van bywoners - goeie boere,
alleen nie besitters nie! goeie werkers:
- Heer, leer ons dink wat "besit" is, Heer laat ons dink!-
en dan: oor haat van swartes, bruines, wittes:
oor dit en sy oorsaak durf ek oordeel afroep.
.......
Ek het vergeet - nie geweet? - in die dae toe ons jonk was:
Afrikanerskap is nie heilig. Ons wou dit heilig he^;
ons wou die volte van menslikheid daaraan gee.
.......
Afrikaners in aansienlike posisies
- mense deur swart opskrifte in die koerante bedien -
....
die soort wat boos is met terugwerkende krag
oor ons vaders se kneg-wees in eie land
- hulle het nou wat hulle noem "gracious living":
- mooi woorde, van die veroweraar geleer -
........
En hulle gaan nie bly nie: hulle gaan mishoop word,
en ons almal saamsleep na die mishoop:
....
Kom, ons gooi een van die gemeste-kalwer-leiers
neer in die skraal Karoo en ploeg hom in -
daar so by die plakkieaanteel-plaas
van die Wit-Driehoek-Berge by Matjiesfontein
- en kyk hoeveel aarde hy nat-maak:
daar waar sy natkol sit.
(hierdie gedig, ingetik deur gloudina bouwer,
goldilocks, flowerchild, word spesiaal opgedra
aan paul van der merwe. Hy kla mos altyd daar
in Australië dat hy so "gebrainwash" was in
Suid-Afrika en nie eintlik geweet het wat gaan
aan nie.Maar toe die fees van die gemeste kalf
nou oor was, het hy uitgewyk na 'n ander land
waar hy dink die gemeste kalf sal vir ewig vir
hom en sy witvellige broers voorsien word.Wat
'n dwaling. Laat jou brein helder word : sien
duidelik die lot van die oorspronklike Austra-
liërs. Of pleit jy weer onkunde en blameer die
oorspronklike Engelse invallers van Australië
vir wat gebeur het. Oppas, as jy jou hande te veel
in onskuld was, word hulle dalk skurf.)
Lohan Johnson wrote:
>
> Ek wil nou nie 'n suster wees nie, maar ek is effe onseker oor die doel van
> hierdie woordewisselings.
>
> Kan iemand my helderheid van verstand besorg?
Ek weet nie of dit helderheid van verstand besorg nie, maar kom ons
probeer:
Ek dink dit gaan daaroor dat party mense daarop roem dat hulle "OK" is en
dat almal wat nie soos hulle dink nie, "not OK" is.
M.a.w. 'n poging deur die "ek is OK" -ouens om goed te voel deur
ander te manipuleer.
'n Mens hoef nie veel meer te weet as wat jy in die popsielkunde-artikels
van die Huisgenoot kry nie, om te kan voorspel dat die "not OK"
-ouens baie negatief sal reageer.
toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.
ek het gesê "as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam. vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)
"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.
"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesê in wind, wind, wind.
jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)
nou lê al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)
"ek moet vir jou" iets sê sê jy.
"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.
ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar
daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking. geld. vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)
ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesê teen skemer.
toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n wereld van verworwe grense & verkende taiga.
"ek wil vir jou" iets sê sê jy in my hare. "moenie asseblief."
jy't getrou met i man, van sanlam. ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap. die wasgoed het my aangerand.
konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.
vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui
en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou...."
nie lief nie
sê jy.
Mens probeer 'n positiewe bydrae maak dan klim een simpel op 'n vals stasie
af en ontspoor die hele gesprek en WELLA! Daar het jy dit! Dan gesels ons
land en sand oor ou stinkende koeie...
Bedaar, O Heer, die hartstog wat tot haat
Teen broer en buur wil opbruis as ek vind
'n Vriend nie meer tot vriendewerk gesind,
'n Maat van ouds nie meer my troue maat;
Skenk my die krag om, wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
En sonder trots en sonder huiglary
My plig te doen voordat my dag verdwyn;
Leen my die kennis wat my spoor tot klim
Uit bo die kranse van onwetendheid;
Sodat U skepsel, tot U diens gewyd,
Die lig kan raaksien waar die waarheid glim;
Nie om verwaand te spog met wat ek win,
Nog om verwend my kennis voor te stel
As iets alwetends, maar op U bevel
En om wat U gegee het, te ontgin;
Die las van jare, ouderdomsverdriet
- Die kers wat uitbrand tot die blaker-blik -
Skenk my geduld om dit te dra, verkwik
Deur wat die tyd wat voorle^ nog kan bied.
