Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersnaggebed deur C. LOUIS LEIPOLDT
Kersnaggebed deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #7869] Di, 24 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
'N KERSNAGGEBED
C. Louis Leipoldt

Bedaar, O Heer, die hartstog wat tot haat
Teen broer en buur wil opbruis as ek vind
'n Vriend nie meer tot vriendewerk gesind,
'n Maat van ouds nie meer my troue maat;

Skenk my die krag om, wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
En sonder trots en sonder huiglary
My plig te doen voordat my dag verdwyn;

Leen my die kennis wat my spoor tot klim
Uit bo die kranse van onwetendheid;
Sodat U skepsel, tot U diens gewyd,
Die lig kan raaksien waar die waarheid glim;

Nie om verwaand te spog met wat ek win,
Nog om verwend my kennis voor te stel
As iets alwetends, maar op U bevel
En om wat U gegee het, te ontgin;

Die las van jare, ouderdomsverdriet
- Die kers wat uitbrand tot die blaker-blik -
Skenk my geduld om dit te dra, verkwik
Deur wat die tyd wat voorle^ nog kan bied.

Vir daelikse arbeid gun my hoop en lus
- Die oes is geil en alte kort die tyd -
Besiel my in U goedertierenheid
Om voort te werk totdat U Dood my sus.

Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou
Die wonderskat my toebedeel as kind:
Dat ek, in wat ek op U wereld vind,
Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou.

Leipoldt (1880-1947) was oorlogs-korrespondent vir
die "Manchester Guardian" gedurende die Anglo-Boere
Oorlog. Mediese inspekteur van skole en later kinder-
spesialis in Kaapstad. Gedurende die Eerste Wereld-
oorlog was hy persoonlike geneesheer van Generaal
Botha. Kort voor die Tweede Wereld-oorlog het hy
anti-nazi gedigte geskryf wat hy nie kon gepubliseer
kry nie. Sy mees populere boek in Engels was "The
Bushveld Doctor" uitgegee in 1937. Hy was een van
Suid-Afrika se grootste manne.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Kersnaggebed deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #7876 is 'n antwoord op boodskap #7869] Do, 26 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina,

Het jy ook geweet Leipoldt was nooit op skool nie? Sy ouers het hom tuis
onderrig totdat hy universiteit toe is.

Daar was natuurlik baie ander van sy tydgenote wat ook min of geen
skoolopleiding gehad het nie - Jan Smuts is eers op 12 skooltoe. Sy ma
het hom tot op daardie stadium geleer. En ook nie veel nie - die three
R's en verder is hy toegelaat om te lees en te ondek soos hy wou. Deesdae
is daar heelwat gesaghebeendes wat reken dit is juis daardie
ongestruktureerde eerste jare wat sy latere akademiese sukses en
oorspronklike denke moontlik gemaak het.

Groete en milde Kerswense

Leendert

Izak Bouwer wrote:

> Leipoldt (1880-1947) was oorlogs-korrespondent vir
> die "Manchester Guardian" gedurende die Anglo-Boere
> Oorlog. Mediese inspekteur van skole en later kinder-
> spesialis in Kaapstad. Gedurende die Eerste Wereld-
> oorlog was hy persoonlike geneesheer van Generaal
> Botha. Kort voor die Tweede Wereld-oorlog het hy
> anti-nazi gedigte geskryf wat hy nie kon gepubliseer
> kry nie. Sy mees populere boek in Engels was "The
> Bushveld Doctor" uitgegee in 1937. Hy was een van
> Suid-Afrika se grootste manne.
>
> (ingetik deur gloudina bouwer)
>
Vorige onderwerp: South Africa's new foreign policy
Volgende onderwerp: Australie se kersboom........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:59:54 MGT 2024