Vir daelikse arbeid gun my hoop en lus
- Die oes is geil en alte kort die tyd -
Besiel my in U goedertierenheid
Om voort te werk totdat U Dood my sus.
Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou
Die wonderskat my toebedeel as kind:
Dat ek, in wat ek op U wereld vind,
Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou.
Leipoldt (1880-1947) was oorlogs-korrespondent vir
die "Manchester Guardian" gedurende die Anglo-Boere
Oorlog. Mediese inspekteur van skole en later kinder-
spesialis in Kaapstad. Gedurende die Eerste Wereld-
oorlog was hy persoonlike geneesheer van Generaal
Botha. Kort voor die Tweede Wereld-oorlog het hy
anti-nazi gedigte geskryf wat hy nie kon gepubliseer
kry nie. Sy mees populere boek in Engels was "The
Bushveld Doctor" uitgegee in 1937. Hy was een van
Suid-Afrika se grootste manne.
By die kleuterskool hier naby my het die volgende gebeur:
Sandra het die vorige dag 'n boetie ryker geword en sy vertel dit in
groot opgewondenheid vir juffrou: " Juffrou weet, Liewe Jesus het lank
terug my boetie in my Ma se hart gesit, toe val hy af in haar maag en
gister toe val hy uit."
Vir nog sulke kostelike kinder staaltjies loer in by:
Ek het 'n rondloperkat gehad, 'n regte straatkat wat ek opgetel het.
Ek het my oor die arm ding ontferm. Hy was brandmaer, mensku,
het niemand vertrou nie en was gewoond aan baklei vir sy kos.
Ek het hom na Emanuel Kant vernoem (hy was later sommer "Manie").
Na omtrent 2 jaar het hy stadigaan gewoond geword aan ons huislewe,
en begin vet en lui word. Vir 'n straatkat moes ons huis die sewende
hemel wees. Hy het heeldag in die son le en bak.
Hy het egter nog baklei, en toe hy wonde opdoen daarvan het
ons maar sy ballas laat uithaal. Toe word hy nog vetter en luier.
Al wat hy nog kans gesien het voor was om die bure se prima braaivleis
te steel waar dit in die vensterbank ontdooi het vir sy braai.
Ons swart huishulp was gaande oor die kat, die kleur van 'n vaalhaarleeu,
en teen die tyd al so groot soos 'n skaap. Toe ons trek besluit ons toe
om maar die kat aan haar te gee. Haar kinders het die kat vreeslik
interessant gevind, en hulle het hom mieliepap gevoer. (Manie was
glad nie uitsoekerig nie, en het enigiets geeet).
Twee weke of so daarna, het sy egter met die droewige verhaal gekom
dat iemand die kat gevang het en, vermoed sy sterk, hom opgeeet het.
Nou ja. Ons was baie jammer vir die kat, maar dit was vir my ook 'n
les oor hoe belangrik die konteks is waarin jy leef.
Wat vir party 'n troeteldier is, is vir 'n honger maag
'n stukkie vleis. 'n Mens moet 'n oop gemoed he.
Tot nagedagtenis aan Manie.
Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Hier is 'n absoluut pragtige wilde boom wat in Wes Australie groei,
die hele jaar is hy baie vaal, en dan met kerstyd ontpop hy en
is hy oortrek met die wonderlikste, helderkleurige oranjegeel blomme.
Geen wonder die mense noem dit 'n "Christmas tree" nie.
Ek lees hy is blykbaar semi-parasities, sy wortelstelsel teer op die
wortelstelsels van ander bome. Mens kry hom ook nie in die woonbuurte
nie, net in die veld, so ek vermoed hy pas te moeilik aan in tuine.
Tog te jammer dat hulle vir nuwe woonbuurte alles skoonmaak met
bulldozers voor hul begin bou. My hande jeuk vir my eie tuin.
Ek gaan net veldblomme plant, goed wat aard en nie heeldag natgespuit
moet word nie. Hier is 'n magdom van pragtige plante wat oor die
duine groei. Ek kan nie verstaan hoekom mense al die gemors plant
wat totaal onvanpas is nie, en dan sukkel op hul beste lyk die plante
asof hul brandsiek het. Kan nie wag vir my eie tuin nie.
Ek het my ma se groen vingers ge-erf. Ek is 'n groen smulpaap.